Die Groot Stryd (1911)

2/44

Inleiding

Voor die sondeval het Adam regstreekse gemeenskap met sy Skepper geniet; maar sedert die mens homself deur oortreding van God geskei het, is hy van hierdie groot voorreg afgesny. Deur die verlossingsplan is daar egter ‘n weg geopen waardeur die bewoners van die aarde steeds verbinding met die hemel kon hê. God het deur Sy Heilige Gees met mense gekommunikeer en Goddelike lig is aan die wêreld deur openbarings aan Sy uitverkore dienaars gegee. “Deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” (2 Pet 1:21). GS .0

Gedurende die eerste tweeduisend-vyfhonderd jaar van die mensegeskiedenis, was daar geen skriftelike openbaring nie. Diegene wat deur God geleer is, het hul kennis aan ander meegedeel en dit is deur die opeenvolgende geslagte van vader na seun oorgedra. Die voorbereiding van die geskrewe woord het in die tyd van Moses begin. Geïnspireerde openbarings is toe in ‘n geïnspireerde boek vervat. Hierdie werk het gedurende die lang periode van sestienhonderd jaar, vanaf Moses, die geskiedskrywer van die skepping en die wet, tot Johannes, die skrywer van die mees verhewe waarhede van die evangelie, voortgeduur. GS .0

Die Bybel verwys na God as die Outeur; tog is dit deur mensehande geskrywe; en in die afwisselende styl van die verskillende boeke word die karaktereienskappe van verskeie skrywers geopenbaar. Hierdie waarhede is almal “...deur God ingegee...” (2 Tim 3:16); tog is dit in die woorde van mense uitgedruk. Die Oneindige het, deur Sy Heilige Gees, lig in die gedagtes en harte van Sy dienaars gewerp. Hy het drome en visioene, simbole en figure gegee; en diegene aan wie die waarheid aldus geopenbaar is, het self die gedagte in mensetaal vergestalt. GS .0

Die tien gebooie is deur God self gespreek en met Sy eie hand geskryf. Hulle is van Goddelike en nie van menslike samestelling nie. Maar die Bybel, met sy Godgegewe waarhede in die taal van mense uitgedruk, bied ‘n samesmelting van die Goddelike en die menslike. Hierdie eenheid bestaan in die natuur van Christus, wat die Seun van GS .0

God en ook die Seun van die mens was. Dit is dus net so waar van die Bybel, soos van Christus: “Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon” (Joh 1:14). GS .0

In verskillende eeue geskryf, is die boeke van die Bybel deur mense wat grootliks in rang en beroep, sowel as in verstandelike en geestelike gawes verskil, geskryf en bied ‘n wye kontras in styl, sowel as ‘n verskeidenheid in die aard van die onderwerpe. Verskillende vorms van uitdrukking word deur verskillende skrywers gebruik; dieselfde waarheid word dikwels meer opvallend deur die een as deur die ander aangebied. En aangesien verskeie skrywers ‘n onderwerp onder uiteenlopende aspekte en verhoudings aanbied, mag dit vir die oppervlakkige, onverskillige, of bevooroordeelde leser as foutief of teenstrydig voorkom, waar die bedagsame, eerbiedige student met duideliker insig, die onderliggende harmonie sal onderskei. GS .0

Soos dit deur verskillende individue aangebied word, word die waarheid in sy uiteenlopende aspekte na vore gebring. Een skrywer word sterker deur een fase van die onderwerp aangegryp; hy begryp die punte wat met sy eie ervaring of met sy vermoë van persepsie en waardering ooreenstem; ‘n ander word deur ‘n ander fase aangegryp; en elkeen, onder leiding van die Heilige Gees, bied dít aan wat die treffendste indruk op sy gemoed maak - ‘n verskillende aspek van die waarheid in elkeen, maar in perfekte harmonie met almal. En die waarhede wat so geopenbaar word, verenig in ‘n volmaakte geheel en word aangepas om in die behoeftes van mense in alle omstandighede en ervaring van die lewe te voldoen. GS .0

Dit het God behaag om Sy waarheid aan die wêreld deur menslike middelaars te kommunikeer en Hyself, deur Sy Heilige Gees, het mense gekwalifiseer en in staat gestel om hierdie werk te verrig. Hy het die denke in die keuse van wat om te sê en wat om te skryf gelei. Hoewel hierdie skat aan aardse wesens toevertrou is, is dit nieteenstaande van die hemel afkomstig. Die getuienis word deur die onvolmaakte taal van mense oorgedra, maar tog is dit die getuienis van God; en die gehoorsame, gelowige kind van God sien die heerlikheid van Goddelike krag daarin, vol genade en waarheid. GS .0

In Sy woord, het God die nodige kennis vir redding aan mense, toegewy. Die Heilige Skrif moet as die gesaghebbende, onfeilbare openbaring van Sy wil aanvaar word. Dit is die maatstaf van karakter, die openbaarmaking van leerstellings en die toets van ervaring. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim 3:16,17). GS .0

Tog het die feit dat God Sy wil deur Sy Woord aan die mens geopenbaar het, nie die voortgesette teenwoordigheid en leiding van die Heilige Gees onklaar gemaak nie. Inteendeel, die Gees is deur ons Verlosser belowe om die Woord aan Sy dienaars te openbaar en die leerstellings daarvan toe te lig en toe te pas. En aangesien die Bybel deur die Gees van God geïnspireer is, is dit onmoontlik vir die lering van die Gees om ooit in stryd met die Woord te wees. GS .0

Die Gees is nie gegee nie en kan ook nooit gegee word, om die Bybel te vervang nie; want die Skrif sê uitdruklik dat die Woord van God die maatstaf is waarvolgens alle onderrig en ervaring getoets moet word. Die apostel Johannes sê: “...glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” (1 Joh 4:1). En Jesaja verklaar: “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.”(Jes. 8:20). GS .0

Groot oneer, deur die dwaling van ‘n klas wat beweer dat hulle geen verdere leiding uit die woord van God nodig het nie, is op die werk van die Heilige Gees gewerp. Hulle word deur indrukke wat hulle as die stem van God in die siel beskou, gelei. Maar die gees wat hulle beheer is nie die Gees van God nie. Hierdie navolging van indrukke tot die verwaarlosing van die Skrifte, kan slegs tot verwarring, misleiding en vernietiging lei. Dit dien slegs om die oogmerke van Satan te bevorder. Aangesien die bediening van die Heilige Gees van kardinale belang vir die kerk van Christus is, is dit een van die instrumente van Satan om, deur die dwalinge van ekstremiste en fanatici, minagting op die werk van die Gees te werp en te veroorsaak dat die volk van God hierdie Bron van krag wat ons Here self voorsien het, te verwaarloos. GS .0

In ooreenstemming met die woord van God, moes Sy gees gedurende die volle periode van die bediening van die evangelie met die werk voortgaan. Gedurende die eeue, waartydens die Skrifte van beide die Ouen Nuwe Testament gegee is, het die Heilige Gees nie opgehou om lig aan die individuele denke oor te dra nie, uitgesonderd die openbarings wat in die Heilige Kanon vervat moes word. Die Bybel vertel self hoe mense deur die Heilige Gees waarskuwing, teregwysing, raad en onderrig ontvang het in sake wat geensins verband hou met die gee van die Skrif nie. En daar word van profete in verskillende eeue melding gemaak, van wie se uitsprake daar niks opgeteken is nie. Net so moes die Heilige Gees na die afsluiting van die kanon van die Skrif, steeds met Sy werk voortgaan om die kinders van God te verlig, te waarsku en te vertroos. GS .0

Jesus het Sy dissipels belowe: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei ... en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” (Joh 14:26;16:13). Die Skrif leer duidelik dat hierdie beloftes nie tot die apostoliese era beperk was nie, maar van toepassing is op die kerk van Christus in alle eeue. Die Heiland het Sy volgelinge verseker: “Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” (Matt 28:20). En Paulus verklaar dat die gawes en openbaringe van die Gees in die kerk opgestel is “...om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man en die mate van die volle grootte van Christus.” (Ef 4:12,13). GS .0

Vir die gelowiges in Éfese het die apostel gebid: “...dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van Sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van Sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van Sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van Sy sterkte.” (Ef 1:17-19). Dit was dus die seën wat Paulus vir die gemeente in Éfese gesmeek het, die bediening van die Goddelike Gees om die begrip te verlig en die diep dinge van God se heilige Woord oop te maak. GS .0

Na die wonderbaarlike manifestasie van die Heilige Gees op Pinksterdag het Petrus, die mense vermaan om hulle te bekeer en hulle in die naam van Christus te laat doop, vir die kwytskelding van sondes en gesê: “En julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep.” (Hand 2:38,39). GS .0

In regstreekse verband met die tonele van die groot dag van God, het die Here deur die profeet Joël, ‘n spesiale manifestasie van Sy Gees belowe (sien Joël 2:28). Hierdie profesie is gedeeltelik met die uitstorting van die Gees op Pinksterdag vervul; maar dit sal ten volle vervul word in die openbaring van Goddelike genade met die sluiting van die werk van die evangelie. GS .0

Die groot stryd tussen goed en kwaad sal tot aan die einde van tyd in intensiteit toeneem. Die toorn van Satan is deur al die eeue heen teen die kerk van Christus geopenbaar; en God het Sy genade en Gees aan Sy volk geskenk om hulle te versterk om teen die mag van die bose staande te bly. Toe die apostels van Christus Sy evangelie aan die wêreld moes oordra en vir alle toekomstige eeue moes opteken, is hulle spesiaal met die lig van die Gees bedeel. Maar namate die kerk haar finale bevryding nader, sal Satan met groter krag werk. Hy sal “...na julle [neerdaal] met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Openb 12:12). Hy sal “...met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen...” werk. (2 Tes 2:9). Vir sesduisend jaar is hierdie meesterbrein, wat eens die hoof van die engele van God was, ten volle op die bewerking van misleiding en ondergang ingestel wees. En al die dieptes van die sataniese vaardigheid en subtiliteit wat verwerf is, al die wreedhede wat gedurende hierdie stryd van die eeue ontwikkel is, sal in die finale konflik teen God se volk te berde gebring word. En in hierdie tyd van gevaar moet die volgelinge van Christus die waarskuwing van die Here se tweede koms aan die wêreld oordra; en ‘n volk moet voorbereid wees om met Sy koms “...vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind ... word.” (2 Pet 3:14). Die spesiale skenking van Goddelike genade en krag vir die kerk word nie minder in hierdie tyd as in die apostoliese era benodig nie. GS .0

Die tonele van die langdurige stryd tussen goed en kwaad is deur die lig van die Heilige Gees, aan die skryfster van hierdie bladsye geopenbaar. Van tyd tot tyd was ek toegelaat om die werking van die groot stryd tussen Christus, die Vors van die lewe en die Outeur van ons redding, in die verskillende eeue en Satan, die vors van die bose en die outeur van die sonde, die eerste oortreder van God se heilige wet te aanskou. Satan openbaar sy vyandigheid teenoor Christus teen Sy volgelinge. Dieselfde haat vir die beginsels van God se wet, dieselfde beleid van misleiding wat dwaling as waarheid laat voorkom, waardeur God se wet met menslike wette vervang word en mense gelei word om die skepsel eerder as die Skepper te aanbid, kan in die geskiedenis van die verlede nagespoor word. Satan se pogings om te veroorsaak dat mense ‘n wanvoorstelling van die karakter van God koester en Hom aldus eerder met vrees en haat as met liefde beskou, sy pogings om die Goddelike wet ter syde te stel en die mense onder die indruk te bring dat hulle vry van die vereistes daarvan is en sy vervolging van diegene wat dit waag om sy misleiding te weerstaan, is onwrikbaar deur al die eeue heen gevolg. Dit kan in die geskiedenis van die aartsvaders, profete en apostels, van martelare en hervormers, nagespeur word. GS .0

In hierdie groot, finale stryd, sal Satan dieselfde beleid volg, dieselfde gees openbaar en dieselfde doel nastreef as in alle voorafgaande eeue. Dit wat was, sal weer wees, behalwe dat die komende stryd gekenmerk sal word met ‘n vreeswekkende intensiteit soos die wêreld nog nooit ervaar het nie. Satan se misleidings sal meer subtiel wees en sy aanvalle meer vasberade, “...om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” (Mark 13:22). GS .0

Namate die Gees van God die groot waarhede van Sy Woord en die tonele van die verlede en die toekoms aan my geopenbaar het, is ek gelas om dit wat geopenbaar is aan ander bekend te maak - om die geskiedenis van die stryd in vorige eeue na te speur en dit veral aan te bied om lig op die vinnig-naderende stryd van die toekoms te werp. Om hierdie doel te bereik, het ek gepoog om gebeure in die geskiedenis van die kerk op so ‘n wyse te selekteer en saam te groepeer, dat dit die ontplooiing van die groot toetse van waarheid wat in verskillende tydperke aan die wêreld gegee is, wat die toorn van Satan en die GS .0

vyandskap van ‘n wêreld-liefhebbende kerk ontketen het en wat deur die getuienis van diegene wat “...tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie...” (Openb 12:11) gehandhaaf word, na te speur. GS .0

In hierdie verslae, kan ons ‘n voorafskaduwing van die stryd voor ons sien. Deur hulle in die lig van God se Woord en in die lig van Sy Heilige Gees te aanskou, kan ons die listigheid van die Bose sien, asook die gevare wat diegene, wat onberispelik voor die Here tydens Sy koms wil staan, moet vermy. GS .0

Die groot gebeure wat die vooruitgang van hervorming in die afgelope eeue gekenmerk het, is bekende geskiedenis, wat algemeen deur die Protestantse wêreld erken word; dit is feite wat niemand kan betwis nie. Hierdie geskiedenis het ek kortliks, in ooreenstemming met die omvang van hierdie boek en met die bondigheid wat noodwendig in ag geneem moet word deur die feite in so min moontlik ruimte, konsekwent met ‘n behoorlike verstaan van hul toepassing saam te vat. In sommige gevalle waar die geskiedskrywer die feite so gegroepeer het dat hy kortliks, ‘n omvattende oorsig van die onderwerp kon bied, of die gegewens op ‘n gerieflike wyse saamgevat het, word sy woorde aangehaal; maar in sommige gevalle is geen spesifieke krediet verleen nie, omdat die woorde nie aangehaal is om daardie skrywer as gesag te siteer nie, maar omdat sy verklaring ‘n gepaste en kragdadige aanbieding van die onderwerp bied. In die beskrywing van die ervarings en sienings van diegene wat die werk van hervorming in ons tyd voortsit, is soortgelyke gebruik van hul gepubliseerde werke gemaak. GS .0

Dit is nie soseer die doel van hierdie boek om nuwe waarhede aangaande die stryd van vroeëre tydperke aan te bied nie, as om feite en beginsels na vore te bring wat op toekomstige gebeure betrekking het. Maar, beskou as deel van die stryd tussen die magte van lig en duisternis, word ‘n nuwe betekenis aan al hierdie verslae van die verlede verleen en deur hulle word daar lig op die toekoms gewerp, wat die weg van diegene verlig wat, soos die hervormers van die verlede, geroep sal word om selfs teen die grootste gevaar te getuig vir die “...Woord van God en die getuienis van Jesus Christus.” GS .0

Die doel van hierdie boek is om die tonele van die groot stryd tussen waarheid en dwaling te ontvou; om die listigheid van Satan en die wyse GS .0

waarop hy suksesvol weerstaan kan word te openbaar; om ‘n bevredigende oplossing vir die groot probleem van boosheid aan te bied, deur só ‘n lig op die oorsprong en die uiteindelike gesindheid van sonde te werp, om die welwillendheid van God in al Sy handelinge met Sy skepsels ten volle te openbaar; en om die heilige, onveranderlike aard van Sy wet te toon. Die ernstige gebed van die skryfster, is dat siele deur die invloed hiervan uit die mag van duisternis verlos mag word “...om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig...” tot lof van Hom wat ons liefgehad het en Homself vir ons gegee het. GS .0

EGW