Die Koning Van Die Eeue

13/88

Die Versoeking

“EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei.” Die woorde van Markus is nog meer betekenisvol. Hy sê: “En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank toe Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere.” “En Hy het niks geëet in die dae nie.” KE 108.1

Toe Jesus in die woestyn gelei is om van die duiwel versoek te word, is Hy deur die Gees van God gelei. Hy het nie die versoeking uitgelok nie. Hy het na die woestyn gegaan om alleen te wees, om oor Sy sending en Sy werk te peins. Deur vas en gebed moes Hy Hom versterk vir die bloedbevlekte pad wat Hy moes bewandel. Die Satan het geweet dat die Heiland na die woestyn gegaan het, en hy het gemeen dat dit die beste tyd sou wees om Hom te nader. KE 108.2

Groot gevolge vir die wêreld was op die spel in die stryd tussen die Vors van die Lig en die vors van die koninkryk van duisternis. Nadat die Satan die mens verlei het om te sondig, het hy aanspraak op die aarde gemaak en homself die owerste van hierdie wêreld genoem. Ná hy die eerste mensepaar aan sy eie natuur gelykvormig gemaak het, was dit sy plan om sy ryk op die aarde te bevestig. Hy het verklaar dat die mense hom as hulle koning gekies het. Deur sy beheer oor die mense het hy heerskappy oor die wêreld gevoer. Christus het gekom om die aanspraak van die Satan te loënstraf. As Seun van die mens sou Christus getrou bly aan God. Sodoende sou Hy bewys lewer dat die Satan nie volkome beheer oor die mensdom het nie, en dat sy aanspraak op die wêreld vals was. Almal wat verlossing van die mag van die Satan begeer, sou vrygemaak word. Die heerskappy wat Adam deur die sonde verloor het, sou herstel word. KE 108.3

Sedert die aankondiging aan die slang in Eden, “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad” (Gen. 3- 15), het die Satan geweet dat hy nie absolute heerskappy oor die wêreld het nie. Daar is in die mens die werking van n krag gesien wat sy heerskappy weerstaan het. Met groot belangstelling het die Satan die offers wat Adam en sy seuns geoffer het, gadegeslaan. In daardie sere- monies het hy 'n simbool gesien van die gemeenskap tussen die aarde en die hemel. Hy het homself toe ten doel gestel om hierdie gemeenskap te verbreek. Hy het 'n verkeerde voorstelling van God gegee en van die f rites wat op die Verlosser gewys het. Die mense is daartoe gebring om God te vrees as iemand wat behae het in hulle vernietiging. Die offers wat Sy liefde moes openbaar, is gebring om Sy toorn af te weer. Die Satan het die sondige hartstogte van die mense opgewek ten einde hulle nog meer onder sy mag te bring. Toe Gods geskrewe Woord gegee is, het die Satan die profesieë oor die koms van die Verlosser ondersoek. Van geslag tot geslag het hy gewerk om die mense te verblind met betrekking tot hierdie profesieë, sodat hulle Christus tydens Sy koms sou verwerp. KE 109.1

By die geboorte van Jesus het die Satan geweet dat daar Een gekom het met 'n goddelike opdrag om sy heerskappy te bestry. Hy het gesidder toe die engel die gesag van die pasgebore Koning aangekondig het. Die Satan was goed bekend met die posisie wat Christus in die hemel as die Geliefde van die Vader beklee het. Die feit dat die Seun van God as mens na hierdie aarde sou kom, het hom met verbasing en vrees vervul. Hy kon nie die verborgenheid van hierdie groot opoffering peil nie. Sy selfsugtige siel kon nie so n groot liefde vir die verleide mensegeslag begryp nie. Die mens het maar n flou begnp gehad van die heerlikheid en vrede van die hemel, en die vreugde van gemeenskap met God; maar Lucifer, die gerub wat beskut, was goed daarmee bekend. Sedert hy uit die hemel gewerp is, was dit sy vaste voorneme om wraak te neem deur ook ander in sy vál te laat deel. Hy sou dit doen deur hulle te beweeg om hemelse dinge te onderskat en na aardse dinge te hunker. KE 109.2

Die Vors van die hemel sou nie sonder teenstand siele vir Sy koninkryk win nie. Vandat Hy in Betlehem as kindjie gebore is, is Hy voortdurend deur die Bose aangeval. Die beeid van God is in Christus geopenbaar, en in die beraadslagings van die Satan is daar besluit dat Christus oorwin moes word. Geen mensekind in die wêreld gebore, kon ooit die mag van die Verleier ontwyk nie. Die magte van die Bose-bondgenootskap is aangesê om oorlog te maak teen Hom en Hom indien moontlik te oorwin. KE 110.1

Toe die Heiland gedoop is, was die Satan ook onder die toe- skouers. Hy het gesien hoedat die heerlikheid van die Vader die Seun bestraal het. Hy het die stem van Jehova hoor getuig van die godheid van Jesus. Sedert Adam se val is die mense van regstreekse gemeenskap met God afgesny; die gemeenskap tussen hemel en aarde het deur Christus geskied, maar nou dat Jesus “in die gelykheid van die sondige vlees” (Rom. 8: 3), gekom het, het die Vader persoonlik gespreek. Voorheen het Hy tot die mensdom gespreek deur Christus; nou het Hy in Christus gespreek. Die Satan het gehoop dat die afsku van God aan die sonde n ewige skeiding tussen hemel en aarde sou maak; maar nou was dit duidelik dat die verbinding tussen God en die mens weer herstel is. KE 110.2

Die Satan het besef dat hy óf moes oorwin óf oorwin sou word. In die stryd was daar te veel op die spei om dit aan sy engele oor te laat. Hy sou persoonlik die stryd voer. Al die afvallige magte het saamgespan teen die Seun van God. Christus was die mikpunt van elke helse wapen. KE 110.3

Baie mense beskou hierdie stryd tussen Christus en die Satan asof dit geen besondere betrekking op hulle eie lewe het en dus van geen belang vir hulle is nie; maar die stryd word in elke hart weer herhaal. Nooit verlaat iemand die geledere van die Bose vir die diens van God nie, of hy moet die aanvalle van die Satan verduur. Die versoekings wat Christus weerstaan het, is juis die wat ons so moeilik kan weerstaan. In die mate wat Sy karakter hoër is as ons s n, moes Hy n heftiger stryd verduur. Met die verskriklike las van die sonde van die wêreld op Hom, het Christus die toets op die gebied van die aptyt, liefde tot die wêreld, en daardie liefde vir vertoon wat lei tot aanmatiging, verduur. Dit was voor hierdie versoeking wat Adam en Eva beswyk het en waardeur ons ook so maklik oorwin word. KE 110.4

Die Satan het verwys na Adam se sonde as bewys dat Gods wet onregverdig is en nie gehoorsaam kan word nie. In ons menslike vlees moes Christus oorwin waar Adam die nederlaag gely het; maar toe Adam deur die versoeker aangeval is, was hy nog nie verswak deur die uitwerking van die sonde nie. Hy het in sy volle manlike krag gestaan, in die volle krag van verstand en liggaam. Die heerlikhede van Eden het hom omring, en hy was in daelikse gemeenskap met hemelse wesens. Dit was nie so met Jesus toe Hy die woestyn ingegaan het om met die Satan die stryd te voer nie. Vir vierduisend jaar reeds het die menslike geslag in liggaamlike krag, verstandelike vermoëns, en in sedelike waarde afgeneem; en Christus het die swakhede van die ontaarde mensheid aangeneem. Alleen op hierdie manier kon Hy die mens uit die dieptes van sy val red. KE 111.1

Baie beweer dat Christus onmoontlik deur versoeking oorwin kon word. As dit so is, kon Hy nie Adam se plek ingeneem het en sou Hy nie die oorwinning kon behaal het waar Adam die neerlaag gely het nie. As ons op enige wyse 'n groter stryd moet voer as wat Christus gestry het, dan sou Hy nie in staat wees om ons te bewaar nie. Maar ons Heiland het die menslike vlees met al die swakhede daarvan aangeneem. Hy het die menslike natuur deelagtig geword met die moontlikheid om in die versoeking te beswyk. Ons het niks om te verduur wat Hy nie moes deurmaak nie. KE 111.2

Christus is, net soos die eerste mensepaar in Eden, versoek in verband met die aptyt. Juis waar die sondeval begin het, moes die verlossingswerk ook begin. Net soos Adam deur die toegewing aan sy aptyt geval het, moes Christus, deur Sy aptyt te verloën, oorwin. “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger gekry. En die versoeker het na Hom gekom en gesê. As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” KE 111.3

Van Adam af tot by Christus het selfbevrediging die mag van die aptyt en van die hartstogte laat toeneem totdat hulle byna onbeperkte heerskappy verkry het. Op hierdie wyse is die mense verlaag, en het hulle allerhande siektes opgedoen en was dit vir hulle onmoontlik om te oorwin. Christus het ten behoewe van die mens oorwin deur die heftigste toets deur te maak. Om ons ontwil het Hv 'n selfbeheersing beoefen sterker as die honger of die dood. En van hierdie eerste oorwinning het daar ander dinge afgehang wat altyd op die spel is in ons stryd met die magte van die duisternis. KE 112.1

Toe Jesus die woestyn ingegaan het, was Hy omring van die heerlikheid van die Vader. Ten volle in beslag geneem deur gemeenskap met God, is Hy verhef bokant alle menslike swakhede. Maar daardie heerlikheid het gewyk, en Hy is alleen gelaat om teen die versoeking te stry. Vir geen oomblik was Hy daarvan vry nie. Sy menslike natuur het teruggedeins vir die stryd wat Hom gewag het. Vir veertig dae lank het Hy gevas en gebid. Swak en uitgeteer van die honger, uitgeput en vervalle deur die sielstryd “was Sy voorkomste [so misvormd], geen mens meer nie, en Sy gestalte was nie soos die van n mensekind nie.” Jes. 52: 14. Nou was dit die Satan se kans. Nou het hy gemeen dat hy Christus sou oorwin. KE 112.2

Asof in antwoord op Sy gebede, het daar tot die Heiland iemand in die gedaante van n engel uit die hemel gekom. Hy het voorgegee dat God hom gestuur het om aan te kondig dat Christus se vas op 'n end was. Net soos God 'n engel gestuur het om die hand van Abraham te weerhou om nie vir Isak te ofïer nie, so het die Vader nou, tevrede met Christus se gewilligheid om die bloedige weg te bewandel, 'n engel gestuur om Hom te verlos — dit was die boodskap wat aan Jesus gebring is. Die Verlosser was flou van die honger en het na voedsel gesmag toe die Satan Hom skielik genader het. Wysende na die klippe wat orals in die woestyn rondgelê het en wat op brode gelyk het, het hy gesê: “As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.” KE 112.3

Alhoewel hy verskyn het as 'n engel van die lig, het hierdie eerste woorde sy ware karakter verraai, “As U die Seun van God is.” Hier sien ons 'n poging om wantroue te verwek. As Jesus sou doen wat die Satan daar voorstel, sou dit 'n teken van twyfelmoedigheid wees. Die versoeker se plan was om Christus te verslaan met dieselfde dels waarmee hy in die begin die mens so suksesvol aangeval het. Hoe listig het die Satan vir Eva in Eden genader! “Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?” Gen. 3: 1. Sover het die versoeker se woorde die waarheid bevat; maar in die manier waarop hy dit gesê het, het daar n bedekte veragting van die woorde van God geskuil. Daar was 'n bedekte weerspreking—'n betwyfeling van die goddelike waaragtigheid. Die Satan wou die gedagte by Eva skep dat God nie sou doen wat Hy gese het nie; dat die weerhouding van sulke heerlike vrugte n verloëmng was van Sy liefde en barmhartigheid teenoor die mens. En nou ook het die versoeker getrag om sy eie gevoelens in die hart van Christus te verwek. “As U die Seun van God is.” Hierdie woorde het met bitterheid geknaag in sy eie hart. Hy het die woorde geuiter met n stembuiging wat die sterkste twyfel verraai het. Sou God Sy Seun so behandel? Sou Hy Hom in die woestyn alleen laat by die wilde diere, sonder kos, sonder geselskap, sonder enige geriewe? Hy gee voor dat dit nooit die bedoeling van God was dat Sy Seun in so n toestand sou verkeer nie. “As U die Seun van God is,” toon dan U mag deur Uself te verlos van hierdie knaende honger. Beveel hierdie klip om brood te word! KE 112.4

Die woorde uit die hemel: “Dit is My geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het” (Matt. 3: 17), het nog in die ore van die Satan weerklink, maar hy was vasbeslote om Christus hierdie getuienis nie te laat glo nie. Die woord van God was Christus se versekering van Sy goddelike sending. Hy het gekom om as mens onder die mense te lewe, en dit was die woord wat Sy verbinding met die hemel verklaar het. Dit was die Satan se doel om Hom aan daardie woord te laat twyfel. As hy Christus se vertroue in God kon laat wankel, het hy geweet dat hy die hele stryd sou win. Hy het gemeen dat hy Jesus kon oorwin. Hy het gehoop dat Christus weens neerslagtigheid, en gedrewe deur Sy groot honger Sy geloof in Sy Vader sou versaak en dan vir Homself 'n wonderwerk sou verrig om Sy honger te stil. As Hy dit gedoen het, sou die verlossingsplan misluk het. KE 113.1

Toe die Satan en die Seun van God vir die eerste keer in botsing gekom het, was Christus die aanvoerder van die hemelse leërskare, en die Satan, die leier van die opstand in die hemel, is uitgewerp. Nou was die posisie oënskynlik net andersom, en die Satan probeer nou om sy skynbare voordeel tot die uiterste toe uit te buit. Een van die magtigste engele, sê hy, is uit die hemel gewerp. Die voorkoms van Jesus dui aan dat Hy seif daardie gevalle engel is, deur God en mens verlate, 'n Goddelike wese sou mos sy aanspraak kan staaf deur 'n wonderwerk te verrig: “As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brood word.” So 'n skeppingsdaad, het die versoeker aangevoer, sou afdoende bewys van Sy godheid wees. Dit sou die stryd beëindig. KE 113.2

Dit het groot inspanning gekos vir Jesus om stilswygend na die aartsbedrieër te luister. Maar die Seun van God het nie onder ver-pligting gestaan om die Satan te oortuig van Sy godheid of om aan hom die rede vir Sy vernedering te verklaar nie. As Christus aan die voorstelle van die rebel sou toegegee het, sou dit nie gestrek het tot voordeel van die mens of die heerlikheid van God nie; as Hy gehande! het na die vyand se wens, sou die Satan nog gesê het: “Gee my 'n teken dat ek kan glo dat jy die Seun van God is.” Bewyse sou waardeloos gewees het om die krag van die opstand in sy hart te verbreek; en Christus sou nie Sy goddelike mag vir Sy eie voordeel gebruik nie. Hy het gekom om beproewing te verduur soos ons en om ons 'n voorbeeld van geloof en van onderwerping te gee. Nie by hierdie of enige later geleentheid in Sy aardse lewe het Jesus ooit 'n wonderwerk vir eie voordeel verrig nie. Al Sy wonderwerke het Hy ten behoewe van ander verrig. Hoewel Jesus die Satan uit die staanspoor herken het, het dit Hom nie tot die stryd uitgelok nie. Versterk deur die herinnering aan die stem uit die hemel het Hy op die liefde van Sy Vader vertrou. Hy sou nie met die versoeking speel nie. KE 114.1

Jesus het die Satan bestry met die Skrifwoord, “Daar is geskrywe.” Elke versoeking het Hy afgeweer met die wapen van Gods Woord. Die Satan het Christus om n wonderwerk gevra as teken van Sy godheid, maar Hy het geantwoord met die teken wat nie betwis kon word nie --- die teken groter as al die wonderwerke, naamlik, 'n vaste vertroue op die Woord van God. Solank Christus daaraan vashou, sou die versoeker geen oorwinning behaal nie. KE 114.2

Dit was op die oomblik toe Christus die swakste was, dat Hy met die heftigste versoekings aangeval is. Op daardie manier het die Satan gemeen om die oorwinning te behaal. Dit is op hierdie wyse dat die Satan die oorwinning oor die mens behaal het. Toe hulle kragte ingee, hulle wilskrag verswak, en hulle geloof nie langer op God gevestig was nie, is diegene wat lank en moedig vir die reg gestry het, oorwin. Moses was uitgeput deur die veertigjarige omwandeling van Israel in die woestyn toe sy geloof vir 'n oomblik van die Almagtige afgetrek is; feitelik op die grens van die beloofde land het hy die neerlaag gely. Net so was dit ook met Elia, wat onverskrokke voor Koning Agab gestaan het, en die hele volk van Israel, met die vierhonderd-en-vyftig Baälsprofete en al getrotseer het. Maar na daardie vreeslike dag op die berg Karmel toe hy die valse profete laat doodmaak en die volk daarna hulle getrouheid aan God betuig het, het Elia vir sy lewe gevlug voor die dreigemente van die afgodiese Isébel. So weet die Satan om die swakheid van die menslike natuur uit te buit. En nog werk hy op dieselfde manier. Waar iemand omring is deur donker wolke, te kampe het met moeilike omstandighede, of in armoede of ellende verkeer, daar staan die Satan klaar om hom te versoek en lastig te val. Hy val ons aan op ons swak punte. Hy probeer om ons vertraue op God, wat hierdie dinge toelaat, te laat wankel. Ons kom in die versoeking om God te wantrou en Sy liefde te betwyfel. Dikwels kom die versoeker tot ons soos hy tot Christus gekom het en hou hy ons swakhede en gebreke aan ons voor. Hy hoop om ons daardeur te ontmoedig en ons houvas op God te verbreek. As hy dit kan regkry, is hy seker van sy slagoffer. As ons hom maar sou teenstaan soos Jesus dit gedoen het, sou ons baie neerlae kon verhoed. Deur met die vyand te onderhandel, gee ons hom die voorsprong. KE 114.3

Toe Christus aan die versoeker gesê het: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan,” het Hy die woorde herhaal wat Hy self meer as veertien eeue gelede tot Israel gespreek het: “Die Here jou God [het] jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei . . . en Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.” Deut. 8:2, 3. In die woestyn, toe alle lewensmiddels op 'n end was, het God aan Sy volk manna uit die hemel gegee, aanhoudend en voldoende. Hierdie voorsienmg is gemaak om hulle te leer dat solank hulle op God vertrou en in Sy weë wandel, Hy hulle nooit sou verlaat nie. Die Heiland het nou self die les wat Hy vir Israel geleer het, toegepas. Deur die Woord van God is die leër van Israel bewaar, en deur daardie selfde Woord sou Jesus ook bewaar word. Hy het op God gewag om Hom op Sy eie tyd te verlos. Hy was in die woestyn in gehoorsaamheid aan God, en Hy sou nie voedsel verkry deur gehoor te gee aan die voorstel van die Satan nie. Voor die ganse heelal het Hy getuig dat dit beter was om te ly wat kom, as om enigsins af te wyk van die wil van God. KE 115.1

“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” Dikwels kom die navolger van Christus in omstandighede waar hy God nie kan dien en terselfdertyd sy wêreldse ondernemings voortsit nie. Dit mag lyk of gehoorsaamheid aan die een of ander duidelike bevel van God alle lewens- middele sal afsny. Die Satan wil hom graag wysmaak dat hy sy heilige oortuigings maar moet laat vaar. Maar die enigste ding in die wêreld waarop ons kan staatmaak, is die Woord van God. “Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt. 6: 33. Selfs in hierdie lewe is dit nie goed vir ons om af te wyk van die wil van ons hemelse Vader nie As ons die krag van Sy Woord ken, sal ons nie gehoor gee aan die influisterings van die Satan om voedsel te verkry of ons lewe te red nie. Die hoofsaak by ons sal wees: Wat beveel die Here? en wat belowe Hy? As ons op hierdie vrae sekerheid het, sal ons die een gehoorsaam en op die ander vertrou. KE 116.1

In die laaste groot botsing in die stryd teen die Satan, sal diegene wat aan God getrou is, sien hoedat alle aardse stutte wegval. Omdat hulle weier om Sy wet te oortree in gehoorsaamheid aan aardse magte, sal hulle verbied word om te koop of te verkoop. Uiteindelik sal daar beveel word dat hulle doodgemaak moet word. (Sien Openb. 13: 11-17.) Maar aan die gehoorsames is die belofte gegee: “Hy wat in geregtigheid wandel . . . die sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.” Jes. 33: 15, 16. Deur hierdie belofte sal die kinders van God lewe. Wanneer die aarde geteister word deur hongersnood, sal hulle gevoed word. “Die oog van die Here is op die wat Hom vrees ... om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.” Ps. 33: 18, 19. Die profeet Habakuk het na hierdie tyd van ellende verwys, en sy woorde is 'n uitdrukking van die geloof van die kerk: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.” Hab. 3: 17, 18. KE 116.2

Van al die lesse wat ons in die eerste groot versoeking van die Here kan leer, is nie een so belangrik as die met betrekking tot die beheersing van die hartstogte nie. Versoekings wat die fisiese natuur streel, was nog altyd die doeltreffendste om die mens te besoedel en te verlaag. Deur onmatigheid veroorsaak die Satan die verwoesting van die verstandelike en sedelike vermoëns wat God aan die mens gegee het as \ 'n onskatbare besitting. Daardeur word dit vir die mens onmoontlik om die dinge wat ewige waarde het, te waardeer. Deur die botviering van die welluste trag die Satan om alle tekens van die beeid van God uit die siel uit te wis. KE 117.1

Die onmatigheid en die gevolglike siekte en ontaarding wat geheers het tydens Christus se eerste koms, sal vóór Sy wederkoms in n baie erger mate gesien word. Christus het verklaar dat toestande in die wêreld gelyk sal wees aan die wat geheers het vóór die sondvloed, en soos die in die dae van Sodom en Gomorra. Al die versinsels van die menslike hart sal altyddeur net sieg wees. Ons het byna daardie vreeslike tyd bereik, en die les van die Heiland se vas behoort ons ter harte te neem. Alleen wanneer ons dink aan die verskriklike sielsangs wat Christus deurgemaak het, kan ons die euwels van onmatigheid reg verstaan. Sy voorbeeld leer ons dat ons enigste hoop op die ewige lewe geleë is in die onderwerping van aptyt en welluste aan die wil van God. KE 117.2

In ons eie krag is dit onmoontlik om die drifte van ons gevalle natuur te onderdruk. Dit is deur hierdie drifte dat die Satan ons sal versoek. Christus het geweet dat die vyand tot elke mensekind sal kom om aangebore swakhede uit te buit, en almal wat nie op God vertrou nie, deur sy valse influisterings tot 'n val te bring. En deur die pad te bewandel wat die mens moet betree, het die Here die weg tot oorwinning berei. Dit is nie Sy wil dat ons in 'n swak posisie moet staan in ons stryd teen die Satan nie. Hy wil nie hê dat ons bang gemaak en ontmoedig sal word deur die slang nie. “Hou goeie moed, het Hy gesê”, “Ek het die wêreld oorwin.” Joh. 16: 33. KE 117.3

Laat diegene wat moet stry teen die mag van die aptyt, hulle oë vestig op Jesus in die woestyn van versoeking. Aanskou Hom in Sy foltering aan die kruis waar Hy uitroep: “Ek het dors!” Hy het alles verduur wat ons moontlik sal moet verduur. Sy oorwinning is ons s'n. KE 117.4

Jesus het vertrou op die wysheid en die krag van Sy hemelse Vader. Hy het verklaar: “Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie, . . . en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie. . . . Kyk, die Here Here help My.” Wysende op Sy eie voorbeeld, sê Hy aan ons, “Wie is daar onder julle wat die Here vrees, ... wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie?—laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!” Jes. 50: 7-10. KE 118.1

“Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie,” het Jesus gesê. (Joh. 14: 30.) Die drogredes van die Satan het geen uitwerking op Hom gehad nie. Hy het nie tot die sonde ingestem nie. Nie eens deur n enkele gedagte het Hy aan die versoeking toegegee nie. So kan dit ook met ons wees. Die mensheid van Christus was met Sy godheid verenig; deur die inwoning van die Heilige Gees is Hy vir die stryd toegerus. Hy het gekom sodat ons die goddelike natuur deelagtig kan word. Solank ons met Hom deur die geloof verenig is, sal die sonde geen mag oor ons hê nie. God wil die hand van geloof vat wat ons uitsteek, sodat Hy ons kan help om die godheid van Christus beet te neem dat ons karakters volmaak kan word. KE 118.2

Christus het ons gewys hoe dit gedoen word. Deur watter middels het Hy die Satan oorwin? Deur die Woord van God. Deur die Woord alleen kon Hy die versoeking weerstaan. “Daar is geskrywe, het Hy gesê. Aan ons het Hy die grootste en dierbare beloftes geskenk, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle ontvlug het die verdorwenheid wat deur die begeerlikheid in die wêreld is.” (2 Pet. 1:4.) Elke belofte in die Woord van God is vir ons. Ons moet lewe van “alles wat uit die mond van die Here uitgaan.” Wanneer ons deur versoeking aangeval word, laat ons dan nie op die omstandighede of op ons eie swakheid sien nie, maar op die krag van die Woord. Al die krag van die Woord is vir ons. Die Psalmis het gesê, “Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” “Ek het deur die woord van U lippe vermy die paaie van die geweldenaar.” Ps. 119: 11; 17: KE 118.3