Die Koning Van Die Eeue

15/88

Ons het die Messias Gevind

JOHANNES die Doper was nou besig om te preek en te doop by Betabara, oorkant die Jordaan. Dit was nie ver van hierdie plek waar God die waters van die rivier afgekeer het vir die deur- tog van Israel nie. Nie ver daarvandaan nie het die leërs van die hemel die sterk vesting van Jerigo omvergewerp. Die herinnering aan hierdie gebeurtenisse het destyds weer herlewe en groot belangstelling in die Doper se boodskap opgewek. Sou Hy wat in die verlede op sulke wonderbare wyse gewerk het, nie miskien weer Sy krag openbaar vir die verlossing van Israel nie? Dit was die gedagtes wat in die harte van die mense omgegaan het wat daeliks aan die oewers van die Jordaan saamgekom het. KE 127.1

Die prediking van Johannes het so 'n diep indruk op die volk gemaak, dat dit die aandag van die godsdienstige leiers getrek het. Weens die gevaar van opstand as gevolg van sulke populêre volksvergaderings, het die Romeine sulke byeenkomste met agterdog bejeën, en alles wat 'n opstand onder die volk kon verwek, het by die Joodse. owerheid besorgdheid gebaar. Johannes het nie die gesag van die Sanhedrin erken deur hulle toestemming vir sy werk te vra nie, en daarby het hy owerstes sowel as die volk, Fariseërs en Sadduseërs eweseer bestraf. Tog het die volk hom gretig gevolg. Dit het gelyk of die belangstelling in sy werk voortdurend toeneem. Hoewel Johannes hulle nie eerbiedig het nie, het die Sanhedrin gemeen dat hy, as openbare leraar, onder hulle jurisdiksie gestaan het. KE 127.2

Hierdie liggaam het bestaan uit lede wat uit die priesters en uit die owerstes en leraars van die volk gekies is. Die hoëpriester was gewoonlik die voorsitter. Al die lede moes manne van gevorderde leeftyd wees, hoewel nie juis bejaardes nie; hulle moes geleerde manne wees, nie alleen goed bekend met die Joodse godsdiens en geskiedenis nie, maar ook ontwikkeld wat algemene kennis betref. Hulle moes sonder liggaamsgebrek, en getroude manne en vaders wees wat dus meer mensliewend en verdraagsaam sou wees. Hulle vergaderplek was 'n vertrek verbonde aan die tempel te Jerusalem. In die dae toe die Jode nog onafhanklik was, was die Sanhedrin die hoogste geregshof van die volk, met burgerlike sowel as kerklike gesag. Hoewel hulle nou aan die Romeinse goewerneurs ondergeskik was, het hulle nog groot invloed gehad sowel in burgerlike as in godsdienstige sake. KE 128.1

Die Sanhedrin kon nie eintlik uitstel om die werk van Johannes die Doper te ondersoek nie. Daar was sommige wat hulle die openbaring aan Sagaria in die tempel herinner het, en die vader se voorspelling dat dié kind die voorloper van die Messias sou wees. In die beroering en veranderings van die afgelope dertig jaar het hulle hierdie dinge grotendeels vergeet. Maar die opgewondenheid oor die prediking van Johannes die Doper het hierdie dinge weer in herinnering gebring. KE 128.2

Dit was lank gelede dat Israel laas 'n profeet gehad het; lank dat hulle laas so 'n hervorming gesien het as die wat nou aan die gang was. Die oproep tot belydenis van sonde was nuut en verrassend. Baie van die leiers wou nie gaan luister na die oproepe en bestraffings van Johannes nie, uit vrees dat hulle ook miskien daartoe sou kom om die geheime van hulle eie lewens te openbaar. Tog was sy prediking 'n regstreekse aankondiging van die Messias. Dit was welbekend dat die sewentig weke van die profesie van Daniël, wat die koms van die Messias bepaal het, byna vervul was. Almal wou graag deel hê in daardie tydperk van nasionale heerlikheid wat toe verwag is. Die entoesiasme was so groot onder die volk dat die Sanhedrin eerlank genoodsaak sou wees om die werk van Johannes of goed te keur of heeltemal af te keur. Hulle mag oor die volk het alreeds begin afneem, en dit het n ernstige vraag geword hoe om hulle posisie te handhaaf. In die hoop om tot die een of ander besluit te kom, het hulle 'n deputasie van priesters en Leviete na die Jordaan gestuur vir 'n onderhoud met die nuwe KE 128.3

Toe die afgevaardigdes daar aankom, het 'n skare mense na sy woorde gesit en luister. Met 'n vertoning van gesag wat bedoel was om 'n indruk op die volk te maak, en die eerbied van die profeet af te dwing, het die trotse rabbi's nadergekom. Met groot eerbied - byna vrees — het die menigte opsy gestaan om hulle te laat verbykom. Die groot manne in hulle kosbare klere, en met die trots van hulle rang en gesag, het voor die woestynprofeet gaan staan. KE 129.1

“Wie is u?” wou hulle weet. KE 129.2

Wetende wat in hulle gedagtes was, het Johannes geantwoord , KE 129.3

“Ek is nie die Christus nie.” KE 129.4

“Wat dan? Is u Elia?” KE 129.5

“Ek is nie.” KE 129.6

“Is u die profeet?” KE 129.7

“Nee.” KE 129.8

“Wie is u? dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?” KE 129.9

“Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit!” soos Jesaja, die profeet, gesê het. KE 129.10

Die skriftuur waarna Johannes hulle verwys het, was daardie heerlike profesie van Jesaja: “Troos, troos My volk, sê julle God. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is. . . . 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis n grootpad vir onse God! Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke n laagte word. En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar wor, en alle vlees tesame sal dit sien.” Jes. 40: 1-5. KE 129.11

In die ou dae wanneer 'n koning deur die minderbesogte streke van sv gebied sou reis, is 'n aantal manne voor die koninklike rytuig uitgestuur om die steil plekke gelyk te maak en die holtes op te vul, sodat die koning veilig en sonder hindernis kon reis. Die profeet het na hierdie gewoonte verwys om die werk van die evangelie te illustreer. “Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word.” Wanneer die Gees van God met Sy wonderbare opwekkende krag die siel aanraak, bring dit die menslike hoogmoed in die stof. Wêreldse plesier en posisie en mag word dan gesien as waardeloos. “Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God en elke gedagte gevangeneem tot die gehoorsaamheid van Christus.” 2 Kor. 10: 5. Nederigheid en selfopofïerende liefde wat so min gewaardeer word onder mense, word dan verhef as die dinge wat werklik waarde het. Dit is die werk van die evangelie waarvan die boodskap van Johannes 'n deel was. KE 129.12

Die rabbi's het hulle ondervraging voortgesit: “Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elia of die profeet is nie?” Die woorde. “die profeet” het betrekking gehad op Moses. Daar was 'n geloof onder die Jode dat Moses uit die dode opgewek en na die hemel geneem sou word. Hulle het nie geweet dat dit reeds gebeur het nie. Toe die Doper sy bediening begin het, het vele gedink dat hy miskien Moses kon wees wat uit die dode opgewek is, want hy het klaarblyklik 'n deeglike kennis van die profesieë en van die geskiedeniss van Israe gehad. KE 130.1

Daar was ook 'n geloof dat Elia persoonlik sou verskyn vóór die koms van die Messias. Johannes het dit ontken, maar sy woorde het 'n dieper betekenis gehad. Sprekende van Johannes, het Jesus later gesê, “As julle gewillig is om dit aan te neem: hy is Elia wat sou kom.” Matt. 11: 14. Johannes het gekom in die gees en krag van Elia, om net so 'n werk te doen as wat Elia gedoen het. As die Jode hom aangeneem het, sou dit vir hulle dieselfde gedoen het, maar hulle het nie sy boodskap aangeneem nie. Vir hulle was hy nie Elia nie. Hy kon vir hulle nie die sending vervul waarvoor hy gekom het me. KE 131.1

Baie van die wat daar by die Jordaan vergader was, was teen- woordig toe Jesus gedoop is; maar die teken wat toe gegee is, is gesien deur net 'n paar van hulle. Gedurende die voorafgaande maande van die Doper se bediening het vele die oproep tot bekering verwerp. So het hulle hulle harte verhard en hulle verstand verduister. Toe die Hemel van Jesus getuig het by Sy doop, het hulle dit nie gewaar nie. En die wat Hom, die onsigbare, nie in geloof aanskou het me, het me die openbaring van die heerlikheid van God gesien nie; ore wat nooit na Sy stem geluister het nie, het daardie getuienis nie gehoor nie. So is dit ook nou. Dikwels word die teenwoordigheid van Christus en van dienende engele geopenbaar in die vergaderings van mense, en tog is daar baie wat dit nie weet nie. Hulle merk niks buitengewoons nie. Maar vir ander word die Heiland se teenwoordigheid geopenbaar. Hulle harte word vervul met vrede en vreugde. Hulle word vertroos,bemoedig, en geseën. KE 131.2

Die afgevaardigdes van Jerusalem het aan Johannes gevra: “Waarom doop u dan?” en hulle het op sy antwoord gewag. Skielik, terwyl sy blik op die menigte gerig was, het sy oë gefonkel, sy gelaat verhelder, en was hy baie aangedaan. Met uitgestrekte hande het y uitgeroep: “Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie —dit is Hy wat na my kom, wat my vóór is, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.” KE 131.3

Die boodskap om na die Sanhedrin te neem was duidelik en onom-wonde. Die woorde van Johannes kon op niemand anders van toepassing wees as op die langverwagte Een nie. Die Messias was onder hulle! Verbaas het die priesters en owerstes rondgekyk in die hoop om Hom te sien van wie Johannes gepraat het, maar Hy kon onder die skare nie onderskei word nie. KE 131.4

Toe Johannes òp Jesus by Sy doop gewys het as die Lam van God, is daar 'n nuwe lig gewerp op die Messias se werk. In die profeet se gedagte was die woorde van Jesaja, “soos 'n lam wat na die slagplek gelei word.” Jes. 53:7. Gedurende die daaropvolgende weke het Johannes met nuwe belangstelling die profesieë en die leer aangaande die verskillende offers ondersoek. Hy kon nie duidelik die verskil sien tussen die twee fases van Christus se werk nie — as 'n soenoffer en as 'n oorwinnende koning nie —maar hy het besef dat Sy koms 'n dieper betekenis gehad het as wat die priesters en die volk besef het. Toe hy Jesus onder die skare sien, nadat Hy van die woestyn teruggekom het, het hy stellig verwag dat Jesus die volk 'n teken sou gee van Sy ware karakter. Byna ongeduldig het hy gewag vir die Heiland om Sy sending aan te kondig; maar daar is geen woord gespreek en geen teken gegee nie. Jesus het nie gereageer op Johannes se aankondiging aangaande Hom nie, maar het onder Johannes se dissipels beweeg sonder enige uiterlike teken van Sy spesiale werk, en sonder enige poging om die aandag op Hom te vestig. KE 132.1

Die volgende dag het Johannes Hom sien aankom. Met die heerlikheid van God rüstende op hom, het die profeet met uitgestrekte hande gewys en gesê. “Daar is die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat my voor is, . . . En ek het Hom nie geken nie, maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. KE 132.2

. . . Ek het die Gees sien neerdaal soos 'n duif uit die hemel, en Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het, om met water te doop, Hy het vir my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat doop met die Heilige Gees. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.” Joh. 1: 29-34. KE 132.3

Was dit die Christus? Met ontsag en verwondering het die volk die Een aanskou wat so pas aangewys is as die Seun van God. Die woorde van Johannes het 'n diep indruk op hulle gemaak. Hy het tot hulle gespreek in die Naam van God. Hulle het dag na dag na Hom geluister terwyl hy hulle sondes bestraf het, en daeliks het die oortuiging sterker geword dat Hy van die Hemel gestuur is. Maar wie was hierdie Een dan wat meerder was as Johannes die Doper? In Sy kleding en houding was daar niks wat n hoë stand aangetoon het nie. Op die oog was Hy 'n eenvoudige persoonlikheid, soos hulle gekleed, in die eenvoudige kleredrag van die armes. KE 132.4

Onder die menigte was daar sommige wat by die doop van Christus die goddelike heerlikheid gesien, en die stem van God gehoor het. Maar sedert daardie tyd het die Heiland baie verander. By Sy doop het hulle gesien hoe Sy gelaat verander is soos die glans van die hemelse lig; maar nou, bleek, uitgeput en vervalle, is Hy alleen deur die profeet Johannes herken. KE 133.1

Waar die mense Hom aanskou het, het hulle in Sy gelaat goddelike ontferming, gepaard met 'n bewustheid van krag, gesien. Elke aanblik, elke gelaatstrek, was gekenmerk deur ootmoed en die uitdrukking van onuitspreeklike liefde. Dit het geskyn of Hy omring was van 'n atmosfeer van geestelike invloed. Terwyl Sy houding sagmoedig en beskeie was, het Hy tog die indruk gegee dat verborge krag in Hom geskuil het wat nie heeltemal bedek kon bly nie. Was Hy miskien die Een op wie Israel so lank gewag het? KE 133.2

Jesus het in armoede en nederigheid gekom sodat Hy ons voorbeeld sowel as ons Verlosser kon wees. As Hy gekom het in koninklike prag en praal, hoe sou Hy dan nederigheid kon leer? Hoe sou Hy sulke snydende waarhede kon verkondig het soos in die Bergpredikasie? Waar sou dan die hoop gewees het van die nederiges van hart as Jesus soos 'n koning onder die mense kom woon het? KE 133.3

Vir die skare, egter, het dit onmoontlik geskyn dat die Een deur Johannes aangewys, voldoen het aan die maatstaf van hulle hoë verwagtings. So is vele dan teleurgestel en verbyster. KE 133.4

Die woorde wat die priesters en rabbi's so graag wou hoor, naamlik dat Jesus nou die koninkryk van Israel sou herstel, is nie gespreek nie. Hulle het op so 'n koning gewag; so 'n koning sou hulle aanneem. Maar Een wat in hulle die koninkryk van geregtigheid kon oprig, Hom wou hulle nie aanneem nie. KE 133.5

Die volgende dag, terwyl twee van sy dissipels naby hom staan, het Johannes Jesus weer onder die mense gesien. Weer is die aangesig van die profeet verlig met die glans van die Onsienlike, en het hy uitgeroep: “Daar is die Lam van God!” Hierdie woorde het 'n rilling van vreugde deur die harte van die dissipels laat gaan. Hulle het dit nie heeltemal verstaan nie. Wat beteken die Naam wat Johannes aan Hom gee, “Die Lam van God”? Johannes het dit nie verduidelik nie. KE 133.6

Hulle het Johannes verlaat om Jesus te gaan opsoek. Een van die twee was Andreas, die broer van Simon; die ander een was Johannes, die latere evangelis. Hulle was die eerste dissipels van Christus. Deur n onweerstaanbare drang beweeg, het hulle Jesus gevolg — begerig om met Hom te praat, en tog eerbiedig en stil, besig met die groot vraag, “Is dit die Messias?” KE 134.1

Jesus het geweet dat die dissipels Hom gevolg het. Hulle was die eerstelinge van Sy bediening, en daar was blydskap in die hart van die goddelike Leraar toe hierdie siele gereageer het op Sy genade. Maar Hy het Hom omgedraai en slegs gevra: “Wat soek julle?” Hy sou hulle vry laat om om te draai, of om hulle begeerte uit te spreek. KE 134.2

Hulle was bewus van slegs een doel; hulle het net aan een persoon gedink. Hulle het uitgeroep: “Rabbi, waar is u tuis?” In die kort onderhoud langs die pad, kon hulle nie kry wat hulle so sterk na verlang het nie. Hulle wou graag alleen wees met Jesus; hulle wou graag aan Sy voete sit en Sy woorde hoor. KE 134.3

“Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar Hy tuis was en die dag by Hom gebly.” KE 134.4

As Johannes en Andreas die ongelowige gees van die priesters en owerstes gehad het, sou hulle nie as leerlinge aan die voete van Jesus gesit het nie. Hulle sou tot Hom gekom het as kritici om Sy woorde te oordeel. Op hierdie manier sluit baie mense die deur vir die kosbaarste geleenthede. Maar so het hierdie eerste dissipels nie gehandel nie. Hulle het gehoor gegee aan die roepstem van die Heilige Gees deur die prediking van Johannes die Doper. Nou het hulle die stem van die hemelse Leraar herken. Vir hulle was die woorde van die Here Jesus vol krag en waarheid en skoonheid. Daar is goddelike lig gewerp op die leer van die Ou Testament. Die veelsydige temas van die waarheid is in 'n nuwe lig gesien. KE 134.5

Dit is berou en geloof en liefde wat die siel in staat stel om wysheid van die hemel te ontvang. Geloof wat deur die liefde werk, is die sleutel tot die kennis, en hy wat liefhet, “ken God.” (1 Joh. 4:7.) Die dissipel Johannes was 'n ernstige, lieftallige, vurige, en nadinkende man. Hy het die heerlikheid van Christus begin onderskei — nie die wêreldse prag en praal waarop hy geleer is om te hoop nie maar “'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.” (Joh. 1: 14.) Hy was verdiep in die oorpeinsing van die wonderbare tema. KE 134.6

Andreas het getrag om die blydskap wat sy hart vervul het, aan ander mee te deel. Hy het sy broer Simon gaan opsoek en uitgeroep: “Ons het die Messias gevind.” Simon het nie op 'n tweede uitnodiging gewag nie. Ook hy het die prediking van Johannes die Doper gehoor, en hy het hom gehaas na die Heiland toe. Christus het hom betrag en sy karakter en lewensgeskiedenis gelees. Sy haastige geaardheid, sy lieftallige, medelydende hart, sy eersugtigheid en selfvertroue, en die geskiedenis van sy val, sy berou, sy arbeid en sy marteldood dit alles het die Heiland gesien, en toe gesê: “Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Sefas, wat vertaal word Petrus. KE 135.1

Die volgende dag wou Jesus na Galilea vertrek; en Hy et Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.” Fil.ppus het die bevel gehoorsaam en onmiddellik het hy 'n werker vir Christus geword. KE 135.2

Filippus het Natanael geroep. Laasgenoemde was onder die skare die dag toe die Doper op Jesus gewys het as die Lam van God. Toe Natanael Jesus sien, was hy teleurgestel. Kon hierdie man wat die tekens van harde werk en armoede getoon het, die Messias wees?Tog kon Natanael nie besluit om Jesus te verwerp nie, want die boodskap van Johannes het hom in sy hart oortuig. KE 135.3

Toe Filippus hom kom roep het, het Natanael na n stil boor gegaan om te peins oor Johannes se aankondiging en die profesieë aangaande die Messias. Hy het gebid dat as die Een deur Johannes aangewys inderwaarheid die Verlosser is, dit aan hom bekendgemaak moes word. Die Heilige Gees het op hom gekom met die versekermg dat God Sy volk besoek het en 'n horing van saligheid vir hulle verwek het Filippus het geweet dat sy vriend besig was om die profesiee te ondersoek, en terwyl Natanael onder die vyeboom gebid het, het Filippus sy skuilplek ontdek. Hulle het dikwels op hierdie stil plek,saam gebid, bedek deur die lower. KE 135.4

Dit het vir Natanael gelyk of die boodskap: “Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het, n reg streekse antwoord op sy gebed was. Maar Filippus se geloof was nog baie swak.” Twyfelende het hy daarby gevoeg, “Jesus, die Seun van Josef van Nasaret.” Weer het die vooroordeel in Natanael se hart opgewel, en hy het uitgeroep: “Kan daar uit Nasaret iets goeds wees?” KE 135.5

Filippus het nie met hom gestry nie. Hy het net gesê, “Kom kyk. Daarop sien Jesus Natanael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Verwonderd het Natanael uitgeroep: “Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en se vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.” KE 136.1

Dit was genoeg. Die goddelike Gees wat aan Natanael getuienis gegee het toe hy alleen daar onder die vyeboom gebid het, het nou weer in die woorde van Jesus tot hom gespreek. Hoewel hy getwyfel. en in 'n seker mate bevooroordeeld was, het Natanael tot Christus gekom met 'n opregte begeerte vir die waarheid, en nou is aan daardie begeerte voldoen. Sy geloof het verder gegaan as die van die een wat hom na Jesus gebring het. Hy het geantwoord en gesê: “Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!” KE 136.2

As Natanael op die rabbi's vir leiding sou vertrou het, sou hy Jesus nooit gevind het nie. Dit was deur vir homself te sien en te oordeel dat hy 'n dissipel geword het. Vandag gaan dit net so met baie wat hulle deur vooroordeel laat weghou van die goeie. Hoe anders sou die resultate wees as hulle maar sou “kom kyk.” KE 136.3

Solank mense op die leiding van menslike gesag vertrou, sal niemand tot 'n reddende kennis van die waarheid kom nie. Soos Natanael, behoort ons die Woord van God vir onsself te ondersoek, en te bid om die verligting van die Heilige Gees. Hy wat Natanael' onder die vyeboom gesien het, sal ons ook sien in die verborge plek van gebed. Engele van die lig is naby diegene wat in nederigheid om goddelike leiding soek. KE 136.4

Met die roeping van Johannes en Andreas en Simon, en van Filippus en Natanael is die fondament van die Christelike kerk gelê. Johannes het twee van sy dissipels na Christus gestuur. Toe het een van hulle, Andreas, sy broer gevind en hom tot die Heiland gebring. Daarna is Filippus geroep, en hy het Natanael gaan opsoek. Hierdie voorbeelde behoort ons die belangrikheid van persoonlike werk te leer, om n regstreekse beroep te doen op ons bloedverwante, vriende en bure. Daar is diegene wat hulle hele lewe lank bely dat hulle Christus ken, en tog het hulle nog nooit 'n persoonlike poging aangewend om selfs een siel tot die Heiland te bring nie. Hulle laat al die werk aan die predikant oor. Hy mag baie geskik wees vir sy roeping, maar hy kan nie die werk doen wat God aan die lede van die kerk oorgelaat het om te doen nie. KE 136.5

Daar is baie wat behoefte het aan die diens van liefdevolle Christenharte. Vele wat ten gronde gegaan het, kon gered gewees het as hulle bure, gewone manne en vroue, maar n persoonlike poging ge maak het om hulle te red. Baie wag om persoonlik genader te word. In ons eie huise, in ons buurt, in die dorp waar ons woon, is daar werk vir ons as sendelinge. As ons Christene is, sal hierdie werk vir ons aangenaam wees. Sodra iemand tot bekering gekom het, ontwaak daar in hom 'n begeerte om aan ander te vertel wat 'n dierbare Vriend hy in Jesus gevind het. Die reddende en heiligmakende waarheid kan nie in sy hart opgesluit word nie. KE 137.1

Almal wat aan God toegewy is, sal kanale van lig wees. God gebruik hulle as Sy werktuie om aan ander die rykdom van Sy genade te verkondig. Sy belofte is: “Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel 'n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.” Eseg. 34: 26. KE 137.2

Filippus het aan Natanael gesê, “Kom kyk.” Hy het hom me gevra om iemand anders se getuienis aan te neem nie, maar om Christus self te sien. Noudat Jesus na die hemel opgevaar het, is Sy dissipels Sy verteenwoordigers onder die mense, en een van die doeltreffendste maniere om siele vir Hom te win, is deur Sy karakter in ons daelikse lewe uit te lewe. Ons invloed op ander is nie soseer afhanklik van wat ons sê nie, maar van wat ons is. Mense mag ons logika beveg of minag, en hulle mag doof wees vir ons oproepe, maar n lewe van onbaatsugtige liefde is iets wat hulle nie kan wegredeneer nie. n Konsekwente lewe, gekenmerk deur die nederigheid van Christus, is 'n krag in die wêreld. KE 137.3

Die leer van Christus het gevloei uit 'n innerlike oortuiging en ondervinding, en diegene wat van Hom leer, word leraars na die goddelike voorbeeld. Die Woord van God, gespreek deur iemand wat self daardeur geheilig is, het 'n lcwegewende krag wat dit aantreklik maak vir die hoorders en hulle oortuig dat dit n lewende werklikheid is. As iemand die waarheid uit liefde aangeneem het, sal hy dit openbaar deur sy erns en deur sy stembuiging. Hy verkondig wat hy self gehoor, gesien, en getas het, aangaande die Woord van die lewe, sodat ander saam met hom gemeenskap kan hê deur die kennis van Christus. Sy getuienis, uit lippe aangeraak met 'n gloeiende kool van die altaar, is waarheid vir die ontvanklike hart, en het 'n heiligmakende invloed op die karakter. KE 137.4

En die persoon wat soek om die lig aan ander mee te deel, sal self geseën word. “Stortreëns van seën sal daar wees.” “Hy wat verkwik, word self ook gelaaf.” Spreuke 11: 25. God kon Sy doel bereik het met die redding van sondaars sonder ons hulp, maar sodat ons karakters kan ontwikkel soos die van Christus, moet ons 'n deel hê in Sy werk. Om in Sy vreugde te deel — die vreugde om siele te sien wat deur Sy soendood verlos is — moet ons ook deel hê aan Sy werk vir hulle verlossing. KE 138.1

Natanael se eerste geloofsbelydenis, so volledig en vurig en opreg, was soos musiek in die ore van Jesus. En “Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy, omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.” Die Heiland het met vreugde uitgesien na Sy werk om die blye boodskap te verkondig aan die sagmoediges, om die gebrokenes van hart weer op te rig en vryheid te verkondig aan die gevangenes van die Satan. Gedagtig aan die heerlike seëninge wat Hy aan die mense sou bring, het Jesus verder gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele opklim en neerdaal op die Seun van die mens.” KE 138.2

Christus sê hier feitelik: Op die walle van die Jordaan is die hemel geopen en die Gees het in die gedaante van 'n duif op My neergedaal. Daardie toneel was maar die teken dat Ek die Seun van God is. As julle in My as sodanig glo, sal julle geloof versterk word. Julle sal sien dat die hemel geopen is om nimmermeer gesluit te word nie. Ek het die hemel vir julle oopgemaak. Die engele van God klim op en dra die gebede van die behoeftiges en ellendiges na die Vader daarbo, en hulle daal neer om seën en hoop en moed en hulp en lewe te bring aan die mensekinders. KE 138.3

Die engele van God gaan voortdurend van die aarde na die hémel, en van die hemel na die aarde. Die wonderwerke van Christus vir die noodlydendes en siekes is in die krag van God deur middel van die bediening van die engele verrig. En dit is deur Christus, deur die diens van Sy hemelse boodskappers, dat elke seën van God tot ons kom. Deur die menslike vlees aan te neem, het ons Heiland Hom vereen- selwig met die belange van die gevalle seuns en dogters van Adam, terwyl Hy deur Sy godheid die troon van God aangryp. Op hierdie manier is Christus die medium deur wie die mens met God, en God met die mens, gemeenskap het. KE 138.4