Die Koning Van Die Eeue

73/88

“Tot My Gedagtenis”

DAT die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot My gedagtenis. Net so ook die beker na die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in My bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot My gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” 1 Kor. 11: 23-26. KE 670.1

Christus het gestaan by die oorgangspunt van twee bedelings en hulle twee groot feesdae. Hy, die vlekkelose Lam van God, sou Homself oorgee as die sondoffer, en so sou Hy die stelsel van tipes en seremonies wat vir vierduisend jaar vooruitgewys het na Sy dood, tot 'n einde bring. Terwyl Hy die Pasga saam met Sy dissipels geëet het, het Hy in die plek daarvan die diens ingestel wat die gedenkteken sou wees van Sy groot offer. Die nasionale fees van die Jode sou vir ewig verbygaan. Die diens wat Christus ingestel het, moes deur Sy navolgers gehou word in alle lande en in alle eeue. Die Paasfees is ingestel as gedenkfees van die verlossing van Israel uit die Egiptiese slawerny. God het verorden dat hulle jaar na jaar, wanneer die kinders die betekenis vra van die instelling, die geskiedenis aan hulle moes verfel. So sou die wonderbare verlossing deur almal in gedagtenis gehou word. Die instelling van die Avondmaal is gegee ter gedagtenis aan die groot verlossing wat bewerk is deur die dood van Christus. Totdat Hy vir die tweede maal kom in krag en heerlikheid moet hierdie instelling gehou word. Dit is die middel waardeur Sy groot werk vir ons gedurig in gedagte gehou moet word. KE 670.2

Tydens hulle verlossing uit Egipte het die kinders van Israel die Pasga staande geëet, met hulle lende omgord, staf in die hand, gereed vir die uittog. Die manier waarop hulle die fees gevier het, was in ooreenstemming met hulle toestand; want hulle sou uit die land van Egipte gewerp word, en 'n moeilike reis deur die woestyn moes afle. Maar toestande was anders in Christus se tyd. Hulle sou nie nou uit 'n vreemde land uitgedryf word nie; hulle het in hulle eie land gewoon. In ooreenstemming met die rus wat aan hulle gegee is, het hulle die Pasga leunende geëet. Rusbanke is om die tafel geplaas waarop die gaste op hulle linker hand geleun en met die regter hand geëet het. In so 'n posisie kon 'n gas sy hoof op die bors lê van die een wat bokant hom gesit het. En die voete wat van die rusbank afgehang het, kon gewas word deur iemand wat aan die buitekant van die kring gestaan het. KE 671.1

Christus was nog by die tafel waarop die Pasga bedien is. Die on- gesuurde koeke wat by die Pasga gebruik is, het voor Hom gelê. Die Pasga-wyn, wat ongegis was, was ook op die tafel. Christus het hierdie simbole gebruik om Sy eie vlekkelose offer voor te stel. Niks wat deur gisting bederf is — die simbool van die sonde en die dood — kon die “Lam sonder gebrek en vlekkeloos” 1 Pet. 1: 19 voorstel nie. KE 671.2

“En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is My liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is My bloed, die bloed van die nuwe testament wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.” KE 671.3

Judas, die verraaier, was teenwoordig by die bediening van hierdie Sakrament. Hy het van Jesus die simbole geneem van Sy gebroke liggaam en vergote bloed. Hy het die woorde gehoor, “Doen dit . . . tot My gedagtenis.” Waar hy daar gesit het in die teenwoordigheid van die Lam van God, was die verraaier besig met sy eie bose planne, en met sy wraaklustige gedagtes. KE 672.1

By die wassing van die voete het Christus oortuigende bewys gegee dat Hy die karakter van Judas verstaan het. “Julie is nie almal rein nie” Joh. 13: 11, het Hy gesê. Hierdie woorde het die valse dissipel oortuig dat Christus die geheime van sy hart gelees het. Nou het Christus dit baie duideliker gestel. Terwyl hulle aan tafel gesit het, het Hy, kykende na die dissipels, gesê, “Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif kan vervul word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.” KE 672.2

Selfs nou nog het die dissipels nie vir Judas verdink nie. Maar hulle het gesien dat Christus skynbaar baie ontstel was. Daar het n wolk oor almal gehang, 'n voorgevoel van 'n vreeslike onheil, die aard waarvan hulle nie verstaan het nie. Terwyl hulle in stilte geëet het, het Jesus gesê, “Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.” Hierdie woorde het verbasing en ontsteltenis by hulle laat ontstaan. Hulle kon nie verstaan hoedat enigeen van hulle so verraderlik teen hulle goddelike Meester kon optree nie. Om watter rede sou hulle Hom verraai? En aan wie? Wie se hart kon sulke bose planne koester? Sekerlik nie een van die begunstigde twaalf nie — hulle wat bo alle ander bevoorreg was om Sy leer te hoor, wat gedeel het in Sy wonderbare liefde, en vir wie Hy sulke groot agting getoon het deur hulle so dig aan Hom te bring! KE 672.3

Namate hulle die betekenis van Sy woorde begryp, en hulle onthou het hoe waar Sy woorde altyd was, het vrees en wantroue hulle oorweldig. Hulle het hulle eie harte begin ondersoek om te sien of selfs een gedagte teen hulle Meester miskien daar geskuil het. Met pynlike aandoening het die een na die ander gevra, “Is dit miskien ek, Here?” Maar Judas was stil. Baie ontstel het Johannes eindelik reguit gevra, “Here, wie is dit?” En Jesus het geantwoord, “Hy wat saam met My sy hand in die skottel steek, hy sal My verraai. Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.” Die dissipels het mekaar se aangesigte goed dopgehou toe hulle gevra het, “Is dit ek, Here?” En nou het die stilswye van Judas almal se oë op hom gevestig. In die verwarring van die baie vrae en die uitroepe van verbasing, het Judas nie Jesus se woorde gehoor in antwoord op die vraag van Johannes nie. En nou, om die blik van die dissipels te ontwyk, het hy ook gevra soos hulle, “Is dit ek, Here?” Plegtig het Jesus geantwoord, “Jy het dit gesê.” KE 672.4

In die verrassing en verwarring toe sy planne aan die kaak gestel is, het Judas vinnig opgestaan om die kamer te verlaat. “En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.”. . . Toe hy dan die stukkie geneem het, gaan hy dadelik uit. En dit was nag. Dit was nag vir die verraaier toe hy sy rug op Christus gekeer en in die buitenste duisternis uitgegaan het. KE 674.1

Voordat hy hierdie stap gedoen het, was dit nog moontlik vir Judas om hom te bekeer. Maar toe hy die teenwoordigheid van sy Here en van sy mede-dissipels verlaat het, het hy die finale stap gedoen. Hy was oor die grens. KE 674.2

Die lankmoedigheid van Jesus teenoor hierdie versoekte siel was wonderbaarlik. Niks wat gedoen kon word om Judas te red, is nagelaat nie. Nadat hy tweemaal onderneem het om sy Here te verraai, het Jesus hom nog kans gegee om hom te bekeer. Deur die geheime van die verraaier se hart te lees, het Christus aan Judas die finale, oortuigende bewys gegee van Sy Godheid. Vir die vals dissipel was dit die laaste oproep tot bekering. Geen oproep wat daardie god-menslike hart van Christus kon maak, is agterweë gehou nie. Die golwe van genade, teruggeslinger deur hardnekkige hoogmoed, het teruggekom in 'n sterker vloedgolf van versagtende liefde. Maar 1 alhoewel Judas verras en ontstel was oor die ontdekking van sy planne, het dit hom net meer vasberade gemaak. Van die Avondmaalstafel het hy opgestaan om sy werk van verraad te beklink. KE 674.3

Toe Christus die wee oor Judas uitgespreek het, het Hy dit gedoen ook in genade teenoor Sy dissipels. Daardeur het Hy hulle die kronende bewys gegee van Sy Messiasskap. Ek sê dit vir julle “voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit EK IS.” As Jesus stilgebly het, in skynbare onkunde van wat met Hom sou gebeur, kon die dissipels moontlik gedink het dat hulle Meester geen goddelike voorkennis gehad het nie, en dat Hy verras en verraai is in die hande van die moorddadige gepeupel. 'n Jaar tevore het Jesus aan Sy dissipels gesê dat Hy twaalf gekies het en dat een van hulle 'n duiwel is. Nou sou Sy woorde aan Judas, wat geopenbaar het dat sy verraad volkome bekend was aan sy Meester, die geloof van Christus se ware volgelinge tydens Sy vernedering versterk. En wanneer hy aan sy treurige einde kom, sou hulle dink aan die wee wat Jesus oor die verraaier uitgespreek het. KE 674.4

En die Heiland het nog 'n doel gehad. Hy het nie geweier om die een te bedien wat Hy geweet het wat Hom sou verraai nie. Die dissipels het nie Sy woorde verstaan toe Hy tydens die voetewassing gesê het, “Julie is nie almal rein nie,” en ook nie toe Hy aan tafel gesê het, “Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.” Joh. 13: 11, 18. Maar later, toe Sy bedoeling duidelik geword het, het hulle iets gehad om oor te peins aangaande die lankmoedigheid van God teenoor snode sondaars. KE 675.1

Hoewel Jesus Judas van die begin af geken het, het Hy nogtans sy voete gewas. En die verraaier is toegelaat om saam met Christus deel te neem aan die Sakrament. 'n Lankmoedige Heiland het alles gedoen om die sondaar te beweeg om Hom aan te neem, hom te bekeer en gereinig te word van die besoedeling van die sonde. Daardie voorbeeld is vir ons. Wanneer ons meen dat iemand verkeerd handel en sondig, moet ons ons nie van hom afskei nie. Ons moet hom nie deur onverskillige afskeiding verlaat om 'n prooi van die versoeking te word, of hom na die gevegsterrein van die Satan dryf nie. Dit is nie Christus se metode nie. Dit was omdat die dissipels feilbaar en vol foute was dat Hy hulle voete gewas het, en almal van hulle, behalwe een, is daardeur tot bekering gebring. KE 675.2

Christus se voorbeeld belet uitsluiting by die Avondmaal. Dit is waar dat openlike sonde die skuldiges uitsluit. Dit leer die Heilige Gees duidelik. 1 Kor. 5: 11. Maar verder as dit moet niemand 'n oordeel vel nie. God het dit nie aan mense oorgelaat om te sê wie by sulke geleenthede mag aansit nie. Want wie kan die hart lees? Wie kan die onkruid van die koring onderskei ? “Die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.” Want “wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.” “Wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink n oordeel oor homself terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.” 1 Kor.11: 28, 27, 29. KE 675.3

Wanneer gelowiges bymekaarkom om die Avondmaal te vier, is daar boodskappers teenwoordig wat onsigbaar is vir menslike oë. Daar I mag 'n Judas onder die groep wees, en in daardie geval sal daar ook boodskappers van die vors van die duisternis wees, want hulle vergesel almal wat weier om beheers te word deur die Heilige Gees. Hemelse engele is ook teenwoordig. Hierdie onsigbare besoekers is I by al hierdie geleenthede teenwoordig. In die geselskap mag daar persone wees wat nie inderwaarheid dienaars is van die waarheid en heiligheid nie, maar wat graag wil deelneem aan die diens. Hulle moet nie belet word nie. Daar is getuies teenwoordig wat daar was toe Jesus die voete van die dissipels gewas het en die van Judas. Meer as menslike oë aanskou die toneel. KE 676.1

Christus is daar deur die Heilige Gees om Sy seël te druk op Sy eie instelling. Hy is daar om die hart te oortuig en te versag. Nie een blik, nie een gedagte van boetvaardigheid ontwyk Sy oog nie. Hy wag vir die boetvaardige, gebroke hart. Alle dinge is gereed vir die ontvangs van daardie siel. Hy wat die voete van Judas gewas het, verlang om elke hart te was van die vlekke van die sonde. KE 676.2

Niemand moet van die Avondmaal wegbly nie omdat daar sommige teenwoordig is wat onwaardig is nie. Van elke dissipel word verwag om in die openbaar deel te neem, en daardeur te getuig dat hy Christus aanneem as sy persoonlike Saligmaker. Dit is by hierdie, Sy eie instelling, dat Christus Sy kinders ontmoet, en hulle verkwik deur Sy teenwoordigheid. Harte en hande wat onwaardig is, mag selfs die Avondmaal bedien, maar nogtans is Christus daar om Sy kinders te dien. Almal wat kom met hulle geloof op Hom gevestig, sal ryklik geseen word. Almal wat hierdie tye van goddelike voorreg verwaarloos, sal verlies ly. Van hulle kan tereg gesê word, “Julle is nie almal rein nie.” Toe Christus die brood en die wyn saam met Sy dissipels geniet het, het Hy Homself gegee as hulle Verlosser. Hy het aan hulle die nuwe verbond gegee, waardeur almal wat Hom aanneem, kinders van God word en mede-erfgename met Christus. Deur hierdie verbond het elke seën wat die hemel kan gee in hierdie lewe en in die hiernamaals hulle s'n geword. Hierdie verbond is bekragtig deur die bloed van Christus. En die bediening van die Sakrament sou die ewige soenoffer voor die dissipels hou, gegee vir elkeen persoonlik as deel van die groot geheel van die gevalle mensdom. Die Avondmaal moet nie 'n treurdiens wees nie. Dit is nie die doel daarvan nie. Waar die Here se dissipels rondom Sy tafel vergader, moet hulle nie aan hulle tekortkomings dink en daaroor treur nie. Hulle moet nie dink aan hulle geestelike lewe van die verlede, of dit verheffend of terneerdrukkend is nie. Hulle moet nie die verskille tussen hulle en hulle broeders uitgrawe nie. Dit moet alles by die voorbereidingsdiens geskied. Die selfondersoek, die belydenis van sonde, die versoening met mekaar, dit het alles reeds geskied. Nou kom hulle om Christus te ontmoet. Hulle moenie in die skaduwee van die kruis staan nie, maar in sy reddende lig. Hulle moet die siel oop- maak vir die helder strale van die Son van Geregtigheid. Met harte gereimg deur Christus se kosbare bloed, en ten volle bewus van Sy teenwoordigheid, alhoewel onsigbaar, moet hulle Sy woorde hoor. “Vrede laat Ek julle na, My vrede gee Ek julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek vir julle nie.” Joh. 14: 27. KE 676.3

Onder die oortuiging van sonde sê onse Here aan ons, Onthou Ek het vir julle gesterf. Wanneer julle verdruk en vervolg en beproef word om My ontwil en die van die evangelie, onthou My liefde vir julle, wat so groot was dat Ek My lewe vir julle gegee het. Wanneer julle pligte moeilik en swaar lyk, en wanneer julle laste swaar is om te dra, onthou dat Ek om julle ontwil aan die kruis gely en die skande verdra het. Wanneer julle harte terugdeins vir die swaar beproewing, onthou dat julle Verlosser leef om vir julle in te tree. KE 677.1

Die Avondmaal verwys na Christus se tweede koms. Dit was ingestel met die doel om hierdie hoop gedurig lewendig te hou in die harte van die dissipels. Waar hulle bymekaargekom het om Sy dood te gedenk, het hulle die woorde herhaal, “Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is My bloed, die bloed van die nuwe testament wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader. In hulle verdrukking het hulle troos gevind in die hoop van hulle Here se wederkoms. Onuitspreeklik kosbaar was die gedagte vir hulle, “So dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” 1 Kor. 11: 26. KE 677.2

Dit is die dinge wat ons nooit moet vergeet nie. Die liefde van Jesus, en die drang daarvan, moet ons gedurig in gedagte hou. Christus het hierdie diens ingestel sodat dit tot ons sinne kan spreek van die liefde van God vir ons. Daar kan sonder Christus geen verbintenis van ons siele met God wees nie. Die band van liefde tussen broeder en broeder moet bestendig en verewig word deur die liefde van Jesus. En niks minder as die dood van Christus kon Sy liefde vir ons doeltreffend maak nie. Dit is alleen omdat Hy gesterf het dat ons met vreugde kan uitsien na Sy wederkoms. Sy soendood is die middelpunt van ons hoop. Daarop moet ons ons geloof vestig. KE 678.1

Die instellings wat verwys na onse Here se vernedering en dood word te dikwels as 'n vorm beskou. Hulle is met 'n doel ingestel. Ons sinne moet verkwik word om die verborgenheid van die godsaligheid te verstaan. Dit is die voorreg van almal om baie beter as wat hulle wel doen, die soendood van Christus te verstaan. “Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3: 14, 15. Ons moet kyk na die kruis van Golgota met die sterwende Heiland daaraan. Dit is in ons ewige belang dat ons geloof in Christus moet openbaar. KE 678.2

Onse Here het gesê, “As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. KE 678.3

. . . Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik drank.” Joh. 6: 53-55. Dit is waar van ons fïsiese natuur. Selfs ons aardse lewe is ons aan die dood van Christus verskuldig. Die brood wat ons eet, is deur Sy gebroke liggaam gekoop. Die water wat ons drink, is deur Sy vergote bloed gekoop. Niemand nie, of hy 'n heilige of sondaar is, eet sy daelikse voedsel of hy word gevoed deur die liggaam en bloed van Christus. Elke brood dra die stempel van die kruis van Golgota. In elke fontein word dit weerkaats. Dit alles het Christus geleer met die instelling van die simbole van Sy groot offerande. Die lig wat skyn van daardie Avondmaal in die bovertrek, heilig die voedsel van ons daelikse lewe. Die familietafel word soos die tafel van die Here, en elke maaltyd word 'n sakrament. KE 678.4

En hoeveel te meer geld Christus se woorde vir ons geestelike natuur. Hy het gesê, “Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe.” Dit is deur die lewe aan te neem wat vir ons uitgegiet is aan die kruis van Golgota, dat ons 'n heilige lewe kan lei. Hierdie lewe ontvang ons deur Sy Woord aan te neem, en die dinge te doen wat Hy beveel het. Op hierdie wyse word ons een met Hom. “Wie My vlees eet en My bloed drink,” het Hy gesê, “bly in My, en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.” Joh. 6: 54, 56, 57. Hierdie skriftuur is in 'n spesiale sin van toepassing op die heilige Avondmaal. Namate geloof die groot offerande van die Here oorpeins, assimileer die siel die geestelike lewe van Christus. Daardie siel sal geestelike krag ontvang by elke Avondmaal. Dit is 'n lewende skakel wat die gelowige verbind met Christus en dus ook met die Vader. In 'n spesiale sin is dit die band tussen afhanklike menslike wesens en God. KE 679.1

Waar ons die brood en wyn, die simbole van Christus se gebroke liggaam en vergote bloed, aanneem, neem ons in die verbeelding deel aan daardie Avondmaal in die bovertrek. Dit skyn asof ons gaan deur die tuin wat geheilig is deur die lyde van Hom wat die sondes van die wêreld gedra het. Ons sien die stryd waardeur ons versoening met God verkry is. Christus word geskilder as onder ons gekruisig. KE 679.2

Sienende op die gekruisigde Verlosser, kry ons 'n vollediger begrip van die grootheid en betekenis van die soenoffer vir ons gegee deur die Majesteit van die hemel. Die verlossingsplan word vir ons verheerlik, en die gedagte aan Golgota maak lewende en heilige emosies wakker in ons harte. In ons harte en op ons lippe sal daar lof aan God en die Lam wees; want hoogmoed en selfaanbidding kan nie bestaan in die siel wat die tonele van Golgota vars in die geheue het nie. KE 679.3

Hy wat die Heiland se weergalose liefde sien, se gedagtes sal verhewe, sy hart gereinig, en sy karakter verander word. Hy sal uit- gaan om n lig vir die wêreld te wees, en om in 'n mate daardie misterieuse liefde te weerkaats. Hoe meer ons peins oor die kruis van Christus, hoe meer sal ons praat soos die apostel toe hy gesê het, “Mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.” Gal.6: 14. KE 679.4