Patriarge en Profete
Hoofstuk 52—Die Jaarlikse Feeste
(Hierdie hoofstuk berus op Levitikus 23) PeP 518.1
Daar was drie jaarlikse samekomste vir aanbidding, vir die hele Israel, by die heiligdom. (Exodus 23:14-16). Vir ‘n tyd was Silo die plek waar hierdie byeenkomste plaasgevind het; maar Jerusalem het agterna die middelpunt van die volk se aanbidding geword en hier het die stamme saamgekom vir die plegtige feeste. PeP 518.2
Die mense was omring met kwaadaardige, oorlogsugtige bendes wat gretig was om hulle van hulle land te beroof, maar ten spyte hiervan, is al die weerbare manne en al die mense wat die reis kon aanpak, aangesê om hulle huise drie keer per jaar te verlaat en by die plek van samekoms na aan die middel van die land gaan. Wat sou hulle vyande verhinder het om op daardie onbeskermde huishoudings neer te swiep om dit met vuur en swaard tot niet te maak? Wat sou ‘n inval van die land verhoed, wat Israel in gevangeskap aan een of ander vreemde vyand sou onderwerp? God het beloof om die Beskermer van Sy volk te wees. “Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees en red hulle uit.” (Psalm 34:8). Terwyl die Israeliete uitgegaan het om te aanbid, sou Goddelike Mag ‘n verbod op hulle vyande plaas. “Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die Here jou God, drie maal in die jaar.” (Exodus 34:24). PeP 518.3
Die eerste van hierdie feeste, die Pasga, of die fees van ongesuurde brode, het in die maand Abib, die eerste maand van die Joodse jaar geval en stem ooreen met die laaste helfte van Maart en die eerste helfte van April. Die winterkoue was verby en die laat reëns was ook verby en die hele natuur was met vreugde in die varsheid en skoonheid van die lente gevul. Die gras was groen op die heuwels en valleie en veldblomme het die velde oral opgevrolik. En as gevolg van die maan wat besig was om na volmaan te beweeg was die aande heerlik soel en aangenaam. Dit was die seisoen wat so mooi deur die heilige sanger geskilder is: PeP 518.4
“Die winter is verby, PeP 519.1
die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. PeP 519.2
Die bloeisels word gesien in die land, PeP 519.3
die sangtyd het aangebreek, PeP 519.4
en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. PeP 519.5
Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, PeP 519.6
en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur.” PeP 519.7
(Hooglied van Salomo 2:11-13) PeP 519.8
Deur die hele land het groepe pelgrims hulle weg na Jerusalem gevind. Die skaapwagters het hulle kuddes verlaat, die veeboere het van die berge afgekom, die vissers het van die meer van Galilea af opgetrek, die landbouers het hulle lande verlaat en die seuns van die profete het hulle heilige skole verlaat-almal het hulle treë gewend na die plek waar God se teenwoordigheid openbaar is. Hulle het kort fases gereis, want baie was te voet. Daar is voortdurend tot die karavane bygevoeg en hulle was dikwels baie groot teen die tyd dat hulle die heilige stad bereik het. PeP 519.9
Die blydskap in die natuur het die harte van die Israeliete met vreugde en dankbaarheid teenoor die Gewer van alle goeie dinge gevul. Die groot Hebreeuse Psalms is gesing en die heerlikheid en majesteit van Jehova verhef. By die klank van die hoof trompet, het die musiek van die simbale en die kore van danksegging opgestyg, aangevul deur honderde stemme: PeP 519.10
“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: PeP 519.11
Laat ons na die huis van die Here gaan! PeP 519.12
Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! ... PeP 519.13
Waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here PeP 519.14
om die Naam van die Here te loof... PeP 519.15
Bid om die vrede van Jerusalem; PeP 519.16
mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!” PeP 519.17
(Psalm 122:1-6) PeP 519.18
Soos hulle die heuwels rondom hulle waar die heidene gewoond was om hulle altaarvure aan te steek aanskou het, het die kinders van Israel gesing: PeP 519.19
“Ek slaan my oë op na die berge: PeP 519.20
waar sal my hulp vandaan kom? PeP 519.21
My hulp is van die Here PeP 519.22
wat hemel en aarde gemaak het. ” PeP 520.1
(Psalm 121:1,2) PeP 520.2
“Die wat op die Here vertrou, PeP 520.3
is soos die berg Sion wat nie wankel nie, PeP 520.4
maar bly tot in ewigheid. PeP 520.5
Rondom Jerusalem is berge; PeP 520.6
so is die Here rondom sy volk PeP 520.7
van nou af tot in ewigheid. ” PeP 520.8
(Psalm 125:1, 2) PeP 520.9
Toe hulle bo op die heuwels binne sig van die heilige stad kom, het hulle met heilige ontsag die menigte aanbidders wat hulle weg na die tempel wend, aanskou. Hulle kon die wierook sien opstyg en toe hulle die trompette van die Leviete hoor wat die heilige diens aankondig, is hulle deur die besieling van die uur aangegryp en het gesing: PeP 520.10
“Die Here is groot en baie lofwaardig PeP 520.11
in die stad van onse God, sy heilige berg! PeP 520.12
Skoon deur sy verhewenheid, PeP 520.13
die vreugde van die hele aarde PeP 520.14
is die berg Sion, aan die noordekant, PeP 520.15
die stad van die groot Koning!” PeP 520.16
(Psalm 48:2,3) PeP 520.17
“Mag daar vrede wees in jou skanse, PeP 520.18
rus in jou paleise!” PeP 520.19
“Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; PeP 520.20
ek wil daardeur ingaan, ek wil die Here loof.” PeP 520.21
“Ek sal my geloftes aan die Here betaal PeP 520.22
in die teenwoordigheid van sy ganse volk, PeP 520.23
in die voorhowe van die huis van die Here, PeP 520.24
binne-in jou, o Jerusalem! PeP 520.25
Halleluja!” PeP 520.26
(Psalm 122:7; 118:19; 116:18,19) PeP 520.27
Almal in Jerusalem het hulle huise vir die besoekers oopgestel en herberg is gratis voorsien; maar dit was nie voldoende vir die groot menigte nie en op elke beskikbare plek PeP 520.28
in die stad en tussen die omliggende heuwels is tente opgeslaan. PeP 521.1
Op die veertiende dag van die maand, in die aand, is die Pasga gevier, met die plegtige, indrukwekkende seremonies wat die verlossing uit Egipte herdenk en vooruit gewys het na die offer wat verlossing van die slawerny van sonde sou bring. Toe die Verlosser Sy lewe op Golgota afgelê het, het die Pasga sy betekenis verloor en is die Nagmaal ingestel as ‘n herdenking van dieselfde gebeurtenis waarvan die Pasga ‘n tipe was. PeP 521.2
Die Pasga is gevolg deur die sewedaagse fees van ongesuurde brode. Die eerste en sewende dag was dae van heilige byeenkomste, waarop geen beroepswerk verrig is nie. Op die tweede dag van die fees is die eerstelinge van die jaar se oeste aan die Here gebied. Gars was die vroegste graan in Palestina wat met die aanvang van die fees begin ryp word het. ‘n Gerf van hierdie graan is deur die priester voor die altaar van God, as erkenning dat alles aan Hom behoort het, beweeg. Nie voordat hierdie plegtigheid plaasgevind het, kon die oes ingesamel word nie. PeP 521.3
Vyftig dae na die aanbieding van die eerste vrugte, het die Pinksterfees, ook genoem die fees van die oes en die fees van die weke, aangebreek. As ‘n blyk van dankbaarheid vir die graan wat as voedsel berei is, is twee gesuurde brode voor die Here aangebied. Die Pinkster het net een dag, wat aan godsdiens gewy was, in beslag geneem. PeP 521.4
In die sewende maand het die Fees van Tabernakels (Huttefees) of van insameling gekom. Hierdie fees was ‘n erkenning van God se milddadigheid in die opbrengs van die boord, die olyfbos en die wingerd. Dit was die kroon van die feestelike byeenkomste van die jaar. Die land het sy opbrengs opgelewer, die oeste is in die graanskure gebêre, die vrugte, die olie en die wyn was geberg, die eerste vrugte is gereserveer en nou het die volk met hulle huldeblyke van danksegging aan God, wat hulle so ryklik geseën het, gekom. PeP 521.5
Hierdie fees moes by uitstek ‘n geleentheid van vreugde wees. Dit het net na die Versoendag plaasgevind, wanneer die versekering gegee was dat daar nie meer aan hulle ongeregtighede gedink sou word nie. Met God versoen, het PeP 521.6
hulle nou voor Hom verskyn om Sy goedheid te erken en Hom vir Sy genade te loof. Met die arbeid om die oes in te samel verby en die geswoeg van die nuwe jaar wat nog nie begin het nie, was die mense vry van sorge en kon hulle hulself aan die heilige, vreugdevolle invloede van die uur oorgee. Hoewel net die vaders en die seuns beveel was om by die feeste teenwoordig te wees, moes ook die hele huishouding, sover moontlik, dit bywoon en die diensknegte, Leviete, vreemdeling en die armes is met gasvryheid welkom geheet. PeP 522.1
Net soos die Pasga was die Fees van Tabernakels ‘n gedenkfees. Ter herdenking aan hulle pelgrimslewe in die woestyn, moes die mense nou hulle huise verlaat en in hutte wat van “...sierlike bome,...palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers...” (Levitikus 23:40, 42,43) gemaak is, woon. PeP 522.2
Die eerste dag van die fees was ‘n heilige samekoms en by die sewe dae van die fees is ‘n agtste dag gevoeg wat op dieselfde wyse gevier is. PeP 522.3
Tydens hierdie jaarlikse byeenkomste word die harte van oud en jonk tot diens aan die Here aangemoedig, terwyl die gemeenskap met die mense uit verskillende dele van die land die bande wat hulle aan God en aan mekaar bind, versterk. Dit sou goed vir die volk van God wees om in die hierdie tyd ook ‘n Huttefees te vier-'n vreugdevolle herdenking aan die seëninge wat hulle van God ontvang het. Soos die kinders van Israel die verlossing wat God vir hulle voorvaders bewerk het gevier het en Sy wonderbaarlike bewaring van hulle gedurende hulle trek uit Egipte, so behoort ons met dankbaarheid die verskillende metodes wat Hy bewerk het om ons uit die wêreld en die duisternis van dwaling, na die kosbare lig van Sy genade en waarheid te bring, in herinnering te roep. PeP 522.4
Vir diegene wat ver van die tabernakel af gewoon het, sou dit meer as ‘n maand van elke jaar in beslag geneem het om die jaarlikse feeste by te woon. Hierdie voorbeeld van toewyding aan God behoort die belangrikheid van godsdienstige aanbidding en die noodsaaklikheid om ons selfsugtige, wêreldse belange ondergeskik te maak aan dit wat geestelik en ewig is, te beklemtoon. Ons ly verlies wanneer ons die voorreg, om met mekaar gemeenskap te hou om mekaar in die diens van God te versterk en aan te moedig, verwaarloos. Die waarhede PeP 522.5
van Sy woord verloor hul intensiteit en belangrikheid in ons denke. Ons harte word nie meer deur die heiligmakende invloed aangewakker en verlig nie en ons gaan geestelik agteruit. In ons omgang as Christene, verloor ons baie deur ‘n tekort aan meegevoel vir mekaar. Hy wat homself wegsluit, vervul nie die roeping wat God vir hom beplan het nie. Ons is almal kinders van een Vader, van mekaar afhanklik vir geluk. Die eise van God en van die mensdom berus by ons. Dit is die behoorlike ontwikkeling van die sosiale elemente van ons natuur wat ons in medelye met ons broeders bring en aan ons, in ons pogings om andere te seën, geluk besorg. PeP 523.1
Die Fees van Tabernakels was nie net ‘n herdenking nie, maar ‘n tipe. Dit het nie net na die verblyf in die woestyn teruggewys nie, maar as die oesfees, het dit ook die insameling van die vrugte van die aarde gevier en vooruitgewys na die groot dag van finale insameling, wanneer die Here van die oes Sy maaiers sal uitstuur om die onkruid in te samel en in bondels te saam te bind vir die vuur en om die koring in Sy skuur te versamel. In daardie tyd sal die goddeloses vernietig word. Hulle sal word “...asof hulle nooit bestaan het nie.” (Obadja 16). En elke stem in die heelal sal verenig in vreugdevolle lofprysing aan God. Die openbaarder sê: “En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid.” (Openbaring 5:13). PeP 523.2
Die volk van Israel het God geloof by die Fees van Tabernakels, soos hulle Sy genade in hulle verlossing uit die slawerny in Egipte in herinnering roep en Sy tere versorging van hulle gedurende hulle pelgrimslewe in die woestyn. Hulle het hulle ook verheug in die besef van vergifnis en aanvaarding deur die diens van die Versoendag wat pas geëindig het. Maar wanneer die verlostes van die Here veilig in die hemelse Kanaan versamel sal wees, vir ewig verlos van die slawerny van die vloek waaronder “...die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe...” (Romeine 8:22), sal hulle, hul met ‘n onuitspreeklike vreugde en vol heerlikheid verheug. Dan sal Christus se groot versoeningswerk vir die mensdom voltooi wees en hulle sondes sal vir ewig uitgewis wees. PeP 523.3
“Die woestyn en die dor land sal bly wees, PeP 524.1
en die wildernis sal juig en bloei soos “n narsing; PeP 524.2
dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; PeP 524.3
die heerlikheid van die Libanon is aan hom gegee, PeP 524.4
die sieraad van Karmel en Saron; PeP 524.5
hulle daar sal sien die heerlikheid van die Here, PeP 524.6
die sieraad van onse God. PeP 524.7
“Dan sal die oë van die blindes geopen PeP 524.8
en die ore van die dowes ontsluit word. PeP 524.9
Dan sal die lammers spring soos “n takbok, PeP 524.10
en die tong van die stomme sal jubel; PeP 524.11
“want in die woestyn breek waters uit PeP 524.12
en strome in die wildernis. PeP 524.13
En die gloeiende grond sal “n waterplas word, PeP 524.14
en die dorsland fonteine van water ... PeP 524.15
“En daar sal “n grootpad wees en “n weg PeP 524.16
wat die heilige weg genoem sal word; PeP 524.17
geen onreine sal daarop voorttrek nie, PeP 524.18
maar vir hulle sal dit wees; PeP 524.19
wie die weg bewandel - PeP 524.20
selfs die dwase sal nie dwaal nie. PeP 524.21
“Daar sal geen leeu wees nie PeP 524.22
en geen verskeurende dier sal daarop kom PeP 524.23
of daar aangetref word nie; PeP 524.24
maar die verlostes sal daarop wandel; PeP 524.25
“en die losgekooptes van die Here sal teruggaan PeP 524.26
en na Sion kom met gejubel, PeP 524.27
en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; PeP 524.28
vreugde en blydskap sal hulle verkry, PeP 524.29
maar kommer en gesug vlug weg.” PeP 524.30
(Jesaja 35:1,2,5-10) PeP 524.31