Die Koning Van Die Eeue
Die Oorwinning
TOE neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe, KE 119.1
“Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U,
En hulle sal U op die hande dra,
sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.”
KE 119.2
Nou het die Satan gemeen dat hy Jesus op Sy eie grond ontmoet. Die listige vyand kom nou met woorde wat uit die mond van God uitgegaan het. Nog doen hy homself voor as 'n engel van die lig; hy toon dat hy bekend is met die Skrifte en die inhoud verstaan van wat daar geskryf is. Soos Jesus tevore die Woord gebruik het om sy geloof te handhaaf, so gebruik die versoeker nou die Woord om sy bedrog te steun. Hy beweer dat hy slegs die getrouheid van Jesus wou beproef, en hy het Hom nou aangeprys vir Sy standvastigheid. Namate die Heiland Sy vertroue in God geopenbaar het, het die Satan by Hom aangedring om verdere bewys te lewer van Sy geloof. KE 119.3
Ook hierdie versoeking is voorafgegaan deur die influistering van wantroue: “As U die Seun van God is.” Christus het in die versoeking gekom om te antwoord op daardie “As,” maar Hy het Hom bedwing om nie toe te gee aan die geringste mate van twyfel nie. “Hy sou nie Sy lewe in gevaar bring om die bewys aan die Satan te gee nie.” KE 119.4
Die versoeker se plan was om die mensheid van Christus te vlei en Hom tot vermetelheid te beweeg; maar hoewel die Satan n persoon kan versoek, kan hy hom nie dwing om te sondig nie. Hy het aan Jesus gesê: “Werp Uself af,” want hy het goed geweet dat as hy probeer om Hom af te gooi, God tussenbei sou kom om Hom te red. Ook kon die Satan Jesus nie dwing om Homself af te gooi nie. Tensy Christus toegee aan die versoeking, sou Hy nie oorwin kon word nie. “Al die magte van die aarde of van die hel kon Hom nie dwing om selfs in die geringste mate af te wyk van die wil van Sy Vader nie.” KE 121.1
Die versoeker kan ons nooit dwing om sonde te doen nie. Hy kan die hart nie beheers tensy dit aan Hom oorgegee is nie. Die wil moet toestem, die geloof moet sy houvas op Christus los voordat die Satan sy mag oor ons kan uitoefen. Maar elke sondige begeerte wat ons koester, gee hom 'n kans. Elke punt waarop ons nie die goddelike standaard bereik nie is 'n oop deur waardeur hy binnekom om ons te versoek en te verslaan. Elke mislukking of nederlaag van ons gee hom 'n kans om Christus te verwyt. KE 121.2
Toe die Satan die belofte aangehaal het, “Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U,” het hy die woorde weggelaat, “om jou te bewaar op al jou weë;” dit wil sê op al die weë wat God verkies. Jesus het geweier om af te wyk van die pad van gehoorsaamheid. Hoewel Hy volkome vertroue in Sy Vader gehad het, wou Hy Homself nie onnodig in omstandighede begewe waar die Vader genoodsaak sou wees om in te tree om Hom van die dood te red nie. Hy sou nie die Voorsienigheid dwing om Hom te hulp te kom, en dus nalaat om aan die mens 'n voorbeeld van vertraue en onderworpenheid te gee nie. KE 121.3
Jesus het aan die Satan gesê: “Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.” Hierdie woorde is deur Moses gespreek tot die kinders van Israel toe hulle in die woestyn dors gehad het en Moses versoek het om hulle water te gee met die woorde, “Is die Here onder ons?” Exod. 17: 7. God het wonders vir hulle gedoen, maar toe hulle in die moeilikheid was, het hulle aan Hom getwyfel en bewys gevra dat Hy met hulle was. In hulle ongeloof het hulle probeer om God op die proef te stel. Die Satan het by Christus aangedring om dieselfde te doen. God het alreeds getuig dat Jesus Sy Seun was, en om nou bewys te vra dat Hy dit wel is, sou beteken het dat Hy Gods Woord op die proef stel — dat Hy God versoek. Om God te vra om iets te doen wat Hy nie belowe het nie, sou op dieselfde neerkom; dit sou wantroue verraai — in werklikheid sou Hy God versoek. Ons moet nooit tot God bid om Hom te beproef of Hy wel Sy Woord sal vervul nie, maar omdat ons weet dat Hy dit sal vervul; nie om te sien of Hy ons wel liefhet nie, maar omdat Hy ons liefhet. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.” Heb. 11:6. KE 121.4
Maar geloof is glad nie aanmatiging nie. Alleen die persoon wat waarlik glo, is gevrywaar teen aanmatiging, want aanmatiging is die Satan se namaaksel van geloof. Die geloof maak staat op Gods beloftes, en bring die vrugte van gehoorsaamheid voort. Aanmatiging maak ook aanspraak op Gods beloftes, maar gebruik hulle soos die Satan, as ekskuus vir oortreding. Geloof sou ons eerste voorouers gelei het om te vertrou op die liefde van God, en om Sy bevele te gehoorsaam. Aanmatiging het hulle gelei om Sy wet te oortree, gelowende dat Sy groot liefde hulle sou red van die gevolge van die sonde. Deur die guns van die hemel te soek sonder om te voldoen aan die voorwaardes waarop genade toegestaan word—dit is nie geloof nie. Opregte geloof het sy wortel in die beloftes van die Skrifte. KE 122.1
Dikwels wanneer die Satan nie daarin slaag om ons wantrouig te maak nie, slaag hy daarin om ons tot vermetelheid te lei. As hy ons kan beweeg om onsself onnodig in die weg van versoeking te plaas, weet hy dat hy die oorwinning sal behaal. God sal almal bewaar wat die pad van gehoorsaamheid bewandel, maar as ons dit verlaat, begeef ons onsself op die Satan se grond. Daar sal ons sekerlik in die sonde val. Die Heiland het ons vermaan om te “waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.” (Markus 14: 38.) Oorpeinsing en gebed sal verhoed dat ons ons onnodig in die gevaar sal begeef, en so sal ons van menige nederlaag bewaar word. KE 122.2
Ons moet egter nie moedeloos word wanneer ons deur versoeking aangeval word nie. Dikwels wanneer ons in moeilike omstandighede beland, twyfel ons of die Gees van God ons wel gelei het. Maar dit is deur die Gees dat Jesus in die woestyn gelei is om deur die Satan versoek te word. Wanneer God ons beproef, is dit vir ons eie beswil. Jesus het geen misbruik van Gods beloftes gemaak deur Homself onnodig in die versoeking te begeef nie, en ook het Hy me moedeloos geword toe die versoeking gekom het nie. Ook ons moet nie moed opgee nie, want “God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” 1 Kor. 10: 13. Hy sê: “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal jou uithelp,en jy moet My eer.” Ps. 50: 14, 15. KE 122.3
Jesus was oorwinnaar in die tweede versoeking, en nou openbaar die Satan homself in sy ware karakter. Maar hy verskyn nie in die gedaante van 'n vreeslike monster met gesplete kloue en vlermuisvlerke nie. Alhoewel hy gevalle is, is hy nogtans 'n magtige engel. Hy bevestig dat hy die leier van die opstand, en die god van hierdie wêreld is. KE 123.1
Die Satan het Jesus op 'n hoë berg geneem en die komnkryke van die wêreld in al hulle heerlikheid voor Hom laat verbygaan. In die volle sonlig het Hy groot tempelstede, marmerpaleise, vrugbare lande en wingerde gesien. Die gevolge van die sonde was bedek. Die oe van Jesus wat so pas ellende en verlatenheid aanskou het, het hierdie toneel van weergalose skoonheid en voorspoed met welgevalle aanskou. Toe is die stem van die versoeker gehoor: “Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As u my dan aanbid, sal alles aan u behoort.” KE 123.2
Die sending van Christus kon alleen deur lyding volbring word. Voor Hom was daar 'n lewe van droefheid, lyding, stryd, en n skand- dood. Die sonde van die hele wêreld moes Hy dra. Hy moes voel wat dit is om geskei te wees van die liefde van Sy Vader. Nou het die versoeker aangebied om aan Hom al die mag oor te gee wat hy wederregtelik verkry het. Christus kon Homself red van die vreeslike toe- koms deur die opperheerskappy van die Satan te erken. Maar dit sou beteken dat Hy die groot stryd gewonne gee. Dit was deur sy poging om homself bokant die Seun van God te verhef dat die Satan in die hemel gesondig het. As die Satan nou die oorwinning kon behaal, sou dit die oorwinning van die opstand beteken. KE 123.3
Toe die Satan aan Christus gesê het, Die komnkryke van die wereld en al hulle heerlikheid en mag is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil, het hy slegs 'n deeltjie van die waarheid vertel, en dit om sy eie bedrog te bevorder. Die Satan het die heerskappy aan Adam ontneem, maar Adam was onderkoning vir die Skepper. Hy was nie n onafhanklike heerser nie. Die aarde behoort aan God, en Hy het alle dinge aan Sy Seun oorgegee. Adam sou onder Christus regeer. Toe Adam sy komngskap aan die Satan verbeur het, het Christus nog die regmatige Koning gebly. Die Here het aan Koning Nebukadnesar gesê “dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens, en dit gee aan wie Hy wil.” Dan. 4: 17. Die Satan kan die gesag wat hy wederregtelik verkry het, uitoefen alleen in die mate wat God hom toelaat om dit te doen. KE 123.4
Toe die versoeker aan Christus die koningskap en die heerlikheid van die wêreld aangebied het, het hy inderwaarheid voorgestel dat Christus Sy regmatige koningskap oor die wêreld moes opgee en onder hom heerskappy moes voer. Op hierdie heerskappy het die Jode gehoop. Hulle het na die koninkryk van hierdie wêreld verlang. As Christus toegestem het om hulle so 'n koninkryk te gee, sou hulle Hom met blydskap aangeneem het. Maar die vloek van die sonde met al sy ellende het daarop gerus. Christus het aan die versoeker gesê: “Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” KE 124.1
Die komnkryke van hierdie wêreld is vir Christus aangebied deur die een wat in die hemel. gerebelleer het, as koopprys vir Sy aanbidding van die beginsels van boosheid; maar Hy kon nie gekoop word nie. Hy het gekom om die koninkryk van geregtigheid op te rig, en Hy sou nie Sy plan opgee nie. Die Satan kom met hierdie selfde versoeking tot die mens, en daar- het hy groter sukses as met Christus. Aan die mense bied hy die koninkryke van hierdie wêreld op voorwaarde dat hulle sy opperheerskappy erken. Hy verg dat hulle eerlikheid moet opoffer, die gewete moet veronagsaam, en hulleself moet oorgee aan selfsug. Christus vra hulle om eerste die koninkryk van God en Sy geregtigheid te soek; maar die Satan loop langs hulle en sê. “Wat ook al waar mag wees betreffende die ewige lewe, moet julle my dien om suksesvol te wees in hierdie wêreld. Ek beskik oor julle welvaart. Ek kan julle rykdom, plesier, eer en geluk gee. Luister na my raad. Moenie julle laat wegvoer deur vrome begrippe van eerlikheid en selfopoffering nie. Ek sal die weg voor julle berei,” Hierdeur word groot menigtes bedrieg. Hulle stem in om net vir hulleself te lewe, en die Satan is tevrede. Terwyl hy hulle aanlok met die hoop tot wêreldse heerskappy, verkry hy heerskappy oor hulle siele. Maar hy bied hulle dinge aan wat nie syne is om te gee nie, en wat eerlank van hom weggeneem sal word. In werklikheid word hulle beroof van die reg op hulle erfenis as die seuns van God. KE 124.2
Die Satan het die feit betwyfel of Jesus die Seun van God was. Die wyse waarop hy weggejaag is, was afdoende bewys vir hom. Jesus se Godheid het geflits deur Sy lydende mensheid. Die Satan het geen mag gehad om die bevel te veronagsaam nie. Woedend oor die vernedering, moes hy wyk van die teenwoordigheid van die Verlosser van die wêreld. Christus se oorwinning was net so volkome as die nederlaag van Adam. KE 125.1
So kan ons ook die versoeking weerstaan en die Satan dwing om van ons weg te gaan. Jesus het deur die geloof en Sy onderworpenheid aan God die oorwinning behaal; by monde van die apostel sê Hy aan ons: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy I sal van julle af wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.” Jak. 4:7, 8. Ons kan onsself nie red van die mag van die versoeker nie; hy het die mensdom oorwin, en as ons probeer om in ons eie krag te staan, sal ons die slagoffers word van sy liste; maar “die Naam van die Here is 'n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word beskut.” Spreuke 18: 10. Die Satan sidder en vlug vir die swakste siel wat sy toevlug neem tot daardie magtige Naam. KE 125.2
Na die vyand weg was, het Jesus uitgeput op die grond neergeval, en Sy gesig was doodsbleek. Die engele van die hemel het die stryd gadegeslaan, en gesien hoe hulle geliefde Aanvoerder onuitspreeklike lyding moes verduur om n uitweg vir ons te maak. Hy het die toets deurstaan, groter as wat ons ooit sal moet verduur. Die engele het nou die Seun van God bedien waar Hy daar soos 'n sterwende gelê het. Hy is versterk met voedsel, vertroos met 'n boodskap van die Vader se liefde, en verseker dat die hele hemel hulle verbly in Sy oorwinning. Hy het weer Sy kragte herwin, en met Sy hart vol medelyde vir die mens, het Hy voortgegaan om die werk te voltooi wat Hy begin het, om nie te rus totdat die vyand verslaan, en die gevalle mensdom verlos is nie. Wanneer die verlostes saam met hulle Verlosser voor die troon van God staan, dan eers sal ons besef watter verskriklike losprys vir ons betaal is. Wanneer ons in verrukking ons ewige tuiste sien, sal ons besef dat Jesus dit alles verlaat het vir ons, dat Hy nie alleen 'n banneling geword het uit die hemelse howe nie, maar vir ons die gevaar geloop het om die ewige nederlaag te ly. Dan sal ons ons krone voor Sy voete neerwerp en die lied aanhef: “Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.” Openb. 5:12. KE 125.3