Die Koning Van Die Eeue
'n Kneg van Knegte
IN die bovertrek van n huis in Jerusalem, het Christus aan tafel gesit met Sy dissipels. Hulle het saamgekom om die pasga te vier. Die Heiland wou graag hierdie fees alleen vier met die twaalf. Hy het geweet dat Sy uur gekom het; Hy slef was die ware paaslam, en op die dag wanneer die Pasga geeet word, sou Hy geoffer word. Hy het op die punt gestaan. Maar daar was nog n paar stille ure oor vir Hom, en Hy sou hulle deurbring vir die voordeel van Sy geliefe dissipels. KE 660.1
Christus se hele lewe was n lewe van onselfsugtige diens. In elkeen van Sy dade was die les, nie “om gedien te word nie, maar om te dien.” Maar die dissipels het nog nie daardie les geleer nie. Op hierdie laaste Pasga het Jesus Sy lering herhaal deur n illustrasie wat dit vir ewig op hulle harte ingebrand het. KE 660.2
Die gesprekke tussen Jesus en Sy sissipels was gewoonlik tye van kalme vreugde, hoog op prys gestel deur hulle almal. Die paasfeeste was tye van spesiale belang; maar by hierdie een was Jesus ontstel. Daar het n las op Sy hart gedruk, en Sy gelaat was droewig. Toe Hy Sy dissipels daar in die boyertrek ontmoet het, het hulle gemerk dat Hy 'n gewigtige saak op die hart gehad het, en alhoewel hulle nie geweet het wat die oorsaak daarvan was nie, het hulle met Hom gesim- patiseer in Sy droefheid. KE 660.3
Terwyl hulle daar om die tafel gesit het, het Hy in groot droefheid gesê, “Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pasga met julle te eet voordat Ek ly. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet totdat dit in die koninkryk van God vervul is nie. En toe Hy 'n beker aangeneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok totdat die koninkryk van God gekom het nie.” KE 661.1
Christus het geweet dat die tyd vir Hom gekom het om die wêreld te verlaat en na Sy Vader te gaan. “Omdat Hy Sy eie mense in die wêreld liefgehad het, [het Hy] hulle liefgehad tot die einde toe.” Hy het nou in die skaduwee van die kruis gestaan, en angs het Sy hart deurboor. Hy het geweet dat Hy verlaat sou word in die uur van Sy verraaiing. Hy het geweet dat Hy deur die mees vernederende proses waaraan misdadigers onderworpe kan word, om die lewe gebring sou word. Hy was bewus van die ondankbaarheid en wreedheid van diegene vir wie se verlossing Hy gekom het. Hy het geweet watter groot offer Hy moes gee, en vir hoeveel dit vergeefs sou wees. Omdat Hy van alles geweet wat Hom gewag het, sou dit heeltemal natuurlik vir Hom gewees het as die gedagte aan Sy vernedering en lyde Hom oorweldig het. Maar Hy het gedink aan die twaalf wat by Hom was as Sy eie, en dat hulle, ná Sy vernedering en foltering, alleen in die wêreld sou moes worstel. Die gedagte aan wat Hy self sou ly, was altyd in verband met Sy dissipels. Hy het nie aan Homself gedink nie. Besorgdheid oor hulle was maar altyd in Sy gedagte. KE 661.2
Op hierdie laaste aand saam met Sy dissipels, het Jesus veel gehad om aan hulle mee te deel. As hulle maar in staat was om te ontvang wat Hy so graag wou meedeel, sou hulle gered gewees het van daardie hartverskeurende angs, en van die teleurstelling en ongeloof. Maar Jesus het gesien dat hulle nie sou kon verdra wat Hy aan hulle wou sê nie. Toe Hy so in hulle gesigte kyk, het Hy die woorde van waarskuwing en vertroosting nie geuiter nie. Die oomblikke het in KE 661.3
Daar het “twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.” Hierdie stryd, in die teenwoordigheid van Christus, het Hom gegrief en seergemaak. Die dissipels het vasgehou aan hulle geliefkoosde idee dat Christus Sy mag sou openbaar en die troon van Dawid sou bestyg. En in hulle harte het elkeen die hoogste plek begeer in die koninkryk. Elkeen het sy eie waarde, en die van die ander, bereken; en pleks dat hulle hulle broeders van meer waarde geag het, het elkeen homself eerste geplaas. Die versoek van Jakobus en Johannes om aan die regter- en linkerhand van Christus se troon te sit, het verontwaardiging by die ander laat ontstaan. Dat hierdie twee broers die vermetelheid gehad het om die hoogste plekke te vra, het die ander tien so verontwaardig dat vervreemding tussen hulle gedreig het. Hulle het gevoel dat hulle verontreg is, en dat hulle getrouheid en talente nie gewaardeer is nie. Judas het Jakobus en Johannes die hardste aangespreek. KE 662.1
Toe die dissipels die eetvertrek binnekom, was hulle harte vo onvriendelike gevoelens. Judas het dig teen Christus aan Sy linkerhand gaan sit; Johannes het aan Sy regterhand plaasgeneem. As daar 'n hoogste plek was, dan sou Judas sorg dat hy dit kry, en daardie plek was langs Christus. En Judas was n verraaier. KE 662.2
Daar was nog 'n ander oorsaak vir tweedrag. By 'n feesmaal was dit gebruiklik dat 'n slaaf die voete van die gaste was, en by hierdie geleentheid is daar ook voorsiening gemaak vir die diens. Die waterkruik, die skottel, en die handdoek was daar, in gereedheid vir die voetewas; maar daar was geen slaaf nie, en een van die dissipels sou hierdie werk moes doen. Maar elkeen van hulle, het uit hoogmoed, besluit dat hy nie die rol van 'n slaaf sou speel nie. Almal van hulle het daar ewe sedig blysit, asof hulle heeltemal onbewus was dat daar iets was vir hulle om te doen. Deur hulle stilswye het hulle geweier om hulle te verneder. KE 662.3
Wat sou Christus doen om hierdie arme siele te bring tot die plek waar die Satan nie 'n besliste oorwinning oor hulle kon behaal nie? Hoe sou Hy hulle wys dat 'n blote belydenis van dissipelskap hulle nie werklik dissipels gemaak, of 'n plek in Sy koninkryk vir hulle verseker het nie? Hoe sou Hy hulle wys dat dit liefdesdiens is, ware nederigheid, wat werklike grootheid uitmaak? Hoe sou Hy liefde in hulle harte kan aansteek, en hulle help om te verstaan wat Hy so graag aan hulle wou sê? KE 663.1
Die dissipels het geen beweging gemaak om mekaar te dien nie. Jesus het vir n ruk gewag om te sien wat hulle sou doen. Toe het Hy, die goddelike Leraar, van die tafel af opgestaan. Hy het Sy boklere uitgetrek sodat dit Hom nie kon hinder nie, en toe het Hy 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Met verbaasde belangstelling het die dissipels gesit en toekyk, en in stilte gewag om te sien wat sou volg. “Daarna het Hy water in n bak gegooi en het begin om die voete van die dissipels te was en af te droog met die doek wat Hy om gehad het.” Hierdie optrede het die oë van die dissipels oopgemaak. Bittere skaamte en vernedering het hulle harte gevul. Hulle het die onuitgesproke bestraffing verstaan, en hulle het hulleself in 'n heeltemal nuwe lig gesien. KE 663.2
So het Christus uiting gegee aan Sy liefde vir Sy dissipels. Hulle selfsugtige gees het Hom met droefheid vervul, maar Hy het hulle nie hard aangespreek oor hulle moeilikheid nie. In stede daarvan het Hy hulle n voorbeeld gestel wat hulle nooit sou vergeet nie. Sy liefde vir hulle kon nie maklik verflou of uitgeblus word nie. Hy het geweet dat die Vader alle dinge in Sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en tot God sou teruggaan. Hy was ten volle bewus van Sy Godheid; maar Hy het Sy koninklike kroon en kleed afgelê, en die gestalte van n dienskneg aangeneem. Een van die laaste handelinge van Sy lewe op aarde was om Hom soos 'n dienskneg te omgord en die werk van 'n slaaf te doen. KE 663.3
Voor die Pasga het Judas vir n tweede keer die priesters en skrifgeleerdes ontmoet en die plan met hulle beklink om Jesus in hulle hande oor te lewer. Maar nogtans het hy daarna dood onskuldig onder die dissipels beweeg, en gehelp met die voorbereidings vir die fees. Die dissipels het niks geweet van Judas se planne nie. Alleen Jesus kon die geheim van sy hart lees. Maar Hy het hom nie aan die kaak gestel nie. Jesus het verlang om sy siel te red. Ten behoewe van Judas het daar net so 'n swaar las op Sy hart gedruk as toe Hy oor die gedoemde stad geween het. Sy hart het uitgeroep, Hoe kan ek jou opgee? Judas het die drang van daardie liefde gevoel. Toe die Heiland se hande daardie besoedelde voete gewas en hulle met die doek afgedroog het, is die hart van Judas so aangeraak dat Hy 'n sterk drang gevoel het om sy sonde te bely. Maar hy wou homself nie verneder nie. Hy het sy hart teen bekering verhard, en die ou gevoelens wat hy vir 'n oomblik onderdruk het, het weer die oorhand gekry. Judas het hom nou vererg dat Christus die voete van die dissipels gewas het. As Jesus Homself so kon verneder, het hy gedink, dan was Hy seker nie Israel se koning nie. Alle hoop op wêreldse eer in 'n aardse koninkryk was nou vernietig. Judas was nou oortuig dat daar niks te win was deur Christus te volg nie. Nadat hy gesien het hoe Christus Homself verneder, soos hy gedink het, was hy vasbeslote om Hom nie meer te ken nie, en om te erken dat hy bedrieg was. n Duiwel het van hom besit geneem, en hy het besluit om die werk wat hy onderneem het, af te handel, naamlik die verraaiing van sy Here. KE 663.4
In die keuse van sy plek aan tafel het Judas probeer om homself eerste te plaas, en Christus, as kneg, het hom eerste bedien. Johannes, teen wie Judas so bitter gevoel het, is laaste bedien. Maar Johannes het dit nie as 'n bestraffing of affront beskou nie. Terwyl die dissipels Christus gadegeslaan het, is hulle diep ontroer. Toe Petrus aan die beurt kom, het hy in verbasing gevra, “Here gaan U my voete was?” Christus se neerbuigende liefde het sy hart gebreek. Hy is met skaamte vervul om te dink dat een van die dissipels nie hierdie werk onderneem het nie. “Wat Ek doen,” het Christus gesê, “begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.” Petrus kon dit nie oor sy hart kry om sy Here, wie hy aangeneem het as die Seun van God, in die rol van 'n kneg te sien nie.' Sy hele siel het in opstand gekom teen hierdie vernedering. Hy het nie besef dat Christus vir hierdie doel in die wêreld gekom het nie. Beslis het hy uitgeroep, “U sal my voete in der ewigheid nie was nie.” KE 664.1
Plegtig het Christus aan Petrus gesê, “As Ek jou nie was nie, het jy geen deel met My nie.” Die diens wat Petrus geweier het, was 'n beeld van 'n dieper reiniging. Christus het gekom om die hart rein te was van die besoedeling van die sonde. Deur te weier om Christus sy voete te laat was, het Petrus daardie dieper reiniging geweier. In werklikheid het hy sy Here verwerp. Dit is nie vernederend vir die Meester wanneer ons Hom toelaat om ons te reinig nie. Ware nederigheid is die aanname met 'n dankbare hart van enige voorsiening wat vir ons gemaak is, en om in erns vir Christus te werk. KE 664.2
Op die woorde, “As Ek jou nie was nie, het jy geen deel met My nie,” het Petrus sy hoogmoed en eiesinnigheid opgegee. Hy kon nie dink om van Christus geskei te wees nie; dit sou vir hom die dood beteken het. Toe het hy gesê, “Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof. Jesus sê vir hom: Hy wat klaar gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein.” KE 665.1
Hierdie woorde het gedoel op meer as liggaamlike reinheid. Christus het nog gespreek van daardie dieper reiniging, gesimboliseer deur die wassing van die voete. Die een wat uit die bad kom, is rein, maar die voete met sandale aan, word gou weer met stof bedek, en het nodig om gewas te word. So is Petrus en sy broeders gewas in die Groot Fontein wat vir die sonde en onreinheid geopen is. Christus het hulle as syne erken. Maar versoeking het hulle tot die sonde verlei, en hulle het nog Sy reinigende genade nodig gehad. Toe Jesus Hom met die doek omgord het om die stof van hulle voete af te was, wou Hy deur daardie daad die vervreemding, jaloesie en hoogmoed van hulle harte afwas. Dit was van groter waarde as afwassing van die stof aan hulle voete. Met die gees wat hulle toe gehad het, was nie een van hulle in 'n toestand vir gemeenskap met Christus nie. Voordat hulle nie in 'n toestand van nederigheid en liefde gebring is nie, was nie een van hulle gereed vir deelname aan die Pasga, en kon hulle nie deelneem aan die gedenkdiens wat Christus wou instel nie. Hulle harte moet gereinig word. Hoogmoed en selfsug veroorsaak tweedrag en haat, maar dit alles het Jesus afgewas toe Hy hulle voete gewas het. 'n Verandering van gevoelens is teweeggebring. Toe Jesus na hulle kyk, kon Hy sê, “Julie is rein.” Nou was daar eensgesindheid en liefde vir mekaar. Nou was hulle nederig en geseglik. Elkeen, behalwe Judas, was nou gereed om aan die ander die hoogste plek te gee. Met stil en dankbare harte kon hulle nou Christus se woorde aanneem. KE 665.2
Net soos Petrus en sy broeders, is ons ook gewas in die bloed van Christus, maar dikwels word ons harte deur aanraking met die sonde besoedel. Ons moet na Christus kom vir Sy reinigende genade, Petrus het daarvoor teruggedeins om sy besoedelde voete in aanraking te bring met die hande van sy Here en Meester; maar hoe dikwels bring ons ons sondige besoedelde harte in kontak met die hart van Christus! Hoe grief ons opvlieëndheid, ons ydelheid, en ons hoogmoed Hom! Maar nogtans moet ons al ons krankhede en besoedeling na Hom toe bring. Hy alleen kan ons rein was. Ons is nie gereed vir gemeenskap met Hom tensy ons deur Hom gereinig is nie. KE 665.3
Jesus het aan Sy dissipels gesê, “Julle is rein, maar nie almal nie.” Hy het Judas se voete gewas, maar sy hart was nie oorgegee aan Hom nie. Dit was nie gereinig nie. Judas het hom nie aan Christus oorgegee nie. KE 666.1
Nadat Christus die dissipels se voete gewas het, en weer Sy klere aangetrek en gaan sit het, het Hy aan hulle gevra, “Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Julle noem My Meester en Here, en julle is reg; want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n slaaf is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.” KE 666.2
Christus wou Sy dissipels laat verstaan dat hoewel Hy hulle voete gewas het, dit niks van Sy waardigheid afgeneem het nie. “Julle noem My Meester en Here, en julle is reg; want Ek is dit.” En omdat Hy so oneindig hoër as hulle was, kon Hy waardigheid en betekenis aan daardie diens gee. Niemand is so verhewe as Christus nie, en nogtans het Hy Hom neergebuig tot die nederigste diens. Sodat Sy kinders nie verlei kon word deur die hoogmoed van die natuurlike hart wat selfsug in die hand werk nie, het Christus self aan hulle die voorbeeld van nederigheid gestel. Hy sou nie hierdie groot onderwerp in mense- hande laat nie. Hy het dit van soveel betekenis geag, dat Hy self, die Een wat aan God gelyk is, as slaaf opgetree het vir Sy dissipels. Terwyl hulle gestry het oor die hoogste plek, het Hy, voor wie alle knieë sal buig, en wie die engele dit as 'n eer beskou om te dien, neergebuig om die voete te was van diegene wat Hom Here genoem het. Hy het die voete van Sy verraaier gewas. KE 666.3
In Sy lewe en lesse het Christus die volmaakte voorbeeld gestel van daardie onselfsugtige diens wat sy oorsprong in God het. God lewe nie vir Homself nie. Deur die skepping van die wêreld, en deur die instandhouding van alle dinge, werk Hy gedurig vir ander. “Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.” Matt. 5: 45. Hierdie ideaal van diens het God aan Sy Seun toevertrou. Jesus sou staan aan die hoof van die mensdom sodat Hy deur Sy voorbeeld hulle kon leer wat diens beteken. Sy hele lewe was onder 'n wet van diens. Hy het almal bedien en gedien. So het Hy die wet van God uitgelewe en deur Sy voorbeeld gewys hoe ons dit moet gehoorsaam. KE 666.4
Keer op keer het Jesus probeer om hierdie beginsel onder Sy dissipels te bevestig. Toe Jakobus en Johannes met hulle versoek om die hoogste plek gekom het, het Hy gesê, “Elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” Matt. 20: 26. In My koninkryk het die begeerte om voorgetrek te word en die grootste te wees geen plek nie. Die enigste grootheid is die grootheid van nederigheid. Die enigste onderskeiding sal gevind word in diens vir ander. KE 667.1
Nadat Hy die dissipels se voete gewas het, het Hy gesê, “Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” In hierdie woorde het Christus nie net die gewoonte van gasvryheid beveel nie. Daar is meer bedoel as slegs die afwassing van die stof van die voete van gaste na 'n reis. Christus het hier 'n godsdienstige instelling bevestig. Deur die handeling van die Here is hierdie vernederende seremonie 'n heilige verordening gemaak. Die dissipels moes dit nakom om altyd te dink aan Sy lesse van nederigheid en diens. KE 667.2
Hierdie verordening is Christus se instelling as voorbereiding vir die heilige Sakrament van die Avondmaal. Terwyl hoogmoed, tweedrag en stryd om die hoogste plek gekoester word, kan die hart nie in gemeenskap met Christus kom nie. Ons is nie gereed om gemeenskap aan Sy liggaam en Sy bloed te hê nie. Dit is daarom dat Jesus die verordening van Sy vernedering ingestel het om eers gehou te word. KE 667.3
Waar hulle hierdie instelling hou, moet die kinders van God dink aan die woorde van die Here van lewe en heerlikheid: “Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Julie noem My Meester en Here, en julle is reg; want Ek is dit. As Ek dan, die Here en Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, n slaaf is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.” Daar is in die mens 'n neiging om te dink dat hy hoër is as sy medemens, om vir homself te werk, en om na die hoogste plek te streef; dikwels laat dit bose bedenkinge en bitterheid van gees ontstaan. Die seremonie wat die Avondmaal voorafgaan, moet al hierdie misverstande uit die weg ruim, die mens van selfsug bevry, hom terug bring uit die hoogtes van selfverheffing na die nederigheid van hart wat hom sal lei om sy broeder te dien. KE 667.4
Die heilige Waarnemer uit die hemel is teenwoordig by die viering van hierdie instelling om dit 'n tyd van selfondersoek en oortuiging van sonde te maak, en die salige versekering van die vergifnis van die sonde te gee. Christus is daar in die volheid van Sy genade om die gedagtes wat in selfsugtige kanale geloop het, te verander. Die Heilige Gees verkwik die sinne van diegene wat die voorbeeld van hulle Here volg. Waar die Heiland se vernedering deur ons gedenk word, word gedagte met gedagte verbind; 'n ketting van herinneringe word gesmee — herinneringe aan Gods groot goedheid, en die gunste en tederheid van aardse vriende. Seëninge wat vergeet is, genade wat misbruik is, en vriendelikhede wat versmaai is, kom in herinnering. Wortels van bitterheid wat die kosbare plante van liefde verdruk het, word geopenbaar. Karaktergebreke, verwaarlosing van pligte, ondankbaarheid aan God en kilheid teenoor broeders word in herinnering gebring. Die sonde word gesien in die lig waarin God dit sien. Ons gedagtes is nie gedagtes van selftevredenheid nie, maar van harde self- bestraffing, en van vernedering. Die gemoed word verkwik om alle versperrings wat verwydering veroorsaak, af te breek. Bose gedagtes en kwaadsprekery word gestaak. Sondes word bely en vergewe. Die vrede van Christus se genade kom in die siel, en die liefde van Christus verbind harte in salige eenheid. KE 668.1
Waar die les van hierdie voorbereidingsdiens so geleer word, ont-staan daar 'n begeerte vir 'n hoër geestelike lewe. Die goddelike Getuie sal gehoor gee aan hierdie begeerte. Die siel sal verhef word. Ons neem deel aan die Avondmaal met die versekering dat ons sondes vergewe is. Die sonskyn van Christus se geregtigheid sal die kamers van die tempel van die siel vervul. Ons sien die “Lam van God wat die sonde van die wéreld wegneem.” Joh. 1: 29. Vir diegene wat die gees van hierdie diens ontvang, sal dit nooit n blote seremonie wees nie. Die gedurige les sal wees, “Dien mekaar deur die liefde.” Gal. 5: 13. Deur die voete van die dissipels te was, het Christus die bewys gegee dat Hy enige diens sal doen, hoe nederig ook, wat hulle erfgename sal maak saam met Hom van die ewige ryk- dom van die hemelse skatte. Waar Sy dissipels dieselfde seremonie nakom, beloof hulle om hulle broeders op dieselfde wyse te dien. Waar hierdie instelling reg gevier word, word die kinders van God in 'n heilige verwantskap gebring om mekaar te help en te seën. Hulle belowe dat hulle hulle lewens sal gee in onselfsugtige diens. En dit nie net vir mekaar nie. Hulle arbeidsveld is net so wyd as die van die Meester. Die wêreld is vol van diegene wat ons diens nodig het. Die armes, hulpbehoewendes en die onkundiges is orals. Diegene wat in die bovertrek met Christus gemeenskap gehad het, sal uitgaan om te dien soos Hy gedien het. KE 668.2
Jesus, wat deur almal gedien word, het gekom om die dienskneg van almal te wees. En omdat Hy almal gedien het, sal Hy weer deur almal gedien en geëer word. En diegene wat deelgenote wil word van Sy goddelike eienskappe, en wil deel in Sy vreugde oor verloste siele, moet Sy voorbeeld van onselfsugtige diens volg. KE 669.1
Dit alles was inbegrepe in die woorde van Jesus, “Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” Dit was die doel van die diens wat Hy ingestel het. “As julle hierdie dinge weet,” as julle die doel van Sy lesse weet, “salig is julle as julle dit doen.” KE 669.2