Patriarge en Profete
Hoofstuk 51—God se Sorg vir die Behoeftiges
Om die byeenkomste vir godsdienstige dienste aan te moedig en ook om vir die behoeftiges te sorg, was ‘n tweede tiende van al die wins nodig. Aangaande die eerste tiende het die Here gesê: “Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel.” (Numeri 18:21). Maar aangaande die tweede tiende het Hy beveel: “Jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eers geborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees.” (Deuteronomium 14:23,29; 16:11-14). Hierdie tiende, of die waarde daarvan in geld, moes hulle vir twee agtereenvolgende jare na die plek bring waar die heiligdom gestaan het. Nadat hulle aan die Here ‘n dankoffer en aan die priester ‘n vasgestelde deel gegee het, moes die offeraars die res vir ‘n godsdienstige fees gebruik waaraan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee moes deelneem. So is voorsiening gemaak vir die dankoffers en die feeste tydens die jaarlikse feeste en die volk is in gemeenskap met die priesters betrek sodat hulle onderrig en bemoediging in die diens van God kon ontvang. PeP 511.1
Elke derde jaar moes hierdie tweede tiende egter tuis gebruik word om die Leviet en die arme te onthaal, soos Moses gesê het, “...dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.” (Deuteronomium 26:12). Hierdie tiende sou die fondse vir die gebruik van liefdadigheid en gasvryheid voorsien. PeP 511.2
En nog verdere voorsiening is vir die behoeftiges gemaak. Daar is niks, benewens die erkenning van die eise van God, wat die wette wat deur Moses deurgegee is meer onderskei, as die mildelike, tere en gasvrye gees teenoor die behoeftiges nie. Hoewel God beloof het om Sy volk ryklik te seën, was dit nie Sy bedoeling dat daar geen armoede onder hulle sou wees nie. Hy het verklaar dat die land nooit sonder sy armes sou wees nie. Daar sou altyd diegene onder Sy volk wees wat hulle meegevoel, teerheid en liefdadigheid sal wek. In daardie dae, net soos tans, was daar mense wat onderworpe was aan teëspoed, siekte en verlies van eiendom; maar, solank hulle die PeP 511.3
opdragte van God nagevolg het, was daar geen bedelaars onder hulle nie en ook niemand wat honger gely het nie. PeP 512.1
Die wet van God het aan die armes die reg op ‘n sekere gedeelte van die opbrengs van die grond gegee. Wanneer iemand honger was, was hy geregtig om na sy buurman se land of sy boord of wingerd te gaan en genoeg te eet om sy honger te stil. Dit was ooreenkomstig hierdie verlof, dat Jesus se dissipels van die staande graan gepluk en geëet het terwyl hulle op die Sabbatdag deur ‘n landery geloop het. PeP 512.2
Al die oorblyfsels van die oesland, die boord en die wingerd het aan die armes behoort. “As jy jou oes op jou land insamel en ‘n gerf op die land vergeet...” het Moses gesê, “...mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie ... As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rondsoek nie ... As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees. En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf was in Egipteland.” (Deuteronomium 24:19-22; Levitikus 19:9,10). PeP 512.3
Elke sewende jaar is spesiale voorsiening vir die armes gemaak. Die Sabbatsjaar, soos dit genoem is, het net na die oestyd begin. Met die saaityd wat op die insameling van die oes gevolg het, moes die volk nie saai nie; hulle moes nie die wingerd in die lente bewerk nie en hulle moes geen graan-of druiweoes verwag nie. Wat spontaan uit die grond opgekom het, kon hulle eet terwyl dit vars was, maar hulle moes geen deel daarvan in hulle skure opgaar nie. Die opbrengs van daardie jaar moes vrylik vir die vreemdeling, die wees, die weduwee en selfs vir die diere van die veld beskikbaar wees. (Exodus 23:10,11; Levitikus 25:5). PeP 512.4
Maar as die veld normaalweg net genoeg opgelewer het om in die behoeftes van die volk te voorsien, hoe moes hulle oorleef gedurende die jaar wat geen oes ingesamel is nie? Hiervoor het die belofte van God ruim voorsiening gemaak. “Dan gebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar...” het Hy gesê “...en dit sal die oes vir die drie jare oplewer. En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.” (Levitikus 25:21, 22.) PeP 512.5
Die onderhouding van die Sabbatsjaar moes beide die land en die volk tot voordeel strek. Die grond, wat vir een seisoen onbewerk gelê het, sou agterna meer oorvloedig produseer. Die mense is vrygestel van die druk van die landerye en hoewel daar verskeie take was wat hulle in daardie tyd kon verrig het, het almal meer vrye tyd geniet wat geleentheid geskep het vir die herstel van hulle fisiese krag vir die inspanning van die volgende jare. Hulle het meer tyd vir oordenking en gebed gehad en om hulleself bekend te maak met die leringe en vereistes van die Here en vir die voorligting van hulle huisgesinne. PeP 513.1
In die Sabbatsjaar moes die Israelitiese slawe vrygelaat word en hulle moes nie met leë hande weggestuur word nie. Die Here se opdrag was: “En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie. Jy moet hom ‘n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.” (Deuteronomium 15:13,14). PeP 513.2
Die huur van ‘n arbeider moes dadelik betaal word. “Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie. Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie-want hy is arm en sy siel verlang daarna.” (Deuteronomium 24:14,15). PeP 513.3
Met betrekking tot die behandeling van slawe wat uit hulle diens gedros het, was daar ook spesiale opdragte. “Jy mag ‘n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie. Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.” (Deuteronomium 23:15,16). PeP 513.4
Vir die behoeftiges was die sewende jaar ‘n jaar van kwytskelding van hulle skuld. Die Hebreërs is gelas om hulle behoeftige broeders te alle tye te help deur geld rentevry aan hulle te leen. Hulle is uitdruklik verbied om rente van ‘n arme te verhaal. “En as jou broer by jou verarm en agter raak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe. Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe. Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.” (Levitikus 25:35-37). As die skuld tot met die PeP 513.5
Sabbatsjaar nog uitstaande was, kon die kapitaal nie ingevorder word nie. Die volk is ten strengste gewaarsku om nie as gevolg van hierdie bepalings te weier om die nodige hulp aan hulle broeders te verleen nie. “As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers,... dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie ... Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby-en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk en jy hom niks gee nie en hy teen jou na die Here roep en dit sonde in jou word.” “Die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land...” “...en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.” (Deuteronomium 15:7-9,11,8). PeP 514.1
Niemand hoef te vrees dat sy vrygewigheid hom sal verarm nie. Gehoorsaamheid aan die gebooie van God sal sekerlik voorspoed tot gevolg hê. “Want die Here jou God seën jou soos Hy beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.” (Deuteronomium 15:6). PeP 514.2
Na “...sewe aar-weke, (sewe maal sewe jaar)...”, het die groot jaar van vrylating, die jubeljaar, aangebreek. “...Dan moet jy...'n basuingeklank...deur julle hele land laat gaan. En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.” (Levitikus 25:9,10). PeP 514.3
“In die sewende maand, op die tiende van die maand ... op die versoendag...” moes die trompet van die jubeljaar klink. Deur die hele land, orals waar die Joodse volk gewoon het, het daardie klank ‘n beroep op die kinders van Jakob gedoen, om die jaar van vrylating te verwelkom. Op die groot Versoendag is daar versoening vir die sondes van Israel gedoen en met vreugde in hulle hart het die volk die jubeljaar verwelkom. PeP 514.4
Soos in die Sabbatsjaar, moes daar nie op die land gesaai of geoes word nie en alles wat daaruit voortgespruit het moes beskou word as die regmatige eiendom van die behoeftiges. Sekere klasse van die Hebreeuse slawe-almal wat nie in die Sabbatsjaar vrygelaat is nie-was nou vrygelaat. Maar wat die PeP 514.5
jubeljaar veral onderskei het, was die teruggee van alle vaste eiendom aan die familie van die oorspronklike eienaar. Deur die spesiale leiding van God, is die land deur die lot verdeel. Nadat die grond verdeel is, het niemand die reg gehad om sy boedel te verhandel nie. Hy kon sy grond ook nie verkoop tensy armoede hom daartoe gedwing het nie en selfs dan, as hy of een van sy familielede begeer het om dit terug te koop, mag die koper nie geweier het om dit te verkoop nie; en indien dit nie afgelos was nie, sou dit in die jubeljaar na die oorspronklike eienaar terugval. PeP 515.1
Die Here het aan Moses verklaar: “Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.” (Levitikus 25:23). Die volk moes met die feit dat die land aan God behoort en dat hulle net toegelaat is om dit tydelik te besit, beïndruk word; dat Hy die regmatige Eienaar, die oorspronklike Besitter, is en dat dit Sy wil is dat spesiale oorweging aan die behoeftiges en ongelukkiges geskenk word. Dit moes in almal se verstand ingeskerp word, dat die behoeftiges net soveel reg op ‘n plek in God se wêreld het as die meer voorspoediges. PeP 515.2
Dit is die voorsiening wat deur ons genadige Skepper gemaak is, om die lyding te versag, om ‘n straal van hoop, ‘n glans van sonskyn, in die lewe van die behoeftiges en noodlydendes te bring. PeP 515.3
Die Here sou die buitensporige liefde vir eiendom en mag inperk. Groot euwels sou uit die toenemende versameling van rykdom deur een klas en die armoede en agteruitgang van ‘n ander voortspruit. Sonder ‘n mate van beperking sou die voorspoediges ‘n monopolie word en die armes wat in alle opsigte in die oë van God net so verdienstelik is, sou deur hulle voorspoediger broeders as minderwaardig beskou en behandel word. Die bewustheid van hierdie onderdrukking sal die hartstogte van die armer klas aanwakker. Daar sou ‘n gevoel van wanhoop en desperaatheid wees wat sou neig om die gemeenskap te demoraliseer en die deur te open vir elke vorm van misdaad. Die regulasies wat God ingestel het, was bedoel om sosiale gelykheid te bevorder. Die bepalings van die Sabbatsjaar en die jubeljaar sou, tot ‘n groot mate, alles wat in PeP 515.4
die interim, in die maatskaplike en politieke ekonomie van die nasie skeefgeloop het, regstel. PeP 516.1
Hierdie bepalings was bedoel om die vooruitstrewendes nie meer as die behoeftiges te seën nie. Dit sou die gierigheid en ingesteldheid vir selfverheffing beperk en ‘n edel gees van liefdadigheid kweek; en deur welwillendheid en vertroue by alle klasse aan te moedig, sou dit maatskaplike orde en die stabiliteit in die regering bevorder. Ons is almal saam in die groot web van die mensdom ingeweef en wat ons ook kan doen om ander te bevoordeel en op te hef sal in seëninge op ons reflekteer. Die wet van wedersydse afhanklikheid geld deur al die klasse van die gemeenskap. Die armes is nie meer afhanklik van die rykes as wat die rykes van die armes is nie. Terwyl die een klas vir ‘n aandeel vra in die seëninge wat God op hulle meer welgestelde bure uitgestort het, het die ander weer die getroue diens, die breinkrag, been en spier nodig wat die kapitaal van die armes behels, nodig. PeP 516.2
Groot seëninge is aan Israel, op voorwaarde van gehoorsaamheid aan die Here se opdragte, belowe. Hy het verklaar: “Ek (sal) julle reëns gee op die regte tyd en die land sal sy opbrings gee en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon. Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn en geen swaard sal deur julle land trek nie...En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees en julle sal vir My ‘n volk wees... Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie doen nie; en...my verbond verbreek dan sal... julle...ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.” (Levitikus 26:4-17). PeP 516.3
Daar is baie mense wat met groot entoesiasme daarop aandring dat alle mense ‘n gelyke aandeel in die wêreldse seëninge van God moet hê. Maar dit was nie die doel van die Skepper nie. ‘n Diversiteit van omstandighede is een van die middele waardeur God beplan om die karakter te beproef en te PeP 516.4
ontwikkel. Tog is dit Sy bedoeling dat diegene wat aardse besittings het, hulleself bloot as rentmeesters van Sy goedere moet beskou en met middele toevertrou is om tot voordeel van die lydendes en die behoeftiges aangewend te word. PeP 517.1
Christus het gesê dat ons die armes altyd by ons sal hê en Hy vereenselwig Sy belange met die van Sy lydende mense. Die hart van ons Verlosser toon meegevoel vir Sy armste en nederigste aardse kinders. Hy vertel ons dat hulle Sy verteenwoordigers op aarde is. Hy het hulle tussen ons geplaas om daardie liefde, wat Hy vir die lydendes en verdruktes voel, in ons harte op te wek. Meegevoel en welwillendheid wat aan hulle bewys word, word deur Christus aanvaar asof dit aan Homself bewys word. ‘n Daad van wreedheid of verwaarlosing teenoor hulle word beskou asof dit teenoor Hom gepleeg is. PeP 517.2
Indien die wet wat deur God tot voordeel van die behoeftiges gegee is, voortgegaan het om uitgevoer te word, hoe anders sal die huidige toestand van die wêreld, sedelik, geestelik en fisies wees! Selfsug en eiebelang sou nie soos tans voorgekom het nie, maar elk sou ‘n goedhartige ingesteldheid vir die geluk en welvaart van ander koester; en sulke wydverspreide armoede soos wat tans in baie lande gesien word, sal nie bestaan nie. PeP 517.3
Die beginsels wat God neergelê het, sou die verskriklike euwels wat deur al die eeue die gevolg van die verdrukking van die rykes teenoor die armes en die agterdog en haat van die armes teenoor die rykes was, verhoed het. Terwyl dit mense mag verhinder om groot rykdom te vergader en toe te gee aan onbeperkte weelde, sal dit ook die gevolglike onkunde en agteruitgang van tienduisende verhoed, wie se swak betaalde diens nodig is om hierdie kolossale rykdomme op te bou. Dit sal ‘n vreedsame oplossing bied vir daardie probleme wat tans dreig om die wêreld met anargie en bloedvergieting te vul. PeP 517.4