Opvoeding
Geloof en Gebed
'VIE GELOOF DAN IS ‘n VASTE VERTROUE
OP DIE DINGE WAT ONS HOOP,”
“GLO DATJULLE DIT SAL ONTVANG en
JULLESAL DITVERKRY;
GELOOF is vertroue op God - om te glo dat Hy ons liefhet en die beste weet wat tot ons voordeel strek. En so dan, in plaas van ons eie weg, lei dit ons om Syne te kies. In plaas van ons onkunde, neem dit Sy wysheid aan; in plaas van ons swakheid, Sy krag; in plaas van ons sondigheid, Sy geregtigheid. Ons lewens, ons self, is reeds Syne; geloof erken Sy eiendomsreg en neem die seën daarvan aan. Waarheid, regskapenheid, reinheid, is al as geheime tot lewensukses aangewys. Dit is geloof wat ons van hierdie beginsels in besit stel. Op 253.1
Elke goeie impuls of aspirasie is die gawe van God; geloof ontvang van God daardie lewe wat alleen ware groei en doelmatigheid kan baar. Op 253.2
Hoe om geloof te beoefen, moet baie duidelik gemaak word. Vir elke belofte van God is daar voorwaardes. Indien ons bereid is om Sy wil te doen, is al Sy krag ons krag. Watter gawe Hy ook: al belowe, is in die belofte self aanwesig. “Die saad is die woord van God.” Lukas 8:11. So seker as wat die eikeboom in die akker is, so gewis is die gawe van God in Sy belofte. As ons die belofte aanneem, het ons die gawe. Op 253.3
Die geloof wat ons in staat stel om Gods gawes te ontvang, is op sigself ‘n gawe, waarvan ‘n sekere mate aan elke mens geskenk word. Dit groei namate dit beoefen word deur jou die Woord van God toe te eien. Om geloof te versterk, moet ons dit dikwels met die Woord in aanraking bring. Op 253.4
In die studie van die Bybel, moet die student gelei word om die krag van Gods Woord te besef. Met die skepping het Hy “gespreek en dit was; Hy het gebied en dit staan.””Die dinge wat nie bestaan nie, roep [Hy] asof hulle bestaan”(Psalm 33:9; Romeine 4:17); want as Hy hulle roep bestaan hulle. Op 254.1
Hoe dikwels het diegene wat die Woord van God vertrou het, hoewel hulle self totaal hulpeloos was, die mag van die ganse wêreld weerstaan - Henog, rein van hart, heilig in sy lewe, het aan sy geloof vasgehou in die triomf van geregtigheid teen ‘n korrupte en spottende geslag; Noag en sy huisgesin teen die mense van sy tyd, mense van die grootste fisieke en verstandelike krag en in hul sedes die meeste ontaard; die kinders van Israel by die Skelfsee, ‘n hulpelose, vreesbevange menigte van slawe, teen die magtigste leermag van die magtigste nasie op die aardbol; Dawid, ‘n herderseun, met Gods belofte van die troon, teen Saul, die gevestigde vors en daarop gesteld om aan sy mag vas te klem; Sadrag en sy metgeselle in die vuur en Nebukadnesar op die troon; Daniel onder die leeus, sy vyande in die hoë posisies van die koninkryk; Jesus aan die kruis, terwyl die Joodse priesters en heersers selfs die Romeinse goewerneur dwing om hulle wil ten uitvoer te bring; Paulus in kettings, uitgelei na ‘n misdadiger se dood, Nero die dwingeland van ‘n wêreldryk. Op 254.2
Sulke voorbeelde word nie net in die Bybel gevind nie. Hulle is oorvloe-dig in elke verslag van die menslike vooruitgang. DieWaadtlandersen die Hugenote, Wicif en Huss, Jeronimus en Lutherjindal en Knox,Zinzendorf en Wesley, met ‘n menigte van andere, het getuig van die mag Van GodsWoord teen menslike mag en beleid ter ondersteuning van die kwade. Hierdie mense is die wêreld se ware adel. Dit is sy koninklike lyn. In hierdie lyn word die jeug van vandag geroep om hul plekke in te neem. Op 254.3
Geloof is nodig in die kleiner, nie minder nie as in die groter sake van die lewe. In al ons daaglikse belange en beroepe word die onderskragende krag van God vir ons ‘n werklikheid deur ‘n blywende vertroue. Op 255.1
Uit die menslike gesigspunt beskou, is die lewe vir almal ‘n onbeproefde pad. Dit is ‘n weg waarop ons elkeen, wat ons dieper ondervindings betref, alleen wandel. In ons innerlike lewe kan geen ander mens ten volle indring nie. Soos die klein kindjie daard.ie reis begin onderneem waartydens hy, vroeër of later, sy eie koers moet kies en self oor die lewensvraagstukke vir die ewigheid beslis, hoe ernstig moet die poging wees om sy vertroue op die sekere Gids en Helper te vestig! Op 255.2
As ‘n skild teen versoeking en ‘n inspirasie tot kuisheid en waarheid, kan geen ander invloed die besef van Gods teenwoordigheid ewenaar nie. “Alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” Hy is dit “wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie.” Hebreërs 4:13; Habakuk 1:13. Hierdie gedagte was Josef se skild te midde van die korrupsies van Egipte. Op die lokmiddele van versoeking was sy antwoord standvastig: “Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?”Genesis 39:9. So ‘n skild sal die geloof, indien dit gekoester word, vir elke siel bring. Op 255.3
Net die besef van Gods teenwoordigheid kan die vrees verban wat, vir die bangerige kind, die lewe ‘n las sou maak. Laat hom hierdie belofte in sy geheue vaslê: “Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees en red hulle uit” Psalm 34:8. Laat hom daardie wonderlike verhaal lees van Elisa in die stad in die berge en, tussen hom en die menigte bewapende vyande, ‘n magtige leërskare van engele wat hom omring het. Laat hom lees hoe aan Petrus in die gevangenis en tot die dood veroordeel, Gods engel verskyn het; hoe, by die bewapende wagte, die massiewe deure en groot ysterpoort met hul grendels en tralies verby, die engel Gods dienskneg veilig uitgelei het. Laat hom van daardie toneel op die see lees, toe tot die soldate en matrose, deur die storm geteister, uitgeput deur werk en waaksaamheid en ‘n langdurige vas, deur Paulus die gevangene, op sy pad na sy verhoor en onthoofding, daardie manjifieke woorde van moed en hoop gespreek is: “Nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie.... Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.”ln die geloof van hierdie belofte het Paulus sy makkers die versekering gegee:“Want van niemand onder julle sal ‘n haar van sy hoof val nie.”So het dit ook gebeur. Omdat daar op dié skip een man was deur wie God kon werk, is die hele vaartuig vol heidense soldateen matrose bewaar.”So het almal behoueaan land gekom.”Handelinge 27:22-24, 34,44. Op 255.4
Hierdie dinge is nie geskrywe bloot sodat ons kan lees en ons daaroor verwonder nie, maar sodat dieselfde geloof wat van ouds oor Gods diensknegte vaardig was, in ons kan werk. Op ‘n geensins minder treffende wyse as wat Hy toe gehandel het nie, sal Hy nou werk waar daar ook al gelowige harte is om kanale vir Sy mag te wees. Op 256.1
Laat die wat sonder selfvertroue is, wie se gebrek aan selfstandigheid hulle vir sorge en verantwoordelikheid laat terugdeins; geleer word om hulle op God te verlaat. Sodoende sal menigeen wat andersins net ‘n statistiek in die wêreld sou wees, miskien net ‘n hulpelose las, saam met die apostel Paulus sê:“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Filippense 4:13. Op 256.2
Ook vir die kind wat maklik gekrenk voel, hou die geloof kosbare lesse in. Die neiging om kwaad te weerstaan of onreg te wreek, word dikwels deur ‘n skerp regverdig. heidsin en ‘n aktiewe, ywerige gees aangevuur. Laat daar aan so ‘n kind geleer word dat God die ewige bewaarder van die reg is. Hy is teer besorg oor die wesens wat Hy so liefgehad het dat Hy Sy dierbaarste Beminde gegee het om hulle te red. Hy sal teen elke kwaaddoener optree. Op 257.1
“Wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.''Sagaria 2:8.”Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.” Psalm 37:5; 6. Op 257.2
“So is die Here dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid. En huile wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!”Psalm 9:10,11. Op 257.3
Die barmhartigheid wat God teenoor ons openbaar, beveel Hy ons om aan andere te betoon. Laat die impulsiewe. die selfvoldane, die wraaksugtige, die Sagmoedige en Nederige aanskou, soos ‘n lam ter slagting gelei, sonder weerwraak soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders. Laat hulle Hom aanskou wat weens ons sondes deurboor en met ons droefheid belas is en hulle sal leer om te verduur, stil te bly en te vergewe. Op 257.4
Deur die geloof in Christus, kan elke karakterleemte aangevul, elke besoedeling gereinig, elke fout reggestel en elke voortreflikheid ontwikkel word. Op 257.5
“Julle het die volheid in Hom.” Kolossense 2:10. Gebed en geloof is nou verwant en dit moet saam bestudeer word. In die gebed van die geioof is daar ‘n Goddelike wetenskap; dit is ‘n wetenskap wat elkeen moet verstaan wat van sy lewenswerk ‘n sukses wil maak. Christus sê:“Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang en julle sal dit verkry.”Markus 11:24. Op 257.6
Hy stel dit duidelik dat ons versoeke volgens Gods wil moet wees; ons moet die dinge vra wat Hy belowe het en wat ons ook al ontvang, moet aangewend word om Sy wil te doen. As die voorwaardes nagekom word, is die belofte ondubbelsinnig. Op 258.1
Om vergifnis vir sonde, om die Heilige Gees, om ‘n Christelike geaardheid, om wysheid en krag om Sy werk te doen, om enige gawe wat Hy belowe het, kan ons vra; dan moet ons glo dat ons ontvang en God daarvoor dank dat ons dit ontvang het. Op 258.2
Ons hoef na geen uiterlike bewys vir die seen te soek nie. Die gawe is in die belofte geleë en ons kan met ons werk voortgaan, versekerd dat wat God belowe het, Hy in staat is om ten uitvoer te bring en dat die gawe, wat ons reeds besit, verwesenlik sal word wanneer ons dit die nodigste het. Op 258.3
Om so volgens Gods Woord te lewe, beteken die oorgawe van die hele lewe aan Hom. Daar sal ‘n voortdurende gevoel van behoefte en afhanklikheid wees, ‘n hartehunkering na God. Gebed is ‘n noodsaaklikheid: want dit is die lewe van die siel. Gesinsgebed, openbare gebed, het hul plek; maar dit Op 258.4
is stille gemeenskap met God wat die sielelewe onderhou. Op 258.5
Dit was op die berg saam met God dat Moses die patroon gesien het van daardie wonderlike gebou wat die verblyfplek vir Sy heerlikheid sou wees. Dit is op die berg saam met God - op die stille plek van sielsgemeenskap - waar ons Sy heerlike ideaal vir die mensdom moet oorpeins. Sodoende sal ons in staat gestel word om ons karaktergebou op so ‘n manier te vorm dat aan ons Sy belofte vervul mag word: “Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.” 2 Korinthiërs 6:16. Op 258.6
Dit was tydens ure van eensame gebed dat Jesus in Sy aardse lewe wysheid en krag ontvang het. Laat die jongmense Sy voorbeeld volg deur met dagbreek en in die aandskemering ‘n stille tyd vir gemeenskap met hul Vader in die hemel te vind. En laat hulle dwarsdeur die dag hul harte tot God ophef. Met elke tree van ons weg sê Hy: Op 259.1
“Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan ... Wees nie bevrees nie, Ek help jou.”Jesaja 41:13. As ons kinders hierdie lesse in die daglumier van hul jare leer, watter varsheid en krag, watter vreug en lieflikheid, sou in hulle lewens ingebring word! Op 259.2
Dié is lesse wat net hy kan oordra wat dit self geleer het. Dit is omdat so baie ouers en onderwysers voorgee om die Woord van God te glo, terwyl hulle lewens die krag daarvan verloën, dat die onderwysing van die Skrif nie ‘n groter uitwerking op die jeug het nie. By tye word jongmense daartoe gebring om die mag van die Woord te voel. Hulle sien die kosbaarheid van Christus se liefde in. Hulle sien die skoonheid van Sy karakter, die moontlikhede van ‘n lewe wat aan Sy diens gewy word. Maar in teenstelling hiermee sien hulle die lewe van diegene wat voorgee om Gods voorskrifte na te kom. Van hoeveel is die woorde waar wat tot die profeet Esegiël gespreek is: Op 259.3
Jou volk”spreek die een met die ander, elkeen met sy broer en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die Here uitgaan. En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volken hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan. En kyk, jy is vir hulle soos ‘n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.”Esegiël 33:30-32. Op 259.4
Dit is een ding om die Bybel as ‘n boek van goeie sedelesse te behandel,om daarop ag te slaan in soverre dit met die tydgees en ons posisie in die wêreld strook; dit is ‘n ander saak om dit aan te sien vir wat dit werklik is - die Woord van die lewende God, die Woord wat ons lewe is, die Woord wat ons handelwyse, ons woorde en ons denke moet formeer. Om die Woord van God as enigiets minder as dit te beskou, is om dit te verwerp. En hierdie verwerping deur diegene wat voorgee om dit te glo, is een van die hoofoorsake vir skeptisisme en ongeloof onder die jeug. Op 260.1
'n Intensiteit soos wat nog nooit tevore gesien is nie, pak die wêreld beet. In vermaak, geldmakery, die wedywering om mag, die stryd om die bestaan, is daar ‘n vreeslike mag wat liggaam en verstand en siel in beslag neem. Te midde van hierdie dolle gejaag spreek God. Hy beveel ons om eenkant toe te kom om sielsgemeenskap met Hom te hê.'laat staan en weet dat EkGod is.” Psalm 46:11. Op 260.2
Baie, selfs in hulle tyd vir gebed, slaag nie daarin om die seen van ware gemeenskap met God te ontvang nie. Hulle is oorhaastig. Met gejaagde skrede dring hulle deur die kring van Christus se lieflike teenwoordigheid, talm miskien ‘n oomblik in die heilige omgewing, maar hulle wag nie vir raad nie. Hulle het geen tyd om by die Goddelike Leermeester te vertoef nie. Met hulle laste keer hul weer na hulle werk terug. Op 260.3
Hierdie werkers kan nooit die hoogste sukses behaal alvorens hulle die geheim van krag geleer het nie. Hulle moet hulself tyd gun om te dink, bid en vir ‘n hernuwing van fisieke, verstandelike en geestelike krag op God te wag. Op 260.4
Hulle het die opheffende invloed van Sy Gees nodig. As hulle dit ontvang, sal hulle met nuwe lewe verkwik word. Die vermoeide gestel en moeë brein sal verfris, die oorlaaide hart ligter gemaak word. Op 261.1
Nie ‘n oomblikkie van stilstand in Sy teenwoordigheid nie, maar persoonlike aanraking met Christus, om in kameraadskap saam met Hom te gaan sit - dit is ons behoefte. Gelukkig sal dit wees vir die kinders van ons huisgesinne en die studerendes van ons skole as ouers en onderwysers in hul eie lewens die kosbare ondervinding sal leer wat in hierdie woorde van Hooglied uitgebeeld is: Op 261.2
“Soos ‘n appelboom onder die bome van die bos,
so is my beminde onder die seuns.
Ek het verlang om in sy skaduwee te sit,
en sy vrugte is soet virmy verhemelte.
Hy het my in die wynhuis ingebring,
en sy vaandel oor my was die liefde.”
Op 261.3
Hooglied 2:3,4.