Opvoeding
Metodes van Onderrig
“OM AAN DIE EENVOUDIGES SKRANDERHEID
TE GEE, AAN DIEJONGELING KENNIS EN OORLEG.”
EEUE lank het opvoeding hoofsaaklik met die geheue te doene gehad. Hierdie vermoë is tot die uiterste toe ingespan, terwyl die ander verstandelike kragte nie eweredig daarmee ontwikkel is nie. Studente het hul tyd daaraan bestee om moeisaam die verstand met kennis vol te prop, waarvan bra weinig gebruik kon word. Die verstand wat op hierdie wyse belas word met wat dit nie kan verteer en opneem nie, word verswak; dit word naderhand onbekwaam vir energieke, selfstandige inspanning en is daarmee tevrede om op die oordeel en insig van andere staat te maak. Op 230.1
Sommige, wat die euwels van hierdie metode ingesien het, het na ‘n ander uiterste gegaan.Volgens hulle opvatting hoefdie mens net teontwikkel wat in hom is. So ‘n opvoeding lei die student tot selfgenoegsaamheid en sny hom sodoende af van die bron van ware kennis en krag. Op 230.2
Die opvoeding wat uit geheue-onderrig bestaan, wat daartoe neig om selfstandige denke te ontmoedig, het ‘n morele strekking wat te min besef word. Soos die student die mag opoffer om self te redeneer en te oordeel, verloor hy die vermoë om tussen waarheid en dwaling te onderskei en hy val maklik misleiding ten prooi. Hy word maklik gelei om oorlewering en gewoonte na te volg. Op 230.3
Dit is ‘n feit wat algemeen verontagsaam word, alhoewel nooit sonder gevaar nie, dat dwaling selde lyk soos dit werklik is. Dit is deur met waarheid vermeng te raak of hom daaraan vas te suig, dat dit aanneemlik word. Die eet van die boom van die kennis van goed en kwaad het ons oerouers se ondergang veroorsaak en die aaname van ‘n mengsel van goed en kwaad is die ondergang van manne en vroue vandag. Die verstand wat op die oordeel van andere staatmaak, sal gewis vroeër of later mislei word. Op 230.4
Die mag om tussen reg en verkeerd te onderskei, kan ons net besit deur indiwiduele afhanklikheid van God. Elkeen moet self van Hom leer deur Sy Woord. Ons redeneervermoë is vir gebruik aan ons gegee en God wil hê dat dit aangewend moet word.”Kom nou en laat ons die saak uitmaak”(Jesaja 1:18), nooi Hy ons uit. Deurvertroue op H0om kan ons wysheid hê”omte verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.”Jesaja 7:15; Jakobus 1:5. Op 231.1
In alle ware onderrig is die persoonlike element noodsaaklik. Christus het in Sy onderwysing met mense per soonlik gehandel. Dit was deur persoonlike kontak en omgang dat Hy die Twaalf geleer het. Dit was privaat, dikwels aan net een toehoorder, dat Hy Sy kosbaarste lesse meegedeel het. Aan die geëerde rabbi tydens die nagtelike onderhoud op die Olyfberg, aan die veragte vrou by die put van Sigar, het Hy Sy rykste skatte oopgemaak; want in dié toehoorders het Hy die ontvanklike hart, die oop verstand, die vatbare gesindheid bespeur. Selfs die menigte wat so dikwels op Sy hakke saamgedrom het, was vir Christus nie ‘n deurmekaar bondel nie. Hy het direk tot elke verstand gespreek en op elke hart ‘n beroep gedoen. Hy het die gesigte van Sy toehoorders dopgehou, die op heldering van die gelaat bespeur, die vinnige, reagerende blik, wat verraai het dat waarheid die siel bereik het; en in Sy hart het daar ‘n gelykluidende koord van simpatieke vreugde getril. Op 231.2
Christus het die moontlikhede in elke mens raakgesien. Hy is nie deur ‘n onbelowende uiterlike of'n ongunstige omgewing afgeskrik nie. Hy het Matthéus uit die tolhuis en Petrus en sy broeders uit die visserskuit geroep, om van Hom te leer. Op 232.1
Dieselfde persoonlike belangstelling, dieselfde aandag aan indiwiduele ontwikkeling, word vandag in opvoedkundige werk benodig. Baie skynbaar onbelowende jongmense is ryklik toebedeel met talente wat nie ingespan word nie. Hulle vermoëns lê begrawe weens ‘n gebrek aan insig van die kant van hul opvoeders. In menige seun of dogter, uiterlik so onaantreklik soos ‘n ongepolyste steen, is kosbare materiaal te vinde wat die toets van hitte en storm en drang kan deurstaan. Die ware opvoeder, met die oog op wat sy leerlinge kan word, sal die waarde erken van die stof waarmee hy werk. Hy sal in elke leerling persoonlik belangstel en trag om al sy vermoëns te ontwikkel. Hoe onvolmaak ook al, sal elke poging om gesonde beginsels na te kom, aangespoor word. Op 232.2
Elke jeugdige moet die noodsaaklikheid en mag van vlyt geleer word. Hiervan, baie meer as van aanleg of talent, hang sukses af. Sonder vlyt sal die briljantste talente min baat, terwyl mense met heel gewone natuurlike gawes deur doelmatige inspanning al wondere verrig het. En genialiteit, waarvan die prestasies ons verwonder, gaan byna gereeld met onvermoeide, gekonsentreerde inspanning gepaard. Op 232.3
Diejeug moetgeleerword om opdieontwikkelingvanal hul vermoënste mik, sowel die wat swakker as die wat sterker is. By baie is daar die neiging om hul studie te beperk tot sekere rigtings waarvan hulle natuurlikerwyse hou. Teen hierdie fout moet gewaak word. Die natuurlike begaafdhede dui die rigting van die lewenswerk aan en as dit eg is, moet dit versigtig aangekweek word. Terselfdertyd moet daar in gedagte gehou word dat ‘n ewewigtige karakter en bekwame werk in enige rigting grotendeels van daardie simmetriese ontwikkeling afhang wat die gevolg van deeglike, alsydige opleiding is. Op 232.4
Die onderwyser moet voortdurend eenvoud en doeltreffendheid nastreef. Hy moet hoofsaaklik deur middel van illustrasies onderrig gee en selfs wanneer hy met ouer leerlinge te doene kry; moet hy versigtig wees om elke uiteensetting eenvoudig en duidelik te maak. Baie leerlinge wat in jare al ver gevorder het, is maar net kinders wat hul begrip betref. Op 233.1
'n Belangrike bestanddeel in opvoedkundige werk is geesdrif. In dié verband is daar ‘n nuttige wenk in ‘n opmerking wat eenkeer deur ‘n beroemde akteur kwytgeraak is. Die aartsbiskop van Kantelberg het hom die vraag gestel waarom akteurs in'n toneelstuk hul gehore so sterk ontroer deur oor denkbeeldige dinge te praat, terwyl evangeliedienaars dikwels so min invloed op hulle s'n het deur werklike dinge te bespreek.”Met alle agting, Hoogeerwaarde,” het die akteur geantwoord, “veroorloof my om te sê dat die rede duidelik is: dit is in die mag van geesdrif geleë. Ons op die verhoog praat van denkbeeldige dinge asof dit werklik is en u in die kansel praat van werklikhede asof dit denkbeeldig is.” Op 233.2
Die onderwyser het in sy arbeid met werklikhede te doene en hy moet daaroor praat met al die mag en geesdrif wat deur ‘n kennis van hul werklikheid en belangrikheid ingeboesem kan word. Op 233.3
Elke onderwyser moet toesien dat sy werk tot bepaalde resultate neig. Voordat hy probeer om”n vak aan te bied, moet hy ‘n duidelike plan in gedagte hê en moet presies weet wat hy graag wil bereik. Hy moet nie met die voorstelling van enige onderwerp tevrede wees totdat die student die onderliggende beginsel verstaan, die waarheid daarvan insien en duidelik kan verklaar wat hy geleer het nie. Op 233.4
Solank die groot doel van die opvoeding in die oog gehou word, moet jongmense aangespoor word om net sover te vorder as wat bulle vermoë sal toelaat. Maar alvorens hulle die hoë studievertakkinge aandurf, laat hulle die nederiger vlak bemeester. Dit word alte dikwels nagelaat. Selfs onder studente in die hoërskole en kolleges is daar ‘n groot gebrek aan kennis van die gewone vertakkinge van die opvoeding. Baie studente wy hul tyd aan die hoër wiskunde wanneer hulle nie in staat is om eenvoudige boekhouwerk te doen nie. Baie bestudeer die spraakkuns met die oog daarop om die swier van redevoering te verwerf wanneer hulle nie op ‘n verstaanbare en treffende wyse kan lees nie. Baie wat die studie van die retorika voltooi het, slaag nie in die opstel en spelling van ‘n gewone brief nie. Op 234.1
'n Deeglike kennis van, die grondvereistes vir die opvoeding moet nie net die voorwaarde vir toelating tot ‘n hoër kursus wees nie, maar steeds die toets vir voortsetting en bevordering. Op 234.2
En in elke vertakking van die opvoeding is daar belangriker doelstellinge om te bereik as die wat deur ‘n bloot tegniese kennis verwesenlik kan word. Neem taal, byvoorbeeld. Belangriker as die aanleer van vreemde tale, lewend of dood, is die vermoë om jou moedertaal maklik en akkuraat te kan skryf en praat; maar geen opleiding wat uit ‘n kennis van grammatikale reels verkry word, is vergelykbaar met die belangrikheid van taalstudie uit ‘n hoër oogpunt nie. Met hierdie studie hang, in ‘n groot mate die lief en leed van die lewe saam. Op 234.3
Die hooftaalvereiste is dat dit suiwer, vriendelik en opreg moet wees -“die uiting van ‘n innerlike bekoring.”God sê:“Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Filippense 4:8. En as die gedagtes van so ‘n aard is, sal die uitdrukking ook sodanig wees. Op 235.1
Die beste skool vir hierdie taalstudie is die huiskring; maar aangesien die werk van die huis so dikwels afgeskeep word, berus dit by die onderwyser om sy leerlinge regte praatgewoontes te help vorm. Op 235.2
Die onderwyser kan veel doen om daardie slegte gewoonte te ontmoedig, die vloek van die samelewing, die buurt en die huis - die gewoonte van agterklap, skinderpraatjies, gemene kritiek. In dié verband moet geen moeite ontsien word nie. Prent die student die feit in dat hierdie gewoonte ‘n gebrek aan kultuur, verfyning en ware goedhartigheid openbaar; dit maak ‘n mens ongeskik vir sowel die geselskap van die werklik opgevoede en verfynde mense in hierdie wêreld as vir omgang met die heiliges van die hemel. Op 235.3
Ons dink met afsku aan die mensvreter wat smul aan die nog warm, sidderende vleis van sy slagoffer; maar is die gevolge van selfs hierdie gewoonte vreesliker as die foltering en verderf wat deur die wanvoorstelling van motiewe, die beswaddering van reputasies, die versnippering van karakters bewerkstellig word? Laat die kinders en jongmense ook, leer wat God oor hierdie dinge sê: Op 235.4
“Dood en lewe is in die mag van dietong,“Spreuke 18:21. Op 235.5
In die Skrif word kwaadsprekers saam met”haters van God”geklassifiseerí met “uitvinders van slegte dinge,” met diegene wat “sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,” “vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaad aardigheid” is. Dit is “die verordeninge van God ... dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien.”Romeine 1:30,31,29,32. Hy vir wie God as burger van Sion reken, is hy wat”met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,“”geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.” Psalm 15:2,3. Op 235.6
Gods Woord veroordee! ook die gebruik van daardie betekenislose uitdrukkings en kragterme wat aan vloektaal grens. Dit veroordeel die bedrieglike komplimente, die omseiling van waarheid, die oordrywing, die wanvoorstelo lings in die handel, wat in die samelewing en die sakewêreld algemeen is. “Laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.” Matthéus 5:3 7. Op 236.1
“Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.”Spreuke 26:18,19. Op 236.2
Nou verwant aan skinderpraatjies is die bedekte insinuasie, die sluwe toespeling, waardeur die onreines van hart trag om die kwaad in te wurm wat hulle nie openlik durf uitspreek nie. Die jeug moet geleer word om elke toenadering van hierdie gebruike te vermy soos hulle me laatsheid sou vermy. Op 236.3
In die taalgebruik is daar miskien geen vergryp wat oud en jonk so geredelik in hulself oorsien as haastige, ongeduldige woorde nie. Hulle beskou dit as ‘n voldoende verskoning om te sê:“Ek was nie op my hoede nie en het nie werklik bedoel wat ek gesê het nie.”Maar Gods Woord neem dit nie lig op nie. Die Skrif sê: Op 236.4
“Het jy ‘n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir ‘n dwaas is daar meer hoop as vir hom”Spreuke 29:20. Op 236.5
“'n Afgebreekte stad sonder muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie.”Spreuke 25:28. Op 236.6
In een oomblik, deur die haastige, driftige, onverskillige tong, kan kwaad aangerig word wat die berou van ‘n hele lewenstyd nie ongedaan kan maak nie. O die gebroke harte, die vervreemde vriende, die verwoeste lewens wat gevolg het op die krasse, haatige woorde van diegene wat hulp en genesing kon gebring het! Op 236.7
“Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.”Spreuke 12:18. Op 237.1
Een van die karaktertrekke wat veral in elke kind gekoester en aangekweek moet word, is daardie onbaatsugtigheid wat aan die lewe so ‘n onbewuste bekoring verleen. Van alle voortreflikhede van die karakter is dit een van die lieflikstes en vir elke ware lewenswerk is dit een van die essensiëelste kwalifikasies. Op 237.2
Kinders het waardering, meegevoel en bemoediging nodig, maar versigtigheid moet aan die dag gelê word om nie ‘n liefde vir lof by hulle te wek nie. Dit is nie verstandig om aan hulle spesiale aandag te gee of om hul oulike uitdrukkings voor hulle te herhaal nie. Die ouer of onderwyser wat die ware karakterideaal en die moontlikhede van prestasie voor oë hou, kan nie selfvoldaanheid koester of aanmoedig nie. Hy sal nie by jongmense die verlange of pogings aanmoedig om hulle aanleg of vaardigheid ten toon te stel nie. Hy wat hoër kyk as wat hy self is, sal nederig wees; tog sal hy ‘n waardigheid besit wat nie deur uiterlike vertoon of menslike grootheid oorbluf of van stryk gebring word nie. Op 237.3
Dit is nie deur willekeurige wette of reëls dat die bekoorlikhede van die karakter ontwikkel word nie. Dit geskied deur in die atmosfeer te woon van dit wat rein, edel en waaragtig is. En waar daar ook al reinheid van hart en karakteradel is, sal dit deur ‘n rein en ede! handelwyse en spraak geopenbaar word. Op 237.4
“Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is - die koning is sy vriend.”Spreuke 22:11. Soos met taal, so met elke ander studierigting; dit kan sodanig behartig word dat dit tot die versterking en opbou van die karakter sal strek. Op 237.5
Aangaande geen studierigting is dit in ‘n groter mate waar as die geskiedenis nie. Laat dit uit die Goddelike oogpunt betrag word. Op 238.1
Soos dit te dikwels geleer word, is die geskiedenis weinig meer as ‘n verslag van die opkoms en val van konings, hofïntriges, die oorwinnings en neerlae van leër - magte - ‘n verhaal van ambisie en hebsug, van misleiding, wreedheid en bloedvergieting. Wanneer dit op hierdie wyse onderrig word, kan dit nie anders as nadelig wees nie. Die diep bedroewende herhaling van misdade en gruwels, die afskuwelikhede, die wreedaardighede wat uitgebeeld word, saai saad wat in baie lewens in ‘n oes van euwels vrugte dra. Op 238.2
Veel beter is dit om in die lig van Gods Woord die oorsake vas te stel wat die opkoms en ondergang van koninkryke beheers. Laat die jongmens hierdie oorkondes bestudeer en sien hoe die ware voorspoed van nasies met die aanname van die Goddelike beginsels saamhang. Laat hom die geskie. denis van die groot hervormingsbewegings bestudeer en sien hoe dikwels hierdie beginsels, hoewel verag en gehaat, met hul pleitbesorgers aan die kerker en die skavot uitgelewer, juis deur die opofferings getriomfeer het. Op 238.3
So ‘n studie sal breë, omvattende insigte in die lewe verleen. Dit sal die jeug help om iets van sy verhoudinge en samehang te begryp, hoe wonderlik ons in die groot broederskap van die samelewing en volke saamgesnoer is en in watter groot mate die onderdrukking en ontaarding van een lid verlies vir almal beteken. Op 238.4
In syferstudie moet die werk prakties gemaak word. Laat elke jongmens en elke kind geleer word, nie net om denkbeeldige probleme op te los nie, maar om ‘n akkurate verslag van sy eie inkomste en uitgawes by te hou. laat hom die regte gebruik van geld leer deur dit te gebruik. Of dit deur hul ouers of hul eie verdienste gefinansier word, laat seuns en dogters leer om hul eie klere, hul boeke en ander benodigdhede te kies en te koop; en deur ‘n verslag van hul uitgawes by te hou, sal hulle leer, soos hulle op geen ander manier kan leer nie, wat die waarde en die gebruik van geld is. Hierdie opleiding sal hulle help om ware besparing enersyds van suinigheid en andersyds van kwistigheid te onderskei. As dit reg behartig word, sal dit gewoontes van welwillendheid aanmoedig. Dit sal help om jongmense te leer gee, nie, terwyl hulle gevoelens opgesweep is, uit die blote aandrif van die oomblik nie, maar gereeld en stelselmatig. Op 238.5
Op dié manier kan elke studierigting ‘n hulpmiddel ter oplossing van daardie grootste van alle probleme word: die opleiding van manne en vroue vir die beste nakoming van lewensverantwoordelikhede. Op 239.1