Patriarge en Profete
Hoofstuk 32—Die Wet en die Gebooie
Toe Adam en Eva geskape was, het hulle reeds ‘n kennis van die wet van God gehad; hulle was bekend met die eise wat dit aan hulle gestel het; die voorskrifte was op hulle harte geskryf. Toe die mens as gevolg van oortreding geval het, is die wet nie verander nie, maar ‘n stelsel vir herstel is gevestig om hom na gehoorsaamheid terug te bring. Die belofte van ‘n Verlosser is gegee en die offerandes wat wys na die dood van Christus as die groot sondoffer is ingestel. Maar indien die wet van God nooit oortree was nie, sou daar geen dood gewees het nie en geen behoefte aan ‘n Verlosser nie; gevolglik sou daar geen nodigheid vir offerandes gewees het nie. PeP 338.1
Adam het die wet van God aan sy nasate geleer en dit is deur opeenvolgende geslagte van vader tot seun deurgegee. Maar ondanks die genadige voorsiening wat vir die redding van die mens gemaak is, het min dit aanvaar en gehoorsaam. Deur oortreding het die wêreld so verdorwe geraak, dat dit nodig was om dit deur ‘n sondvloed van die verdorwenheid te reinig. Die wet is deur Noag en sy gesin bewaar en Noag het sy nakomelinge die Tien Gebooie geleer. Namate mense weer van God afgedwaal het, het die Here Abraham gekies en van hom het Hy gesê dat hy “...na my stem geluister en my ordeninge, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.” (Genesis 26:5). Hy het die besnydenis ontvang as teken dat elkeen wat besny is aan die diens van God gewy was-'n belofte dat hulle hulle van afgodery sou weerhou en die wet van God sou gehoorsaam. Die versuim van Abraham se afstammelinge om hierdie belofte na te kom, soos wat blyk uit hulle neiging om alliansies met heidene te vorm en hulle gewoontes aan te neem, was die oorsaak van hulle verblyf en slawerny in Egipte. Maar in hulle omgang met afgodedienaars en hulle gedwonge onderdanigheid aan die Egiptenare, is hulle begrip van die Goddelike voorskrifte verder gekorrupteer met die veragtelike en wrede leringe van heidenisme. Daarom, toe die Here hulle uit Egipteland uitgebring het, het Hy op Sinai, omring met heerlikheid en deur Sy engele, neergedaal en in ontsagwekkende majesteit, Sy wet ten aanhore van al die mense, uitgespreek. PeP 338.2
Hy het selfs toe nie Sy gebooie aan die geheue van ‘n volk, wat so geneig was om Sy vereistes te vergeet, toevertrou nie, maar het dit op kliptafels neergeskryf. Hy sou elke moontlikheid om heidense oorleweringe met Sy heilige gebooie te vermeng, of om Sy vereistes met menslike verordeninge of gewoontes te verwar van Israel verwyder. Maar Hy het nie by die gee van die voorskrifte van die Tien Gebooie volstaan nie. Die mense het getoon dat hulle so maklik mislei word, dat Hy geen deur vir versoeking onbewaak sou laat nie. Moses het opdrag ontvang om, soos God aan hom voorskryf, oordele en wette met presiese opdragte oor wat vereis word, neer te skryf. Hierdie aanwysings, met betrekking tot die volk se verpligtinge teenoor God, teenoor mekaar en teenoor die vreemdeling, was slegs die uitgebreide beginsels van die Tien Gebooie en is op so ‘n spesifieke wyse gegee, dat dit vir niemand nodig was om te dwaal nie. Dit was bedoel om oor die heiligheid van die Tien Gebooie, wat op kliptafels gegraveer, was te waak. PeP 339.1
Indien die mensdom die wet van God bewaar het, soos dit na die sondeval aan Adam gegee is, deur Noag onderhou en deur Abraham gehoorsaam is, sou dit nie nodig gewees het vir die instelling van die besnydenis nie. En indien Abraham se afstammelinge die verbond, waarvan die besnydenis ‘n teken was, nagekom het, sou hulle nooit tot afgodery verlei gewees het nie en sou dit ook nie nodig gewees het vir hulle om ‘n lewe van slawerny in Egipte te verduur nie; hulle sou die wet van God in gedagte gehou het en dit sou nie nodig gewees het om dit op Sinai af te kondig of om dit op die kliptafels te graveer nie. En as die mensdom die Tien Gebooie onderhou het, sou daar geen nodigheid gewees het vir die bykomende voorskrifte wat aan Moses gegee is nie. PeP 339.2
Die offerstelsel wat aan Adam gegee is, is ook deur sy nakomelinge verdraai. Die eenvoudige en betekenisvolle diens wat God ingestel het, is deur bygeloof, afgodery, wreedheid en losbandigheid gekorrupteer. Weens hulle langdurige omgang met afgodedienaars het die volk van Israel baie heidense gebruike met hulle godsdiens vermeng; daarom het die Here hulle by Sinai duidelike opdragte gegee aangaande die offerdiens. Nadat die heiligdom voltooi was, het Hy uit die wolk van heerlikheid bokant die versoendeksel tot Moses gespreek en aan hom volledige voorskrifte gegee aangaande die PeP 339.3
offerstelsel en die aanbiddingsplegtighede wat in die heiligdom verrig moes word. So is die seremoniële wet aan Moses gegee en hy het dit in ‘n boek geskryf. Maar die wet van die Tien Gebooie is deur God self op kliptafels geskryf en dit is heilig in die ark bewaar. PeP 340.1
Daar is baie mense wat hierdie twee stelsels probeer kombineer en wat tekste gebruik wat van die seremoniële wet praat om te bewys dat die sedewet afgeskaf is, maar dit is ‘n verdraaiing van die Skrifte. Daar is ‘n groot en duidelike verskil tussen die twee stelsels. Die seremoniële wet bestaan uit simbole wat vooruit gewys het na Christus, Sy soenoffer en Sy priesterskap. Hierdie rituele wet, met die offers en instellinge, moes deur die Hebreërs uitgevoer word, totdat tipe antitipe ontmoet in die dood van Christus, die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem. Daarna moes al die offers gestaak word. Dit is hierdie wet wat Christus “...weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.” (Kolossense 2:14). Maar aangaande die wet van die Tien Gebooie sê die psalmdigter: “Vir ewig, O Here, staan u woord vas in die hemele.” (Psalm 119:89). En Christus sê self: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet ... te ontbind nie .... Want voorwaar...”, Hy maak die stelling so sterk moontlik, “...Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.” (Mattheus 5:17,18). Hier leer Hy nie net wat die wet van God voorheen, of destyds vereis het nie, maar wel dat daardie eise van krag sou wees vir so lank as wat die hemel en die aarde bly voortbestaan. Die wet van God is so onveranderlik soos Sy troon. Dit sal deur al die eeue heen bindend op die mensdom wees. PeP 340.2
Aangaande die wet wat op Sinai afgekondig is, het Nehemia gesê: “Op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee.” (Nehemia 9:13). En Paulus, die apostel aan die heidene, het gesê: “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12). Dit kan op geen ander wet as die Tien Gebooie betrekking hê nie, want dit is die wet wat sê: “Jy mag nie begeer nie.” (Vers 7). PeP 340.3
Hoewel die dood van die Verlosser ‘n einde gemaak het aan die wet van tipes en skaduwees, het dit nie die geringste afbreuk aan die sedewet gemaak nie. Inteendeel, net die feit dat dit nodig was vir Christus om te sterf om versoening vir die oortreding van daardie wet te doen, bewys dat dit onveranderlik is. PeP 341.1
Diegene wat beweer dat Christus gekom het om die wet van God af te skaf en weg te doen met die Ou Testament, praat van die Joodse bedeling as ‘n eeu van duisternis en verteenwoordig die godsdiens van die Hebreërs as bestaande uit blote vormgodsdiens en seremonies. Maar dit is ‘n dwaling. Regdeur die bladsye van heilige geskiedenis waar die hantering van God met Sy uitverkore volk opgeteken staan, is daar brandende spore van die groot EK IS. Nooit het Hy aan die mensekinders ‘n meer openbare bewys van Sy krag en heerlikheid gegee as toe Hy alleen as die Heerser van Israel erken is en Sy wet aan Sy volk gegee het nie. Geen mensehand het die septer hier geswaai nie; en die statige uitgange van Israel se onsigbare Koning was onbeskryflik groots en ontsagwekkend. PeP 341.2
In al hierdie openbaringe van die Teenwoordigheid van God is die heerlikheid van God deur Christus gemanifesteer. Nie net tydens die eerste koms van Christus nie, maar deur al die eeue ná die val en in die belofte van die verlossing het “...God in Christus die wêreld met Homself versoen.” (2 Korinthiërs 5:19). Christus was die grondslag en middelpunt van die offerstelsel, beide in die patriargale en Joodse bedeling. Sedert die sonde van ons stamouers was daar geen verdere regstreekse gemeenskap tussen God en mens nie. Die Vader het die wêreld in die hande van Christus oorgelaat sodat Hy die mensdom deur middel van Sy middelaarswerk kon verlos en die gesag en heiligheid van die wet van God kan verdedig. Alle gemeenskap tussen die hemel en die gevalle mensdom het deur middel van Christus geskied. Dit was die Seun van God wat die belofte van die verlossing aan ons stamouers gegee het. Dit is Hy wat Hom aan die patriarge geopenbaar het. Adam, Noag, Abraham, Isak, Jakob en Moses het die evangelie verstaan. Hulle het vir verlossing gesoek deur die mens se Plaasvervanger en Pand. Hierdie heilige manne van ouds het gemeenskap met die Verlosser, wat in die gedaante van ‘n mens na die aarde sou PeP 341.3
kom, gehad; en sommige van hulle het van aangesig tot aangesig met Christus en met hemelse engele gepraat. PeP 342.1
Christus was nie net die Leier van die Hebreërs in die woestyn nie, die Engel in wie die Naam van Jehova was en wat in die sluier van die wolkkolom voor die volk uitgegaan het nie, maar dit was Hy wat die wet aan Israel gegee het.* Te midde van die ontsagwekkende heerlikheid van Sinai het Christus, ten aanhore van die hele volk, die tien voorskrifte van Sy Vader se wet bekend gemaak. Dit is Hy wat die wet op die twee kliptafels gegraveer en dit toe aan Moses gegee het. PeP 342.2
Dit is Christus wat deur die profete tot Sy volk gespreek het. In sy sendbrief aan die Christelike gemeente sê die apostel Petrus dat die profete “...geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.” (1 Petrus 1:10,11). Dit is die stem van Christus wat deur die Ou Testament tot ons spreek. “Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.” (Openbaring 19:10). PeP 342.3
In Sy leringe, terwyl Hy persoonlik tussen mense verkeer het, het Jesus die gedagtes van die mense op die Ou Testament gevestig. Aan die Jode het Hy gesê: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig.” (Johannes 5:39). Op daardie stadium was die boeke van die Ou Testament die enigste deel van die Bybel wat bestaan het. Weer het die Seun van God gesê: “Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.” En toe het Hy bygevoeg: “As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (Lukas 16:29,31). PeP 342.4
Die seremoniële wet is deur Christus gegee. Selfs nadat dit nie meer van krag was nie, het Paulus die regte plek en waarde daarvan aan die Jode voorgehou, deur aan te toon hoe dit by die verlossingsplan inpas en wat die verhouding tot die werk van Christus was; en die groot apostel verklaar dat hierdie wet heerlik en sy Goddelike Oorsprong waardig is. Die plegtige PeP 342.5
------------------------------------------------------------------------ PeP 342.6
* Sien aanhangsel, opmerking 7 PeP 342.7
diens van die heiligdom het belangrike waarhede, wat deur opeenvolgende geslagte geopenbaar sou word, gekenmerk. Die wierookwolk wat saam met die gebede van Israel opgestyg het, verteenwoordig Sy geregtigheid wat alleenlik in staat is om die sondaar se gebede vir God aanneemlik te maak; die bloeiende slagoffer op die brandofferaltaar het getuig van ‘n Verlosser wat sou kom; en uit die allerheiligste plek het die sigbare teken van die Teenwoordigheid van God geskyn. So is die geloof deur al die eeue van duisternis en afvalligheid, lewend in menseharte gehou totdat die tyd vir die beloofde Messias aangebreek het. PeP 343.1
Jesus was die Lig vir Sy mense-die Lig van die wêreld-voordat Hy in die gedaante van ‘n mens na die aarde gekom het. Die eerste ligstraal wat die duisternis waarin sonde die wêreld omvou het deurboor het, het van Christus gekom. En van Hom het elke straal van die hemel se glans wat op die aardbewoners geskyn het, gekom. In die verlossingsplan is Christus die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste. PeP 343.2
Sedert Christus Sy bloed vir die versoening van sondes gestort en na die hemel opgevaar het om “...voor die aangesig van God vir ons te verskyn” (Hebreërs 9:24), het lig vanaf die kruis van Golgota gestraal en vanuit die heilige plekke van die heiligdom daarbo. Maar die helderder lig wat aan ons geskenk is moenie veroorsaak dat ons dít wat in vroeër tye ontvang is, deur die tipes wat na die komende Verlosser wys, verag nie. Die evangelie van Christus werp lig op die Joodse bedeling en gee betekenis aan die seremoniële wet. Namate nuwe waarhede geopenbaar word en die dinge wat van die begin af bekend was in ‘n duideliker lig gestel word, word die karakter en voornemens van God in Sy handelinge met Sy uitverkore volk geopenbaar. Elke bykomende ligstraal wat ons ontvang, gee aan ons ‘n duideliker begrip van die verlossingsplan, wat die uitwerking is van die Goddelike wil in die verlossing van die mens. Ons sien nuwe skoonheid en mag in die ingegewe woord en ons bestudeer die bladsye daarvan met ‘n dieper en meer absorberende belangstelling. PeP 343.3
Baie mense is die mening toegedaan dat God ‘n skeidsmuur tussen die Hebreërs en die buitewêreld opgerig het; dat Sy liefde en sorg tot ‘n groot mate van die res van die mensdom PeP 343.4
onttrek is en op Israel toegespits was. Maar dit was nie God se plan dat Sy volk ‘n skeidsmuur tussen hulleself en hul medemens moes oprig nie. Die hart van Oneindige Liefde het na al die bewoners van die aarde uitgereik. Hoewel hulle Hom verwerp het, het Hy voortdurend gestreef om Hom aan hulle te openbaar sodat hulle in Sy liefde en genade kon deel. Hy het Sy seën aan die uitverkore volk gegee sodat hulle andere kon seën. PeP 344.1
God het Abraham geroep, voorspoedig gemaak en vereer; en die patriarg se getrouheid was ‘n lig vir die mense in elke land waar hy vertoef het. Abraham het hom nie afgesonder van die mense om hom nie. Hy het vriendskaplike verhoudings met die konings van die omliggende nasies gehandhaaf, waarvan sommige van hulle hom met groot respek behandel het; en sy eerbaarheid en onselfsugtigheid, sy dapperheid en liefdadigheid, het die karakter van God verteenwoordig. In Mesopotamië, in Kanaan, in Egipte en selfs aan die bewoners van Sodom is die God van die hemel deur Sy verteenwoordiger geopenbaar. PeP 344.2
So het God Hom, aan Egipte en al die nasies wat van daardie magtige ryk afhanklik was, deur Josef geopenbaar. Waarom het God Josef so hoog bokant die Egiptenare verhef? Hy kon op enige ander wyse Sy plan met die kinders van Jakob bereik het, maar Hy wou Josef as ‘n lig in die paleis van die koning gebruik, sodat die hemelse lig wyd en syd kon uitbrei. Deur sy wysheid en regverdigheid, deur die reinheid en liefdadigheid van sy daaglikse lewe, deur sy toewyding aan die belange van die volk en dit nogal ‘n afgodiese volk, was Josef ‘n verteenwoordiger van Christus. In hulle weldoener, na wie die hele Egipte hulle met dankbaarheid en lof gewend het, sou daardie heidense volk die liefde van hul Skepper en Verlosser sien. So het God ook deur Moses, ‘n lig langs die troon van die wêreld se magtigste koninkryk geplaas, sodat almal wat wou, met die ware en lewende God bekend kon word. En al hierdie lig is aan die Egiptenare gegee voordat God Sy hand uitgestrek het om Sy oordele oor hulle te bring. PeP 344.3
Deur die verlossing van Israel uit Egipte is die kennis van God wyd en syd versprei. Die oorlogsugtige bewoners van die vesting van Jerigo het gebewe. Ragab het gesê: “Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die Here julle God, Hy PeP 344.4
is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.” (Josua 2:11). Honderde jare na die uittog het die Filistynse priesters hulle volk aan die Egiptiese plae herinner en hulle gewaarsku om die God van Israel nie te weerstaan nie. PeP 345.1
God het Israel geroep, geseën en verhoog, maar nie sodat hulle alleenlik deur gehoorsaamheid aan Sy wet Sy guns kon ontvang en die uitsluitlike ontvangers van Sy seëninge kon wees nie, maar sodat hy Homself deur hulle, aan al die bewoners van die aarde kon openbaar. Dit was om hierdie doel te bereik, dat Hy hulle beveel het om hulle van die afgodiese nasies rondom hulle af te sonder. PeP 345.2
God het ‘n afsku gehad aan afgodery en al die sondes wat daarmee gepaard gegaan het en Hy het Sy volk beveel om nie met die ander nasies om te gaan om te “...doen na hulle werke...” en God te vergeet nie. Hy het hulle verbied om met afgodedienaars te trou sodat hulle harte nie van Hom afkerig sou word nie. Dit was toe net so noodsaaklik soos nou vir God se volk om hulle rein en “...vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” Hulle moet hulleself van die wêreldse gees vrywaar want dit is teenstrydig met waarheid en geregtigheid. Maar dit was nie God se doel dat Sy volk hulle in eiegeregtige afsondering aan die wêreld moes onttrek sodat hulle geen invloed daarop kon hê nie. PeP 345.3
Soos hulle Meester, moes die navolgers van Christus in elke eeu die lig van die wêreld wees. Die Verlosser het gesê: ““n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op die staander en dit skyn vir almal wat in die huis is...” dit wil sê, vir die hele wêreld. Dan vervolg Hy: “Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Mattheus 5:14-16). Dis presies wat Henog, Noag, Abraham, Josef en Moses gedoen het. Dis presies wat God wou hê dat Sy volk Israel moes doen. PeP 345.4
Dit was hulle eie ongelowige hart, deur die Satan beheer, wat veroorsaak het dat hulle hul lig verberg het, in stede van dit op die omliggende volke te laat skyn; dit was dieselfde dweepsugtige gees wat veroorsaak het dat hulle óf die sondige gebruike van die heidene navolg, óf hulle in trotse PeP 345.5
afgetrokkenheid afsonder asof die liefde en sorg van God net vir hulle alleen bedoel was. PeP 346.1
Soos wat die Bybel twee wette voorhou, waarvan een onveranderlik en ewig en die ander voorlopig en tydelik was, so is daar ook twee verbonde. Die genadeverbond is oorspronklik in Eden met die mens gesluit toe daar na die sondeval ‘n Goddelike belofte gemaak is dat die vrou se saad die slang se kop sou vermorsel. Hierdie verbond het vir alle mense vergifnis en die ondersteunende genade van God beloof vir toekomstige gehoorsaamheid deur geloof in Christus. Dit het ook aan hulle die ewige lewe belowe op voorwaarde dat hulle aan God se wet getrou bly. So het die patriarge die hoop op verlossing ontvang. PeP 346.2
Hierdie selfde verbond is met Abraham vernuwe in die belofte: “In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” (Genesis 22:18). Hierdie belofte het na Christus verwys. So het Abraham dit verstaan (kyk Galasiërs 3:8,16) en hy het op Christus vertrou vir die vergifnis van sondes. Dit was daardie geloof wat vir hom tot regverdigheid gereken is. Die verbond met Abraham het ook die gesag van God se wet gehandhaaf. Die Here het aan Abraham verskyn en gesê: “Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.” (Genesis 17:1). Aangaande Sy getroue dienaar het God getuig: “Omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het...” (Genesis 26:5). En aan hom het die Here gesê: “En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag na jou.” (Genesis 17:7). PeP 346.3
Hoewel hierdie verbond met Adam gemaak en met Abraham hernu is, kon dit nie voor die dood van Christus bekragtig word nie. Dit het deur die belofte van God ontstaan vandat die eerste aanduiding van verlossing gegee is; dit is deur die geloof aangeneem; maar, nadat dit deur Christus bekragtig is, is dit die nuwe verbond genoem. Die wet van God was die grondslag van die verbond wat eenvoudig ‘n reëling was om mense weer in harmonie met die Goddelike wil te bring en hulle op ‘n plek te plaas waar hulle God se wet kon gehoorsaam. PeP 346.4
“n Ander verdrag-wat in die Skrifte die “ou” verbond genoem word-is by Sinai tussen God en Israel aangegaan en dit is daar PeP 346.5
deur die bloed van ‘n offerande bekragtig. Die verbond met Abraham is deur die bloed van Christus bekragtig en word die “tweede” of “nuwe” verbond genoem omdat die bloed waarmee dit verseël is, gestort is ná die bloed van die eerste verbond. Dat die nuwe verbond reeds in die dae van Abraham geldig was, is duidelik uit die feit dat dit destyds deur beide die belofte en die eed van God bevestig is-die twee “...onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg.” (Hebreërs 6:18). PeP 347.1
Maar as die verbond met Abraham dan die belofte van verlossing bevat het, waarom is daar by Sinai ‘n ander verbond aangegaan? Tydens hulle slawerny het die volk die kennis van God en die beginsels van die verbond met Abraham tot ‘n groot mate vergeet. Deur hulle uit Egipte te verlos, wou God Sy krag en Sy genade aan hulle openbaar sodat hulle kon leer om Hom lief te hê en te vertrou. Hy het hulle tot by die Rooi See gebring, waar hulle deur die Egiptenare agtervolg is en daar skynbaar geen ontvlugting was nie, sodat hulle kon besef dat hulle magteloos was en die hulp van God nodig gehad het; en toe het Hy hulle verlos. Daardeur is hulle met liefde en dankbaarheid teenoor God vervul en met vertroue in Sy mag om hulle te help. Hy het hulle aan Hom verbind, as hulle Verlosser van aardse slawerny. PeP 347.2
Maar ‘n nog groter waarheid moes op hulle verstand afgedruk word. Terwyl hulle te midde van afgodery en korrupsie gelewe het, het hulle geen ware begrip van die heiligheid van God, of die uiterste sondigheid van hulle eie harte, hulle uiterste onvermoë om uit hulle eie aan God se wet gehoorsaam te wees en hulle behoefte aan ‘n Verlosser, gehad nie. Hulle moes dit alles nog geleer word. PeP 347.3
God het hulle na Sinai gebring; Hy het Sy heerlikheid geopenbaar; Hy het Sy wet aan hulle gegee en op voorwaarde van gehoorsaamheid, groot seëninge beloof: ,,As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, ... sal julle vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.” (Exodus 19:5,6). Die volk het nie besef hoe sondig hulle eie harte was en dat dit sonder Christus vir hulle onmoontlik was om God se wet te gehoorsaam nie; en hulle het geredelik ‘n vabond met God gesluit. Onder die wanindruk dat hulle self in staat was om geregtigheid te handhaaf, het hulle verklaar: “Alles wat die Here PeP 347.4
gespreek het, sal ons doen en daarna luister.” (Exodus 24:7). Hulle het aanskou hoe die wet met ontsagwekkende majesteit afgekondig is en hulle het in vrees voor die berg gebewe; en tog het daar net ‘n paar weke verbygegaan voordat hulle hul verbond met God verbreek en neergebuig het om ‘n gesnede beeld te aanbid. Hulle kon nie hulle hoop vir die guns van God plaas op ‘n verbond wat hulle verbreek het nie; en noudat hulle bewus was van hul sondigheid en hulle behoefte aan vergifnis besef het, was hulle genoop om hul behoefte aan ‘n Verlosser, wat in die verbond met Abraham geopenbaar en in die sondoffers voorafgeskadu is, te besef. Hulle was nou, deur geloof en liefde, aan God as hul Verlosser van die slawerny van sonde, verbind. Hulle was nou in staat om die seëninge van die nuwe verbond te waardeer. PeP 348.1
Die voorwaardes van die ,,ou verbond” was: Gehoorsaam en leef. Dit is “...wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe” (Esegiël 20:11; Levitikus 18:5); maar “...vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie.” (Deuteronomium 27:26). Die “nuwe verbond” is op “beter beloftes” gegrond-op die belofte van vergifnis van sondes en van die genade van God om die hart te vernuwe en in ooreenstemming met die beginsels van God se wet te bring. “Dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart ... Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” (Jeremia 31:33,34). PeP 348.2
Dieselfde wet wat op kliptafels geskryf is, word deur die Heilige Gees op die tafels van die hart geskryf. In stede daarvan dat ons probeer om ons eie geregtigheid te bewerkstellig, neem ons die geregtigheid van Christus aan. Sy bloed doen versoening vir ons sonde. Sy gehoorsaamheid word vir ons aanvaar. Dan sal die hart wat deur die Heilige Gees vernuwe is, “...die vrug van die Gees...” voortbring. Deur die genade van Christus sal ons in gehoorsaamheid aan die wet van God lewe wat op ons harte geskryf is. Omdat ons die Gees van Christus het, sal ons wandel soos Hy gewandel het. Deur die profeet het Hy van Homself gesê: “Ek het lus, o my God, om U welbehae te doen en U wet is binne-in my ingewande.” (Psalm 40:9). En toe Hy op aarde geleef het, het Hy gesê: “Die Vader het My nie PeP 348.3
alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.” (Johannes 8:29). PeP 349.1
Die apostel Paulus toon baie duidelik die verband tussen die geloof en die wet onder die nuwe verbond. Hy sê: “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.” “Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” “Wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees...”-kon die mens nie regverdig nie omdat hy in sy sondige natuur nie in staat was om die wet te onderhou nie. “God, deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” (Romeine 5:1;3:31;8:3,4). PeP 349.2
Die werk van God is altyd dieselfde alhoewel daar verskillende grade van ontwikkeling en verskillende openbaringe van Sy krag is, om in die verskillende eeue in die behoeftes van mense te voorsien. Vanaf die eerste evangelie-belofte, deur die patriargale en die Joodse bedeling, tot in die huidige tyd, is die doeleindes van God met die verlossingsplan, geleidelik ontplooi. Die Verlosser, wat deur die rites en seremonies van die Joodse wet uitgebeeld word, is dieselfde as wat in die evangelie geopenbaar word. Die wolke wat Sy Goddelike Gedaante omvou het, het oopgegaan; die newels en die skaduwees het verdwyn en Jesus, die Verlosser van die wêreld, staan geopenbaar. Hy wat die wet op Sinai bekend gemaak en die voorskrifte van die seremoniële wet aan Moses gegee het, is ook Hy wat die bergpredikasie gelewer het. Die groot beginsels van liefde vir God, wat Hy as die grondslag van die wet en die profete uiteengesit het, is maar net ‘n herhaling van wat Hy deur die profeet Moses tot die Hebreërs gespreek het: “Hoor, Israel, die Here onse God is ‘n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deuteronomium 6:4,5). “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Levitikus 19:18). Die leermeester in beide bedelinge is dieselfde. Die eise van Sy regering is dieselfde. Want alles kom van Hom “...by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.” (Jakobus 1:17). PeP 349.3