Getuienisse aan Suider-Afrika

1/32

Getuienisse aan Suider-Afrika

Die Ellen G. White - Afrika Versameling

Toe die “Macedoniese Oproep” in 1886 van etlike Sabbat-onderhoudende Adventiste in Suid-Afrika by die Wêreldkonferensie in Battle Creek ontvang is dat ‘n leraar na hulle gestuur moet word, het ‘n geselskap die volgende jaar na Kaapstad vertrek, bestaande uit D.A. Robinson en C.L. Boyd en hul eggenotes; twee kolporteurs, George Burleigh en R. S. Anthony; en ‘n Bybelinstruktrise. mej. Carrie Mace. GSA iii.1

In Noorweë, onderweg na Suid-Afrika, het die pad van broeders D. A. Robinson en C. L. Boyd gekruis met dié van Ellen White, wat uit Amerika weg is om'n tydjie in Europa deur te bring (1885-1887); en nadat sy innig belanggestel het in hul sending, het sy briewe van raadgewing geskryf wat sy aan hulle oorhandig het op hul reis na Afrika. GSA iii.2

Mev. White se belangstelling in die aanvoring van arbeid in Afrika het nie daar opgehou nie. In 1889, toe S. N. Haskell na Afrika is om vyf maande lank besoek af te lê, dienste te hou en raad te gee in verband met die werk, het hy briewe van Ellen White ontvang waarin sy sekere aspekte van die werk van die sending en van diegene wat dit onderneem het, bespreek het. GSA iii.3

A. T. Robinson is in 1891 na Afrika gestuur, waar hy sake in hande geneem het en veel gedoen het om die organisasie op die been te bring. Ook aan hom is briewe uit die pen van Ellen White gerig om hom raad te gee. GSA iii.4

Onder diegene wat'n prominente posisie inneem in Ellen White se korrespondensie in verband met die werk in Afrika, was ‘n Suid-Afrikaanse gesin, die Wesselse, wat oor aansienlike middele beskik het. Pieter Wessels was een van die oorspronklike twee gelowiges wat in 1886 aan die Wêfeldkonferensie om hulp aangeklop het, en hierdie hele gesin het in die daaropvolgende jare die innigste belangstelling by Ellen White opgewek, wat begaan was oor hul geestelike welsyn, hul persoonlike vraagstukke en die regte aanwending van hul middele vir die saak. GSA iii.5

Hoewel Ellen White Suid-Afrika nooit persoonlik besoek het nie, het sy gereeld met die leiers en lede daar gekorrespondeer toe sy vanaf 1891 tot 1900 in Australië was. Die leggers bevat baie briewe uit die pen van Ellen White aan lede van die Wesselsfamilie vanaf 1890 tot 1908, net sewe jaar voor haar dood. GSA iii.6

Kortom, die E. G. White-materiaal in die leggers van briewe en dokumente rakende Afrika bestaan uit raadgewinge aan sendelinge en leiers in Afrika, aan gelowiges, en veral aan lede van die Wesselsfamilie. Dit sluit in raad aan individue, waarvan sommige baie persoonlik is en in verband met besondere situasies staan. Daar is waarnemings wat wys op foute in metode, baie vermaninge, uiteensettinge van beginsels wat vir die werk geld, en talle bladsye diep geestelike voorligting. GSA iv.1

Die E. G. White-kantoor het geprobeer om die materiaal wat ter sake is en wat as gids en besieling vir die werk in Afrika sal dien, in hierdie versameling saam te vat, en om sommige van die spesiale items uit die korrespondensie in te sluit wat Ellen White se diepe belangstelling en betrokkenheid in die Afrikasending en haar sielelas vir die spoedige en ewewigtige ontwikkeling van die Adventboodskap in daardie vasteland sal demonstreer. GSA iv.2

The Ellen G. White Publications,

Washington, D. C.

Augustus 1974

Erkenning
Tensy anders aangedui, is Bybelaanhalings in hierdie boek uit “Die Bybel in Afrikaans” 1933/1954, en dit word gebruik met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.