Patriarge en Profete

45/75

Hoofstuk 43—Die Dood van Moses

(Hierdie hoofstuk berus op Deuteronomium 31 tot 34) PeP 449.1

In Sy volle omgang met Sy volk, is daar, gemeng met Sy liefde en genade, die mees treffendste bewyse van Sy streng en onpartydige oordeel. Dit word in die geskiedenis van die Hebreeuse volk geïllustreer. God het ryke seëninge oor Israel uitgestort. Sy liefdevolle barmhartigheid teenoor hulle word gevoelvol geskilder: “Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels-die Here alleen het hom gelei.” En tog, hoe spoedig en ernstig was die vergelding waarmee hulle, as gevolg van hulle oortredinge, besoek is! PeP 449.2

Die oneindige liefde van God is geopenbaar in die geskenk van Sy eniggebore Seun om ‘n verlore mensdom te verlos. Christus het na die aarde gekom om aan die mensdom die karakter van Sy Vader te openbaar en Sy lewe was gevul met dade van Goddelike teerheid en deernis. En tog verklaar Christus Self: “Voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan nie.” (Mattheus 5:18). Dieselfde stem wat die sondaar geduldig en liefdevol smeek om na Hom toe te kom om vergifnis en vrede te vind, sal in die oordeel diegene wat Sy genade verwerp, beveel: “Gaan weg van My, julle vervloektes.” (Mattheus 25:41). Regdeur die Bybel word God nie net as ‘n tere Vader voorgestel nie, maar ook as ‘n regverdige Regter. Hoewel Hy behae daarin skep om genade te betoon en “...ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe...” sal Hy dit nogtans “...nooit ongestraf laat bly nie.” (Exodus 34:7). PeP 449.3

Die groot Heerser van die nasies het verklaar dat Moses nie die vergadering van Israel in die goeie land sou inlei nie en die ernstige pleidooi van God se dienaar kon nie die omkeer van sy vonnis bewerkstellig nie. Hy het geweet dat hy moes sterf. Maar het hy nie vir een oomblik gewankel in sy sorg vir Israel nie. Hy het getrou daarna gestreef om die vergadering voor te berei om die beloofde erfnis te betree. Op die Bevel van God het Moses en Josua na die tabernakel gegaan terwyl die wolkkolom oor die ingang gerus het. Daar is die volk plegtig aan die sorg van Josua PeP 449.4

opgedra. Moses se werk as leier van Israel was afgehandel. Maar steeds het hy van homself vergeet in die belang van sy volk. In die teenwoordigheid van die vergaderde menigte het Moses sy opvolger in die Naam van God met hierdie heilige bemoedigende woorde aangespreek: “Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van Israel inbring in die land wat Ek hulle met ‘n eed beloof het; en Ek sal met jou wees.” Daarna het hy hom tot die oudstes en die ampsdraers van die volk gewend en hulle ‘n plegtige opdrag gegee om die bevele van God wat hy aan hulle opgedra het getrou te gehoorsaam. PeP 450.1

Terwyl die volk na die bejaarde man gekyk het wat so spoedig van hulle weggeneem sou word, het hulle met ‘n nuwe en dieper waardering onthou van sy vaderlike teerheid, sy wyse raad en sy onvermoeide arbeid. Hoe dikwels, wanneer hulle sondes die regverdige oordeel van God verdien het, het God sy gebede verhoor en hulle gespaar! Hulle droefheid is as gevolg van hulle berou verhoog. Hulle het met bitterheid onthou dat hulle eie ongeregtighede aanleiding gegee het tot die sonde waarvoor Moses moes sterf. PeP 450.2

Die verwydering van hulle geliefde leier sou vir Israel ‘n gevoeliger bestraffing wees as enigiets wat aan hulle toegevoeg kon word indien sy sending voortgeduur het. God wou hulle laat verstaan dat hulle hul toekomstige leier se lewe nie moes beproef soos wat hulle in die geval van Moses gedoen het nie. God spreek tot Sy volk deur middel van die seëninge wat Hy skenk; en wanneer dit nie waardeer word nie, spreek Hy tot hulle deur seëninge wat Hy van hulle ontneem, sodat hulle gelei mag word om hul sondigheid in te sien en met hulle hele hart na Hom terug te keer. PeP 450.3

Op daardie selfde dag het Moses die bevel ontvang: “Klim op hierdie gebergte ... die berg Nebo, ... en aanskou die land Kanaan wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee; en sterwe op die berg waarheen jy opklim en word versamel by jou volksgenote.” Op Goddelike bevel het Moses dikwels die kamp verlaat om met die Here gemeenskap te hou; maar nou moes hy ‘n nuwe, geheimsinnige opdrag uitvoer. Hy moes uitgaan om sy lewe in die hande van sy Skepper oor te gee. Moses het geweet dat hy alleen sou sterf; geen aardse vriend sou toegelaat word om hom in sy laaste ure by te staan nie. Daar was iets geheimsinnig en ontsagwekkend in die toneel PeP 450.4

voor hom, waarvoor sy hart teruggedeins het. Die swaarste beproewing was om geskei te word van die volk vir wie hy gesorg en liefgehad het-die volk wat vir so lank by sy lewe en belange ingeweef was. Maar hy het geleer om God te vertrou en met onvoorwaardelike geloof het hy homself en sy volk aan Sy liefde en genade toevertrou. PeP 451.1

Vir die laaste keer het Moses in die vergadering van sy volk gestaan. Weer het die Gees van God oor hom gekom en in die mees verhewe en aangrypende taal, het hy op elk van die stamme ‘n seën uitgespreek en dit soos volg afgesluit: PeP 451.2

“Niemand is daar soos God, o Jesurun, PeP 451.3

wat oor die hemel ry as jou hulp, PeP 451.4

en oor die wolke in sy hoogheid. PeP 451.5

Die ewige God is “n woning PeP 451.6

en onder-ewige arms; PeP 451.7

en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe PeP 451.8

en gesê, Verdelg! PeP 451.9

So het Israel dan veilig gaan woon, PeP 451.10

die bron van Jakob, in afsondering, PeP 451.11

in ‘n land van koring en mos; PeP 451.12

ja, sy hemel laat dou afdrup. PeP 451.13

Welgeluksalig is jy, o Israel! PeP 451.14

Wie is soos jy? PeP 451.15

“n Volk wat deur die Here verlos is, PeP 451.16

die skild van jou hulp. ” PeP 451.17

(Deuteronomium 33:26-29). PeP 451.18

Moses het van die vergadering weggestap en in stilte alleen die berg uitgeklim. Hy het “...na die berg Nebo, die top van Pisga...'‘ gegaan. Op daardie eensame hoogte het hy met skerp oë op die toneel afgekyk wat voor hom oopgelê het. In die verre weste het hy die water van die Groot See gesien; in die noorde het die berg Hermon teen die lug verrys; in die ooste was die tafelland van Moab en daaragter was Basan, die toneel van Israel se groot oorwinning; en ver weg na die suide het die woestyn waar hulle so lank geswerf het, uitgestrek. PeP 451.19

In eensaamheid het Moses oor sy lewe nagedink; oor die lotgevalle en swaarkry wat hy geken het sedert hy weggedraai het van die paleis en die voorgenome koningskap van Egipte PeP 451.20

om sy lot by die uitverkore volk van God in te werp. Hy het teruggedink aan daardie lang jare in die woestyn met Jetro se kuddes, die verskyning van die Engel in die brandende bos en aan sy eie roeping om Israel te verlos. Weer het hy die magtige wonderwerke van God se mag, wat ten behoewe van die uitverkore volk geopenbaar was en Sy lankmoedige genade gedurende die jare van hulle omswerwinge en rebellie, herleef. Ondanks alles wat God vir hulle gedoen het en ondanks sy eie gebede en arbeid, was slegs twee van die volwassenes uit die groot menigte wat uit Egipte weggetrek het, tot so mate getrou, dat hulle die Beloofde Land kon binnegaan. Soos Moses oor die gevolge van sy arbeid nagedink het, het sy lewe van beproewing en opoffering amper tevergeefs gelyk. PeP 452.1

Nogtans het hy geen berou gehad oor die laste wat hy gedra het nie. Hy het geweet dat sy sending en arbeid ‘n aanstelling deur God self was. Toe hy die eerste keer geroep is om Israel uit slawerny uit te lei, het hy voor die verantwoordelikheid teruggedeins; maar vandat hy die werk aanvaar het, het hy die las nie ontwyk nie. Selfs toe die Here aangebied het om hom vry te laat deur Israel uit te delg, kon Moses nie instem nie. Hoewel hy groot beproewinge geken het, het hy ook besondere blyke van God se guns geniet; gedurende sy omswerwinge in die woestyn het hy ‘n ryke ervaring opgedoen deur die openbaringe van God se krag en heerlikheid te aanskou en die gemeenskap van Sy liefde te ervaar; hy het gevoel dat hy ‘n wyse besluit geneem het deur te verkies om saam met die volk van God ellende te ervaar, as om vir ‘n periode die genot van sonde te geniet. PeP 452.2

Terwyl hy teruggekyk het na sy ondervinding as leier van God se volk, het een verkeerde daad sy rekord geskend. Indien daardie oortreding uitgewis kon word, het hy gevoel dat hy nie van die dood sou wegskram nie. Hy het die versekering gehad dat bekering en geloof in die beloofde Offer al was wat God verlang het en weer het Moses sy sonde bely en om genade in die naam van Jesus gesmeek. PeP 452.3

En nou is ‘n panoramiese uitsig van die Beloofde Land aan hom gebied. Elke deel van die land het voor hom oopgevou, nie dofweg of onduidelik in die verre deinserigheid nie; maar alles is helder, duidelik en pragtig voor sy verheugde aangesig uitgebeeld. In hierdie toneel is dit nie aan hom getoon soos dit PeP 452.4

toe was nie, maar soos dit sou wees wanneer dit met die seën van God daaroor, in besit van Israel sou wees. Dit het vir hom gelyk asof hy ‘n tweede Eden aanskou. Daar was berge met die seders van Libanon bedek, heuwels, grys met olyfbome en welriekend met die geur van die wynstokke, wye groen vlaktes, helder met blomme en ryk in vrugbaarheid, hier die palmbome van die trope, daar die golwende koring-en garslande, sonnige valleie met die musiek van kabbelende strome en die sang van voëls, mooi stede en tuine, mere ryk aan “...die oorvloed van die see...” kuddes wat op die heuwels wei en te midde van die rotse, die wilde bye se opgegaarde skatte. Dit was waarlik ‘n land soos Moses, begeester deur die Gees van God, aan Israel beskryf het: “Geseënd deur die Here ... met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê en met die kostelikste voortbrengsels van die son ... en met die vernaamste voortbrengsel van die berge ... en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid.” PeP 453.1

Moses het die uitverkore volk in Kanaan gevestig gesien, elke stam in besit van sy erfnis. Hy het hulle geskiedenis, na hulle vestiging in die Beloofde Land, gesien; die lang, droewige verhaal van hulle afvalligheid en die straf daarvoor is voor hom blootgelê. Hy het gesien hoedat hulle weens hulle sonde onder die heidene verspreid raak, die heerlikheid wat Israel verlaat het, die pragtige stad in puin en die volk as gevangenes in vreemde lande. Hy het hulle in die land van hulle vaders herstel gesien en uiteindelik, onder die heerskappy van Rome. PeP 453.2

Hy is toegelaat om deur die stroom van tyd te kyk en die eerste koms van ons Verlosser te aanskou. Hy het Jesus as baba in Betlehem gesien. Hy het die engelekoor ‘n vreugdevolle loflied tot God, ‘n lied van vrede op aarde, hoor aanhef. In die hemele het hy ‘n ster wat die wyse manne uit die Ooste na Jesus lei, gesien en ‘n groot lig het sy gemoed bestraal toe hy die profetiese woorde onthou: ““n Ster kom te voorskyn uit Jakob en ‘n septer kom uit Israel op.” (Numeri 24:17). Hy het Christus se nederige lewe in Nasaret aanskou, Sy liefdesdiens, medelye, en genesing van siekes en Sy verwerping deur die trotse, ongelowige nasie. Met verbasing het hy hulle spoggerige verheffing van die wet van God aangehoor, terwyl hulle Hom, wat die wet gegee het, verag en verwerp. Hy het gesien hoe Jesus op die Olyfberg met trane afskeid neem van die stad wat PeP 453.3

Hy so liefgehad het. Terwyl Moses die finale verwerping van daardie volk, wat so hoog deur die Hemel geseën was, aanskou het-daardie mense vir wie hy gearbei, gebid en opofferings gemaak het, namens wie hy gewillig was dat sy eie naam uit die boek van die lewe gewis moes word; terwyl hy geluister het na die angswekkende woorde: “Julle huis word vir julle woes gelaat!” (Mattheus 23:38), is Moses se hart met foltering gevul en hy het bitter trane in meegevoel met die droefheid van die Seun van God gestort. PeP 454.1

Hy het die Saligmaker na Getsémané gevolg en die foltering in die tuin, die verraad, die bespotting, die géseling en die kruisiging aanskou. Moses het gesien dat die Seun van God verhoog moes word, net soos hy die koperslang in die woestyn verhoog het, sodat elkeen wat in Hom glo, “...nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:15,16). Moses se hart was vol droefheid, verontwaardiging en afsku toe hy die manifestasie van geveinsdheid en sataniese haat wat die Joodse volk jeens hulle Verlosser, die magtige Engel wat voor hulle vaders uitgegaan het, aanskou. Hy het Christus se smartlike kreet gehoor: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Markus 15:34). Hy het Hom in Josef se nuwe graf sien lê. Dit was asof die duisternis van hopelose wanhoop die wêreld omvou. Maar hy het weer gekyk en aanskou hoe Hy as Oorwinnaar te voorskyn kom en vergesel van aanbiddende engele, na die hemel opvaar en ‘n menigte van gevangenes lei. Hy het gesien hoe die blink hemelpoorte oopgaan om Hom te ontvang en hoe die hemelse skare hulle Aanvoerder met oorwinningsliedere verwelkom. En daar is aan hom geopenbaar dat hy self onder diegene sou wees wat die Verlosser bedien en die ewige poorte vir Hom sou oopmaak. ‘n Heilige glans het sy aangesig bedek terwyl hy die toneel aanskou het. Hoe nietig was die beproewinge en opofferings van sy lewe wanneer dit met die van die Seun van God vergelyk word! Hoe lig in kontras met die “..alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid!” (2 Korinthiërs 4:17). Hy het hom verheug dat hy toegelaat was om selfs in ‘n geringe mate, deel te neem aan die lyding van Christus. PeP 454.2

Moses het Jesus se dissipels sien uitgaan om Sy evangelie aan die wêreld te verkondig. Hy het gesien dat, alhoewel die volk Israel “...na die vlees...” nie aan die hoë roeping PeP 454.3

beantwoord het waartoe God hulle geroep het nie en in hulle ongeloof nie daarin geslaag het om die lig van die wêreld te word nie; en hoewel hulle die genade van God verag en hulle seëninge as Sy uitverkore volk verbeur het, het God die saad van Abraham nogtans nie verwerp nie; sodat die heerlike doelwitte wat Hy Hom voorgeneem het om deur Israel te bereik, vervul kon word. Almal wat deur Christus die kinders van geloof sou word, sou as Abraham se saad gereken word; hulle was die erfgename van die verbondsbeloftes; soos Abraham is hulle geroep om die wet van God en die evangelie van Sy Seun te bewaar en aan die wêreld bekend te maak. Moses het gesien hoe die lig van die evangelie deur die dissipels van Jesus uitstraal na hulle “...wat in duisternis sit...” (Mattheus 4:16) en hoe dat duisende uit die lande van die heidene na die helderheid van die opgang daarvan stroom. En terwyl hy dit aanskou het, het hy hom verheug in die toename en welvaart van Israel. PeP 455.1

En nou het ‘n ander toneel voor hom verbygegaan. Hy het reeds aanskou hoe die Satan die Jode sou aanvoer om Christus te verwerp terwyl hulle voorgee om die wet van Sy Vader te vereer. Hy het nou gesien hoe die Christen-wêreld onder dieselfde misleiding verkeer, deur te beweer dat hulle Christus aanneem, terwyl hulle God se wet verwerp. Hy het die priesters en die ouderlinge hoor uitroep: “Weg met Hom!” “Kruisig, kruisig Hom!” en nou het hy die beweerde Christen-leraars hoor uitroep: “Weg met die wet!” Hy het gesien dat die Sabbat onder die voete vertrap word en ‘n valse instelling die plek daarvan inneem. Moses is opnuut met verbasing en met afgryse gevul. Hoe kon diegene wat voorgee om in Christus te glo, die wet verwerp wat Hy met Sy eie Stem op die heilige berg verkondig het? Hoe kon enige persoon wat God vrees die wet, wat die grondslag van Sy heerskappy in die hemel en op aarde is, ter syde stel? Met vreugde het Moses gesien hoedat die wet van God steeds deur ‘n getroue minderheid vereer en verhef word. Hy het die laaste groot stryd van die aardse magte, om diegene wat God se wet gehoorsaam, uit te wis, gesien. Hy het die tyd vooruitgesien wanneer God sal opstaan om die bewoners van die aarde weens hulle ongeregtigheid te straf en diegene wat Sy Naam gevrees het in die dag van Sy toorn, beskerm en verberg sal word. Hy het die vredesverbond van God met diegene wat Sy wet onderhou gehoor, toe Hy met Sy stem vanuit Sy heilige woning spreek en die hemele en die aarde gebewe het. Hy het PeP 455.2

die tweede koms van Christus in heerlikheid gesien, hoe die regverdige dode tot onsterflike lewe opgewek word, die lewende heiliges verander word sonder om die dood te sien en almal saam met vreugdesange opvaar na die stad van God. PeP 456.1

Nog ‘n ander toneel speel af voor sy oë-die aarde van die vloek bevry, mooier as die mooi Beloofde Land wat so pas voor hom uitgestrek was. Daar is geen sonde nie en die dood kan daar nie inkom nie. Daar sal die verloste nasies vir ewig woon. Met onuitspreeklike vreugde aanskou Moses die toneel van die vervulling van ‘n heerliker verlossing as wat sy stoutste verwagting ooit sou kon geskilder het. Met hulle aardse omswerwinge vir altyd verby, het die Israel van God uiteindelik die goeie betree. PeP 456.2

Die gesig het weer vervaag en sy oë het op die land van Kanaan, wat voor hom in die verte uitgestrek gelê het, gerus. Daarna het hy, soos ‘n moeë krygsman, gaan lê om te rus. “Toe het Moses, die kneg van die Here, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die Here. En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.” Baie van diegene wat onwillig was om op die raad van Moses, terwyl hy nog by hulle was, ag te slaan, sou in gevaar verkeer het om met sy dooie liggaam afgodery te pleeg indien hulle die plek van sy graf geken het. Om hierdie rede is dit vir mense verberg. Maar engele van God het die liggaam van Sy getroue kneg begrawe en oor sy eensame graf gewaak. PeP 456.3

“En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie-wat betref al die tekens en die wonders wat die Here hom opgedra het om te doen en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het. ” PeP 456.4

As Moses se lewe nie deur daardie een sonde, deur God nie te verheerlik toe die water uit die rots by Kades gestroom het nie, bevlek was nie, sou hy die Beloofde Land binnegegaan en in die hemel opgeneem word sonder om die dood te aanskou. Maar hy sou nie lank in die graf bly nie. Christus self, vergesel van die engele wat Moses begrawe het, het van die hemel neergedaal om Sy slapende heilige op te wek. Die Satan het PeP 456.5

hom verheug in sy sukses om Moses teen God te laat sondig en hom daardeur onder die heerskappy van die dood te laat kom. Die groot teenstander het verklaar dat die Goddelike vonnis: “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer” (Genesis 3:19), hom besitreg oor die dode gegee het. Die mag van die graf is nooit voorheen verbreek nie en daarom het hy almal wat in die grafte was as sy gevangenes beskou, om nooit uit sy donker gevangenis verlos te word nie. PeP 457.1

Vir die eerste keer sou Christus iemand uit die dood opwek. Toe die Vors van die lewe en die skitterende engele die graf nader, was Satan verontrus oor sy heerskappy. Met sy bose engele het hy die inval op die gebied wat hy as sy eie beskou het, betwis. Hy het gespog dat die dienskneg van God sy gevangene geword het. Hy het verklaar dat selfs Moses nie in staat was om die wet van God te onderhou nie; dat hy aan homself die eer toegeëien het wat Jehova toekom-dieselfde sonde wat die Satan se verbanning uit die hemel veroorsaak het-en dat hy deur daardie een oortreding onder die heerskappy van die Satan gekom het. Die aardsverraaier het sy oorspronklike beskuldigings teen die heerskappy van God beklemtoon en sy klagtes oor God se onreg teenoor hom herhaal. PeP 457.2

Christus het Hom nie verneder om in stryd met Satan te verkeer nie. Hy kon hom gewys het op die wrede werk wat sy bedrog in die hemel bewerkstellig het en die ondergang van ‘n groot aantal hemelinge veroorsaak het. Hy kon hom gewys het op die leuens wat hy in Eden vertel het, wat daartoe aanleiding gegee het dat Adam gesondig het en sodoende die dood oor die mensdom gebring het. Hy kon Satan daaraan herinner het dat dit deur sy eie toedoen was dat Israel gemurmureer en oproerig geraak het, wat die lankmoedige geduld van hulle leier beproef het en dat hy Moses onverhoeds tot sonde verlei en onder die heerskappy van die dood gebring het. Maar Christus het dit alles na Sy Vader verwys deur te sê: “Die Here bestraf jou!” (Judas 9). Die Verlosser het nie in ‘n geskil met Sy teenstander betrokke geraak nie, maar Hy het daar en dan met Sy werk begin om die mag van die gevalle vyand te verbreek en die dode tot lewe op te wek. Hier was ‘n bewys van die oppermag van die Seun van God wat die Satan nie kon betwis nie. Die opstanding PeP 457.3

was vir ewig verseker. Die Satan was sy prooi ontneem; die regverdige dode sou weer leef. PeP 458.1

As gevolg van sonde het Moses onder die mag van die Satan gekom. Volgens sy eie verdienstelikheid, was hy die wettige gevangene van die dood; maar hy is tot die ewige lewe opgewek want hy kon in die Naam van sy Verlosser daarop aanspraak maak. Moses het verheerlik uit die graf opgestaan en saam met sy Verlosser na die Stad van God opgevaar. PeP 458.2

Die regverdigheid en liefde van God is nog nooit, voor die dood van Jesus, op ‘n meer treffender wyse bewys as in Sy handelinge met Moses nie. God het Moses uit Kanaan uitgehou om ‘n les te leer wat nooit vergeet moes word nie, naamlik dat Hy stiptelike gehoorsaamheid vereis en dat mense daarteen moet waak om nie die heerlikheid wat hulle Skepper toekom, vir hulleself toe te eien nie. Hy kon nie toegee aan Moses se gebed dat hy toegelaat mag word om in Israel se erfnis te deel nie, maar Hy het Sy dienskneg nie vergeet of versaak nie. Die God van die hemel het begrip gehad vir die lyding wat Moses verduur het; Hy het kennis geneem van die getroue diens wat hy in daardie lange jare van stryd en beproewing verrig het. Op die top van Pisga het God Moses tot ‘n erfenis opgeroep wat veel heerliker was as die aardse Kanaan. PeP 458.3

Op die berg van verheerliking was Moses saam met Elia, wat na die hemel opgevaar het sonder om te sterf. Hulle is gestuur as draers van lig en heerlikheid vanaf die Vader na Sy Seun. So is die gebed van Moses, van honderde jare tevore, dan verhoor. Hy het op die “goeie bergland” binne die erfnis van sy volk gestaan en van Hom getuig in wie al die beloftes aan Israel gesentreer was. Dit is die laaste toneel wat aan die sterflike oë van ‘n mens, in die geskiedenis van daardie man wat so hoog deur die Hemel vereer is, geopenbaar is. PeP 458.4

Moses was ‘n tipe van Christus. Hy het self aan Israel verklaar: ““n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister” (Deuteronomium 18:15). God het dit goed geag om Moses in die skool van beproewing en armoede te dissiplineer voordat hy gereed sou wees om die menigtes van Israel na die aardse Kanaan te lei. Die Israel van God wat na die hemelse Kanaan reis, het ‘n Leidsman wat geen menslike lering benodig om Hom PeP 458.5

vir Sy werk as geestelike leier voor te berei nie; nogtans is Hy deur lyding vervolmaak en “...deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebreërs 2:10,18). Ons Verlosser het geen menslike swakheid of onvolmaaktheid aan die dag gelê nie, nogtans het Hy gesterf om vir ons toegang tot die Beloofde Land te verkry. PeP 459.1

“En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.” (Hebreërs 3:5,6). PeP 459.2