Die Verhaal Van Profete en Konings

1/69

Die Verhaal Van Profete en Konings

Voorwoord

Die Verhaal van Profete en Konings is die tweede in ‘n reeks van vyf uitstaande volumes wat die heilige geskiedenis omvat. Dit was egter die laaste boek van die reeks en die laaste van die vele in-diepte werke wat uit die begaafde pen van Ellen G White gekom het. In die sewentig jaar van haar optredes en skrywes in Amerika en in die buiteland, het Mev White altyd die groter betekenis van die gebeure in die geskiedenis aan die publiek voorgehou en onthul dat, in die optrede van mense, die ongesiene invloede van regverdigheid en die bose nagespeur kan word - die hand van God en die werk van die groot teëstander. DVvPEk .0

Met diepe insig in Goddelike voorsienigheid trek die outeur die gordyn weg en openbaar n geskiedenisfilosofie van hoe die gebeure van die verlede ewige betekenis aanneem. Sy verwoord hierdie filosofie soos volg: DVvPEk .0

“Die sterkte van volke en individue word nie gevind in die geleenthede en fasiliteite wat blyk asof dit hulle onoorwinlik maak nie; dit word ook nie in hulle gespog oor hul grootheid gevind nie. Alleenlik die mag en doel van God kan hulle groot of sterk maak. Hulle besluit self, deur hulle ingesteldheid teenoor God se doel, oor hul eie lot. DVvPEk .0

“Die menslike geskiedenis vertel van die mensdom se prestasies, sy oorwinnings in oorloë, sy sukses in die reik na wêreldse grootheid. God se geskiedenis beskryf die mens soos die hemel hom sien.” DVvPEk .0

Hierdie volume, Profete en Konings, begin met die verslag van Salomo se roemryke regering oor Israel, ‘n verenigde koninkryk, met die tempel van Jehova as die middelpunt van ware aanbidding. Hier word die lotgevalle van ‘n begunstigde en uitverkore volk, verskeur tussen trou aan God en die dien DVvPEk .0

van die gode van die nasies rondom hulle, nagespeur. En hier kan, deur ‘n deurslaggewende periode in hierdie wêreld se geskiedenis, die dramatiese bewyse van die verwoede stryd tussen Christus en Satan vir die harte en trou van die mensdom, duidelik gesien word. DVvPEk .0

Die boek is ryk aan fassinerende karakterstudies - die wyse Salomo, wie se wysheid hom nie van afvalligheid weerhou het nie; Jerobeam, die self-dienende beleidsman en die bose gevolge wat op sy heerskappy gevolg het; die magtige en vreeslose Elia; Elisa, die profeet van vrede en genesing; Agas, die bang en bose; Hiskia, die lojale en goedhartige; Daniël, die geliefde van God; Jeremia, die profeet van smarte; Haggai, Sagaria en Maleagi, profete van die herstel. Bo hulle almal styg die heerlikheid van die komende Koning, die Lam van God, die eniggebore Seun uit, in Wie die tipiese offerandes hul vervulling vind. DVvPEk .0

Patriarge en Profete, die eerste boek in die reeks, omvat die wêreld se geskiedenis van die Skepping tot aan die einde van Dawid se regering; Die Koning van die Eeue, die derde boek, behandel die lewe en bediening van Christus; hierdie volume, Profete en Konings, pas tussen hierdie twee boeke in. Die Handelinge van die Apostels, die vierde boek, beeld die geskiedenis uit van die vroeë Christelike kerk; en Die Groot Stryd, die laaste in die reeks, volg op profetiese trant, die konflik-verhaal tot in ons dae en dan ook verder, tot by die aarde wat nuut gemaak word. DVvPEk .0

The Story of Profits and Kings, wat herhaaldelik op aanvraag vanaf die eerste verskyning herdruk is, word tans aan die publiek in ‘n aantreklike nuwe formaat gebied, maar met geen veranderings aan die teks of bladsynommers nie. Die nuwe uitgawe is opgekikker met aantreklike illustrasies, DVvPEk .0

waarvan baie oorspronklike kunswerk, wat spesifiek vir hierdie werk ontwerp is, bevat. DVvPEk .0

Dit is die opregte wens van die uitgewers en die Raad van Trustees van die Ellen G White Uitgewery, dat hierdie volume met sy ryk lesse van geloof in God en Sy Seun, die Verlosser van die wêreld en die verhale van Sy voorsienigheid in die lewens van uitmuntende mans en vrouens in Ou Testamentiese tye, die godsdienstige ervaring mag verdiep en die verstand van almal wat hierdie bladsye lees sal verlig. DVvPEk .0

Die Raad Van Trustees Van Die Ellen G White Uitgewers.