Patriarge en Profete
Hoofstuk 70—Die Bewind van Dawid
(Hierdie hoofstuk berus op 2 Samuel 5:6-25;6;7;9;10) PeP 688.1
Kort nadat Dawid op die troon van Israel gevestig is, het hy na ‘n geskikte plek vir die hoofstad van sy koninkryk begin soek. Twee-en-dertig kilometers van Hebron af, het hy ‘n plek wat geskik sou wees as die toekomstige hoofstad van sy koninkryk, gekies. Voordat Josua die leërs van Israel deur die Jordaan gelei het, is die plek Salem genoem. Naby hierdie plek het Abraham sy lojaliteit aan God bewys. Agthonderd jaar voor die kroning van Dawid, was dit die tuiste van Melgisedek, die priester van die allerhoogste God. Dit was sentraal en hoog geleë in die land en is deur omliggende heuwels beskerm. Aangesien dit op die grens tussen Juda en Benjamin geleë was, was dit ook naby Efraim en binne maklike bereik van die ander stamme. PeP 688.2
Om hierdie plek te bekom, moes die Hebreërs ‘n oorblyfsel van die Kanaaniete, wat ‘n versterkte posisie op die berge van Sion en Moria gehad het, uit die land verdryf. Hierdie vesting is Jebus genoem en sy inwoners was die Jebusiete. Jebus is al eeue lank as ondeurdringbaar beskou; maar dit is deur die Hebreërs beleër en ingeneem onder die bevel van Joab, wat as beloning vir sy dapperheid, as opperbevelvoerder van die leërs van Israel aangestel is. Jebus het nou die nasionale hoofstad geword en die heidense naam is na Jerusalem verander. PeP 688.3
Hiram, koning van die welgestelde stad, Tirus, aan die Middellandse See, het nou ‘n alliansie met die koning van Israel gesoek en sy hulp aan Dawid verleen vir die oprigting van ‘n paleis in Jerusalem. ‘n Afvaardiging is van Tirus af gestuur, vergesel deur argitekte en werksmense en lang optogte, gelaai met duursame hout, sederbome en ander waardevolle materiaal. PeP 688.4
Die toenemende krag van Israel, onder Dawid verenig, die verkryging van die vesting van Jebus en die alliansie met Hiram, die koning van Tirus, het die vyandskap van die Filistyne opgewek en hulle het die land weer met ‘n sterk leër binnegeval en in die dal van Refaïm, naby Jerusalem, stelling ingeneem. Dawid en sy krygsmanne het na die vesting van Sion PeP 688.5
teruggetrek om op Goddelike leiding te wag. “Toe het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne vir seker in jou hand gee.” PeP 689.1
Dawid het dadelik teen die vyand opgetrek, hulle verslaan en vernietig en die gode wat hulle saamgebring het, van hulle afgeneem om hul oorwinning te bevestig. Vertoornd deur hierdie vernedering, het die Filistyne ‘n groter mag byeengebring en na die stryd teruggekeer. Weer het hulle “...in die dal Refaïm versprei.” Dawid het die Here weer geraadpleeg en die groot “EK IS” het self die leiding van die leërs van Israel oorgeneem. PeP 689.2
God het Dawid opdrag gegee en gesê: “Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse. En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die Here voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.” As Dawid, soos Saul, sy eie weg gevolg het, sou hy geen welslae behaal het nie. Maar hy “...het gedoen soos God hom beveel het en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gibeon af tot by Geser. En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande en die Here het die skrik vir hom op al die nasies gelê.” (1 Kronieke 14:16,17). PeP 689.3
Noudat Dawid stewig op die troon gevestig was en vry van die invalle van vreemde vyande, het hy hom beywer vir die verwesenliking van ‘n gekoesterde begeerte-om die ark van God na Jerusalem te bring. Die ark was jare lank in Kirjat-Jearim, vyftien kilometers daarvandaan; maar dit was gepas dat die hoofstad van die volk met die Goddelike Teenwoordigheid geseën word. PeP 689.4
Dawid het dertigduisend van die vooraanstaande manne van Israel opgeroep, want dit was sy doel om dit ‘n geleentheid van groot vreugde en indrukwekkende vertoning te maak. Die volk het met blydskap op die oproep reageer. Die hoëpriester, saam met sy broeders in die heilige amp, die owerstes en stamleiers, het by Kirjat-Jearim saamgekom. Dawid het gegloei van heilige ywer. Die ark is uit die huis van Abinadab gebring en op ‘n nuwe ossewa geplaas, terwyl twee van Abinadab se seuns dit begelei het. PeP 689.5
Die manne van Israel het met uitbundige gejuig en vreugdesange gevolg, begelei deur ‘n menigte stemme wat in melodie, met die klank van musiekinstrumente, ingeval het. “Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die Here gespeel... met siters en harpe en tamboeryne en bekkens en simbale.” Dit was lank sedert Israel so ‘n toneel van oorwinning aanskou het. Met plegtige vreugde het die groot optog langs heuwels en deur valleie in die rigting van die Heilige Stad voortbeweeg. PeP 690.1
Maar “...toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel. Daarop het die toorn van die Here teen Ussa ontvlam en God het hom daar getref oor die vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.” ‘n Skielike verskrikking het oor die juigende skare gekom. Dawid was verbaas en baie ontsteld en het in sy hart die regverdigheid van God bevraagteken. Hy het gepoog om die ark as die simbool van die Goddelike Teenwoordigheid te vereer. Waarom is hierdie vreesaanjaende oordeel dan gestuur om die vreugdevolle geleentheid in droefheid en rou te omskep? Dawid het besluit dat dit gevaarlik sou wees om die ark naby hom te hê en het besluit om dit laat waar dit was. Daar is ‘n plek daar naby, in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, daarvoor gevind. PeP 690.2
Die lot van Ussa was ‘n Goddelike oordeel oor die oortreding van ‘n baie eksplisiete opdrag. Deur Moses het die Here spesifieke instruksies oor die vervoer van die ark gegee. Niemand behalwe die priesters, die nageslag van Aaron, mag daaraan raak of dit selfs onbedek sien nie. Die Goddelike leiding was dat die seuns van Kehat dit moes dra, “...maar hulle mag nie aan die heilige ding raak nie, sodat hulle nie sterwe nie.” (Numeri 4:15). Die priesters moes die ark bedek en dan moes die Kehatiete dit aan die draaghoute dra, wat deur ringe aan albei kante van die ark geplaas was en nooit verwyder is nie. Aan die Gersoniete en die Merariete wat verantwoordelik was vir die gordyne, panele en pilare van die tabernakel, het Moses waens en osse gegee vir die vervoer van die goedere wat aan hulle toevertrou was. “Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.” (Numeri 7:9). Daar was dus, met die vervoer van die ark van Kirjat Jearim af, ‘n direkte en PeP 690.3
onverskoonbare verontagsaming van die voorskrifte van die Here. PeP 691.1
Dawid en sy volk het saamgekom om ‘n heilige werk te verrig en hulle het dit met blydskap en gewillige harte aangepak; maar die Here kon die diens nie aanvaar nie, omdat dit nie volgens Sy voorskrifte uitgevoer is nie. Die Filistyne, wat geen kennis van die wet van God gehad het nie, het die ark op ‘n wa gelaai toe hulle dit aan Israel teruggestuur het en die Here het hulle poging aanvaar. Maar die Israeliete het ‘n duidelike uiteensetting van die wil van God aangaande hierdie sake in hulle besit gehad en deur hierdie bevele te verontagsaam, het hulle God onteer. Op Ussa het nog die groter sonde van vermetelheid gerus. Die oortreding van God se wet het sy sin vir die heiligheid daarvan laat kwyn en hy het met onbelyde sondes, ten spyte van die Goddelike verbod, die vermetelheid gehad om die simbool van God se teenwoordigheid aan te raak. God kan geen gedeeltelike gehoorsaamheid, geen laksheid in die hantering van Sy gebooie, aanvaar nie. Deur Sy oordeel oor Ussa wou Hy die ganse Israel beïndruk met die belangrikheid om Sy vereistes streng na te kom. Deur die mense dus tot bekering te lei deur die dood van daardie een man, sou die noodsaaklikheid van oordele oor duisende verhoed. PeP 691.2
Omdat Dawid gevoel het dat sy eie hart nie volkome reg met God was nie, het hy, nadat hy die oordeel oor Ussa aanskou het, die ark gevrees, vir ingeval een of ander sonde aan sy kant ‘n oordeel oor hom sou bring. Maar Obed-Edom, hoewel hy hom met bewing verheug het, het die heilige simbool as ‘n belofte van God se guns teenoor die gehoorsames, verwelkom. Die aandag van die hele Israel was nou op die Gittiet en sy huisgesin gevestig; almal het gekyk hoe dit met hulle sou gaan. “En die Here het Obed-Edom en sy hele huis geseën.” PeP 691.3
Die Goddelike teregwysing het die gewenste uitwerking op Dawid gehad. Hy is gelei om, soos nooit vantevore nie, die heiligheid van die wet van God en die noodsaaklikheid van streng gehoorsaamheid te besef. Die guns wat aan die huis van Obed-Edom bewys is, het Dawid weer laat hoop dat die ark vir hom en sy volk ‘n seën sou bring. PeP 691.4
Na drie maande het hy besluit om die ark weer te probeer vervoer en nou het hy ernstige aandag daaraan geskenk om PeP 691.5
elke spesifieke opdrag van die Here noukeurig uit te voer. Weer is die hoofmanne van die volk ontbied en het in ‘n groot groep rondom die woning van die Gitiet vergader. Met eerbiedige sorg is die ark nou op die skouers van die manne wat deur God aangestel is geplaas, die skare het in lyn geval en met bewende harte het die groot optog weer voortbeweeg. Nadat hulle ses tree gevorder het, het die trompet ‘n halt uitgebasuin. Op bevel van Dawid moes “...“n bees en ‘n vetgemaakte kalf... ” geoffer word. Vreugde het nou die plek van bewing en vrees ingeneem. Die koning het sy koninklike klere uitgetrek en homself in ‘n gewone linne-skouerkleed geklee, soos wat deur die priesters gedra is. Hy het nie deur hierdie daad probeer te kenne gee dat hy die priesterlike funksies aanvaar het nie, want die skouerkleed is soms deur ander mense naas die priesters gedra, maar by hierdie heilige plegtigheid wou hy sy plek voor God op gelyke voet met sy onderdane inneem. Op hierdie dag moes Jehova aanbid word. Hy moes die enigste voorwerp van aanbidding wees. PeP 692.1
Die lang optog het weer voortbeweeg en die musiek van harp en luit en trompet en simbaal, gemeng met die melodie van baie stemme het hemelwaarts gestyg. “Daarby het Dawid...” in sy blydskap, op die maat van die lied, “...gedans voor die aangesig van die Here.” PeP 692.2
Dawid se dans, in eerbiedige vreugde voor God, word deur plesier liefhebbers aangehaal om die modieuse moderne danse te regverdig, maar daar is geen grond vir so ‘n argument nie. In ons dag word dans geassosieer met ligsinnigheid en middernagtelike gefuif. Gesondheid en sedes word aan plesier opgeoffer. By die gereelde besoekers van die danssaal, is God nie ‘n voorwerp vir nadenke en eerbied nie; gebed of lofliedere sou uit plek by hierdie byeenkomste wees. Hierdie toets behoort deurslaggewend te wees. Vermaaklikhede wat geneig is om die liefde vir heilige dinge te verswak en ons vreugde in diens van God te verminder, behoort nie deur Christene gesoek te word nie. Die musiek en dans in vreugdevolle lof vir die Here by die vervoer van die ark, kan nie in die geringste vergelyk word met die losbandigheid van moderne danse nie. Een neig na herinnering aan God en verheerliking van Sy heilige Naam. Die ander is ‘n uitvindsel van Satan om te veroorsaak dat mense van God vergeet en Hom onteer. PeP 692.3
Die triomfantlike optog het die hoofstad, agter die heilige simbool van hulle onsigbare Koning, genader. Toe het ‘n uitbarsting van sang, die wagte op die mure beveel om die Heilige Stad se poorte oop te gooi: PeP 693.1
“Hef op julle hoofde, O poorte, PeP 693.2
já, verhef julle, ewige deure, PeP 693.3
dat die Erekoning kan ingaan!” PeP 693.4
“n Groep sangers en spelers het gevra: PeP 693.5
“Wie is tog die Erekoning?” PeP 693.6
Toe kom die antwoord van ‘n ander groep: PeP 693.7
“Die Here, sterk en geweldig, PeP 693.8
die Here geweldig in die stryd. ” PeP 693.9
Toe het honderde stemme in ‘n triomfkoor uitgeswel: PeP 693.10
“Hef op julle hoofde, O poorte, PeP 693.11
ja, hef op, ewige deure, PeP 693.12
dat die Erekoning kan ingaan!” PeP 693.13
En weereens is die vreugdevolle vraag gehoor: PeP 693.14
“Wie is dan tog die Erekoning?” PeP 693.15
En die stem van die groot menigte, soos “...die stem van baie waters..” het in verrukking geantwoord: PeP 693.16
“Die Here van die leërskare Hy is die Erekoning!” PeP 693.17
(Psalm24:7-10) PeP 693.18
Toe is die poorte wyd oopgemaak, die optog het binnegegaan en met eerbiedige ontsag is die ark in die tent, wat vir die ontvangs daarvan voorberei was, neergesit. Voor die heilige omheining is brandofferaltare opgerig; die rook van soenoffers en brandoffers en die wolke van wierook, het saam met die lofsange en smeekbedes van Israel, na die hemel opgestyg. Aan die einde van die plegtigheid het die koning self ‘n seën oor die volk uitgespreek. Daarna het hy met koninklike milddadigheid geskenke van voedsel en wyn vir verversings uitgedeel. PeP 693.19
Al die stamme is by hierdie diens verteenwoordig; die viering van die mees heiligste gebeurtenis wat nog die heerskappy van Dawid gekenmerk het. Die Gees van Goddelike Ingewing het op die koning gerus en nou, terwyl die laaste strale van die ondergaande son die tabernakel in ‘n heilige gloed gebaai het, was sy hart met dankbaarheid opgehef tot God dat die geseënde simbool van Sy Teenwoordigheid nou so naby die troon van Israel was. PeP 694.1
In hierdie stemming het Dawid na sy paleis teruggekeer, “...om sy huisgesin te seën.” Maar daar was iemand wat die vreugdevolle toneel met ‘n heel ander gees aanskou het as dié wat die hart van Dawid ontroer het. “Toe die ark van die Here die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die Here; en sy het hom in haar hart verag.” In die bitterheid van haar drif kon sy nie wag vir Dawid se terugkeer na die paleis nie, maar sy het uitgegaan om hom te ontmoet en sy goedhartige groet beantwoord met ‘n stormwind van bittere woorde. Dier ironie van haar woorde was skerp en snydend: PeP 694.2
“Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot!” PeP 694.3
Dawid het gevoel dat dit die diens van God was wat Migal verag en oneer aangedoen het en hy het met ‘n streng stem geantwoord: “Voor die aangesig van die Here wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die Here, oor Israel ja, voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees! En ek sal my nog geringer ag as dit-ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.” Tot die teregwysing van Dawid, is dié van die Here bygevoeg. Vanweë haar trots en arrogansie, het Migal “...tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.” PeP 694.4
Die plegtige seremonies wat die vervoer van die ark vergesel het, het ‘n blywende indruk op die volk van Israel gemaak, ‘n dieper belangstelling in die heiligdom gewek en hul ywer vir Jehova opnuut aangevuur. Dawid het met alle mag gestreef om hierdie indrukke te verdiep. Sangdiens is as ‘n gereelde deel van PeP 694.5
die aanbiddingsdiens ingestel en Dawid het psalms gekomponeer, nie net vir die gebruik van die priesters in die diens van die heiligdom nie, maar ook om deur die volk gesing te word wanneer hulle tydens die jaarlikse feeste na die nasionale altaar optrek. Die invloed wat aldus uitgeoefen is, was verreikend en dit het daartoe gelei dat die volk van afgodery bevry is. Baie van die omliggende volke het die voorspoed van Israel raakgesien en is gelei om die God van Israel, wat sulke groot dinge vir Sy volk vermag het, met guns te bejeën. PeP 695.1
Die tabernakel wat deur Moses gebou is, met alles behalwe die ark, wat betrekking op die heiligdom het, was nog in Gibea. Dit was Dawid se doel om Jerusalem die godsdienssentrum van die nasie te maak. Hy het ‘n paleis vir homself opgerig en het gevoel dat dit nie gepas was dat die ark in ‘n tent moes wees nie. Hy het hom voorgeneem om ‘n manjifieke tempel daarvoor op te rig, van so aard dat dit Israel se waardering vir die eer wat die nasie ontvang het in die blywende teenwoordigheid van Jehova, hulle Koning, sou betoon. Hy het die profeet Natan van sy voorneme vertel en van hom die bemoedigende antwoord ontvang: “Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u. PeP 695.2
Maar dieselfde nag het die woord van die Here tot Natan gekom met ‘n boodskap vir die koning. Dawid sou nie die voorreg hê om ‘n huis vir die Here te bou nie, maar hy het die versekering ontvang van Goddelike guns aan hom, sy nageslag en die koninkryk van Israel: “So spreek die Here van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om ‘n vors te wees oor my volk, oor Israel; en Ek was met jou oral waar jy gegaan het en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou ‘n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is; en Ek sal vir my volk Israel ‘n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie.” PeP 695.3
Aangesien Dawid begeer het om ‘n huis vir die Here te bou, is die belofte gegee: “Die Here gee jou te kenne dat die Here vir jou ‘n huis sal stig. Ek sal jou nakomeling laat optree... Hy sal vir my Naam ‘n huis bou en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.” PeP 695.4
Die rede waarom Dawid nie die tempel sou bou nie, is verklaar: “Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam ‘n huis bou nie... Kyk, ‘n seun sal vir jou gebore word; hy sal ‘n man van rus wees en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo [vredeliewend] sal sy naam wees en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee. Hy sal vir my Naam ‘n huis bou.” (1 Kronieke 22:8-10). PeP 696.1
Hoewel die begeerte wat hy in sy hart gekoester het hom geweier is, het Dawid die boodskap met dankbaarheid ontvang. Hy het uitgeroep: “Wie is ek, Here Here en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? En dit was nog te gering in u oë, Here Here, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het;” en toe het hy sy verbond met God hernu. PeP 696.2
Dawid het geweet dat dit tot eer van sy naam sou wees en tot verheerliking van sy koninkryk sou strek om die werk wat hy hom in sy hart voorgeneem het om te doen te verrig, maar hy was gewillig om sy wil aan die wil van God te onderwerp. Die dankbare oorgawe wat aldus geopenbaar is, word selde waargeneem, selfs onder Christene. Hoe dikwels klou diegene, wat verby die krag van hul manlikheid is, nog steeds vas aan die hoop om een of ander groot werk waarop hulle hul harte gestel het, maar wat hulle onbevoeg is om te verrig, te bereik. Die voorsienigheid van God mag tot hulle spreek en verklaar dat die werk wat hulle so begeer, nie aan hulle toegewy is nie. Hulle werk is om die weg vir ‘n ander voor te berei om dit te verrig. Maar in stede daarvan om met dankbaarheid aan die Goddelike leiding toe te gee, val baie terug asof hulle geminag en verwerp is en meen dat indien hulle nie die een ding wat hulle begeer kan doen nie, hulle niks sal doen nie. Baie klou met wanhopige krag vas aan verantwoordelikhede wat hulle nie in staat is om te dra nie en probeer tevergeefs om ‘n werk te verrig waarvoor hulle onbevoeg is, terwyl die werk wat hulle kon gedoen het, verwaarloos word. En weens hierdie gebrek aan samewerking, word die groter werk verhinder of gedwarsboom. PeP 696.3
Dawid het in sy verbond met Jonatan belowe dat hy, wanneer hy van sy vyande sou rus, goedhartigheid teenoor die huis van Saul sou betoon. In sy voorspoed, gedagtig aan hierdie verbond, het die koning navraag gedoen: “Is daar nog PeP 696.4
iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?” Hulle het hom vertel van ‘n seun van Jonatan, Mefiboset, wat van kindsbeen af verlam was. Toe Saul destyds by Jisreël deur die Filistyne verslaan is, het hierdie kind se oppasster, terwyl sy met hom gevlug het, hom laat val en as gevolg daarvan was hy lewenslank verlam. Dawid het die jongman nou na die koninklike hof ontbied en hom met groot welwillendheid ontvang. Saul se private besittings is aan hom teruggegee vir die onderhoud van sy huisgesin, maar die seun van Jonatan moes voortaan ‘n konstante gas van die koning wees en elke dag by die koning se tafel aansit. Op grond van berigte wat vyande van Dawid aan hom oorgedra het, was Mefiboset teen hom bevooroordeeld en het hy geglo dat Dawid ‘n indringer was; maar die koning se gulhartige ontvangs en sy voortdurende goedhartigheid teenoor hom, het die jongman se hart verower; hy het baie geheg aan Dawid geraak en, soos sy vader Jonatan, het hy gevoel dat sy belange een met dié van die koning, wat deur God gekies is, was. PeP 697.1
Na die vestiging van Dawid op die troon van Israel, het die volk ‘n lang tydperk van vrede geniet. Die omliggende volke, wat die sterkte en eenheid van die koninkryk gesien het, het dit spoedig verstandig geag om van openlike vyandighede af te sien; en Dawid, wat besig was met die organisasie en opbou van sy koninkryk, het hom van aggressiewe oorlog weerhou. Uiteindelik het hy egter oorlog teen Israel se ou vyande, die Filistyne en die Moabiete, gevoer en daarin geslaag om albei te oorwin en hulle te onderwerp. PeP 697.2
Toe is daar ‘n groot sameswering van die omliggende nasies teen die koninkryk van Dawid gevorm, waaruit die grootste oorloë en oorwinnings van sy regering en die mees uitgebreide toetredings tot sy mag gegroei het. Hierdie vyandige alliansie, wat eintlik uit jaloesie oor die toenemende mag van Dawid voortgespruit het, was heeltemal sonder aanleiding van Dawid se kant af. Die omstandighede wat hiertoe aanleiding gegee het, was soos volg: PeP 697.3
Tyding is in Jerusalem ontvang wat die dood van Nahas, koning van die Ammoniete aangekondig het-die monarg wat guns aan Dawid betoon het toe hy ‘n voortvlugtige van die woede van Saul was. Begerig om sy dankbare waardering te betoon vir PeP 697.4
die goedgesindheid wat hy ontvang het, het Dawid gesante gestuur om sy medelye met Hanun, die seun en opvolger van die Ammonitiese koning, te betoon. “Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het.” PeP 698.1
Maar sy hoflike daad is verkeerd geïnterpreteer. Die Ammoniete het die ware God gehaat en was bitter vyande van Israel. Die oënskynlike goedhartigheid van Nahas teenoor Dawid, het geheel en voortgespruit uit vyandigheid teenoor Saul as koning van Israel. Die boodskap van Dawid is verkeerd deur Hanun se raadgewers vertolk. Hulle het aan Hanun gesê: “Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?” Dit was op advies van sy raadgewers dat Nahas, ‘n halwe eeu vantevore, gelei is om die wrede voorwaardes aan die mense van Jabes-Gilead te stel, toe hulle, beleër deur die Ammoniete, ‘n vredesverbond aangevra het. Nahas het die voorreg geëis om almal se regteroog uit te steek. Die Ammoniete het steeds met helderheid onthou hoe die koning van Israel hul wrede plan omvergewerp het en die volk wat hulle wou verneder en vermink, gered het. Dieselfde haat teen Israel het hulle steeds aangespoor. Hulle het geen begrip gehad van die goedhartigheid wat Dawid geïnspireer het om sy boodskap te stuur nie. Wanneer Satan mense se denke beheer, sal hy afguns en agterdog opwek wat die beste bedoelings verkeerd sal vertolk. Hanun het na sy raadgewers geluister en Dawid se gesante as spioene beskou en met hulle gespot en hulle beledig. PeP 698.2
Die Ammoniete was toegelaat om die bose voornemens van hulle harte onverhinderd uit te voer, sodat hulle ware karakter aan Dawid openbaar kon kom. Dit was nie God se wil dat Israel met hierdie verraderlike heidense volk ‘n verbintenis moes aangaan nie. PeP 698.3
In antieke tye, soos tans, is die amp van ‘n ambassadeur as heilig beskou. Deur die universele wet van nasies, het dit beskerming teen persoonlike geweld of belediging verseker. Die ambassadeur wat as ‘n verteenwoordiger van sy soewerein opgetree het, het vir elke belediging teen hom onmiddellik weerwraak geëis. Die Ammoniete, wat geweet het dat die belediging aan Israel gewreek sou word, het hulle op oorlog PeP 698.4
voorberei. “Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotamië en uit Aram-Maga en uit Soba te huur. En hulle het vir hul twee-en-dertigduisend waens gehuur, ... ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.” (1 Kronieke 19:6,7). PeP 699.1
Dit was inderdaad ‘n gedugte alliansie. Die inwoners van die streek tussen die Eufraatrivier en die Middellandse See, het hulle by die Ammoniete aangesluit. Die noorde en die ooste van Kanaan is met gewapende magte wat saamgespan het om die koninkryk van Israel te vernietig, omring. PeP 699.2
Die Hebreërs het nie gewag dat hulle land binnegeval word nie. Hulle magte het, onder die bevel van Joab, die Jordaan oorgesteek en na die hoofstad van die Ammoniete opgetrek. Terwyl die Hebreeuse aanvoerder sy leër na die slagveld gelei het, het hy gepoog om hulle vir die konflik te inspireer en gesê: “Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë” (1 Kronieke 19:13). Die verenigde magte van die alliansie is in die eerste veldslag verslaan. Maar hulle was nog nie bereid om die stryd gewonne te gee nie en het die oorlog die volgende jaar hervat. Die koning van Sirië het sy magte versamel en Israel met ‘n geweldige leër gedreig. Dawid het besef hoeveel van hierdie stryd afgehang het en het die veldslag persoonlik onderneem en deur die seën van God het hy die alliansies so geweldig verslaan, so rampspoedig, dat die Siriërs, vanaf Libanon tot by die Eufraat nie net die stryd gewonne gegee het nie, maar onderdanig aan Israel geword het. Dawid het die oorlog teen die Ammoniete kragtig aangevoer, totdat hulle vestings geval het en die hele gebied onder die heerskappy van Israel gekom het. PeP 699.3
Die gevare wat die volk met algehele uitwissing bedreig het, het bewys dat die voorsienigheid van God die enigste middel is waardeur dit tot ongekende grootheid kon styg. Ter herdenking aan sy merkwaardige verlossing het Dawid gesing: PeP 699.4
“Die Here leef! PeP 699.5
En geloofd sy my rots PeP 699.6
en laat verhoog wees die God van my heil! PeP 699.7
Die God wat my die wraak gee PeP 700.1
en volke aan my onderwerp; PeP 700.2
wat my red van my vyande; PeP 700.3
ja, U verhef my bo my teëstanders: PeP 700.4
U bevry my van die man van geweld. PeP 700.5
Daarom wil ek U loof, O Here, onder die nasies, PeP 700.6
en tot eer van u Naam wil ek psalmsing ... PeP 700.7
Hy wat die verlossing van sy koning groot maak PeP 700.8
en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, PeP 700.9
aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid. ” PeP 700.10
(Psalm18:47-51) PeP 700.11
En deur al die liedere van Dawid, het hy dit op sy volk se hart gedruk dat Jehova hulle Krag en Verlosser was: PeP 700.12
““n Koning word nie verlos deur “n groot leër, PeP 700.13
“n held nie gered deur groot krag nie. PeP 700.14
Die perd help niks vir die oorwinning PeP 700.15
en red nie deur sy groot krag nie. ” PeP 700.16
(Psalm 33:16,17) PeP 700.17
“U self is my Koning, O God! PeP 700.18
Gebied die oorwinninge van Jakob. PeP 700.19
Deur U sal ons, ons teëstanders omstoot; PeP 700.20
in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. PeP 700.21
Want ek vertrou nie op my boog nie, PeP 700.22
en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie; PeP 700.23
maar U het ons verlos van ons teëstanders PeP 700.24
en ons haters beskaamd gemaak. ” PeP 700.25
(Psalm44:5-8) PeP 700.26
“Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die Here onse God. ” PeP 700.27
(Psalm20:8) PeP 700.28
Die koninkryk van Israel het nou die vervulling van die belofte wat aan Abraham gegee en daarna aan Moses herhaal is, bereik: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.” (Genesis 15:18). Israel het ‘n magtige nasie geword wat deur die omliggende volke gerespekteer en gevrees is. In sy eie hoedanigheid, het Dawid se mag grootliks toegeneem. Hy het PeP 700.29
die toegeneentheid en trou van sy mense, soos min heersers in enige eeu in staat was om te bekom, afgedwing. Hy het God vereer en God het hom nou geëer. PeP 701.1
Maar te midde van voorspoed het gevaar geskuil. In die tyd van sy grootste uiterlike oorwinning het Dawid in die grootste gevaar verkeer en sy vernederendste nederlaag gely. PeP 701.2