Die Koning Van Die Eeue

32/88

Die Bergpredikasie

DIT was maar selde dat Christus Sy dissipels alleen laat vergader het om Sy woorde te hoor. Hy het vir Sy gehoor nie net diegene gekies wat die weg van die lewe geken het nie. Dit was Sy werk om die menigtes te bereik wat onkundig was en dwaalleer gevolg het. Hy het Sy lesse van waarheid gegee waar dit die verduisterde verstand kon bereik. Hy self was die Waarheid, met heupe omgord. en hande uitgestrek om te seën; met woorde van waarskuwing, smeking, en bemoediging was Hy soekende om almal op te hef wat na Hom toe wou kom. KE 298.1

Die Bergpredikasie, alhoewel dit spesiaal vir die dissipels was, is gelewer ten aanhore van die skare. Na die ordening van die apostels, is Jesus met hulle na die strand. Daar, in die vroeë more, het die mense begin vergader. Behalwe die gewone skare van die Gahlese dorpies, was daar mense van Judea, en selfs van Jerusalem; ook uit Perea, Dekapolis, en Idumea ten suide van Judea; en van Tirus en Sidon aan die kus van die Middellandse See. “Toe hulle hoor wat Hy alles doen,” het hulle gekom “om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; . . . omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.” Markus 3: 8; Lukas 6: 17-19. KE 298.2

Die smal strook strand het nie eens genoeg staanplek gehád sodat almal Hom kon hoor wat dit graag wou doen nie, en Jesus het weer teruggegaan na die berghelling. Op 'n gelykte wat 'n goeie vergaderplek was vir die groot skare, het Hy op die gras gaan sit, en die dissipels en die skare het Sy voorbeeld gevolg. KE 298.3

Die dissipels het altyd langs Jesus gesit. Die mense het dig om hulle saamgedring, maar die dissipels het verstaan dat hulle self nie verdring moes word van Sy teenwoordigheid nie. Hulle het teen aan Hom gesit sodat hulle al Sy woorde van onderrig kon hoor. Hulle was aandagtige luisteraars, gretig om die waarhede te verstaan wat hulle bekend moes maak aan alle lande en vir alle geslagte. KE 299.1

Met 'n gevoel dat iets buitengewoons sou gebeur, het hulle dig saamgedring om hulle Meester. Hulle het geglo dat die koninkryk eerlank opgerig sou word, en te oordeel na die gebeurtenisse van die oggend het hulle verwag dat 'n aankondiging daaromtrent nou sou gemaak word. Die skare was ook verwagtend, en ernstige gesigte was bewys van groot belangstelling. Toe die mense daar teen die groen berghelling gesit en wag het op die woorde van die goddelike Leraar, het hulle gedagtes gedink aan toekomstige heerlikheid. Daar was skrifgeleerdes en Fariseërs wat uitgesien het na die dag wanneer hulle gesag sou voer oor die gehate Romeine, en besitters sou wees van die rykdom en glorie van die wêreld se groot ryk. Die arme arbeiders en vissers het gehoop om die versekering te hoor dat hulle armoedige krotte, die onvoldoende voedsel, die lewe van geswoeg, en die vrees vir gebrek, vervang sou word deur wonings met oorvloed, en dae van gemak. In die plek van die een growwe kleed wat hulle bedags bedek en snags as kombers gedien het, het hulle gehoop dat Christus hulle die duur gewaad van hulle veroweraars sou gee. Alle harte het gebons met die trotse hoop dat Israel spoedig geëer sou word voor die nasies as die uitverkorenes van die Here, en dat Jerusalem verhef sou word as die hoofstad van 'n universele koninkryk. KE 299.2

Christus het die hoop van wêreldse grootheid verydel. In die Bergpredikasie het Hy probeer om die idees te vernietig wat deur 'n valse opvoeding geskep is, en om aan Sy hoorders 'n regte begrip te gee van Sy koninkryk en Sy eie karakter. Maar Hy het nie 'n reg- streekse aanval op die dwalings van die volk gemaak nie. Hy het die eilende van die wêreld gesien ten gevolge van die sonde, maar Hy het nie reguit hulle haglike toestand aan hulle voorgestel nie. Hy het 'n lewe aan hulle voorgehou, oneindig veel beter as wat hulle ooit geken het. Sonder om hulle idees aangaande die koninkryk van God te beveg, het Hy hulle vertel van die voorwaardes om die koninkryk binne te gaan, en hulle gelaat om hulle eie gevolgtrekkings te maak aangaande die aard daarvan. Die waarhede wat Hy geleer het, is vir ons nie minder belangrik as vir die skare wat Hom gevolg het nie. Net soos hulle, moet ons ook leer wat die grondbeginsels van die koninkryk van God is. KE 299.3

Christus se eerste woorde aan die mense op die berg, was woorde van seën. Salig is hulle, het Hy gesê, wat hulle geestelike armoede besef en hulle behoefte aan verlossing voel. Die evangelie moet aan die armes verkondig word. Nie aan diegene wat geestelik trots is, diegene wat ryk is en sê dat hulle aan niks behoefte het, word dit geopenbaar nie, maar aan diegene wat nederig en boetvaardig is. Daar is slegs een fontein vir die sonde geopen, 'n fontein vir die armes van gees. KE 300.1

Die trotse hart streef om die saligheid te verdien; maar beide ons reg op die hemel en ons geskiktheid daarvoor word gevind in die geregtigheid van Christus. Die Here kan niks doen vir die herstel van die mens nie totdat hy, oortuig van sy eie swakheid, kaalgestroop is van alle selfvoldaanheid, en homself oorgee aan die beheer van God. Dan eers kan hy die gawe ontvang wat God wag om aan hom te gee. Vir die siel wat sy behoefte besef, word niks teruggehou nie. So 'n siel het onbelemmerde toegang tot Hom in wie al die volheid woon. “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is Sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes. 57: 15. KE 300.2

“Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Deur hierdie woorde leer Christus nie dat om te treur op sigself die krag het om die skuld van die sonde weg te neem nie. Hy gee nie hier toestemming tot geveinsdheid of vrywillige verootmoediging nie. Die soort treur wat Hy bedoel het, bestaan nie in 'n swaarmoedige geweeklaag nie. Terwyl ons mag treur oor die sonde, moet ons ons verbly in die salige voorreg dat ons Gods kinders is. KE 300.3

Ons treur dikwels omdat ons sondige dade onaangename gevolge vir ons het; maar dit is nie berou nie. Ware berou oor die sonde kom ten gevolge van die werking van die Heilige Gees. Die Gees openbaar die ondankbaarheid van die hart wat die Heiland seergemaak en gegrief het, en dit bring ons in boetvaardigheid na die voet van die kruis. Elke sonde verwond Jesus opnuut; en waar ons Hom aanskou wat ons deurboor het, het ons berou oor die sondes wat Hom seergemaak het. Sulke berou sal lei tot die versaking van die sonde. KE 300.4

Die wêreldling mag hierdie berou bestempel as swakheid, maar dit is die krag wat die boetvaardige verbind met die Ewige met skakels wat nie kan verbreek word nie. Dit wys dat die engele van God na die siel terugbring die deugde wat verloregegaan het deur die hardheid van die hart en die oortreding. Die trane van die boetvaardige is maar net die trane wat die sonskyn van heiligheid voorafgaan. Die berou is 'n voorloper van 'n vreugde wat 'n lewende fontein in die siel sal wees. “Alleenlik, ken jou ongeregtigheid dat jy teen die Here jou God oortree het;” “want Ek is goedertieren, spreek die Here, Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.” Jer. 3: 13, 12. “Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees.” Jes. 61: 3. KE 301.1

Ook vir diegene wat treur in beproewing en verdriet is daar troos. Die bitterheid van droefheid en vernedering is beter as die genietinge van die sonde. Deur beproewing openbaar God aan ons die verdorwenheid van ons karakter, sodat ons deur Sy genade ons foute kan oorwin. Hoofstukke aangaande onsself, wat ons nie ken nie, word aan ons geopenbaar, en ons kom voor die toets te staan of ons die bestraffing en raad van God sal aanneem. As ons beproef word, moet ons nie murmureer en kla nie. Ons moet nie opstandig word, of ons van Christus af weg kwel nie. Ons moet ons siel verootmoedig voor God. Die weë van die Here is duister vir diegene wat graag sake wil sien in 'n lig wat hulleself behaag. Dit skyn donker en sonder vreugde vir ons menslike natuur. Maar Gods weë is weë van genade en die uiteinde is die saligheid. Elia het nie geweet wat hy gedoen het toe hy in die woestyn gesê het dat hy genoeg aan die lewe gehad en gebid het dat hy mag sterf nie. In Sy genade het die Here hom nie op sy woord geneem nie. Daar was nog werk vir Elia om te doen, en toe sy werk klaar was, sou die Here nie toelaat dat hy moedeloos en eensaam in die woestyn sterf nie. Hy sou nie in die stof van die dood neerdaal nie, maar in heerlikheid opvaar, begelei deur hemelse waens, na die troon omhoog. KE 301.2

Gods woord vir droefheid is, “Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.” “Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.” Jes. 57: 18; Jer. 31: 13. KE 302.1

“Salig is die sagmoediges.” Die moeilikhede waarmee ons te kampe het, kan baie verminder word deur die sagmoedige wat hom in Christus verskuil. As ons die sagmoedigheid van ons Meester het, sal ons die beledigings en die aanstote en die ergernisse waaraan ons daeliks blootgestel is, te bowe kom, en hulle sal ons nie meer droefgeestig maak nie. Die grootste bewys van edelmoedigheid by 'n Christen is selfbeheersing. Die persoon wat onder beledigings en wreedheid nie 'n kalme vertrouende gees bewaar nie, beroof God van Sy reg om in hom die volmaaktheid van Sy eie karakter te openbaar. Nederigheid van hart is die krag wat die oorwinning gee aan die navolgers van Christus; dit is die bewys van hulle verbintenis met die howe daarbo. KE 302.2

“Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan.” Ps. 138: 6. Diegene wat die sagmoedige en nederige gees van Christus openbaar, word met tederheid bejeën deur God. Die wêreld mag hulle met veragting beskou, maar hulle is van groot waarde in Sy oë. Nie alleen die wyse, die grotes, die weldadiges, en nie net die besige werker wat vol ywer en rustelose aktiwiteit is, sal 'n paspoort na die hemel verkry nie. Nee; die armes van gees wat verlang na die teenwoordigheid van Christus, die nederiges van hart wie se hoogste strewe die doen van Gods wil is — aan hulle sal ryklik verleen word die ingang tot die koninkryk. Hulle sal onder diegene wees wat hulle klere wit gewas het in die bloed van die Lam. “Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan.” Openb. 7: 15. KE 302.3

“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid.” Die gevoel van'onwaardigheid sal die hart lei om te honger en dors na die geregtigheid, en daardie begeerte sal vervul word. Diegene wat in hulle hart plek maak vir Jesus, sal Sy liefde ondervind. Almal wat verlang om die karakter van God te hê, sal bevredig word. Die Heilige Gees laat nooit die siel sonder hulp wat op Jesus sien nie. Hy neem van die dinge van Christus en wys dit aan hom. As die oë op Christus gevestig is, sal die werk van die Gees nie ophou totdat daardie siel in Sy beeld verander is nie. Die reine element van liefde sal die siel verruim, en daaraan die vermoë gee tot groter prestasies, meer kennis van hemelse dinge, sodat dit nie tevrede sal wees met minder as die volheid nie. “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” KE 302.4

Aan die barmhartiges sal barmhartigheid bewys word, en die wat rein is van hart, sal God sien. Elke onreine gedagte besoedel die siel, verswak die sedelike sin, en het 'n neiging om die indrukke van die Heilige Gees te vernietig. Dit verdof die geestelike visie, sodat mense God nie kan sien nie. Die Here vergewe die boetvaardige sondaar; maar alhoewel hy vergewe is, is die siel geskend. Alle onreine praat- jies of gedagtes moet vermy word deur diegene wat geestelike waarheid onbelemmerd wil sien. KE 303.1

Maar die woorde van Christus het nie betrekking op sinlike onreinheid alleen nie, en dit sluit meer in as bewaring van die seremoniële onreinheid waarvoor die Jode so bang was. Selfsug sal belet dat ons God sien. Die selfsugtige gees meen dat God 'n persoon is soos hy. Voordat ons dit eers versaak het, sal ons Hom, wat die liefde is, nie verstaan nie. Alleen die onselfsugtige hart, die nederige, vertrouende gees sal God sien as “'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trau.” Exod. 34: 6. KE 303.2

“Salig is die vredemakers.” Die vrede van Christus word gebore uit die waarheid. Dit beteken harmonie met God. Die wêreld staan vyandig teenoor die wet van God; sondaars staan vyandig teenoor hulle Maker; en ten gevolge daarvan staan hulle vyandig teenoor mekaar. Maar die psalmis verklaar, “Die wat U wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.” Ps. 119: 165. Mens kan nie vrede fabriseer nie. Menslike planne vir die reiniging en opheffing van indiwidue of van die samelewing sal nie vrede bring nie, omdat hulle nie die hart kan bereik nie. Die enigste mag wat blywende en ware vrede kan skep, is die genade van Christus. As dit in die hart geplant is, sal dit alle bose drifte wat stryd en tweedrag veroorsaak, uitwerp. “Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan;” en die woestyn van die lewe “sal bly wees . . . en bloei soos 'n herfslelie.” Jes. 55: 13; 35: 1. KE 303.3

Die skare was verbaas oor hierdie leer wat so verskil het van die voorskrifte en voorbeeld van die Fariseërs. Die volk het tot die plek gekom waar hulle gedink het dat geluk gevind kan word in aardse besittings, en dat die roem en eer van mense begeer moes word. Dit het die oor gestreel om “Rabbi” genoem te word, om geprys te word as wys en godsdienstig, en jou deugde in die openbaar te hoor roem. Dit is beskou as die kroon van geluk. Maar in die teenwoordigheid van daardie groot skare het Jesus verklaar dat aardse gewin en eer die enigste loon sal wees wat sulke mense ooit sal ontvang. Hy het met oortuiging gepraat, en Sy woorde het oortuigende krag gehad. Die mense is die swye opgelê, en hulle is oorval deur 'n gevoel van vrees. Hulle het mekaar vraend aangekyk. Wie van hulle kon gered word as hierdie Man se leer reg was? Vele het tot die oortuiging gekom dat hierdie opspraakwekkende Leraar deur die Gees van God besiel is, en dat wat Hy gespreek het, goddelik was. KE 303.4

Ná Hy verduidelik het waaruit ware geluk bestaan en hoe dit verkry kan word, het Jesus meer bepaald gewys op die plig van Sy dissipels as leraars deur God verkies om ander in die pad van geregtigheid en die ewige lewe te lei. Hy het geweet dat hulle dikwels teleurgestel en ontmoedig sou wees, dat hulle heftige teenstand sou ondervind, dat hulle beledig, en hulle getuienis verwerp sou word. Goed het Hy geweet dat daardie nederige manne wat so aandagtig na Sy woorde geluister het, in die vervulling van hulle sending uitgeskel, gemartel, in die gevangenis gewerp, en gedood sou word; en Hy het voortgegaan: “Salig is die wat vervolg word terwille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle, omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat vóór julle gewees het.” KE 305.1

Die wêreld het die sonde lief en haat die geregtigheid, en hier het ons die rede vir sy vyandigheid teenoor Jesus. Almal wat Sy ewige liefde weier, sal die Christelike geloof lastig vind. Die lig van Christus verdryf die duisternis wat hulle sondes bedek, en die behoefte aan hervorming word duidelik. Terwyl diegene wat hulle oorgee aan die invloed van die Heilige Gees die oorlog teen hulleself aanknoop, sal diegene wat aan die sonde vasklem oorlog maak teen die waarheid en sy verteenwoordigers. KE 305.2

So ontstaan die stryd, en dan word Christus se navolgers beskuldig dat hulle die beroerders van die volk is. Dit is gemeenskap met God wat hulle die vyandskap van die wêreld berokken. Hulle dra die smaad van Christus. Hulle bewandel die pad wat vóór hulle bewandel is deur die edelstes van die aarde. Nie in droefheid nie, maar in vreugde moet hulle vervolging tegemoetgaan. Elke vurige beproewing is 'n werktuig van God vir hulle loutering. Dit maak hulle bekwaam vir hulle werk as medewerkers van Hom. Elke stryd het sy piek in die groot stryd van geregtigheid, en elkeen sal bykomstige vreugde bring in hulle uiteindelike oorwinning. Met die oog daarop, sal die beproewing van hulle geloof en lydsaamheid blymoedig gedra word liewer as om gevrees en vermy te word. Gretig om hulle plig aan die wêreld te vervul, en strewende na die goedkeuring van God, sal Sy diensknegte elke plig vervul ongeag die vrees of die guns van mense. KE 306.1

“Julie is die sout van die aarde,” het Jesus gesê. Moet julleself nie aan die wêreld onttrek ten einde vervolging te ontduik nie. Julle moet onder die mense bly, sodat die geur van goddelike liefde soos die sout kan wees om die wêreld te bewaar teen bederf. KE 306.2

Harte wat reageer op die invloed van die Heilige Gees is die kanale waarlangs Gods seëninge vloei. As diegene wat God dien, van die aarde weggeneem sou word, en Sy Gees aan die mense onttrek word, sal hierdie wêreld oorgegee word aan verwoesting en vernietiging - die vrugte van die Satan se heerskappy. Hoewel die goddelose dit nie weet nie, is hulle selfs die seëninge van hierdie lewe verskuldig aan die teenwoordigheid in die wêreld van Gods kinders wat hulle verag en verdruk. Maar diegene wat Christene net in naam is, is soos sout wat laf geword het. Hulle het geen invloed ten goede in die wêreld nie. Deur hulle verkeerde voorstelling van God, is hulle erger as ongelowiges. KE 306.3

“Julle is die lig van die wêreld.” Die Jode het gemeen om die voordele van die saligheid te beperk slegs tot hulle eie volksgenote, maar Christus het hulle gewys dat die saligheid soos die sonskyn is. Dit behoort aan die hele wêreld. Die godsdiens van die Bybel moet nie net binne die omslag van die boek gehou word nie, of binne die mure van 'n kerk nie. Dit moet nie net by tye uitgebring word vir ons eie voordeel, en dan weer sorgvuldig weggebêre word nie. Dit moet die daelikse lewe heilig, en geopenbaar word in al ons besigheidstransaksies en in al ons sosiale omgang. KE 306.4

'n Opregte karakter word nie van buite af gevorm nie; dit werk van binne. As ons ander in die weg van geregtigheid wil lei, moet die beginsels van geregtigheid in ons eie harte gekoester word. Ons belydenis van geloof mag die teorie van die godsdiens verkondig, maar dit is ons daadwerklike vroomheid wat die woorde van die waarheid verkondig. Die konsekwente lewe, die heilige wandel, die onwrikbare opregtheid, die welwillende gees, en die goddelike voorbeeld —- dit is die kanale waardeur lig aan die wêreld gebring word. KE 307.1

Jesus het Hom nie bepaal by die voorskrifte van die wet nie, maar Hy het nie Sy hoorders tot die gevolgtrekking laat kom dat Hy die vereistes van die wet ter syde gestel het nie. Hy het geweet dat spioene gereed gestaan het om elke woord van Hom te gryp en uit die verband te ruk vir hulle eie doeleindes. Hy het geweet van die vooroordeel wat daar in die harte was van baie van Sy hoorders, en Hy het niks gesê om hulle geloof te skok in die godsdiens en instellings wat aan hulle deur Moses gegee is nie. Christus self het sowel die seremoniële as die sedewet gegee. Hy het nie gekom om vertroue te vernietig in Sy eie onderrig nie. Dit was om rede Sy groot eerbied vir die wet en die profete dat Hy getrag het om deur die muur te breek van die tradisies wat die Jode omsluit het. Terwyl Hy hulle valse vertolkings van die wet ter syde gestel het, het Hy Sy dissipels bewaar om nie die belangrike waarhede te versaak wat aan die Hebreërs gegee was nie. KE 307.2

Die Fariseërs het gespog met hulle gehoorsaamheid aan die wet, maar nogtans het hulle so min geweet van die praktiese uitlewing daarvan in die alledaagse lewe, dat die woorde van die Heiland vir hulle soos kettery geklink het. Namate Hy die rommel verwyder het waaronder die waarheid bedolwe was, het hulle gedog dat Hy die waarheid self weggeveeg het. Hulle het mekaar toegefluister dat Hy die wet lig opneem. Hy het hulle gedagtes gelees en hulle geantwoord: “Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet en die Profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Hier het Jesus die beskuldiging van die Fariseërs weerspreek. Sy sending in die wêreld was om die heilige voorskrifte te handhaaf van die wet wat Hy volgens hulle sou oortree het. As die wet van God verander of afgeskaf kon word, sou dit nie vir Christus nodig gewees het om die straf te ondergaan vir ons oortreding daarvan nie.Hy het gekom om die verhouding van die wet tot die mens teve klaar, en om die voorskrifte daarvan in Sy eie lewe van gehoorsaamheid uit te beeid. KE 307.3

God het ons Sy heilige voorskrifte gegee omdat Hy die mensdom liefhet. Om ons te beskerm teen die gevolge van oortreding, het Hy die beginsels van geregtigheid geopenbaar. Die wet is 'n uitdrukking van die gedagte van God; wanneer ons dit in Christus aanneem, word dit ons gedagte. Dit verhef ons bokant die mag van ons natuurlike neigings en begeertes, bokant die versoekings wat tot die sonde lei. God wil hè dat ons gelukkig moet wees, en Hy het ons die voorskrifte van die wet gegee sodat ons deur hulle te gehoorsaam, vreugde kan hê. Toe die engele by die geboorte van Jesus gesing het: KE 308.1

“Eer aan God in die hoogste hemele
en vrede op aarde,In die mense 'n welbehae” (Lukas 2: 14),
KE 308.2

het hulle die beginsels van die wet verkondig wat Hy gekom het om te eer en groot te maak. KE 308.3

Toe die wet op Sinai afgekondig is, het God aan die mense die heiligheid van Sy karakter verklaar, sodat hulle in vergelyking die son- digheid van hulle eie kon sien. Die wet is gegee om hulle van die sonde te oortuig en hulle behoefte aan 'n Verlosser te openbaar. Die wet sou dit doen namate die beginsels daarvan in die hart opgeneem word deur die werking van die Heilige Gees. Dit moet vandag nog daardie werk doen. Die beginsels van die wet is geopenbaar in die lewe van Christus, en waar die Heilige Gees die hart aanraak en die lig van Christus aan die mense hulle behoefte aan Sy reinigende bloed en Sy regverdigmakende geregtigheid openbaar, is die wet nog die werktuig wat ons na Christus bring, sodat ons deur die geloof gereg- verdig kan word. “Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel.” Ps. 19: 8. KE 308.4

“Totdat die hemel en die aarde verbygaan,” het Jesus gesê, “sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.” Die son wat aan die hemeltrans skyn, die soliede aarde waarop julle woon, is Gods getuies dat Sy wet onveranderlik en ewig is. Al sou hierdie dinge vergaan, die goddelike voorskrifte sal bly voortbestaan. “Dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.” Lukas 16: 17. Die stelsel van tipes wat vooruit gewys het op Jesus as die Lam van God, sou verdwyn by Sy dood, maar die voorskrifte van die Dekaloog is net so onveranderlik as die troon van God. KE 308.5

Aangesien die “wet van die Here” volmaak is, moet elke afwyking daarvan sondig wees. Diegene wat die gebooie van God ongehoorsaam is en ander leer om dit ook te doen, word deur Christus veroordeel. In Sy lewe van gehoorsaamheid het die Heiland voldoen aan die vereistes van die wet. Dit het bewys dat die wet in die menslike vlees gehou kan word, en dit het die uitnemende karakter getoon wat deur sulke gehoorsaamheid sou ontwikkel word. Almal wat gehoorsaam soos Hy gehoorsaam het, verklaar net soos Hy dat die wet “heilig en reg- verdig en goed” is. Rom. 7: 12. Aan die anderkant, almal wat Gods gebooie breek, bevestig die bewering van die Satan dat die wet onreg- verdig is en nie gehoorsaam kan word nie. Hulle steun dus die bedrog van die groot teenstander en hulle onteer God. Hulle is die kinders van die Bose, wat die eerste rebel teen Gods wet was. Om hulle in die hemel toe te laat, sou net weer die elemente van tweedrag en rebellie daar inbring, en die geluk van die heelal in gevaar stel. Geen mens wat moedswillig een beginsel van die wet veronagsaam, sal die konink- ryk van die hemele binnegaan nie. KE 309.1

Die rabbi's het op hulle geregtigheid gesteun as 'n paspoort na die hemel; maar Jesus het gesê dat dit onvoldoende en waardeloos was. Uiterlike seremonies en 'n teoretiese kennis van die waarheid het die geregtigheid van die Fariseërs uitgemaak. Die rabbi's het aanspraak gemaak op heiligheid op grond van hulle eie pogings om die wet te hou, maar hulle werke het geregtigheid van hulle godsdiens geskei. Terwyl hulle die rituaal nougeset nagekom het, was hulle lewens onsedelik en verlaag. Hulle sogenaamde geregtigheid kon nooit die koninkryk van die hemel binnegaan nie. KE 309.2

Die grootste bedrog in die menslike hart in die tyd van Christus was dat 'n bloot verstandelike aanname van die waarheid die persoon regverdig maak. In die hele ervaring van die lewe is daar bewys dat 'n teoretiese kennis van die waarheid nie genoeg is om die siel te red nie. Dit werp nie die vrugte van geregtigheid af nie. Om vreeslik gesteld te wees op wat genoem word teologiese waarheid gaan dikwels gepaard met haat vir die egte waarheid waar dit in die lewe geopenbaar word. Die swartste hoofstukke in die geskiedenis is die wat beklad is met die dade van godsdiensyweraars. Die Fariseërs het daarop aanspraak gemaak dat hulle kinders van Abraham is, en hulle het gespog dat hulle die orakels van God het; en tog het hierdie voordele hulle nie bewaar van selfsug, kwaadwilligheid, hebsug, en lae huigelary nie. Hulle het gemeen dat hulle die godsdienstigste mense in die wêreld was, maar hulle ortodoksie het hulle nie belet om die Here van heerlikheid te kruisig nie. KE 309.3

Dieselfde gevaar bestaan vandag nog. Vele beskou dit sommer as vanselfsprekend dat hulle Christene is, eenvoudig omdat hulle 'n sekere teologiese belydenis toegedaan is. Maar hulle leef nie die waarheid in die praktiese lewe uit nie. Hulle glo dit nie en het dit nie lief nie, en daarom het hulle nie die krag en genade ontvang wat deur die heiligmaking van die waarheid kom nie. Mense mag geloof in die waarheid bely, maar as dit hulle nie opreg, vriendelik, geduldig, ver draagsaam, en hemelsgesind maak nie, dan is dit 'n vloek vir die besit- ters, en deur hulle invloed word dit 'n vloek vir die wêreld. KE 310.1

Die geregtigheid wat Christus geleer het, is ooreenstemming van die hart en die lewe met die geopenbaarde wil van God. Sondige mense kan regverdig word alleen deur geloof in God en deur lewende gemeenskap met Hom. Dan sal die ware godsaligheid die gedagtes verhef en die lewe veredel. Dan sal die uiterlike vorms van die godsdiens in ooreenstemming wees met die Christen se innerlike reinheid. Dan sal die seremonies wat nodig is in die diens van God nie blote rites sonder betekenis wees soos die van die skynheilige Fariseërs nie. KE 310.2

Jesus het die gebooie een vir een geneem en die diepte en breedte van elkeen verduidelik. Pleks van een jota van hulle krag ter syde te stel, het Hy gewys hoe verreikend hulle beginsels is, en Hy het die dodelike dwaling van die Jode in die uiterlike gehoorsaamheid aan die kaak gestel. Hy het gesê dat mens deur 'n sondige gedagte en wellustige blik die wet van God kan oortree. Iemand wat homself skuldig maak aan die geringste onregverdigheid, oortree die wet en verlaag sy eie sedelike natuur. Moord ontstaan eers in die hart. Diegene wat haatdraend is, begin die pad van die moordenaar te betree,en sy offers is afskuwelik vir God. KE 310.3

Die Jode het die gees van wraaksug gekoester. In hulle haat vir die Romeine het hulle baie harde dinge gesê, en hulle het die Satan behaag deur sy eienskappe te openbaar. Hulle het hulleself dus voorberei om daardie vreeslike dade te doen waartoe hy hulle later beweeg het. In die godsdienstige lewe van die Fariseërs was daar niks om 'n begeerte tot vroomheid by die heidene op te wek nie. Jesus het aan hulle gesê om hulleself nie te bedrieg dat hulle in hulle hart in opstand kan kom teen hulle verdrukkers en 'n wraaksugtige gees kan koester nie. Dit is waar dat daar miskien aanduidings is dat so iets geregverdig mag wees, selfs in die navolgers van Christus. Wanneer hulle sien dat God onteer is en Sy diens belaster word; wanneer hulle sien dat onskuldiges verdruk word, ontstaan daar verontwaardiging wat geregverdig is. As sulke gebelgdheid veroorsaak is deur n fyngevoelige sedelike sin, is dit nie sonde nie. Maar diegene wat meen dat hulle maar kan kwaad word as daar slegs die geringste aanleiding is, maak hulle hart oop vir die Satan. Verbittering en vyandigheid moet uit die hart verban word as ons in harmonie met die hemel wil wees. KE 310.4

Die Heiland het nog verder as dit gegaan. Hy het gesê, “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broer, en kom dan en bring jou gawe.” Daar is vele wat ywerig is in die godsdiens terwyl daar onenigheid is tussen hulle en hulle broeders. God verwag dat hulle alles in hulle vermoë sal doen om die harmonie te herstel. Aleer hulle dit doen, kan Hy nie hulle diens aanneem nie. Die Christen se plig in hierdie saak is duidelik aangewys. KE 311.1

God stort Sy seëninge op almal uit. “Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.” “Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.” Lukas 6: 35. Hy beveel ons om soos Hy self te wees. “Seën die wat vir julle vervloek,” het Jesus gesê; “doen goed aan die wat vir julle haat, . . . sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is. Dit is die beginsels van die wet, en hulle is die fonteine van die lewe. KE 311.2

Gods ideaal vir Sy kinders is hoër as die hoogste menslike ideaal. “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” Hierdie bevel is 'n belofte. Die verlossingsplan beoog ons volkome verlossing uit die mag van die Satan. Christus verlos altyd die boetvaardige siel van die sonde. Hy het gekom om die werke van die Satan te vernietig, en Hy het voorsiening gemaak sodat die Heilige Gees gegee kan word aan elke boetvaardige siel om hom van die sonde te bewaar. KE 311.3

Die bedrywigheid van die versoeker moet nie aangevoer word as 'n verskoning vir selfs een verkeerde daad nie. Die Satan is baie bly wanneer hy hoor dat belydende navolgers van Christus verskonings maak vir hulle karaktergebreke. Dit is sulke ekskuse wat tot die sonde lei. Daar is geen verskoning vir die sonde nie. 'n Heilige temperament, 'n Christelike lewe, is moontlik vir elke boetvaardige, gelowige kind van God. KE 312.1

Die ideaal waarna Christene moet streef, is om soos Christus te wees. Net soos die Seun van die mens volmaak was in Sy lewe, so moet Sy navolgers ook volmaak wees in hulle lewe. Jesus het in alle opsigte aan Sy broeders gelyk geword. Hy het vlees geword net soos ons vlees is. Hy het honger en dors en moeg geword. Hy is deur voedsel versterk en deur slaap verkwik. Hy het die lot van mense aangeneem, en nogtans was Hy die onberispelike Seun van God. Hy was God in die vlees. Sy karakter moet ons s'n wees. Die Here sê van diegene wat in Hom glo, “Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.”Kor. 6: 16. KE 312.2

Christus is die leer wat Jakob gesien het, met die voetstuk rustende op die aarde en met die boonste ent reikende tot by die poort van die hemel — tot by die drumpel van die heerlikheid. As daar by daardie leer net een sport ontbreek het sodat dit nie tot by die aarde gereik het nie, sou ons verlore gegaan het. Maar Christus bereik ons waar ons is. Hy het ons natuur aangeneem en oorwin, sodat ons, deur Sy natuur aan te neem ook mag oorwin. Hy het in “die gelykheid van die sondige vlees” gekom (Rom. 8: 3), en 'n sondelose lewe gelei. Deur Sy godheid neem Hy nou die troon van die hemel beet, en deur Sy mensheid neem Hy ons hand. Hy beveel ons om deur geloof in Hom die heerlikheid van die karakter van God te bereik. Daarom moet ons volmaak wees soos ons “Vader in die hemele volmaak is.” KE 312.3

Jesus het gewys waaruit geregtigheid bestaan, en Hy het na God gewys as die bron daarvan. Nou het Hy Hom gewend tot die praktiese pligte. As daar aalmoes gedoen, gebid, of gevas word, het Hy gesê, moet dit nie gedoen word om die aandag te trek of om lof te verdien nie. Gee in opregtheid vir die voordeel van die lydende armes. In die gebed moet die siel met God gemeenskap hou. As daar gevas word, moet ons nie loop met 'n droewige gelaat, en 'n hart vol van gedagtes van selfbejammering nie. Die hart van die Fariseër is dorre, waardelose aarde waarin geen saad van goddelike lewe kan groei nie. Dit is die een wat homself volkome aan God oorgee wat die aanneemlikste diens sal lewer. Dit is deur gemeenskap met God dat mense medewerkers van Hom word om Sy karakter aan die mensheid voor te stel. KE 312.4

Die diens wat met 'n opregte hart gedoen word, het groot loon. “Jou Vader wat in die verborge sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.” Ons karakter word gevorm deur die lewe wat ons deur die genade van Christus lewe. Dit is dan wanneer die oorspronklike lieflikheid in die siel begin herstel word. Die eienskappe van die karakter van Christus word meegedeel, en die beeid van die Goddelike begin te skyn. Die gelaat van manne en vroue wat met God wandel en werk, weerkaats die vrede van die hemel. Hulle is omring van die atmosfeer van die hemel. Vir sulke siele het die koninkryk van God reeds begin. Hulle het Christus se vreugde — die vreugde om 'n seën te wees vir die mensheid. Hulle het die eer om aangeneem te wees vir die Meester se gebruik; hulle word vertrou om Sy werk in Sy Naam te doen. KE 313.1

“Niemand kan twee here dien nie.” Ons kan God nie met 'n verdeelde hart dien nie. Die Bybelse godsdiens is nie een invloed onder 'n klomp ander nie; sy invloed moet bokant alle ander wees en moet hulle oorheers. Dit is nie soos die aanbring van kleure hier en daar op die doek nie, maar dit moet deur die hele lewe werk asof die doek heeltemal in die verf gedoop is, sodat die hele weefsel, elke draad, die kleur onuitwisbaar aanneem. KE 313.2

“As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.” Reinheid en doelbewustheid is die voorwaardes vir die ontvangs van lig van God. Hy wat graag die waarheid wil weet, moet gewillig wees om alles aan te neem wat geopenbaar word. Hy kan geen kompromis aangaan met dwaalleer nie. Om te weifel en halfhartig te wees met betrekking tot die aanname van waarheid, is om die duisternis van dwaalleer en sataniese bedrog te kies. KE 313.3

'n Wêreldse beleid en die reguit beginsels van geregtigheid, sal nooit met mekaar saamsmelt soos die kleure van die reënboog nie. Tussen die twee word 'n duidelike en helder lyn getrek deur die ewige God. Gelykheid aan Christus verskil so radikaal van gelykheid aan die Satan as die middag van die middernag. Alleen diegene wat die lewe van Christus lewe, is Sy medewerkers. As een sonde in die lewe gekoester word, as een verkeerde ding in die lewe behou word, is die hele lewe besoedel. Die man word 'n werktuig van die ongeregtigheid. KE 314.1

Almal wat die diens van God gekies het, moet rus in Sy bewaring. Christus het na die voëls van die hemel gewys, en na die lelies van die veld, en Sy hoorders gevra om te let op die voorwerpe van Gods skepping. “Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” het Hy gevra. Matt. 6: 26. Die mate van goddelike sorg wat aan n ding bestee word, geskied in verhouding tot die rang wat daardie ding inneem onder die dinge wat in aansyn geroep is. 'n Mossie word deur die Voorsienigheid beskerm. Die blomme van die veld, die gras wat 'n tapyt werp op die aarde — alles word gesien en versorg deur ons hemelse Vader. Die groot Meesterkunstenaar het aandag bestee aan die lelies, sodat hulle heerlikheid die van Salomo oortref. Hoeveel meer sorg Hy nie vir die mens wat in die beeid en heerlikheid van God geskape is nie! Hy sien graag dat Sy kinders 'n karakter soos Syne openbaar. Net soos die sonstrale aan die blomme hulle pragtige kleure gee, so wil God aan die siel die heerlikheid van Sy eie karakter meedeel. KE 314.2

Almal wat Christus se koninkryk van liefde en geregtigheid en vrede kies, en die belange daarvan bo alle ander belange stel, is verbind met die wêreld daarbo, en elke seën wat nodig is vir hierdie lewe sal aan hulle gegee word. In die boek van Gods voorsienigheid, die boek van die lewe, kry elkeen van ons 'n bladsy. Daardie bladsy bevat elke besonderheid van ons geskiedenis; selfs die hare van ons hoof is getel. Gods kinders is nooit uit Sy gedagte uit nie. KE 314.3

Kwel julle dus nie oor more nie.” Matt. 6: 34. Ons moet Christus dag na dag volg. God gee nie hulp vir more nie. Hy gee nie aan Sy kinders al die opdragte vir hulle lewe meteens nie, sodat hulle nie miskien verward raak nie. Hy vertel hulle net soveel as wat hulle kan onthou en doen. Die krag en wysheid wat Hy gee, is vir die hede. “As iemand van julle wysheid kortkom,” vir vandag, “laat hom dit van God bid, wat vir almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.” Jakobus 1: 5. KE 314.4

“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel mag word nie.” Moenie dink dat julle beter as ander mense is nie, en moet julieseif nie aanstel as regters oor hulle nie. Omdat ons nie die motiewe van ander kan vasstel nie, kan ons mekaar ook nie oordeel nie. Waar ons 'n ander oordeel, spreek ons vonnis uit oor onsself, want ons bewys daardeur dat ons saam met die Satan aanklaers van ons broeder is. Die Here sê, “Ondersoek julieseif of julle in die geloof is; stel julleself op die proef.” Dit is ons werk. “Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.” 2 Kor. 13: 5; 1 Kor. 11: 31. KE 315.1

Die goeie boom sal goeie vrugte voortbring. As die vrugte sieg is en nie geëet kan word nie, is die boom sleg. So ook sal die vrugte wat 'n mens se lewe afwerp, getuig van die toneel van jou hart en die uitnemendheid van die karakter. Die saligheid kan nooit met goeie werke gekoop word nie, maar dit is die bewys van die geloof wat deur die liefde werk en die siel reinig. Hoewel ons ewige loon nie bereken word volgens ons verdienste nie, sal dit geskied volgens die werk wat ons gedoen het deur die genade van Christus. KE 315.2

So het Christus die beginsels van Sy koninkryk verduidelik as die groot maatstaf van die lewe. Om die les te beklink, het Hy dit met n illustrasie toegelig. Dit is nie genoeg vir julle om My woorde te hoor nie. Deur gehoorsaamheid moet julle dit die grondslag van julle karakter maak. Ons eie krag is soos die dryfsand. As julle op menslike teorieë en planne bou, sal julle huis val. Dit sal weggevoer word deur die winde van versoeking en die storms van beproewing. Maar die beginsels wat Ek aan julle verkondig het, sal bly. Neem My aan; bou op My woorde. KE 315.3

“Elkeen wat dan na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.” Matt. 7: 24, 25. KE 315.4