Die Koning Van Die Eeue
Die Kaptein
AAN die koninklike beampte wie se seun Hy genees het, het Christus gesê, “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.” Joh. 4: 48. Dit het Hom gegrief dat Sy eie volk uiterlike tekens wou sien as bewys van Sy Messiasskap. Keer op keer was Hy verbaas oor hulle ongeloof. Maar Hy was verbaas oor die geloof van die kaptein wat na Hom gekom het. Die kaptein het nie die Heiland se krag betwyfel nie. Hy het Hom nie eens gevra om persoonlik te kom om die wonderwerk te verrig nie. “Spreek net n woord,” het hy gesê, “en my kneg sal gesond word.” KE 316.1
Die kaptein se kneg het aan verlamming gely en het op sterwe gelê. Onder die Romeine was knegte slawe, gekoop of verkoop op die ope mark, en hulle is wreed mishandel; maar die kaptein het sy kneg liefgehad, en wou hom baie graag gesond sien. Hy het geglo dat Jesus hom kon genees. Hy het die Heiland nog nooit gesien nie, maar die gerugte wat hy van Hom gehoor het, het hom met geloof besiel. Nieteenstaande die formalisme van die Jode, het hierdie Romein geglo dat hulle godsdiens beter as syne was. en haat gebreek, wat die veroweraars van die verowerdes geskei het. Hy het respek getoon vir die diens van God, en het vriendelikheid betoon aan die Jode as Sy aanbidders. In die leer van Christus, soos dit aan hom vertel is, het hy iets gevind wat sy siel bevredig het. Alles wat geestelik in hom was, het gereageer op die Heiland se woorde, maar hy het onwaardig gevoel om in die teenwoordigheid van Christus te kom, en hy het die Joodse ouderlinge gevra om die versoek vir die genesing van sy kneg oor te bring. Hulle het die groot Leraar geken en sou, het hy gedink, weet hoe om Hom te nader om Sy guns te win. KE 316.2
Toe Jesus Kapernaum binnegaan, is Hy ontmoet deur 'n afvaardiging van die ouderlinge, wat Hom vertel het van die kaptein se begeerte. Hulle het gesê, “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen; want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.” KE 317.1
Jesus het dadelik vertrek na die offisier se huis; maar, omdat die skare Sy weg versper het, het Hy maar stadig gevorder. Die nuus van Sy koms het Hom vooruitgeloop, en die kaptein, in sy wantroue van homself, het aan Hom n boodskap gestuur. “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.” Maar die Heiland het aangekom, en die kaptein, toe hy dit eindelik waag om Hom te nader, het gesê, “Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word. Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my slaaf: Doen dit! en hy doen dit. Net soos ek die mag van Rome verteenwoordig, en my soldate my gesag erken as die hoogste, so is U die verteenwoordiger van die mag van die ewige God, en alle geskape dinge gehoorsaam U woord. U kan die siekte gebied om te wyk, en dit sal U gehoorsaam. U kan U hemelse boodskappers ontbied en hulle sal genesende krag bring. Sê net die woord, en my kneg sal gesond word.” KE 317.2
“Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so n groot geloof nie gevind nie.” En aan die kaptein het Hy gesê, “Laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.” KE 317.3
Die Joodse ouderlinge wat die kaptein by Jesus aanbeveel het, het getoon hoe min hulle die gees van die evangelie gehad het. Hulle het nie besef dat ons groot behoefte ons enigste aanspraak op Gods genade is nie. In hulle eiegeregtigheid het hulle die kaptein aanbeveel op grond van die guns wat hy aan “ons volk” betoon het. Maar van homself het die kaptein gesê, “Ek is dit nie werd nie.” Sy hart is aangeraak deur die genade van Christus. Hy het sy eie onwaardigheid besef, dog het hy nie geaarsel om om hulp te vra nie. Hy het nie op sy goedheid staatgemaak nie; sy sterkste aanspraak was sy groot behoefte. Sy geloof het Christus aangeneem in Sy ware karakter. Hy het nie in Hom geglo as slegs 'n wonderwerker me, maar as die Vríend en Verlosser van die mensdom. KE 317.4
Dit is op hierdie wyse dat elke sondaar tot Christus moet kom. Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered.” Titus 3: 5. Wanneer die Satan aan u sê dat u 'n sondaar is en nie mag hoop op die seën van God nie, sê dan aan hom dat Christus in die wêreld gekom het om sondaars te red. Ons het niks om ons by God aan te bevee nie; maar die pleidooi wat ons nou en altyd kan lewer, is ons heeltemal hopelose toestand wat Sy verlossingskrag 'n noodsaaklikheid maak Alle selfvertroue versakende, mag ons na die kruis van Golgota kyk en sê: KE 318.1
“Voor U moet ek skuldig staan,
Om gena my oog opslaan.”
KE 318.2
Van kindsbeen af is die Jode geleer aangaande die werk van die Messias Die geïnspireerde woorde van patriarge en profete, en die simboliese leer van die offerstelsel het hulle geken. Maar hulle het die lig veronagsaam, en nou het hulle in Jesus niks gesien om te begeer nie. Maar die kaptein, as heiden gebore, opgevoed in die afgodediens van Rome, opgelei as soldaat, en oënskynlik afgesny van alle geestehke lewe deur sy opvoeding en omgewing, en nog verder uitgesluit deur die bekrompenheid van die Jode, en die veragting van sy eie vo s genote vir die mense van Israel — hierdie man het die waarheid gesien waarvoor die kinders van Abraham blind was. Hy het me gewag om te sien of die Jode self die Een sou aanneem wat sê dat Hy die Messias is nie. Namate die “lig wat elke mens verlig” wat in die wereld gebore word (Joh. 1: 9) op hom geskyn het, het hy, alhoewel hy ver weg was, die heerlikheid van die Seun van God gesien.” KE 318.3
Vir Jesus was dit 'n waarborg van die werk wat die evangelie sou uitrie onder die heidene. Met blydskap het Hy uitgesien na die versameling van siele uit alle nasies vir Sy koninkryk. Met droefheid het Hy aan die Jode die gevolge geskilder van hulle verwerping van Sy genade: “Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande.” Helaas, hoeveel is daar nie vandag wat dieselfde teleurstelling sal ondervind nie! Terwyl siele in heidense duisternis Sy genade aanneem, hoeveel is daar nie in Christenlande op wie die lig skyn net om veronagsaam te word nie! KE 318.4
Sowat twintig myl van Kapernaum af, op 'n plato, met die wye, pragtige vlakte van Esdraelon daar benede, was die dorpie Nain geleë, en daarheen het Jesus Sy voetstappe gewend. Baie van Sy dissipels, en ander, was by Hom, en langs die hele pad het mense gekom, verlangende na Sy woorde van liefde en ontferming; hulle het hulle siekes na Hom gebring vir genesing, en maar altyd gehoop dat Hy wat hierdie wonderbare krag geopenbaar het, Homself as Koning van Israel sou uitroep. 'n Skare het Hom gevolg, en dit was 'n blymoedige, verwagtende geselskap wat Hom gevolg het met die rotspaadjie na die poort van daardie bergdorpie. KE 319.1
Toe hulle naby kom, sien halle 'n begrafnisstoet aankom van die poort van die dorp af. Langsaam het hulle voortbeweeg na die begraaf- plaas. Aan die voorpunt was die draers, met die lyk op 'n draagbaar, en rondom was die roudraers met hulle geween. Dit het gelyk of al die mense van die dorpie daar was om hulle laaste eer aan die dode, en hulle medelyde met die naasbestaandes te betoon. KE 319.2
Dit was 'n treurige skouspel. Die oorledene was die enigste seun van sy weduwee-moeder. Die eensame moeder het die enigste een wat vir haar hier op aarde gesorg het, na die graf gevolg. “En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel.” Sy het al wenende voortbeweeg, blind van die trane, sodat sy Hom nie gesien het nie. Hy het na haar toe aangekom en saggies gesê, “Moenie ween nie!” Jesus sou haar droefheid in vreugde verander, maar nogtans kon Hy nie help om uiting te gee aan Sy tere meegevoel nie. KE 319.3
“Hy het nadergegaan en die baar aangeraak; selfs die aanraking met die dode kon Hom nie besoedel nie. Die draers het stilgestaan, en die geween van die roudraers het opgehou. Die twee klompe mense het om die baar gestaan, hopende teen hoop. Iemand was teenwoordig wat siekte verban en duiwels oorwin het; sou die dood ook swig vir Sy mag?” KE 319.4
Met 'n helder, gebiedende stem is die woorde gespreek, “Jongeling, Ek sê jou, staan op!” Daardie stem het die ore van die dode deurboor. Die jongeling het sy oë oopgemaak. Jesus het hom by die hand geneem en hom opgerig. Toe val Sy blik op die wenende moeder langs Hom, en sien Hy hoe die moeder haar seun lank en met blydskap omhels. Betower het die skare alles in stilte aanskou. “Vrees het almal aangegryp.” Eerbiedig het hulle so vir 'n rukkie gestaan asof hulle in die teenwoordigheid van God was. Toe het hulle God verheerlik en gesê: “'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en; God het Sy volk besoek.” Die begrafnisstoet is na Nain terug, nou 'n triomfantlike optog. “En hierdie woord aangaande Hom het uit- gegaan in die hele Judea en in die hele omtrek.” KE 320.1
Hy wat by die treurende moeder gestaan het by die poort van Nain, sien elke treurende langs die baar. Hy het medelyde met ons droefheid. Sy hart van liefde en ontferming, is 'n hart van onveranderlike tederheid. Sy woord, wat die dode in die lewe teruggeroep het, is vandag net so magtig as toe dit gespreek is tot die jongeling van Nain. Hy sê, “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde.” Matt. 28: 18. Die verloop van die jare het nie daardie krag laat verminder nie, en nog minder is dit uitgeput deur die onafgebroke werking van Sy oorvloedige genade. Vir almal wat in Hom glo, is Hy nog die lewende Verlosser. Jesus het daardie moeder se verdriet in vreugde verander toe Hy haar seun aan haar teruggegee het; maar die jongeling is teruggeroep in hierdie aardse lewe om die verdriet, geswoeg, en gevare te trotseer, en om weer onder die mag van die dood te kom. Maar Jesus vertroos ons verdriet oor die dode met 'n boodskap van ewige hoop: “Ek is . . . die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. . . . En ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.” “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel — en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” Openb. 1: 17, 18; Heb. 2: 14, 15. KE 320.2
Die Satan kan nie die dode in sy mag vashou wanneer die Seun van God hulle gebied om te lewe nie. Ook kan hy nie een siel in die geestelike dood vashou wat Christus se magwoord in geloof aanneem nie. God sê aan almal wat dood is in die sonde, “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode.” Efe. 5: 14. Daardie woord is die ewige lewe. Net soos die woord van God wat die eerste mens gebied het om te lewe, nog aan ons die lewe gee; net soos Christus se woord, “Jongeling, Ek sê jou, staan op!” die lewe geskenk het aan die jongeling van Nain, so is hierdie woord, “Staan op uit die dode,” lewe vir die siel wat dit aanneem. God het ons verlos “uit die mag van die duisternis, en oorgebring ... in die koninkryk van die Seun van Sy liefde.” Kol. 1: 13. Dit word alles vir ons aangebied in Sy Woord. As ons die Woord aanneem, dan het ons die verlossing. KE 321.1
“En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggaam lewendig maak deur Sy Gees wat in julle woon.” “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” Rom. 8: 11; 1 Thess. 4: 16, 17. Dit is die woord van vertroosting waarmee die Here ons gebied om mekaar te vertroos. KE 321.2