Die Koning Van Die Eeue

16/88

Op die Bruilofsfees

DIE Here Jesus het Sy bediening nie begin met die een of ander groot werk voor die Sanhedrin te Jerusalem nie. Op 'n byeen- koms van familielede en vriende in 'n Galilese dorpie het Hy Sy krag geopenbaar om die vreugde op 'n bruilof te verhoog. Op hierdie manier het Hy Sy medelyde met mense betoon en Sy begeerte geopenbaar om hulle gelukkig te maak. In die woestyn van versoeking het Hy self die beker van ellende gedrink. Daarvandaan het Hy voort- gekom om die beker van geluk aan die mensdom te gee in die seën waarmee Hy die huwelik geheilig het. KE 140.1

Van die Jordaan het Jesus na Galilea teruggegaan. Daar sou 'n huwelik te Kana plaasvind, 'n dorpie nie ver van Nasaret nie. Die egpaar was familie van Josef en Maria; en Jesus wetende van hierdie familiebyeenkoms, het na Kana gegaan, en Hy en Sy dissipels is na die bruilof genooi. KE 140.2

Daar het Hy toe weer Sy moeder ontmoet van wie Hy vir 'n tyd geskei was. Maria het gehoor van die openbaring by die Jordaan tydens Sy doop. Die nuus het ook Nasaret bereik en haar opnuut herinner aan die dinge wat sy vir soveel jare in haar hart bewaar het. Saam met haar volksgenote was Maria ook diep ontroer deur die prediking van Johannes die Doper. Goed het sy die profesie onthou wat by sy geboorte gegee is. Sy verwantskap met Jesus het haar hoop opnuut laat ontvlam. Maar sy het ook gehoor van Jesus se geheimsinnige vertrek na die woestyn, en sy was beswaar met onrustige voorgevoelens. KE 140.3

Van die dag af toe sy die engel se aankondiging in die woning van Nasaret gehoor het, het Maria elke bewys dat Jesus die Messias was, in haar hart bewaar. Sy minsame, onselfsugtige lewe het haar oortuig dat Hy niemand anders as die Seun van God kon wees me, maar sy was nie vry van twyfel en teleurstellings nie, en sy het verlang na die dag wanneer Hy Sy heerlikheid sou openbaar. Josef, wat die geheim van Sy geboorte met haar gedeel het, het haar deur die dood ontval en nou was daar niemand met wie sy oor haar verwagtings en vrees on praat nie. Die afgelope twee maande was tye van groot droefheid. Jesus deur wie se medelyde sy vertroos is, was ook weg, en sy het gepeins oor die woorde van Simeon: “Ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan.” Lukas 2:35. Sy het haar die drie dae van anges herinner toe sy gedink het dat hulle Jesus vir altyd verloor het, en met n angsvolle hart het sy Sy terugkoms afgewag. KE 141.1

Toe sy Hom by die bruilof weer ontmoet, was Hy nog dieselt de liefdevolle, gehoorsame seun. En tog was Hy nie dieselfde nie. Sy gelaat het verander; dit het die tekens van Sy stryd in die woestyn gedra, en daar was 'n nuwe uitdrukking van waardigheid en krag wat bewys gegee het van Sy hemelse sending. By Hom was n groep jong- manne wat Hom met eerbied gadeslaan, en hulle noem Hom Meester. Hierdie metgeselle het aan Maria vertel wat hulle by Sy doop en elders gesien en gehoor het, en hulle het verklaar: “Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het.” Joh. 1:46. KE 141.2

Onderwyl die gaste vergader het, het daar 'n onderdrukte opgewondenheid geheers, want dit het geskyn asof hulle iets verwag het. Hier en daar het klompies gestaan en praat, en bewonderende oë is in die rigting van die Seun van Maria gedraai. Terwyl Maria na die getuienis van die dissipels aangaande Jesus geluister het, is sy blygemaak deur die wete dat haar lankgekoesterde hoop nie tevergeefs was nie, maar sy sou meer as menslik gewees het as daar nie ook 'n bietjie moederstrots saam met die heilige vreugde in haar hart opgewel het nie. Toe sy sien hoe die oë op Jesus gerig is, het sy verlang dat Hy voor die geselskap bewys moes gee dat Hy werklik die Geseënde van God was. Sy het gehoop dat daar geleentheid vir Hom sou wees om in hulle teenwoordigheid 'n wonderwerk te verrig. KE 141.3

Dit was die gewoonte in die dae om tydens 'n huwelik 'n hele paar dae fees te vier. In hierdie geval is daar net vóór die einde van die fees ontdek dat die wyn op was. Hierdie ontdekking het groot verleentheid en teleurstelling veroorsaak. Dit was iets ongewoonds om by die feestelikhede geen wyn te hê nie, en die gebrek daaraan sou n teken van ongasvryheid gewees het. As familie van die egpaar het Maria gehelp met die voorbereidsels vir die fees, en sy het Jesus nou aangespreek en gesê: “Hulle het geen wyn nie. Hiermee wou sy Hom laat verstaan dat Hy miskien kon help. Maar Jesus het geantwoord: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.” KE 142.1

Hierdie antwoord, kortaf soos dit vir ons lyk, was nie onverskillig of onhoflik nie. Die Heiland het Sy moeder volgens Oosterse gewoonte aangespreek. Dit was gebruiklik teenoor mense vir wie jy agting wou betoon. Elke handelwyse van Christus se aardse lewe was in ooreenstemming met die voorskrif wat Hy self gegee het: “Eer jou vader en jou moeder.” Exod. 20: 12. Aan die kruis, in Sy laaste daad van liefde teenoor Sy moeder, het Jesus haar op dieselfde manier aangespreek toe Hy haar aan die sorg van Sy meesbeminde dissipel toevertrou het. By die bruilofsfees sowel as aan die kruis het die liefde wat in Sy stem, aanblik, en maniere uitgedruk is, Sy woorde verstaanbaar gemaak. KE 143.1

Tydens Sy besoek aan die tempel in Sy jongelingsjare, toe die misterie vap Sy lewenstaak vir Hom duidelik geword het, het Christus aan Maria gesê: “Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” Lukas 2: 49. In hierdie antwoord het ons die grondtoon van Sy hele lewe en bediening. Alles was ondergeskik aan Sy werk — die groot verlossingswerk waarvoor Hy in die wêreld gekom het. Nou het Hy die les weer herhaal. Daar was gevaar dat Maria haar verhouding tot Jesus sou beskou asof dit haar n besondere aanspraak op Hom gegee het, en in 'n mate ook die reg om Hom in Sy sending te lei. Dertig jaar lank was Hy vir haar 'n liefhebbende en onderdanige seun gewees, en Sy liefde het onveranderd gebly; maar nou moes Hy Hom aan die werk van Sy Vader wy. As die Seun van die Allerhoogste, en Verlosser van die wêreld, moes geen aardse bande Hom in Sy sending bind of Sy gedrag beïnvloed nie. Hy moes vry wees om die wil van God te doen. Hierdie les geld ook vir ons. Die aansprake van God moet voorrang geniet bo alle menslike bande en verwantskappe. Geen aardse verlokkings behoort ons te beweeg om die pad te verlaat wat Hy ons beveel het om te bewandel nie. KE 143.2

Vir die gevalle mensdom is die enigste hoop op verlossing in Christus. Maria kon salig word alleen deur die bloed van die Lam van God. Self het sy geen verdienste gehad nie. Haar verwantskap aan Jesus het haar geestelike verhouding tot Hom nie anders gemaak as die van enige ander mens nie. Dit het duidelik uitgekom in die Heiland se woorde. Hy het die onderskeid tussen Sy houding tot haar as die Seun van die mens en die Seun van God verduidelik. Die bande van bloedverwantskap tussen hulle het haar glad nie met Hom gelykgestel nie. KE 143.3

Die woorde, “My uur het nog nie gekom nie,” wys op die feit dat elke handeling van Christus op aarde n vervulling was van die plan wat van die voortyd af bestaan het. Vóór Hy na die aarde gekom het, was Hy met die plan in alle besonderhede bekend. Maar toe Hy onder mense gewandel het, is Hy stap vir stap deur die wil van die Vader gelei. Hy het nie geaarsel om op die gesette tyd op te tree nie. Met dieselfde onderworpenheid het Hy gewag totdat die tyd gekom het. KE 144.1

Toe Hy aan Maria gesê het dat Sy tyd nog nie gekom het nie, het Jesus haar onuitgesproke gedagte beantwoord — die verwagting wat sy so lank saam met haar volk gekoester het. Sy het gehoop dat Hy Hom sou openbaar as die Messias, en die troon van Israel sou bestyg. Maar die tyd het nog nie gekom nie. Nie as Koning nie, maar soos 'n “man van smarte en bekend met krankheid” het Jesus die lot van die mensheid aanvaar. KE 144.2

Maar hoewel Maria nie die regte begrip van Christus se sending gehad het nie, het sy Hom volkome vertrou. Op so 'n geloof het Jesus gereageer. Dit was om Maria se vertroue te eer, en die geloof van Sy dissipels te versterk, dat die eerste wonderwerk gedoen is. Die dissipels sou baie versoekings tot ongeloof moet verduur. Die profesieë het hulle bo alle twyfel oortuig dat Jesus die Messias was. Hulle het na die geestelike leiers gekyk om Hom met 'n vertraue aan te neem selfs sterker as hulle eie. Hulle het onder die mense die wonderwerke van Christus, en hulle vertroue in Sy sending verkondig, maar hulle was verbaas en bitter teleurgestel oor die ongeloof, die diepgesetelde vooroordeel, en die vyandigheid teenoor Jesus wat deur die priesters en rabbi s aan die dag gelê is. Die Heiland se eerste wonderwerke het die dissipels versterk in hulle stryd teen hierdie teenstand. KE 144.3

Geensins van stryk gebring deur die woorde van Jesus nie, het Maria aan die tafelbediendes gesê, “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen. So het sy alles gedoen wat sy kon om die weg vir die werk van Christus te berei.” KE 144.4

Naby die deur het ses groot klipwaterkanne gestaan, en Jesus het hulle beveel om hulle vol water te maak. Dit is gedoen. En, omdat die wyn dadelik nodig was, het Hy gesê, “Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar.” Pleks van die water waarmee die kanne gevul is. het daar nou wyn uitgekom. Die hoofdienaar en die gaste was nie eintlik bewus daarvan dat die wyn gedaan was nie. Toe hulle nou die wyn proe wat die bediendes gebring het, het die hoofdienaar bevind dat dit beter was as enige wyn wat Hy ooit gedrink het, en baie anders was as die wat in die begin bedien is. Hy het hom tot die bruidegom gewend en gesê: “Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar jy het die goeie wyn tot nou toe bewaar.”.. . , KE 144.5

Soos die mense eerste die beste wyn voorsit, en daarna die minderwaardige, so maak die wéreld ook met sy gifte. Wat die wéreld gee, mag die oog bevredig en die sinne bekoor, maar dit sal nooit bevredig nie. Die wyn word bitter en die vreugde verander in droefheid. Wat met vrolike gesing begin is, eindig in moegheid en verfoeiing. Maar die gawes van Jesus is altyd vars en nuut. Die feesmaal wat Hy vir die siel berei, bring altyd tevredenheid en vreugde. Elke nuwe gawe stel die ontvanger in staat om die seëninge van die Here beter te waardeer. Hy gee genade vir genade. Die voorraad sal nooit gedaan raak me. As u in Hom bly dan sal die feit dat u vandag 'n ryke seen ontvang het die waarborg van 'n ryker seën more wees. Die woorde van Jesus aan Natanael stel die wet van Gods handelwyse met die kinders van die geloof Saam met elke nuwe openbaring van Sy liefde, se Hy aan die ontvanklike hart, “Glo jy . . . ? Jy sal groter dinge sien as dit.” KE 145.1

^Die gawe van Christus by die bruilofsfees was 'n simbool. Die water was 'n voorstelling van die doop in Sy dood; die wyn, die storting van Sy bloed vir die sondes van die wereld. Die water waarmee die kanne gevul is, is deur mensehande gebring, maar alleen die woord van Christus kon die lewegewende krag bring. So was dit met die rites wat vooruitgewys het op die Verlosser se dood Dit is alleen deur die krag van Christus, werkende deur die geloof, dat hulle die siel kan voed. KE 145.2

Die woord van Christus het volkome voorsien in die behoeftes van die fees. Net so oorvloedig is Sy genade om die sondes van die mens uit te delg, en die siel te verkwik en te bewaar. KE 145.3

By die eerste fees wat Jesus met Sy dissipels bygewoon het, het Hy hulle die beker gegee wat Sy werk vir hulle verlossing gesimbohseer het. By die laaste Avondmaal het Hy dit weer gegee toe Hy daardie heilige rite ingestel het wat Sy dood sou verkondig “totdat Hy kom.” 1 Kor. 11: 26. In die droefheid van die dissipels, toe hulle van hulle Here moes afskeid neem, is hulle vertroos met die belofte van hereniging, toe Hy gesê het, “Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op -daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.” Matt. 26: 29. KE 145.4

Die wyn wat Christus by die fees voorsien het, en die wat Hy aan Sy dissipels gegee het as die simbool van Sy eie bloed, was die suiwer sap van die druif. Die profeet Jesaja verwys hierna waar hy spreek van die nuwe wyn “soos wanneer iemand mos kry in 'n tros druiwe,” en sê: “Verniel dit nie, want daar is 'n seën in.” Jes. 65: 8. KE 146.1

Dit was Christus wat in die Ou Testament aan Israel die waarskuwing gegee het, “Die wyn is 'n spotter, en sterke drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie..” Spreuke 20: 1. Hy self het nie bedwelmende wyn voorgesit nie. Die Satan versoek mense om hulleself oor te gee aan dinge wat nulle verstand en hulle geestelike sin sal benewel en verstomp, maar Christus leer ons om ons laer natuur aan die hoëre te onderwerp. Sy hele lewe was 'n voorbeeld van selfverloëning. Om die mag van die aptyt te breek, het Hy ten behoewe van ons die kwaaiste toets ondergaan. Dit was Christus wat beveel het dat Johannes die Doper nie wyn of sterk drank moes drink nie. Dit was ook Hy wat dieselfde opdrag gegee het aan die vrou van Manoag. En Hy het 'n vloek uitgespreek oor die man wat sterke drank aan sy broeder gee. Christus het nie Sy eie leer weerspreek nie. Die ongegiste wyn wat Hy vir die bruilofsgaste voorsien het, was 'n voedsame en verkwikkende drank. Die uitwerking daarvan was om die smaak in harmonie met 'n gesonde aptyt te bring. KE 146.2

Toe die gaste by die fees opmerkings gemaak het oor die kwaliteit van die wyn, is daar navraag gedoen, en die tafelbediendes het toe vertel van die wenderwerk. Die geselskap was vir 'n tyd te verbaas om te dink aan Hom—die een wat die wonder gedoen het. Toe hulle eindelik na Hom soek, het hulle ontdek dat Hy so stil vertrek het dat selfs Sy dissipels dit nie gemerk het nie. KE 146.3

Die groep mense het nou hulle aandag aan die dissipels geskenk. Vir die eerste keer het hulle geleentheid gekry om hulle geloof in Jesus te bely. Hulle het vertel wat hulle by die Jordaan gesien en gehoor het, en in baie harte het die hoop ontvlam dat God 'n Verlosser vir Sy volk opgewek het. Die nuus aangaande die wonder het deur daardie hele streek versprei, en is ook na Jerusalem geneem. e nuwe belangstelling het die priesters en oudstes die profesieë ondersoek wat verwys het na Christus se koms. Daar was n begeerte om e weet wat die sending van hierdie nuwe leraar was wat so beskeie onder die mense verskyn het. KE 146.4

Die werk van Christus het skerp afgesteek by die van die Joodse ouderlinge. Hulle agting vir tradisie en formalisme het alle ware vryheid van gedagte en optrede aan bande gele. Hulle het in gedurige vrees vir besoedeling gelewe. Om nie in aanraking te kom met iets wat “onrein” is nie, het hulle hulleself afgesonder, nie alleen van die heidene nie, maar ook van die meerderheid van hulle eie mense; hulle het dus niks vir die voordeel van die mense gedoen, en ook niks om hulle vriendskap te win nie. Deur gedurig oor hierdie sake te dink het hulle eng in hulle gedagtes en lewens geword. Hulle voorbeeld het egoïsme en onverdraagsaamheid by alle klasse van mense laat ontstaan. KE 147.1

Jesus het die werk van hervorming begin deur in noue aanraking met die mense te kom. Terwyl Hy die grootste eerbied getoon het vir die wet van God, het Hy die skynvroomheid van die Fariseërs bestraf, en probeer om die mense te bevry van die onsinnige reëls wat hulle gebind het. Hy het getrag om die mure af te breek wat skeiding remaak het tussen die verskillende klasse van die samelewing, sodat Hy die mense kon saambring as kinders van een gesin. Sy teenwoordigheid op die bruilof smaal was 'n stap in daardie rigting. KE 147.2

God het Johannes die Doper beveel om in die woestyn te woon, sodat hy kon beskerm word teen die invloed van die priesters en rabbi's, met die oog op sy spesiale sending. Maar sy eenvoudige lewe en afgesonderdheid was nie 'n voorbeeld vir die volk nie. Johannes self het nie sy toehoorders beveel om hulie werk op te gee nie. Hy het hulle beveel om bewys te lewer van hulle bekering, deur getrou te wees aan God in die werk waarin hulle was. KE 147.3

Jesus het selfbevrediging in alle vorms bestraf, maar nogtans was Hy gesellig van geaardheid. Hy het die gasvryheid van alle klasse aangeneem, die huise besoek van rykes en armes en van geleerdes en ongeletterdes, om hulle gedagtes te verhef bokant die ale- daagse dinge van die lewe, en hulle aandag te vestig op die geestelike en ewige dinge. Hy het losbandigheid afgekeur, en daar was geen teken van ligsinnigheid in Sy gedrag nie; maar nogtans het Hy plesier gevind in tonele van onskuldige geluk, en deur Sy teenwoordigheid het Hy sosiale byeenkomste goedgekeur. 'n Joodse huweliksfees was 'n indrukwekkende iets, en die vreugde wat daar geheers het, was nie onaangenaam vir die Seun van die mens nie. Deur die fees by te woon, het Jesus die huwelik as 'n goddelike instelling geëer. KE 147.4

In beide die Ou en die Nuwe Testament word die huweliksverhouding gebruik as simbool van die tere en heilige gemeenskap tussen Christus en die gelowiges. In die hart van Jesus het die blydskap van die huweliksfees vooruitgewys op die blydskap van daardie dag wanneer Hy Sy bruid sal huis toe neem na Sy Vader se huis, en wanneer Verlosser en verlostes saam sal aansit by die bruilof smaal van die Lam. Hy sê: “Soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.” “Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie . . . maar jy sal genoem word: My welbehae . . . want die Here het 'n behae in jou.” “Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” Jes. 62: 5, 4; Sef. 3: 17. Toe Johannes, die apostel, 'n gesig van hemelse dinge gesien het, het hy geskrywe: “Ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte, en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy vrou het haar gereed gemaak. . . . Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam.” Openb. 19:6, 7, 9. KE 148.1

In elke siel het Jesus iemand gesien aan wie die uitnodiging tot Sy koninkryk gegee moes word. Hy het tot die hart van die mense gespreek deur onder hulle te beweeg as iemand wat hulle geluk begeer. Hy het hulle opgesoek op die strate, in privaat huise, op bootjies, in dis sinagoge, aan die oewers van die meer, en by die bruilofsfees. Hy het hulle in hulle daelikse werk ontmoet, en het belanggestel in hulle sake. Hy het hulle in hulle huise geleer, en die gesin onder die invloed van Sy goddelike teenwoordigheid gebring. Sy innige persoonlike medelyde het gehelp om hulle harte te win. Dikwels het Hy na die berge gegaan om alleen te gaan bid, maar dit was slegs om Hom voor te berei vir Sy werk onder mense in hulle aktiewe lewe. Daarvandaan het Hy teruggekom om die siekes te genees, die onkundiges te leer, en die kettings van die gevangenes van die Satan te verbreek. KE 148.2

Dit was deur persoonlike aanraking en omgang dat Jesus Sy dissipels geleer het. Soms het Hy hulle geleer deur saam met hulle op die berg te sit, soms langs die see, of Hy het saam met hulle gestap en die verborgenhede van die koninkryk van God aan hulle geopenbaar. Hy het nie vir hulle gepreek soos mense vandag doen nie. Waar daar oop harte was om die goddelike boodskap te ontvang, het Hy die waarhede van die verlossingsplan verkondig. Hy het nie Sy 1 dissipels beveel om dit of dat te doen nie, maar Hy het gese, “Volg My.” Op Sy reise deur die land, en in die dorpe, het Hy hulle saam met Hom geneem, sodat hulle kon sien hoe Hy die mense geleer het. Hulle het hulle belange met Syne verbind, en hulle was saam met Hom in die werk. KE 149.1

Die voorbeeld van Christus om Homself te verbind met die belange van die mensdom moet nagevolg word deur almal wat Sy Woord verkondig, en deur almal wat die evangelie van Sy genade aangeneem het Ons moet nie sosiale omgang versaak nie. Ons moet ons nie afsonder van ander nie. Ten einde alle klasse te bereik, moet ons hulle ontmoet waar hulle is. Dit is maar selde dat hulle ons uit eie beweging sal opsoek. Die harte van die mense moet nie net uit die kansel aangeraak word met die goddelike waarheid nie. Daar is 'n ander arbeidsveld, eenvoudiger miskien, maar net so belowend. Dit word gevind in die huise van die armes, die wonings van die grotes, aan die tafe van die gasvryes, en by die byeenkomste vir onskuldige plesier. KE 149.2

Net soos die dissipels van Christus, moet ons nie met die wêreld omgang maak uit 'n blote liefde vir plesier nie, en om aan die dwaasheid daarvan mee te doen nie. Sulke omgang kan alleen skadelik vir ons wees. Ons moet nooit deur ons woorde of dade, of deur ons teenwoordigheid of stilswye, sonde goedkeur nie. Waar ons ook al gaan moet ons Jesus met ons saamneem, en ons moet ons dierbare Heiland aan ander openbaar. Diegene wat probeer om hulle godsdiens veilig te bewaar deur dit toe te bou met 'n klipmuur, verbeur die heerhke geleenthede om goed te doen. Deur sosiale omgang kom die Christelike godsdiens in aanraking met die wêreld. Elkeen wat die goddelike verligting ontvang het, moet die pad verlig van diegene wat nie die Lig van die lewe ken nie. KE 149.3

Ons behoort almal getuies van Jesus te word. Sosiale krag, goed- gekeur deur die genade van Christus, moet gebruik word om siele vir die Heiland te win. Laat die wêreld sien dat ons nie uit selfsug in beslag geneem is deur ons eie belange nie, maar dat ons graag wil hê dat ander ook moet deel in ons seëninge en voorregte. Laat hulle sien dat ons godsdiens ons nie onsimpatiek en hardvogtig maak nie. Laat almal wat bely dat hulle Christus gevind het, dien soos Hy gedien het vir die voordeel van mense. KE 149.4

Ons moet nooit by die wêreld die valse indruk skep dat Christene swaarmoedige en ongelukkige mense is nie. As ons oë op Jesus gevestig is, sal ons 'n ontfermende Verlosser sien, en ons sal verlig word deur Sy aanskyn. Waar Sy Gees heers, daar heers vrede. Daar ook sal vreugde wees, want daar is 'n kalme, heilige vertroue op God. KE 150.1

Christus is tevrede met Sy navolgers wanneer hulle toon dat hulle, alhoewel menslik, deelgenote is van die goddelike natuur. Hulle is nie standbeeide nie, maar lewende manne en vroue. Hulle harte, verkwik deur die dou van goddelike genade, gaan oop en word verruim vir die Son van Geregtigheid. Die lig wat op hulle skyn, weerkaats hulle op ander in werke wat straal van die liefde van Christus. KE 150.2