Die Handelinge Van Die Apostels

1/59

Die Handelinge Van Die Apostels

Voorwoord

Die vyfde boek van die Nuwe Testament staan vanaf die vroegste tye bekend as Die Handelinge van die Apostels; maar hierdie titel kom nie in die boek self voor nie. Een van die vroegste manuskripte, die Kodeks Sinaïtikus, gee eenvoudig die titel Handelinge aan, sonder om van die apostels melding te maak. Daar is ‘n rede voor. Handelinge is bedoel om meer te wees as ‘n blote relaas van die diens wat die twaalf dissipels gelewer het, veel meer as die hoofsaaklike gebeure in die lewenswerk van die vier vernaamste persoonlikhede, Petrus, Jakobus, Johannes en Paulus. DHDA .0

Die boek Handelinge is vir die hele gemeente, Jode sowel as Heidene, deur “...die geneesheer Lukas, die geliefde...”, ‘n bekeerling uit die Heidene, geskryf. Hoewel dit ‘n tydperk van weinig meer as drie dekades dek, is dit deurspek met belangrike lesse vir die kerk in elke eeu. In die boek Handelinge toon God duidelik aan dat die hedendaagse Christen die teenwoordigheid van dieselfde Gees sal ervaar soos wat tydens die Pinksterfees met krag neergedaal en die evangelieboodskap tot ‘n groot vlam aangeblaas het. Die handelinge van die Heilige Gees deur Petrus, Paulus, Johannes, Jakobus en die ander, kan in die hedendaagse dissipel herhaal word. DHDA .0

Dat die boek Handelinge so plotseling eindig, is geen toeval nie; dit doen opsetlik aan die hand dat die opwindende verhaal onvoltooid is en dat die handelinge van God deur die Gees nog gedurende die hele Christelike bedeling opgevolg sal word-dat elke opeenvolgende geslag ‘n pragtige en kragtige hoofstuk sal byvoeg by wat voorafgegaan het. Die handelinge wat in hierdie merkwaardige boek opgeteken staan, is in die volste sin die handelinge van die Gees, want in die dae van die apostels was dit die Heilige Gees wat as Raadgewer en Helper van die Christenleiers na vore getree het. Tydens die Pinksterfees is die biddende dissipels met die Heilige Gees vervul, waarna hulle die evangelie met krag verkondig het. Die sewe manne wat as DHDA .0

diakens gekies is, was “...vol van die Heilige Gees en wysheid.” (Handelinge 6:3). Dit is die Heilige Gees wat leiding gegee het met betrekking tot die ordening van Saulus (9:17); met betrekking tot die aanvaarding van Heidene as lede van die kerk (10:44-47); die afvaardiging van Barnabas en Saulus vir sendingwerk (13:2-4); die Raad van Jerusalem (15:28); en in Paulus se sendingreise (16:6,7). Tydens ‘n ander geleentheid toe die kerk wrede vervolging van die Romeine en die Jode moes verduur, was dit die Gees wat die gelowiges onderskraag en teen dwaling beskerm het. DHDA .0

Die Handelinge van die Apostels was een van die laaste boeke wat deur Ellen G White geskryf is. Dit is ‘n paar jaar voor haar dood uitgegee. Dit is een van die insiggewendste boeke van haar lang loopbaan. Die gewone leser sal lig daarin vind om vir Christus te kan getuig. Die boodskap van die boek is modern en dat dit ter sake is, blyk uit die feit dat die skryfster moeite gedoen het om daarop te wys dat die twintigste eeu ‘n groter uitstorting van geestelike krag sal beleef as selfs die Pinkster-tydperk. Die afsluiting van die evangeliewerk sal in geen opsig minder krag van die Heilige Gees aan die dag lê as dit wat die aanvang daarvan gekenmerk het nie. DHDA .0

Dat die leser ‘n aandeel in hierdie herverordening van die heerlike gebeurtenisse in die beginstadium van die kerk mag hê en terselfdertyd teen die listige namaaksels van die vyand van siele beskerm mag wees, is die bede en innige verlange van- DHDA .0

DIE UITGEWERS