Patriarge en Profete

69/75

Hoofstuk 67—Antieke en Moderne Toorkuns

Die Bybelse verslag van Saul se besoek aan die vrou van Endor was vir talle Bybel studente ‘n bron van verwarring. Sommige neem die standpunt in dat Samuel werklik aan Saul verskyn het, maar die Bybel voorsien voldoende bewys vir ‘n teenstrydige gevolgtrekking. Indien Samuel, soos sommige beweer, in die hemel was, moes hy daarvandaan geroep gewees het deur of die krag van God of die krag van die Satan. Niemand kan vir een oomblik hulleself wysmaak dat Satan die mag gehad het om die heilige profeet van God op te roep om eerbaarheid aan die towerspreuke van ‘n verdorwe vrou te verleen nie. Ons kan ook nie tot die gevolgtrekking kom dat God hom na die spelonk van ‘n heks sou stuur nie, want die Here het reeds geweier om met Saul deur middel van drome, die Urim of profete te kommunikeer. (1 Samuel 28:6). Dit was God se aangewese mediums van kommunikasie en Hy sou hulle nie verontagsaam om die boodskap deur ‘n agent van Satan oor te dra nie. PeP 667.1

Die boodskap self is voldoende bewys van die oorsprong daarvan. Die doel daarvan was nie om Saul tot inkeer te lei nie, maar om hom tot ondergang aan te spoor; en dit is nie die werk van God nie, maar van Satan. Verder word die daad van Saul in die raadpleging van ‘n towenares in die Skrif aangehaal as een rede waarom hy deur God verwerp en aan vernietiging oorgelaat is: “Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die Here begaan het, weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van ‘n afgestorwene om inligting gevra het, maar die Here nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isaï.” (1 Kronieke 10:13,14). Hier sê dit duidelik dat Saul ‘n bekende gees geraadpleeg het en nie die Here nie. Hy het nie met Samuel, die profeet van God, gekommunikeer nie; maar deur die towenaar het hy omgang met Satan gehad. Satan kon nie die ware Samuel laat verskyn nie, maar hy het ‘n namaaksel laat verskyn wat die doel van misleiding gedien het. PeP 667.2

Byna alle antieke vorms van towery en heksery was op ‘n geloof van gemeenskap met die dooies gegrond. Diegene wat PeP 667.3

die kuns van dodebesweerdery beoefen het, beweer dat hulle omgang met die geeste gehad het en om, deur hulle, kennis van toekomstige gebeure te verkry. In die profesie van Jesaja word na hierdie gewoonte om die dooies te raadpleeg, verwys: “En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel-moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?” (Jesaja 8:19). PeP 668.1

Dieselfde geloof van gemeenskap met die dooies, vorm die kern van heidense afgodery. Daar is geglo dat die gode van die heidene die geeste van afgestorwe helde was. Die godsdiens van die heidene was dus ‘n aanbidding van die dode. Dit blyk duidelik uit die Skrifte. In die weergawe van die sonde van Israel te Bet-Peor, word daar gesê: “Toe Israel in Sittim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode. So het Israel hom dan gekoppel aan Baal-Peor en die toorn van die Here het teen Israel ontvlam.” (Numeri 25:1-3). Die psalmdigter vertel ons aan watter tipe van gode hulle geoffer het. Aangaande dieselfde afvalligheid van Israel sê hy: “Ook het hulle hul aan Baal-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet...” (Psalm 106:28), dit wil sê, offers wat aan die dooies gebring was. PeP 668.2

Die verheerliking van die dooies het ‘n prominente plek in byna elke heidendom stelsel beklee, asook die veronderstelde gemeenskap met die dooies. Daar is geglo dat die gode hulle wil aan mense oordra en ook om raad te gee wanneer hulle geraadpleeg is. Dit was die aard van die beroemde orakels van Griekeland en Rome. PeP 668.3

Die geloof van gemeenskap met die dooies word steeds gehandhaaf, selfs in die Christenlande. Onder die naam van spiritisme is die praktyk om met wesens te kommunikeer wat beweer dat hulle die gees van afgestorwenes is, wydverspreid. Dit is bedoel om die gevoelens van diegene wat hul geliefdes aan die dood afgestaan in besit te neem. Geestelike wesens verskyn soms aan persone in die gedaante van hulle afgestorwe vriende en vertel van voorvalle wat verband hou met hulle lewens en tree soms op soos wat hulle in hul lewe opgetree het. Op hierdie manier, lei hulle mense om te glo dat hulle PeP 668.4

afgestorwe vriende engele is wat oor hulle sweef en met hulle kommunikeer. Diegene wat dus voorgee om die geeste van afgestorwenes te wees, word met ‘n sekere vorm van aanbidding beskou en by baie dra hulle woord meer gewig as die woord van God. PeP 669.1

Daar is egter baie wat spiritisme vir blote bedrieëry aansien. Die manifestasies waarop dit aanspraak maak op ‘n bonatuurlike aard, word toegeskryf aan bedrog aan die kant van die medium. Maar alhoewel dit waar is dat die resultate van kullery dikwels as opregte manifestasies afgemaak is, is daar ook duidelike bewyse van bonatuurlike mag. En baie mense wat spiritisme verwerp, omdat hulle dit as die gevolge van menslike bedrewenheid of slimstreke beskou sal, wanneer hulle deur manifestasies gekonfronteer word wat hulle nie hierdeur kan verduidelik nie, die aansprake daarvan erken. PeP 669.2

Moderne spiritisme en die vorms van antieke heksery en afgod aanbidding-wat gemeenskap met die dooies as hul belangrikste beginsel beskou-is gebaseer op die eerste leuen waardeur Satan Eva in die tuin van Eden verlei het: “Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet ... julle soos God sal wees.” (Genesis 3:4,5). Gebaseer op ‘n leuen en met dieselfde gevolge, is beide afkomstig van die vader van leuens. PeP 669.3

Die Hebreërs is uitdruklik verbied om op enige wyse mee te doen aan die sogenaamde gemeenskap met die dooies. God het hierdie deur effektief gesluit toe Hy gesê het: “Die dooies weet glad niks nie... En hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.” (Prediker 9:5,6). “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.” (Psalm 146:4). En die Here het aan Israel gesê: “En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.” (Levitikus 20:6). PeP 669.4

Die “geeste wat waarsê” was nie die geeste van afgestorwenes nie, maar bose engele, die boodskappers van Satan. Antieke afgodery, wat, soos ons reeds gesien het, uit beide aanbidding van die dooies en voorbehoue gemeenskap met hulle bestaan, word in die Skrif verklaar dat dit PeP 669.5

duiwelaanbidding is. Die apostel Paulus, in sy waarskuwing aan sy broeders teen enige vorm van deelname aan die afgodery van hul heidense bure, het gesê: “Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.” (1 Korinthiërs 10:20). Die psalmdigter sê, aangaande Israel, dat “...hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer...” het en in die volgende vers verduidelik hy dat hulle, hul aan “...die afgode van Kanaan geoffer het.” (Psalm 106:37,38). In hulle sogenaamde aanbidding van die dooies het hulle in werklikheid die duiwel aanbid. PeP 670.1

Moderne spiritisme, wat op dieselfde grondslag berus, is slegs ‘n herlewing in ‘n nuwe vorm, van heksery en demoon aanbidding, wat God veroordeel en verbied het. Dit word in die Skrif met die woorde voorspel: “Die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.” (1 Timotheus 4:1). In sy tweede brief aan die Thessalonicense (2:8,9) wys Paulus op die besondere werking van Satan deur middel van spiritisme as iets wat kort voor die wederkoms van Christus sal plaasvind. Wanneer hy van Christus se wederkoms praat, verklaar hy dat dit “...volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders...” is. (2 Tessalonisense 2:9). En Petrus, wat die gevare waaraan die kerk in die laaste dae blootgestel sal word, sê dat, soos daar valse profete was wat Israel in sonde gelei het, so sal daar ook valse leraars wees, “.wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg...” (2 Petrus 2:1,2). Hier het die apostel een van die kenmerkendste eienskappe van spiritistiese leraars uitgewys. Hulle weier om Christus as die Seun van God te erken. Wat sulke leraars betref, verklaar die geliefde Johannes: “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.” (1 Johannes 2:22, 23). Spiritisme ontken die Vader sowel as die Seun, deur Christus te verloën en die Bybel verklaar dat dit die openbaring van die Antichris is. PeP 670.2

Deur die voorspelling van die straf van Saul wat deur die vrou van Endor gegee is, het Satan beplan om die volk Israel te verstrik. Hy het gehoop dat hulle met vertroue in die heks geïnspireer sou word en gelei sal word om haar te raadpleeg. Sodoende sou hulle van God as hulle raadgewer wegdraai en hulle aan die leiding van Satan onderwerp. Die lokmiddel waarmee spiritisme die massas trek, is die voorgegewe mag om die sluier van die toekoms te lig en aan mense te openbaar wat God verberg het. God het in Sy woord die groot gebeure van die toekoms aan ons geopenbaar-alles wat noodsaaklik vir ons is om te weet-en Hy het ons ‘n veilige Gids vir ons voete gegee, te midde van al die gevare; maar dit is Satan se doel om mense se vertroue in God te vernietig, hulle ontevrede te maak met hul lewensomstandighede en om hulle te lei om na kennis te soek van die dinge wat God met wysheid vir hulle verberg het en dit wat Hy in Sy heilige woord openbaar het, te versmaai. PeP 671.1

Daar is baie wat onrustig raak as hulle nie die definitiewe uitkoms van gebeure kan weet nie. Hulle kan onsekerheid nie verdra nie en weier in hulle ongeduld, om te wag om die verlossing van God te sien. Gevreesde onheil maak hulle byna rasend. Hulle gee toe aan hulle opstandige gevoelens en hardloop heen en weer in hartstogtelike droefheid en soek na inligting aangaande dinge wat nie geopenbaar is nie. As hulle maar net op God sou vertrou en waak in gebed, sou hulle Goddelike vertroosting vind. Hulle gees sal deur gemeenskap met God tot bedaring kom. Die wat vermoeid en belas is, sal rus vir hul siel vind, as hulle net na Jesus sou gaan; maar wanneer hulle die middele wat God vir hulle vertroosting beskik het verag en dit by ander bronne gaan soek in die hoop dat hulle sal uitvind wat God van hulle verberg, begaan hulle dieselfde dwaling as Saul en daardeur doen hulle kennis van die bose op. PeP 671.2

God is nie tevrede hiermee nie en Hy het dit in die mees eksplisiete terme te kenne gegee. Hierdie ongeduldige haas om die sluier van die toekoms weg te skuif, openbaar ‘n gebrek aan geloof in God en stel die siel oop vir die voorstelle van die meester van misleiding. Satan spoor mense aan om diegene met bekende geeste te raadpleeg; en deur verborge dinge uit die verlede te openbaar, inspireer hy hulle met vertroue in sy vermoë om dinge wat in die toekoms gaan gebeur te voorspel. Deur die ervaring wat hy in die lang eeue opgedoen het, kan hy PeP 671.3

van oorsaak tot gevolg redeneer en dikwels sommige van die toekomstige gebeure in die mens se lewe met ‘n mate van akkuraatheid voorspel. So word hy in staat gestel om arme, misleide siele te bedrieg en onder sy mag te bring en hulle volgens sy wil gevange te neem. PeP 672.1

God het ons deur Sy profeet gewaarsku: “En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.” (Jesaja 8:19,20). PeP 672.2

Sal diegene wat ‘n heilige God het, oneindig in wysheid en krag, hulle na towenaars, wie se kennis afkomstig is van hul intimiteit met die vyand van ons Here, wend? God self is die lig van Sy volk; Hy beveel hulle om hulle oë in geloof op die heerlikhede wat vir mense se oë verberg is, te vestig. Die Son van Geregtigheid stuur sy helder strale in hulle harte in; hulle verkry lig van die troon van die hemel en hulle het geen begeerte om van die Bron van lig weg te draai na die boodskappers van Satan nie. PeP 672.3

Die boodskap van die duiwel aan Saul, hoewel dit ‘n veroordeling van sonde en ‘n profesie van vergelding was, was nie bedoel om hom te hervorm nie, maar om hom tot wanhoop en ondergang te bring. Dikwels dien dit egter die versoeker se doel beter om mense deur vleiery tot vernietiging te lok. Die leer van die demoniese gode in antieke tye het die laagste vrypostigheid bevorder. Die Goddelike voorskrifte wat sonde veroordeel en geregtigheid afdwing, is tersyde gestel; die waarheid is ligtelik opgeneem en onheiligheid is nie alleenlik toegelaat nie, maar ook gelas. Spiritisme verklaar dat daar geen dood, geen sonde, geen oordeel en geen vergelding is nie; dat mense “sondelose halfgode” is; dat begeerte die hoogste wet is en dat die mens slegs aan homself verantwoordbaar is. Die versperrings wat God opgerig het om waarheid, reinheid en eerbied te bewaar, word afgebreek en baie word in sonde aangemoedig. Stel hierdie lering nie ‘n bron soortgelyk aan demoniese aanbidding voor nie? PeP 672.4

Die Here het die gevolge van gemeenskap met bose geeste aan Israel, in die gruwels van die Kanaaniete, voorgehou: Hulle PeP 672.5

was sonder natuurlike toegeneentheid, afgodedienaars, egbrekers, moordenaars en verfoeilik deur elke korrupte gedagte en oproerige praktyk. Mense ken nie hulle eie harte nie; want “...bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit.” (Jeremia 17:9). Maar God verstaan die neigings van die verdorwe natuur van die mens. Toe, soos nou, hou Satan wag om toestande ten gunste van rebellie te bewerkstellig, sodat die volk van Israel hulself net so gruwelik vir God sou maak soos die Kanaaniete. Die vyand van siele is voortdurend op die uitkyk vir oop kanale sodat boosheid onverhinderd deur ons kan vloei, want hy begeer dat ons vernietig en deur God veroordeel word. PeP 673.1

Die Satan was vasbeslote om sy greep op die land Kanaan te behou en toe die kinders van Israel daar gaan woon en die wet van God die landswet word, het hy Israel met ‘n wrede, kwaadaardige haat gehaat en hulle ondergang beplan. Deur middel van bose geeste is vreemde gode bekendgestel; en as gevolg van oortreding is die uitverkore volk uiteindelik uit die Beloofde Land verstrooi. Die Satan probeer om hierdie geskiedenis in ons tyd te herhaal. God lei Sy volk uit die gruwels van die wêreld weg sodat hulle Sy wet kan onderhou; en om hierdie rede ken die woede van “...die aanklaer van ons broeders...” geen perke nie. “Die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Openbaring 12:12). Die antitipiese land van belofte is vlak voor ons en Satan is vasberade om God se volk te vernietig en hulle van hul erfdeel af te sny. Die vermaning: “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie...” (Markus 14:38), was nooit meer ter sake as tans nie. PeP 673.2

Die woord van die Here aan antieke Israel word ook in hierdie tyd aan sy volk gerig: “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie.” “Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ‘n gruwel.” (Levitikus 19:31; Deuteronomium 18:12). PeP 673.3