Die Koning Van Die Eeue

77/88

Judas

IN die geskiedenis van Judas het ons die treurige einde van 'n lewe wat wel deur God kon geëer gewees het. As Judas sou gesterf het vóór daardie laaste reis na Jerusalem, sou hy beskou gewees het as 'n man wat sy plek onder die twaalf waardig was, en sy heengaan sou as 'n verlies beskou gewees het. Die afsku waarmee daar aan hom gedink is deur die eeue, sou uitgebly het as dit nie was vir die karaktereien- skappe wat aan die einde van sy geskiedenis geopenbaar is nie. Maar sy karakter is met 'n doel aan die wêreld geopenbaar. Dit moes as waarskuwing dien vir almal, wat soos hy, verraad sou pleeg. KE 733.1

'n Rukkie voor die Pasga, het Judas weer in verbinding getree met die priesters om Jesus in hulle hande oor te lewer. Toe is daar ooreengekom dat Hy gevangegeneem moes word by een van die plekke wat Hy gewoonlik besoek het vir gebed en oorpeinsing. Sedert die eetmaal aan die huis van Simon, het Judas tyd gehad om na te dink oor die daad wat hy onderneem het, maar hy het nie van doel verander nie. Vir dertig silwerstukke — die prys van 'n slaaf — het hy die Here van heerlikheid verkoop om die skanddood te sterf. KE 733.2

Judas was van nature baie lief vir geld; maar hy was nie altyd so verlaag om so 'n daad soos hierdie te doen nie. Hy het die bose gees van hebsug vertroetel totdat dit sy een lewensdoel geword het. Die liefde vir mammon het swaarder geweeg as sy liefde vir Christus. Deur die slaaf van een euwel te word het hy hom oorgegee aan die Satan om tot die uiterste van die sonde gedryf te word. KE 733.3

Judas het by die dissipels aangesluit toe die skares Christus gevolg het. Die Heiland se leer het hulle harte aangeraak terwyl hulle na Sy boeiende woorde in die sinagoge, by die meer, en op die berg geluister het. Judas het gesien hoe die siekes, die kreupeles en die blindes na Jesus gestroom het van die dorpe en die stede. Hy het gesien hoe die sterwendes aan Sy voete gelê word. Hy het die Heiland se magtige wonderwerke gesien waar Hy die siekes genees, duiwels uitgewerp, en die dode opgewek het. In sy eie hart het hy die bewys van Christus se krag gevoel. Hy het erken dat die leer van Christus alles oortref het wat hy nog ooit gehoor het. Hy het die groot Leraar liefgehad, en hy wou graag by Hom wees. Daar was 'n begeerte by hom vir 'n verandering van sy karakter en lewe, en hy het gehoop dat dit sou plaasvind; as hy hom by Jesus voeg. Die Heiland het Judas nie afgewys nie. Hy het hom 'n plek onder die twaalf gegee. Hy het hom vertrou om die werk van 'n evangelis te doen. Hy het aan hom mag gegee om die j siekes te genees en duiwels uit te werp. Maar Judas het homself nooit volkome aan Christus oorgegee nie. Hy het sy wêreldse eersugtigheid en sy liefde vir geld nooit versaak nie. Toe hy die pos as dienaar van Christus aanvaar het, het hy hom nie deur die goddelike krag laat vorm nie. Hy het gevoel dat hy sy eie oordeel en opinies kon behou, en hy het toegegee aan die neiging om te kritiseer en te beskuldig. KE 734.1

Die dissipels het baie van Judas gedink, en hy het groot invloed oor hulle gehad. Hy self het 'n hoë dunk van sy eie bevoegdhede gehad, en hy het gemeen dat sy broeders nie so oordeelkundig en bekwaam as hy was nie. Hy het gemeen dat hulle nie besef het watter kanse hulle gehad het, of gebruik gemaak het van die omstandighede nie. Die kerk sou nooit vooruitgaan met sulke kortsigtige manne as leiers nie. Petrus was voortvarend; hy sou handel sonder om te dink. Johannes, wat die waarhede wat Christus gespreek het, as skatte bewaar het, is deur Judas as 'n swak finansier beskou. Mattheus, wie se opleiding hom geleer het dat hy in alles akkuraat moes wees, was baie eerlik; hy het gedurig gepeins oor die woorde van Christus, en is so in beslag geneem daardeur, dat hy, soos Judas gedink het, nie met insig en wysheid besigheid sou kon doen nie. So het Judas al die dissipels opgesom, en hy het homself met die gedagte gevlei dat die kerk dikwels in moeilikheid en verleentheid sou verkeer het as dit nie vir sy bekwaamheid as bestuurder was nie. Judas het homself beskou as die een wat wakker is en nie om die bos gelei kon word nie. Volgens sy eie berekening was Hy 'n eer vir die saak, en so het hy hom ook altyd voorgedoen. KE 734.2

Judas was blind vir die gebreke in sy eie karakter, en Christus het hom geplaas waar hy geleentheid sou kry om dit te besef en hom te verbeter. As tesourier vir die dissipels was dit sy werk om voorsiening te maak vir die behoeftes van die groep, en om die armes te help. Toe Jesus daar in die oppersaal aan hom gesê het, “Wat jy doen, doen dit haastig” Joh. 13: 27, het die dissipels gedink dat Jesus hom beveel het om die benodighede vir die fees te koop, of om iets vir die armes te gee. Deur in die behoeftes van ander te voorsien, kon Judas 'n onselfsugtige gees ontwikkel het. Maar terwyl hy daeliks na die onderrig van Christus geluister, en Sy onselfsugtige lewe gesien het, het Judas hom oorgegee aan hebsug. Die klein bedraggies wat in sy hande gekom het, was 'n gedurige bron van versoeking vir hom. Dikwels wanneer hy 'n diensie vir Christus verrig het, of godsdienstige werk gedoen het, het hy homself betaal uit die skraal fondse. Hy het gemeen dat dit hom geoorloof was, maar in Gods oë was hy 'n dief. KE 735.1

Die verklaring wat Christus so dikwels herhaal het dat Sy koninkryk nie van hierdie wêreld was nie, het Judas aanstoot gegee. Hy het die program opgestel waarvolgens Christus, soos hy gemeen het, moes werk. Volgens hom moes Johannes die Doper uit die gevangenis verlos word. Maar nee, Johannes is verlaat om onthoof te word. En Jesus, pleks dat Hy Sy koninklike gesag gebruik het om die dood van Johannes te wreek, het met Sy dissipels na die platteland gegaan. Judas het daadwerklike optrede verlang. Hy het gemeen dat as Jesus nie die dissipels sou verhinder om hulle planne uit te voer nie, sou hulle meer sukses gehad het. Hy het gesien hoedat die vyandigheid van die Joodse leiers toeneem, en hy het gemerk dat Christus nie hulle uitdaging aanvaar het toe hulle van Hom 'n teken uit die hemel begeer het nie. Sy hart was oop vir ongeloof, en die vyand het in sy hart twyfel en rebellie laat ontstaan. Waarom het Jesus so dikwels oor ontmoedigende sake gepraat? Waarom het Hy beproewing en vervolging voorspel vir Homself en Sy dissipels ? Die vooruitsig van 'n hoë plek in die nuwe koninkryk het Judas beïnvloed om die saak van Christus aan te neem. Sou sy hoop teleurgestel word? Judas het nie tot die besluit, gekom dat Jesus nie die Seun van God was nie; maar hy het getwyfel, en het geprobeer om 'n verklaring te vind vir Sy magtige werke. KE 735.2

Nieteenstaande die Heiland se eie leer, het Judas gedurig die idee. voorgehou dat Christus as koning in Jerusalem sou regeer. Toe die vyfduisend gevoed is, het hy geprobeer om hierdie idee te verwesenlik.By daardie geleentheid was Judas behulpsaam met die uitdeling van die voedsel aan die hongerige skare. Hy het toe geleentheid gehad om die voordele te sien wat hy aan ander kon meedeel. Hy het die tevredenheid gevoel wat altyd kom ten gevolge van diens vir God. Hy het gehelp om die siekes en lydendes onder die skare na Christus te bring. Hy het gesien watter verlossing, watter vreugde en blydskap in menslike harte kan kom deur die genesende krag van die Hersteller. Hy het kans gehad om die metodes van Christus te verstaan. Maar hy was verblind deur sy eie selfsugtige begeertes. Judas was die eerste om, geesdrif uit te buit wat ontstaan het ná die vermeerdering van die brode. Dit was hy wat die plan aan die hand gedoen het om Christus met geweld koning te maak. Sy hoop het hoog gestyg. Sy teleurstel ling was bitter. KE 736.1

Christus se preek in die sinagoge aangaande die brood van die lewe, het die keerpunt gebring in die geskiedenis van Judas. Hy het die woorde gehoor, “As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself me.” Joh. 6: 53 Hy het besef dat Christus geestelike, liewer as wêreldse voordeel aanbied. Hy het homself as 'n versiende man beskou, en hy het gemeen dat hy kon sien dat Jesus geen eer sou hê nie, en dat Hy geen hoe I betrekkings aan Sy volgelinge kon gee nie. Hy het besluit om homself nie so heg aan Christus te verbind dat hy nie kon wegbreek nie. Hy sou wakker wees, en hy was ook. KE 736.2

Van tyd tot tyd het hy twyfel uitgespreek wat die dissipels verbyster het. Hy het twispunte en misleidende dinge ingebring, en die argu-mente herhaal wat die skrifgeleerdes en Fariseërs teen Christus se aan-sprake ingebring het. Al die klein en groot moeilikhede en kruise, die skynbare hindernisse in die weg van die evangelie, het Judas vertolk as bewyse teen die waarheid daarvan. Hy het tekste ingebring wat geen verband gehad het met die waarhede wat Christus verkondig het nie. Hierdie tekste, uit hulle verband geneem, het die dissipels in verwarring gebring, en die moedeloosheid wat gedurig hulle harte beswaar het, vermeerder. En dit alles het Judas op so 'n manier gedoen dat hy as baie opreg voorgekom het. En terwyl die dissipels na bewyse gesoek het om die woorde van die groot Leraar te bevestig, het Judas hulle byna ongemerk op 'n ander pad gelei. So het hy, op 'n skynbaar baie godsdienstige en slim manier sake voorgestel in 'n heeltemal ander lig as die wat Jesus hulle gegee het, en hy het aan Sy woorde 'n betekenis gegee wat Hy nie geleer het nie. Sy voorstelle het gedurig n eersugtige begeerte opgewek vir stoflike voordeel, en so het hy die aandag van die dissipels afgelei van die belangrike dinge wat hulle moes bepeins het. Die twis oor wie van hulle die grootste sou wees, is hoofsaaklik deur Judas aan die gang gesit. KE 736.3

Toe Jesus aan die ryk jongman die voorwaardes vir dissipelskap verduidelik het, was Judas ontevrede. Hy het gemeen dat Jesus 'n fout begaan het. As manne soos hierdie owerste by die gelowiges kon aansluit, sou hulle help om die saak van Christus te ondersteun. As hulle hom maar net om raad wou vra, het Judas gedink, sou hy baie planne kon voorstel vir die vooruitgang van die kerk. Sy beginsels en metodes sou miskien 'n bietjie afwyk van die van Christus, maar in daardie dinge, het hy gemeen, was hy wyser as Christus. KE 737.1

In alles wat Christus aan Sy dissipels gesê het, was daar iets waarmee Judas in sy hart nie saamgestem het nie. Onder sy invloed het die suurdeeg van ontevredenheid vinnig gerys. Die dissipels het nie die ware werktuig in dit alles gesien nie; maar Jesus het gesien dat die Satan Judas besiel het met sy eie karaktereienskappe om 'n kanaal oop te stel om die ander dissipels te beïnvloed. Christus het dit reeds gesê n jaar vóór Hy verraai is. “Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!” Joh. 6: 70. KE 737.2

En tog het Judas nie openlike teenstand gebied of die Heiland se lesse in twyfel getrek nie. Vóór die geval by die eetmaal aan Simon se huis, het hy nooit openlik gekla nie. Toe Maria die voete van Jesus gesalf het, het Judas sy inhaligheid geopenbaar. Nadat Jesus hom bestraf het, was dit of sy hele gees verbitterd geraak het. Gekweste trots en n begeerte vir weerwraak het al die verskansings afgebreek, en die hebsug waaraan hy so lank toegegee het, het nou die oorhand gekry. So sal dit ook gaan met almal wat aanhou om die sonde te koester. Die elemente van verlaging wat nie weerstaan en oorwin word nie, sal toegee aan die Satan se versoeking, en hy sal die siel na willekeur gevangeneem. KE 737.3

Maar Judas was nie heeltemal verhard nie. Selfs nadat hy tweemaal onderneem het om die Heiland te verraai, was daar nog geleentheid vir bekering. By die Pasga het Jesus Sy Godheid geopenbaar deur die verraaier ann die kaak te stel. Hy het Judas net so liefdevol bedien soos die ander dissipels. Maar hy het nie gereageer op die laaste bewys van liefde nie. Dit is toe dat Judas se lot verseël is, en die voete wat Jesus gewas het, het uitgestap om die verraad te gaan pleeg. KE 738.1

Judas het geargumenteer dat as Jesus gekruisig moes word, dan sal Hy gekruisig word. Die feit dat hy die Heiland sou verraai, sou die saak tog nie verander nie. As Jesus dan moet sterf, sou dit Hom slegs I dwing om Hom oor te gee. En in elk geval sou Judas baat by sy verraad. Hy het gemeen dat hy 'n baie winsgewende transaksie beklin het deur Sy Here te verraai. KE 738.2

Judas het nie geglo dat Jesus sou toelaat dat hulle Hom gevangeneem nie Deur Hom te verraai was dit sy doel om Hom n les te leer.Sy plan was om 'n rol te speel wat die Heiland in die toekoms baie versigtig sou maak om hom met respek te behandel. Maar Judas het nie geweet dat hy Christus in die dood oorgelewer het nie. Hoe dikwels was die skrifgeleerdes en Fariseërs weggevoer deur die treffende beeide van Jesus se gelykenisse! Hoe dikwels het hulle hulle eie vonnis uitgespreek! Dikwels wanneer die waarheid hulle harte getret het, was hulle woedend, en wou hulle Hom stenig; maar elke keer het Hy ontvlug. Aangesien Hy so baiemaal ontsnap het, het Judas gedink, sou Hy tog seker nie nou toelaat dat hulle Hom vang nie. KE 738.3

Judas het besluit om die saak op die proef te stel. As Jesus werklik die Messias was, sou die mense vir wie Hy soveel gedoen het, hulle om Hom skaar en Hom koning maak. Dit sou eens en vir altyd alle twyfel wegneem uit baie harte wat nog onseker was. Judas sou dan die eer hê as die een wat die koning op Dawid se troon geplaas het. En hierdie daad sou aan hom die eerste plek gee, naas Christus, in die nuwe koninkryk. KE 738.4

Die valse dissipel het sy rol gespeel met die verraad van Jesus. In die tuin, toe hy aan die leiers van die bende gesê het, “Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom” Matt. 26: 48, was hy absoluut oortuig daarvan dat Christus uit hulle hande sou ontsnap. As hulle hom dan sou blameer, sou hy vra: Het ek nie gesê dat julle Hom moet vashou nie? KE 738.5

Judas het gesien hoedat hulle, op sy bevele, Christus vasbind Verbaas het hy gesien dat die Heiland toelaat dat hulle Hom weglei. Vo1 angs het hy Hom gevolg van die tuin na die verhoor voor die Joodse owerstes. By elke beweging het hy verwag dat Hy Sy vyande sou verras deur voor hulle te verskyn soos die Seun van God om hulle planne te verydel. Maar namate die ure verbygegaan, en Jesus toegelaat het dat hulle Hom so mishandel, het 'n verskriklike vrees die hart van die verraaier beklem dat hy sy Meester in die dood verkoop het. KE 739.1

Toe die verhoor sy einde nader, kon Judas nie langer die wroeging van sy skuldige gewete uithou nie. Skielik is 'n skor stem in die saal gehoor wat almal laat skrik het: Hy is onskuldig; laat Hom los, o Kajafas! KE 739.2

Toe is die lang gestalte van Judas gesien waar hy sy weg baan deur die verskrikte skare. Hy was baie bleek, en groot druppels sweet het op sy voorhoof gestaan. Hy het op die regterstoel afgestorm, en die silwerstukke, die prys van sy Here se verraad, voor die hoëpriester neergegooi. Hy het Kajafas aan sy kleed gegryp en hom gesmeek om Jesus los te laat, en verklaar dat Hy niks gedoen het wat die doodstraf verien nie. Kajafas het hom kwaai afgeskud, maar hy was so verward dat hy nie geweet het wat om te sê nie. Die valsheid van die priesters is toe geopenbaar. Dit was duidelik dat hulle hierdie dissipel omgekoop het om sy Meester te verraai. KE 739.3

“Ek het gesondig,” het Judas weer uitgeroep, “deur onskuldige bloed te verraai.” Maar die hoëpriester wat weer sy selfvertroue herwin het, het met veragting geantwoord, “Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!” Matt. 27: 4. Die priesters was gewillig om Judas as werktuig te gebruik, maar hulle het sy laagheid verag. Toe hy sy sonde bely het, het hulle hom verag. KE 739.4

Judas het homself nou aan die voete van Jesus neergewerp, Hom erken as die Seun van God, en Hom gesmeek om Homself te verlos.Die Heiland het nie Sy verraaier verwyt nie. Hy het geweet dat Judas nie berou gehad het nie, en dat sy skuldige siel, oorweldig deur die vreeslike besef van die komende oordeel, hom gedwing het om die belydenis te doen, maar dat hy geen ware, hartverbryselende berou gehad het omdat hy die vlekkelose Seun van God verraai, en die Heilige van Israel verag het nie. Maar Jesus het geen veroordelende woorde tot hom gespreek nie. Hy het Judas met jammerte aanskou, en gese, Vir hierdie uur het Ek in die wêreld gekom. KE 739.5

Daar is 'n gemompel van verbaasdheid onder die skare gehoor. Met verbasing het hulle die verdraagsaamheid van Christus teen Sy verraaier aanskou. Weer het die oortuiging hulle beetgepak dat hierdie man nie 'n gewone sterweling was nie. Maar toe het die vraag weer by hulle ontstaan: As Hy wel die Seun van God is, waarom verbreek Hy dan nie die bande in oorwinning oor Sy aanklaers nie ? KE 740.1

Judas het besef dat hy tevergeefs gesmeek het, en hy het uit die saal gehaas met die woorde, Dit is te laat! Dit is te laat! Hy het gevoel dat hy nie kon lewe om te sien dat hulle Jesus kruisig nie, en in wanhoop het hy homself gaan ophang. KE 740.2

Later daardie selfde dag, op weg van Pilatus se geregsaal na Golgota, is die geskreeu en gespot van die bose menigte wat Jesus na die plek van kruisiging gelei het, onderbreek. Langs die weg, aan die voet van 'n droë boom, het hulle die liggaam van Judas gesien. Dit was 'n weersinwekkende gesig. Sy gewig het die tou gebreek waarmee hy homself opgehang het. Die val het sy liggaam laat bars, en honde was nou besig om daaraan te vreet. Sy oorskot is dadelik verwyder en begrawe en nou het die spottery van die skare bedaar, en menige bleek gelaat het die gedagtes verraai wat in sy binneste omgegaan het. Dit het geskyn of vergeldig alreeds diegene getref het wat skuldig was aan die bloed van Jesus. KE 740.3