Opvoeding
Die Lewenstaak
“MAAR EEN DING.”
SUKSES in enige rigting vereis ‘n spesifreke doel. Hy wat in die lewe ware sukses wil behaal, moet voortdurend die doel wat sy strewe waardig is, in die oog hou. So ‘n doel word voor vandag se jongmense gestel. Die hemelse strewe om in hierdie geslag die evangelie aan die wêreld te verkondig, is die edelste wat enige mens kan aangryp. Dit stel ‘n arbeidsveld oop vir elkeen wie se hart Christus aangeraak het. Op 262.1
Gods voorneme vir die kinders wat langs ons vuurherde grootword, is wyer, dieper, hoër, as wat ons beperkte visioen ingeneem het. Uit die nederigste lot is diegene wat Sy oe getrou bevind het, in die verlede al geroep om in die wêreld se hoogste posisies vir Hom getuies te wees. En menige jongeling vandag, wat soos Daniel in sy Judese ouerhuis opgroei en Gods Woord en Sy werke bestudeer, terwyl hy die lesse van getroue diens leer, sal nog in wetgewende vergaderings, geregshowe of in koninklike howe vir die Koning van die konings as getuie staan. Menigtes sal tot ‘n wyer diens geroep word. Die hele wêreld gaan vir die evangelie oop. Ethiopië strek die hande na God uit. Uit Japan en China en Indie, uit die steeds verduisterde lande van ons eie kontinent, uit elke oord van hierdie wêreld van ons, kom die hulpgeroep van sondebelaste harte vir ‘n kennis van die God van liefde. Miljoene der miljoene het nog nooit eers van God gehoof of van Sy liefde wat in Christus geopenbaar is nie. Hulle is daarop geregtig om hierdie kennis te ontvang. Hulle het saam met ons ‘n gelyke aanspraak op die Heiland se genade. En dit berus by ons wat die kennis ontvang het, saam met ons kinders aan wie ons dit kan meedeel, om op hulle geroep te antwoord. Aan elke huisgesin en elke skool, aan elke ouer, onderwyser en kind op wie die lig van die evangelie geskyn het, word in hierdie krisis die vraag gestel wat tot Ester, die koningin tydens daardie belangrike krisis in Israel se geskiedenis gerig is;”Wie weet of jy nie met die oog op ‘n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie?” Ester 4:14. Op 262.2
Diegene wat dink aan die gevolge daarvan om die evangelie te bespoedig of in die wiele te ry, dink daaraan in verhouding tot hulleself en tot die wêreld. Min dink aan die verband met God. Min bepeins die lyding wat die sonde ons Skepper aangedoen het. Die ganse hemel het tydens Christus se foltering gely, maar daardie lyding het nie met Sy openbaarmaking as mens begin of geëindig nie. Die kruis is ‘n openbaring aan ons afgestompte gewaarwording van die pyn wat sonde, reg van sy ontstaan af, tot die hart van God gebring het. Elke afwyking van wat reg is, elke wrede daad, elke mislukking van die mensdom om Sy ideaal te bereik, bring vir Hom droefheid.Toe Israel die onheil oorgekom het wat die gewisse gevolg van verwydering van God was - onderwerping deur hul vyande, wreedheid en die dood - is daar van Hom gesê dat Hy “ongeduldig geword [het] oor die moeite van Israel.” “In al hulle benoudheid was Hy benoud,... en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.”Rigters 10:16; Jesaja 63:9. Op 263.1
Sy Gees “tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.'‘ Terwyl “die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is”(Romeine 8:26,22), word die hart van die ewige Vader in meegevoel seer. Ons wêreld is ‘n ontsaglike groot melaatse gestig, ‘n toneel van ellende waaroor ons nie eens durf om ons gedagtes te laat gaan nie. As ons dit kon begryp soos dit werklik is, sou die las te ontsettend wees. Tog voel God dit alles. Om die sonde en sy gevolge te vernietig, het Hy Sy Dierbaarste gegee en Hy het dit in ons mag gestel om, deur samewerking met Hom, hierdie toneel van ellende te beëindig. “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”Matthéus 24:14. Op 263.2
“Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15), is Christus se bevel aan Sy volgelinge. Nie dat almal geroep is om in die gewone sin van die woord predikante of sendelinge te wees nie; maar almal kan Sy medewerkers wees om die”blye ryding”aan hul medemens te verkondig. Aan almal, groot of klein, geleerd of onkundig, oud of jonk, word die bevel gegee. Op 264.1
Gedagtig aan die bevel, kan ons ons seuns en dogters vir ‘n lewe van fatsoenlike konvensionaliteit opvoed, ‘n lewe wat voorgee om Christelik te wees, maar wat Sy selfopoffering kortkom, ‘n lewe oor wie die uitspraak van Hom wat die waarheid is, moet wees:“Ek het jullle nooit geken nie”? Op 264.2
Duisende handel so. Hulle wil graag vir hul kinders die voordele van die evangelie verkry, terwyl hulle die gees daarvan verloën. Maar dit kan nie gebeur nie. Diegene wat die voorreg van sielsgemeenskap met Christus in diens verwerp, verwerp die enigste opleiding wat ‘n geskiktheid vir deelname saam met Hom aan Sy heerlikheid voorsien. Hulle verwerp die opleiding wat in hierdie lewe karakterkrag en -adel verleen. Menige vader en moeder, wat hul kinders van Christus se kruis teruggehou het, het te laat geleer dat hulle hul sodoende aan die vyand van God en die mens oorgegee het. Hulle het hul ondergang verseël, nie net vir die toekomstige lewe nie, maar ook vir die teenswoordige. Die versoeking het hulle oorweldig. Hulle het as vloek vir die wêreld grootgeword, ‘n verdriet en ‘n skande vir diegene wat aan hulle hul bestaan gegee het. Selfs wanneer hulle probeer om vir die diens van God ‘n voorbereiding te ontvang, word baie deur verkeerde opvoedingsmetodes van koers gebring. Die lewe word te veel beskou as iets wat uit afgebakende tydperke bestaan, die tydperk om te studeer en die tydperk om te doen - van voorbereiding en van prestasie.Tervoorbereiding vir'n lewe van diens, word jongmense skool toe gestuur om deur ‘n studie van boeke kennis te verwerf. Van die verantwoordelikhede van die alledaagse lewe afgesny, raak hulle in studie verdiep en dikwels verloor hulle die doel daarvan uit die oog. Die gloed van hul vroeë toewyding koel af en te veel raak met die een of ander persoonlike, selfsugtige ambisie behep. Na afstudering vind duisende uit dat hulle uit voeling met die lewe geraak het. Hulle het so lank met die abstrakte en die teoretiese omgegaan dat wanneer die hele wese gewek moet word om die felle stryd van die werklike lewe die hoof te bied, hulle onvoorbereid is. In plaas van die edele werk wat hulle beplan het, word hul kragte in beslag geneem deur ‘n sparteling bloot om te bestaan. Na herhaalde teleurstellings, selfs wanhopig om ooit ‘n eerlike heenkome te vind, beland baie in twyfelagtige en misdadige gewoontes. Die wêreld word beroof van die diens wat dit kon verkry het en God word beroof van die siele wat Hy graag wou ophef, veredel en as Sy eie verteenwoordigers vereer. Op 264.3
Baie ouers begaan die fout om op die gebied van die onderwys onder hul kinders te diskrimineer. Hulle maak byna enige opoffering om die beste voordele te verkry vir die een wat slim en bekwaam is. Maar hierdie geleenthede word nie as ‘n noodsaaklikheid beskou vir die wat minder belowend is nie. Weinig opvoeding word vir die uitvoering van die lewe se gewone pligte noodsaaklikgeag. Maar wie is daartoe in staat om uit ‘n huisgesin van kinders die een uit te soek op wie die belangrikste verantwoordelikhede sal rus? Hoe dikwels het die menslike oordeel al op dié gebied homself verkeerd bewys! Onthou die ondervinding van Samuel toe hy gestuur is om uit die seuns van Isai een te salf wat koning oor Israel sou wees. Sewe jongmanne van edele gestalte het voor hom verbygegaan. Toe hy kyk na die eerste een met sy bevallige gelaatstrekke, goed ontwikkelde liggaamsbou en prinslike houding, het die profeet uitgeroep: “Gewis, hier staan voor die Here sy gesalfde!” Maar God het gesê: “Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” So het die getuienis oor al sewe gelui:“Die Here het hulle nie uitgekies nie.” 1 Samuel 16:6,7,10. En nie alvorens Dawid van die kudde af weggeroep is, is die profeet toegelaat om sy sending te volbring nie. Op 265.1
Die ouer broers, uit wie Samuel sy keuse sou gedoen het, het nie die bevoegdhede besit wat na Gods oordeel in ‘n heerser oor Sy volk nodig sou wees nie. Hulle is, hoogmoedig, egosentries, selfversekerd, opsy gesit ten gunste van die een wat hulle onbelangrik geag het, iemand wat die eenvoud en opregtheid vansy kinderjare bewaar het en wat, hoewel hy in sy eie oë gering was, deur God vir die verantwoordelikhede van die koninkryk opgelei kon word. So ook vandag sien God, in menige kind wat die ouers sou verbygaan, bekwaamhede ver verhewe bokant die wat geopenbaar word deur ander wat veronderstel is om groot belofte in te hou. Op 266.1
En wie is in staat, wat die moontlikhede van die lewe betref, om te besluit wat groot en wat klein is? Hoe menige arbeider in die nederige posisies van die lewe het, deur werkinge tot seën van die wêreld aan die gang te sit, resultate bereik wat konings kon beny! Op 266.2
Laat elke kind dan ‘n opvoeding vir die hoogste diens ontvang. “Saai jou saad in die more en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie.” Prediker 11:6. Op 266.3
Die spesifieke plek wat in die lewe aan ons toegeken is, word deur ons vermoëns bepaal. Nie almal bereik dieselfde ontwikkeling of doen dieselfde werk ewe doeltreffend nie. God verwag nie dat die hisop dieselfde afmetings as die seder, of die olyfboom die hoogte van die statige palm moet bereik nie. Maar elkeen moet net so hoog mik as wat die vereniging van die menslike met die Goddelike mag dit vir hom moontlik maak om by te kom. Op 267.1
Baie word nie wat hulle kon gewees het nie, omdat hulle nie die vermoë inspan wat in hulle is nie. Hulle gryp nie,soos hulle kan, die Goddelike krag aan nie. Baie word afgekeer van die rigting waarin hulle die waaragtigste sukses sou kon behaal. Omdat hulle groter eer of ‘n aangenamer taak soek, durf hulle iets aan waarvoor hulle nie geskik is nie. Menige persoon wie se talente by ‘n ander nering aangepas is, is eersugtig om tot ‘n professie toe te tree; en hy wat as boer, ambagsman of verpleër suksesvol kon gewees het, vul onvoldoende dieposisie van ‘n predikant, ‘n prokureur of ‘n geneesheer. Daar is andere weer wat miskien ‘n verantwoordelike beroep kon gevolg het, maar wat, weens gebrek aan energie, inspanning of deursettingsvermoë, hulle met ‘n makliker posisie vergenoeg het. Op 267.2
Ons moet Gods plan vir die lewe versigter volg. Om ons beste te lewer in die werk wat byderhand is, om ons weë aan God oor te gee en om op die aanduidings van Sy voorsienigheid te let - dit is reels wat veilige leiding in die keuse van ‘n beroep verseker. Op 267.3
Hy wat van die hemel at gekom het om ons voorbeeld te wees, het byna dertig jaar van Sy lewe in gewone handearbeid deurgebring; maar gedurende hierdie tyd het Hy die Woord eh werke van God bestudeer en almal gehelp en geleer vir wie Sy invloed kon bereik. Toe Sy openbare bediening begin het, het Hy rondgegaan, die siekes genees, die bedroefdes vertroos en die evangelie aan die armes verkondig. Dit isal Sy volgelinge se taak. Op 267.4
“Maar die oudste onder julle,” het Hy gesê, “moet word soos die jongste en wie ‘n leier is, soos een wat dien. Want... Ek is onder julle soos een wat dien.” Lukas 22:26,27. Op 268.1
Liefde en lojaliteit aan Christus is die bron van alle ware diens. In die hart wat deur Sy liefde aangeraak is, word daar ‘n verlange verwek om vir Hom te arbei. Laat hierdie verlange aangespoor en reg gelei word. Of dit in die huis, die buurt of die skool is, moet die teenwoordigheid van die armes, die geteisterdes, die onkundiges of die minder bevoorregtes nie as ‘n ongelukkige toedrag van sake beskou word nie, maar as ‘n kosbare geleentheid vir diens. Op 268.2
In hierdie werk, soos in elke ander soort, word vaardigheid tydens die werk self opgedoen. Dit is deur in die gewone pligte van die lewe opgelei te word om die behoeftiges en die lydendes te dien, dat doeltreffendheid verseker word. Hiersonder is die pogings wat die beste bedoel word, dikwels nutteloos en selfs skadelik. Dit is in die water en nie op die land nie, waar mense leer om te swem. Op 268.3
Nog ‘n verpligting, wat alte dikwels geringgeskat word - een wat duidelik gemaak moet word aan die jeugdige wat tot die aansprake van Christus ontwaak het - is die verplig. ting van kerkverband. Op 268.4
Baie heg en heilig is die verhouding tussen Christus en Sy Kerk - Hy is die bruidegom en die Kerk die bruid; Hy is die hoof en die Kerk die liggaam. ‘n Verbintenis met Christus sluit dus ‘n verbintenis met Sy Kerk in. Op 268.5
Die Kerk is vir diens georganiseer; en in ‘n lewe van diens vir Christus is kerkverband een van die eerste stappe. Op 268.6
Lojaliteit teenoor Christus vereis die getroue nakoming van gemeentelike pligte. Dit is ‘n belangrike deel van ‘u mens se opleiding; en in ‘n gemeente wat met die Meester se lewe deurtrek is, sal dit regstreeks tot strewe vir die wêreld daar buite lei. Op 269.1
Daar is baie rigtings waarin jongmense ‘n geleentheid vir hulpvaardige optrede kan vind. Laat hulle hul in groepe vir Christelike diens organiseer en die samewerking sal nuttig en bemoedigend wees. Ouers en onderwysers sal deur in die jongmense se werk belang te stel, in staat wees om hulle die voordeel van hul eie breër ondervinding te gee en kan hulle help om hul pogings vir die goeie doelmatig te maak. Op 269.2
Dit is bekendheid wat simpatie verwek en simpatie is die bron van doeltreffende diens. Om by die kinders en jongmense meegevoel en die gesindheid van diens te wek vir die lydende miljoene op “plekke anderkant” hulle, laat hulle met hierdie lande en hul mense bekend raak. In hierdie rigting kan baie in ons skole verrig word. In plaas dat daar oor die prestasies van die Alexanders en die Napoleons van die geskiedenis uitgewei word. laat die leerlinge die lewens bestudeer van manne soos die'apostel Paulus en Martin Luther, Moffat en Livingstone en Carey en die geskiedenis van die sendingwerk wat tans daagliks ontluik. In plaas van hul geheues met ‘n rits name en teorieë te belas wat geen betrekking op hul lewens het nie en waaraan hulle, sodra hulle uit die klaskamer uit is, selde ‘n gedagte wy, laat hulle alle lande in die lig van die sendingtaak bestudeer en met die volkere en hul behoeftes vertroud raak. Op 269.3
In hierdie sluitingswerk van die evangelie is daar ‘n ontsaglike groot veld wat in besit geneem moet word; en, meer as ooit tevore, is dit die werk om helpers van onder die gewone volk te werf. Sowel die jeug as die wat ouer is, sal uit die veld, uit die wingerd en uit die werkswinkel geroep en deur die Meester uitgestuur word om Sy boodskap oor te dra. Baie van hulle het min geleenthede vir opleiding gehad; maar Christus sien in hulle kwalifikasies wat hulle daartoe in staat sal stel om Sy doel te verwesenlik. As hulle die arbeid met hart en siel aanpak en voortdurende leerders bly, sal Hy hulle toerus om vir Hom te werk. Op 269.4
Hy wat die dieptes van die wêreld se ellende en wanhoop ken, weet deur watter middele Hy verligting kan bring. Hy sien aan alle kante siele wat in die duisternis verkeer, belas met sonde en droefheid en pyn. Maar Hy sien ook hul moontlikhede raak; Hy sien die hoogtes wat hulle kan bereik. Hoewel mense hul genadegawes misbruik, hul talente verkwis en die waardigheid van hul Goddelike mensheid kwytgeraak het, moet die Skepper in hulle red ding verheerlik word. Op 270.1
Die las om op die ruwe plekke van die aarde vir hierdie behoeftiges te werk, lê Christus op diegene wat meegevoel vir die onkundiges kan koester en vir diegene wat op afgeleë plekke woon. Hy sal teenwoordig wees om dié te help wat vir jammerhartigheid vatbaar is, hoewel hul hande miskien grof en onbedrewe is. Hy sal werk deur diegene wat genade in ellende en wins in verlies kan bespeur. Wanneer die Lig van die wêreld verbygaan, sal voorregte in swaarkry, orde in verwarring, sukses in skynbare mislukking raakgesien word. Rampe sal as vermomde seëninge beskou word; smart as genadebewyse. Arbeiders uit die gewone volk, wat die sorge van hul medemens deel, soos hul Meester die sorge van die ganse mensdom gedeel het, sal deur die geloof sien hoe Hy met hulle saamwerk! Op 270.2
“Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig,“Sefanja 1:14. En ‘n wêreld moet gewaarsku word: Op 270.3
Met die voorbereiding wat hulle kan verkry, behoort duisende derduisende jongmense en die wat ouer is, hulle aan hierdie werk te wy. Alreeds reageer baie harte op die roepstem van die Meesterwerker en hul getalle sal toeneem. Laat elke Christelike opvoeder aan sulke werkers simpatie betoon en samewerking verleen. Laat hom die jongmense onder sy sorg aanmoedig en bystaan met hul voorbereiding om hulle by dié geledere aan te sluit. Op 270.4
Daar is geen werkrigting waarin dit vir die jeug moontlik is om groter voordeel te verkry nie. Almal wat aan die bediening deel het, is Gods helpende hand. Hulle is medewerkers van die engele; of, liewers, hulle is die menslike bemiddelinge deur wie die engele hul sending kan volbring. Engele spreek deur hul stemme en werk deur hul hande. En die menslike arbeiders wat met die hemelse verteenwoordigers saamwerk, geniet die voordeel van hulle opvoeding en ondervinding. Watter “universiteitskursus” kan, as ‘n middel tot opvoeding, dit ewenaar? Op 271.1
Met so ‘n leër van werkers as wat ons jongmense, reg opgelei, kan voorsien, hoe snel sou die boodskap van ‘n gekruisigde, verrese en spoedig komende Heiland nie na die hele wêreld uitgedra kon word nie! Hoe gou sou die einde nie kon kom nie - die einde van lyding en droefheid en sonde! Hoe spoedig sou ons kinders, in plaas van ‘n besitting hier, met sy verderf van sonde en pyn, hulle erfenis kon ontvang, waarvan daar gesê word:“Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon;”waar“geen inwoner sal sê: Ek is siek nie,“”en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.” Psalm 37:29; Jesaja 33:24; 65:19. Op 271.2
_______________