Die Koning Van Die Eeue
Tweede Reiniging van die Tempel
A AN die begin van Sy bediening het Christus diegene uit die tempel verjaag wat dit verontheilig het deur hulle onheilige handel; en Sy strenge en goddelike houding het die sluwe handelaars die skrik op die lyf gejaag. Aan die einde van Sy bediening het Hy weer na die tempel gekom, en gevind dat hulle dit nog verontheilig het soos voorheen. Die toestand van sake was selfs erger as voorheen. Die buitenste voorhof van die tempel was soos 'n groot beeskraal. Die gebulk van die beeste en die geklink van munt was vermeng met die bitsige gestry van die verkopers, en daarby is die stemme gehoor van manne in die heilige bediening. Die waardigheidsbekleërs van die tempel was self besig met koop en verkoop en die uitwisseling van geld. So volkome was hulle beheers deur hebsug dat hulle in die oë van God niks beter was as diewe nie. KE 598.1
Die priesters en owerstes het maar min besef gehad van die heiligheid van die werk wat hulle moes doen. Tydens elke Paasfees en Huttefees, is daar duisende diere geslag, en hulle bloed is deur die priesters opgevang en op die altaar uitgegooi. Vir die Jode het die offer van bloed 'n doodgewone handeling geword, en hulle het die feit byna uit die oog verloor dat dit die sonde was wat al die vergieting van die bloed van diere nodig gemaak het. Hulle het nie besef dat dit 'n sinnebeeld van die bloed van Gods geliefde Seun was, wat gestort sou word vir die lewe van die wêreld, en dat die aandag van die mense, deur die offerandes, gevestig moes word op die gekruisigde Verlosser nie. KE 598.2
Jesus het die onskuldige slagoffers aanskou, en gesien hoe die Jode hierdie groot byeenkomste die tonele van bloedvergieting en wreedheid gemaak het. In die plek van ootmoedige berou oor die sonde, het hulle die offers van diere vermenigvuldig, asof God geëer kon word deur daardie gevoellose diens. Die priesters en owerstes het hulle harte verhard deur selfsug en gierigheid. Selfs daardie simbole wat gewys het op die Lam van God, het hulle die middels tot wins gemaak. So is die heiligheid van die offrstelsel in die oë van die volk in 'n groot mate vernietig. Jesus was baie verontwaardig; Hy het geweet dat Sy bloed wat eerlank gestort sou word vir die sondes van die wêreld, net so min deur die priesters en ouderlinge gewaardeer sou word as die bloed van die diere wat hulle gedurig laat vloei het. KE 599.1
Christus het deur die profete teen hierdie praktyk gespreek. Samuel het gevra: “Het die Here behae in brandoffers en slagofïers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.” En Jesaja, waar hy met profetiese insig die afvalligheid van die Jode gesien het, het hy hulle toegespreek as die regeerders van Sodom en Gomorra: “Hoor die woord van die Here, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! Wat het Ek aan die menigte van julle slagofïers? sê die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. As julle kom om voor My aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis om My voorhowe te vertrap?” “Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor My oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, help die verdrukte reg, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.” 1 Sam. 15: 22; Jes. 1: 10-12, 16, 17. KE 599.2
Hy wat self hierdie profesieë ingegee het, het nou vir die laaste maal die waarskuwing herhaal. In vervulling van profesie het die mense Jesus as koning van Israel uitgeroep. Hy het hulle hulde aangeneem, en die koningskap aanvaar. In daardie hoedanigheid moes Hy nou optree. Hy het geweet dat Sy pogings om 'n verdorwe pries- terskap te hervorm, tevergeefs sou wees, maar Hy moes nietemin Sy werk doen; aan 'n ongelowige volk moes die bewys van Sy goddelike sending gegee word. KE 600.1
Weer het Jesus Sy deurdringende blik gewerp oor die veronthei- ligde voorhof van die tempel. Alle oë is op Hom gevestig. Priester en owerste, Fariseër en heiden, het met verbasing en vrees Hom aanskou wat daar voor hulle gestaan het in die majesteit van die hemel se Koning. Godheid het deur die mensheid geflits, en Christus met 'n waardigheid en heerlikheid beklee wat Hy nooit voorheen geopenbaar het nie. Diegene wat naaste aan Hom gestaan het, het so ver terug- gestaan as wat die skare toegelaat het. Met die uitsondering van n paar van Sy dissipels wat by-Hom was, het die Heiland alleen gestaan. Alles het stil geword. Die vreeslike stilte was byna ondraaglik. Christus het gespreek met 'n krag wat die mense geskud het soos n magtige stormwind: “Daar is geskrywe: My huis moet n huis van gebed genoem word.” Maar julle het dit n rowerspelonk gemaak. Sy stem het soos 'n trompet weerklink deur die tempel. Die uitdrukking van misnoeë op Sy gelaat was soos 'n verterende vuur. Met gesag het Hy beveel, “Neem daardie dinge hier weg.” Joh. 2: 16. KE 600.2
Drie jaar tevore het die owerstes van die tempel hulle geskaam vir hulle vlug voor die bevelwoord van Jesus. Sedert daardie tyd het hulle gewonder oor hulle vrees, en oor hulle gedweë gehoorsaamheid aan 'n enkele nederige Man. Hulle het gemeen dat dit onmoontlik was dat hulle weer so gebied kon word — iets wat glad nie met hulle waardigheid gestryk het nie. En nogtans was hulle nou nog meer vrees- bevange as voorheen, en baie haastiger om Sy bevel te gehoorsaam. Daar was niemand wat dit durf waag om Sy gesag in twyfel te trek nie. Priesters en handelaars het van Sy teenwoordigheid gevlug, en die vee voor hulle uit gejaag. KE 601.1
Op weg van die tempel het hulle n skare teëgekom wat hulle siekes gebring en gevra het waar hulle die Groot Geneesheer kon vind. Die berig van die vlugtendes het sommige van hierdie mense laat teruggaan. Hulle was bang om Iemand so magtig te ontmoet, Iemand wie se blik die priesters en owerstes van Sy teenwoordigheid laat wegvlug het. Maar 'n hele aantal het deur die haastige skare gedring, gretig om by Hom wat hulle enigste hoop was, te kom. Toe die skare van die tempel gevlug het, het baie agtergebly. Die pasaangekomendes het nou by hulle aangesluit. Weer is die tempelvoorhof gevul met siekes en sterwendes, en het Jesus hulle genees. KE 601.2
Na 'n tyd het die priesters en owerstes dit gewaag om na die tempel terug te keer. Nadat hulle paniek bedaar het, was hulle baie gretig om te weet wat Jesus se volgende stap sou wees. Hulle het verwag dat Hy die troon van Dawid sou bestyg. Toe hulle die tempel nader, het hulle die stemme van manne, vroue, en kinders gehoor wat God geloof het. Toe hulle ingaan, het hulle verbaas blystaan oor die wonderbare toneel voor hulle. Hulle het gesien dat siekes genees word, die blindes hulle gesig ontvang, die gehoor van dowes herstel word, en dat die kreupeles huppel van blydskap. Die kinders was vooraan onder die juigendes. Jesus het hulle siektes genees; Hy het hulle in Sy arms opgeneem, hulle kusse van dankbare liefde ontvang, en sommige van hulle het teen Sy boesem aan die slaap geraak onderwyl Hy die mense geleer het. Met blye stemme het die kinders Hom geloof. Hulle het die hosannas van die vorige dag herhaal, en hulle het palmtakke triomfantlik voor die Heiland geswaai. Die tempel het weergalm van hulle uitroepe, “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” “Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy!” Ps. 118: 26; Sag. 9: 9. “Hosanna vir die Seun van Dawid!” KE 601.3
Die geluid van hierdie gelukkige stemme was 'n aanstoot vir die owerstes van die tempel. Hulle het toe begin om hierdie demonstrasies te belet. Hulle het aan die mense gesê dat die huis van God verontheilig word deur die geloop van die kinders en hulle vreugdekrete. Toe hulle sien dat hulle woorde geen indruk op die mense maak nie, het hulle hulle tot Christus gewend en gesê: “Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van klein kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?” Die profesie het voorspel dat Christus as koning uitgeroep sou word, en daardie woord moes vervul word. Die priesters en owerstes van Israel het geweier om Sy heerlikheid te verkondig, en God het die kindertjies beweeg om Sy getuies te wees. As die kinders stilgebly het, sou die tempelpilare die lof van die Heiland aangehef het. KE 602.1
Die Fariseërs was heeltemal verbyster en van stryk gebring. Iemand wat hulle nie kon bangmaak nie, was in bevel. Jesus het Sy plek ingeneem as beskermer van die tempel. Nog nooit tevore het Hy sulke koninklike gesag aangeneem nie. Nog nooit voorheen het Sy woorde en werke sulke groot krag gehad nie. Hy het wonderwerke in Jerusalem gedoen, maar nog nooit tevore op so 'n wyse en so ernstig en indrukwekkend nie. In die teenwoordigheid van die mense wat Sy wonderwerke gesien het, kon die priesters en owerstes dit nie waag om openlik vyandig teen Hom op te tree nie. Alhoewel hulle woedend was en in verwarring gebring is deur Sy antwoord, kon hulle niks verder daardie dag uitrig nie. KE 602.2
Die volgende oggend het die Sanhedrin weer beraadslaag hoe om teen Jesus op te tree. Drie jaar tevore het hulle Hom om 'n teken van Sy Messiasskap gevra. Sedert daardie tyd het Hy magtige wonderwerke deur die land gedoen. Hy het die siekes genees, duisende mense op wonderbaarlike wyse gevoed, op die water geloop, en die see beveel om stil te wees. Herhaaldelik het Hy die harte van mense soos 'n ope boek gelees; Hy het duiwels uitgewerp, en die dode opgewek. Die owerstes het nou voor hulle die bewys van Sy Messiasskap gehad. Hulle het nou besluit om Hom om geen teken van Sy gesag te vra nie, maar om uit Hom die een of ander verklaring of erkenning te kry waardeur hulle Hom kon veroordeel. KE 603.1
Hulle het gegaan na die tempel waar Hy besig was om te leer, en Hom begin ondervra: “Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie is dit wat U hierdie gesag gegee het?” Hulle het verwag dat Hy sou sê dat Sy gesag van God was. Hulle was van plan om so 'n aanspraak te bestry. Maar Jesus het hulle geantwoord met 'n wedervraag oor 'n skynbaar ander onderwerp; as hulle Sy vraag sou antwoord, sou Hy hulle vraag beantwoord. “Die doop van Johannes,” het Hy gevra, “was dit uit die hemel of uit mense?” KE 603.2
Die priesters het nou besef dat hulle in 'n dilemma was waaruit geen slim redenasies hulle kon verlos nie. As hulle sou antwoord dat Johannes se doop uit die hemel was, sou hulle inkonsekwente handel- wyse aan die kaak gestel word, want Christus sou dan sê: Waarom het julle hom nie geglo nie? Johannes het van Christus getuig, “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1: 29. As die priesters Johannes se getuienis geglo het, hoe kon hulle dan die Messiasskap van Christus loën? As hulle sou sê dat hulle geglo het dat Johannes se werk uit die mense was, sou hulle 'n storm van verontwaardiging op hulleself losgelaat het; want die mense het geglo dat hy 'n profeet was. KE 603.3
Met die grootste belangstelling het die mense die antwoord afgewag. Hulle het geweet dat die priesters voorgegee het om die werk van Johannes aan te neem, en hulle het verwag dat hulle ronduit sou erken dat hy van God gestuur was. Maar nadat hulle heimelik oor die saak gesels het, het die priesters besluit om hulle nie oor die saak uit te laat nie. Huigelagtig het hulle gesê dat hulle nie geweet het nie. “Dan sê Ek vir julle ook nie,” het Christus gesê, “deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.” KE 603.4
Skrifgeleerdes, priesters, en owerstes is almal die swye opgelê. Verbyster en teleurgestel, het hulle hulle hoofde laat sak en dit nie gewaag om verdere vrae aan Christus te stel nie. Deur hulle lafhartigheid en besluiteloosheid het hulle in 'n groot mate die agting van die volk verbeur, wat as toeskouers gestaan en kyk het, geamuseer om te sien hoe hierdie trotse, eiegeregtige manne verslaan is. KE 604.1
Al hierdie woorde en werke van Christus was belangrik, en hulle invloed sou steeds meer en meer gevoel word ná Sy kruisiging en hemelvaart. Baie van die wat met angs die resultaat afgewag het van die ondervraging van Jesus, het eindelik Sy dissipels geword, omdat hulle hulle vir die eerste keer op daardie gebeurtenisvolle dag tot Hom en Sy woorde aangetrokke gevoel het. Daardie toneel in die voorhof van die tempel sou nooit uit hulle geheues uitgewis word nie. Die teen- stelling tussen Jesus en die hoëpriester waar hulle daar saam woorde gewissel het, was opvallend. Die trotse hoogwaardigheidsbekleër van die tempel het 'n ryk, kostelike kleed aangehad. Op sy hoof was 'n glinsterende tiara. Sy houding was trots; sy hare en sy lang baard was al wit weens sy bejaardheid. Sy voorkomste het die agting van die toeskouers afgedwing. Voor hierdie hoë persoonlikheid het die Majesteit van die hemel gestaan, sonder versierings of vertoon. Sy kleed was bestof deur Sy reise; Sy gelaat was bleek, met 'n uitdrukking van geduldige droefheid; maar daarop het geskryf gestaan 'n waardigheid en goedheid wat vreemd afgesteek het by die trotse, selfvoldane, verontwaardigde houding van die hoëpriester. Baie van diegene wat getuie was van die woorde en werke van Jesus in die tempel, het Hom van daardie dag af in hulle harte gehuldig as 'n profeet van God. Maar namate die openbare gevoel in Sy guns begin loop het, het die haat van die priesters teenoor Jesus vermeerder. Die wysheid waarmee Hy ontkom het aan die strikke wat vir Hom gestel is, en wat ook bykomstige bewys was van Sy Godheid, was soos vet in die vuur van hulle woede. KE 604.2
In Sy stryd met die rabbi's was dit nie Christus se doel om Sy teenstanders te verneder nie. Hy was nooit bly as hulle in verleentheid was nie. Hy wou 'n belangrike les leer. Hy het die oorwinning oor Sy vyande behaal deur toe te laat dat hulle verstrik raak in die strikke wat hulle vir Hom gestel het. Die feit dat hulle onkunde bely het aangaande die aard van Johannes se doop, het Hom die geleentheid gegee om te spreek, en Hy het gebruik gemaak van die geleentheid deur hulle ware toestand aan hulle te openbaar, en om nog 'n waarskuwing te voeg by die baie wat Hy alreeds gegee het. KE 604.3
“Wat dink julle?” het Hy gevra: “'n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy spyt gekry en gegaan. Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie. Wie van die twee het die wil van die vader gedoen?” KE 605.1
Hierdie plotselinge vraag het Sy toehoorders onverwags gevang. Hulle het stip geluister na die gelykenis, en dadelik geantwoord, ”Die eerste.” Jesus het toe Sy oë stip op hulle gevestig en ernstig gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en hoere gaan julle voor in die koninkryk van God. Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.” KE 605.2
Die priesters en owerstes kon nie anders as om die regte antwoord te gee op Christus se vraag nie, en so het Hy hulle mening gekry in die guns van die eerste kind. Hierdie kind het die tollenaars voorgestel hulle wat gehaat en verag was deur die Fariseërs. Die tollenaars was baie onsedelik. Hulle was inderwaarheid oortreders van Gods wet, en in hulle lewe was daar 'n absolute stryd teen Sy vereistes. Hulle was ondankbaar en onheilig; toe aan hulle gesê is om in Gods wingerd te gaan werk, het hulle veragtend geweier. Maar toe Johannes gekom en die bekering en die doop gepreek het, het die tollenaars sy boodskap aangeneem en is gedoop. KE 605.3
Die tweede kind het die leiers van die Joodse volk voorgestel. Sommige van die Fariseërs het hulle bekeer en is deur Johannes gedoop; maar die leiers wou nie aanneem dat hy van God gekom het nie. Sy waarskuwings en bestraffings het hulle nie tot hervorming beweeg nie. Hulle “het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.” Lukas 7: 30. Hulle het Sy boodskap met veragting bejeën. Soos daardie tweede kind wat gesê het, toe Hy geroep is, “Ja, heer,” maar nie gegaan het nie, het die priesters en owerstes ook voorgegee dat hulle gehoorsaam, maar hulle was ongehoorsaam. Hulle het groot aanspraak gemaak op vroomheid; hulle het gesê dat hulle Gods wet gehoorsaam het, maar dit was 'n valse gehoorsaamheid. Die tollenaars is deur die Fariseërs veroordeel en vervloek as ongelowiges; maar hulle het deur hulle geloof en werke getoon dat hulle die koninkryk van die hemel binnegegaan het voor daardie eiegeregtige manne aan wie groot lig gegee is, maar wie se werke nie ooreengestem het met hulle belydenis van godsaligheid nie. KE 605.4
Die priesters en owerstes was nie gewillig om hierdie harde waarhede aan te neem nie; hulle het stilgebly, hopende dat Jesus iets sou sê wat hulle teen Hom sou kon gebruik; maar hulle sou nog meer hoor. KE 606.1
“Luister na 'n ander gelykenis,” het Christus gesê: “Daar was 'n sekere huisheer wat 'n wingerd geplant het; en hy het 'n heining daarom gesit en 'n parskuip daarin gegrawe en 'n wagtoring gebou, en het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die vrugte- tyd naderkom, stuur hy sy slawe na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy slawe geneem en een geslaan en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig. Weer het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak. Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ont- sien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak. Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers maak?” KE 606.2
Jesus het al die mense daar teenwoordig toegespreek; maar die priesters en owerstes het geantwoord: “Die siegte mense — hy sal hulle 'n siegte dood laat sterwe,” het hulle gesê, “en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.” Die sprekers het eers nie die toepassing van die gelykenis verstaan nie, maar nou het hulle besef dat hulle hulle eie oordeel uitgespreek het. In die gelykenis het die huisheer God voorgestel, die wingerd die Joodse volk, en die heining was die goddelike wet wat hulle beskerming was. Die toring was 'n simbool van die tempel. Die eienaar van die wingerd het alles gedoen wat nodig was vir die voorspoed daarvan. “Wat is daar meer te doen aan My wingerd,” vra Hy, “wat Ek daar nie aan gedoen het nie?” Jes. 5:4. So word Gods onvermoeide sorg vir Israel voorgestel. Soos die landbouers aan die huisheer 'n deel van die vrugte van die wingerd moes teruggee, so moes Gods volk Hom vereer deur 'n lewe ooreenkomstig hulle heilige voorregte. Maar soos die landbouers die slawe doodgemaak het wat die huisheer gestuur het vie die vrugte. So het Jode die profete doodgemaal wat God na hulle gestuur het om hulle tot bekering te roep. Die een na die ander boodskapper is doodgemaak. Tot dusver kon die toepassing van die gelykenis nie in twyfel getrek word nie, en die toepassing van die res was net so voor die hand liggend. In die geliefde seun wat die heer van die wingerd uiteindelik na die ongehoorsame landbouers gestuur het, en wat hulle gegryp en doodgemaak het, het die priesters en ower- stes 'n duidelike prent van Jesus en die lot wat Hom gewag het, gesien.Reeds was hulle besig met planne om Hom dood te maak wat die Vader na hulle gestuur het in 'n laaste poging. Die vergelding van die on- , dankbare landbouers was 'n voorstelling van die straf op diegene wat Christus om die lewe sou bring. KE 606.3
Die Heiland het hulle in jammerte betrag, en voortgegaan, “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp ,-( het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is | wonderlik in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem word en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter , word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.' Hierdie profesie het die Jode dikwels in die sinagoges gelees, en op die komende Messias toegepas. Christus was die hoeksteen van die j Joodse bedeling, en ook van die hele verlossingsplan. Dit was hierdie Hoeksteen wat die Joodse boumeesters, die priesters en owerstes van Israel, nou besig was om te verwerp. Die Heiland het hulle aandag gevestig op die profesieë wat hulle gevaar aan hulle sou toon.Deur elke middel in Sy mag het Hy geprobeer om aan hulle die daad te verduidelik wat hulle op die punt gestaan het om te doen. KE 607.1
En Sy woorde het ook 'n ander doel beoog. Met Sy vraag: “Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers maak?” het Christus bedoel dat die Fariseërs sou antwoord soos hulle wel gedoen het. Dit was Sy doel dat hulle hulleself moes veroordeel. Sy waarskuwings, wat hulle nie kon beweeg om hulle te bekeer nie, sou hulle lot beslis, en Hy wou hê dat hulle moes sien dat hulle hulle eie ondergang bewerk het. Hy wou hulle die regverdigheid van God laat sien in die onttrekking van hulle nasionale voorregte, wat reeds begin het, en wat sou eindig, nie alleen in die verwoesting van hulle tempel en stad nie, maar in die verstrooiing van die volk. KE 607.2
Die hoorders het die waarskuwing verstaan. Maar nieteenstaande die vonnis wat hulle self uitgespreek het, was die priesters en owerstes gereed om die prentjie te voltooi deur te sê, “Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak.” Hulle het probeer “om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees,” want die openbare sentiment was ten gunste van Christus. KE 608.1
In Sy aanhaling van die profesie oor die verworpe hoeksteen, het Christus verwys na 'n werklike gebeurtenis in die geskiedenis van Israel. Dit het in verband gestaan met die bou van die eerste tempel. Terwyl dit van spesiale toepassing was tydens Christus se eerste koms, en tereg van toepassing was op die Jode, bevat dit ook 'n les vir ons. Toe die tempel van Salomo gebou is, is die groot klippe vir die mure en die fondament by die steengroewe reggekap, want by die werklike gebou moes daar geen gereedskap op hulle gebruik word nie; die werksmense moes hulle slegs op hulle regte plek inbou. Vir inbouing in die fondament is daar een baie groot klip met 'n spesiale fatsoen aangebring, maar die bouers kon geen plek daarvoor vind nie en hulle het dit verwerp. Dit was 'n ergernis vir hulle, want dit het daar on- gebruik in hulle pad gelê. Vir 'n lang tyd was dit die verworpe steen. Maar toe die bouers by die hoek kom, moes hulle gaan soek na 'n klip sterk genoeg en van die regte grootte en fatsoen om in daardie spesiale plek te pas en die groot gewig te dra wat daarop sou rus. As hulle die verkeerde keuse sou maak vir daardie belangrike plek, sou die veiligheid van die hele gebou in gevaar wees. Hulle moes 'n klip vind wat die uitwerking van die son en die ryp en die storms kon trotseer. Verskeie klippe is daar geplaas, maar onder die groot druk is hulle vergruis. Ander, weer, kon nie die skielike atmosferiese veranderings staan nie. Maar eindelik is die aandag gevestig op 'n klip wat so lank verworpe gelê het. Dit het daar in die wind en weer gelê en het nie die geringste barsie getoon nie. Die bouers het toe die klip ondersoek. Dit het al die toetse deurstaan behalwe een; as dit die toets van die groot drukking kon deurstaan, sou hulle dit neem as die hoeksteen. Die toets is uitgevoer. Die klip is aangeneem, na sy aangewese plek gebring, en dit het presies gepas. Aan die profeet Jesaja is dit geopenbaar dat hierdie klip 'n simbool van Christus was. Hy sê: KE 608.2
“Die Here van die leërskare — Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees! Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees; maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem. En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.” Toe het die profeet in 'n profetiese gesig die eerste koms gesien, en aan hom is getoon dat Christus die beproewings en toetse sou moes deurstaan, waarvan die behandeling van die eerste hoeksteen in die tempel van Salomo sim- bolies was. “Daarom so sê die Here Here: Kyk: Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrond- ves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.” Jes. 8: 13-15; 28: 16. KE 609.1
Met ewige wysheid het God die hoeksteen gekies en dit self gelê. Hy het gesê dat dit “vas gegrondves” is. Die hele wêreld kan sy laste en al sy droefheid daarop lê, en Hy sal dit alles dra. In die grootste veiligheid mag hulle daarop bou. Christus is 'n “beproefde steen.” Diegene wat op Hom vertrou, sal Hy nooit teleurstel nie. Hy het al die toetse deurstaan. Hy het die druk van Adam se skuld gedra, en al die skuld van sy nageslag, en Hy het daaruit gekom meer as oorwinnaar oor al die bose magte. Hy het die laste wat op Hom gewerp is deur elke boetvaardige sondaar, gedra. In Christus het die skuldige hart verlossing gevind. Hy is 'n vaste hoeksteen. Almal wat op Hom vertrou, vind rus in volkome veiligheid. KE 609.2
In die profesie van Jesaja word Christus beide as 'n vaste hoeksteen en 'n rots om oor te struikel voorgestel. Die apostel Petrus wat onder ingewing van die Heilige Gees geskryf het, toon duidelik vir wie Christus 'n hoeksteen, en vir wie Hy 'n steen van aanstoot is: KE 609.3
“As julle tenminste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, soos 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om gees- telike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen van aanstoot en 'n rots van struikeling — vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is.” 1 Pet. 2:3-8. KE 609.4
Vir diegene wat glo, is Christus 'n vaste fondament. Dit is hulle wat op die Rots val en verpletter word. Oorgawe aan, en geloof in Christus word hier voorgestel. Om op die Rots te val en verbreek te word, beteken dat ons al ons eiegeregtigheid moet opgee, en met die nederigheid van 'n kind na Christus moet gaan, boetvaardig oor ons sondes en gelowende in Sy vergewende liefde. En so is dit dan ook deur geloof en gehoorsaamheid dat ons op Christus bou as ons fondament. KE 610.1
Op hierdie lewende steen mag Jode sowel as heidene bou. Dit is die enigste fondament waarop ons in veiligheid kan bou. Dit is breed genoeg vir almal, en sterk genoeg om die gewig en laste van die hele wêreld te dra. En deur verbinding met Christus, die lewende steen, word almal wat op hierdie fondament bou, lewende stene. Baie mense word deur hulle eie pogings reggekap, geslyp, en verfraai; maar hulle kan nie “lewende stene” word nie omdat hulle nie met Christus verbind is nie. Sonder hierdie verbinding kan niemand gered word nie. Sonder die lewe van Christus in ons, sal ons nie die storms van versoeking kan weerstaan nie. Ons ewige veiligheid sal daarvan afhang of ons bou op die vaste fondament. Menigtes bou vandag op fondamente wat nie getoets is nie. Wanneer die reën val, die storms woed, en die vloedwaters kom, sal hulle huis instort omdat dit nie gebou is op die ewige Rots, die hoeksteen Christus Jesus nie. KE 610.2
“Vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is,” is Christus 'n steen van aanstoot. Maar “die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword.” Soos die verworpe steen is Christus tydens Sy aardse sending gesmaad en verwerp. “Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid. . . . Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.” Jes. 53: 3. Maar die tyd was naby wanneer Hy verheerlik sou word. Deur Sy opstanding uit die dode, sou Hy met krag verklaar word as “die Seun van God.” Rom. 1: 4. By Sy tweede koms sal Hy geopenbaar word as die Here van hemel en aarde. Diegene wat nou op die punt gestaan het om Hom te kruisig, sal dan Sy grootheid erken. Voor die ganse heelal sal die verworpe Steen die Hoeksteen word. KE 610.3
“Maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.” Die mense wat Christus verwerp het, sou eerlank sien hoedat hulle stad en hulle nasie vernietig word. Hulle heerlikheid sou verbreek en verstrooi word soos stof voor die wind. En wat was dit wat die Jode vernietig het? Dit was die Rots wat, as hulle daarop gebou het, hulle veiligheid sou gewees het. Dit was die goedheid van God wat hulle verag het, die geregtigheid wat hulle versmaai het, en die genade wat hulle verwerp het. Die mense .het hulle teen God gestel, en alles wat tot hulle saligheid gedien het, is gebruik vir hulle vernietiging. Alles wat God tot hulle lewe beskik het, het hulle dood bewerkstellig. In die Jode se kruisiging van Christus was ook die verwoesting van Jerusalem in- gesluit. Die bloed wat op Golgota gestort is, was die gewig wat hulle onderdruk het tot hulle ondergang vir hierdie wêreld en vir die hiernamaals. So sal dit ook wees in die laaste groot dag wanneer die oordeel sal kom oor die verwerpers van Gods genade. Christus, hulle steen van aanstoot, sal dan vir hulle verskyn as 'n wraaknemende berg. Die lig van Sy heerlikheid wat vir die regverdiges die lewe is, sal vir die goddelose 'n verterende vuur wees. Die sondaar sal vernietig word oor die liefde wat hy verwerp, en die genade wat hy verag het. KE 611.1
Deur baie illustrasies en herhaalde waarskuwings het Jesus gewys wat die gevolge sal wees van die Jode se verwerping van die Seun van God. In hierdie woorde het Hy almal aangespreek in elke eeu, wat geweier het om Hom aan te neem as hulle Verlosser. Elke waarsku- wing is vir hulle. Die verontheiligde tempel, die ongehoorsame seun, die bedrieglike landbouers, die veragtende bouliede, het ook hulle teen- beeld in die ondervinding van elke sondaar. As hy hom nie bekeer nie, sal die verdoemenis wat voorspel is ook hom tref. KE 611.2