Die Groot Hoop

73/77

Vonnis Uitoesoreek Teen Die Rebelle

ln die teenwoordigheid van die versamelde inwoners van die aarde en die hemel, vind die kroning plaas van die Seun van God. En nou, bekroon met oppergesag en krag, spreek die koning van die konings vonnis uit oor die rebelle wie Sy wet oortree het en Sy volgelinge onderdruk het. “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.” Openbaring 20:11,12. DGrH 136.5

Wanneer Jesus se oë oor die goddeloses gaan, is hulle bewus van elke sonde wat hulle nog ooit gepleeg het. Hulle besef waar hulle afgedraai het van die pad van geregtigheid af. Die verleidelike versoekinge wat hulle aangemoedig het deur toegeeflikheid aan sonde, die boodskappers van God wat verag is, die waarskuwings wat verwerp is, die genadepogings wat afgeweer is deur die hardkoppige, onbelydende hart, kom almal voor asof dit geskryf is met letters van vuur. DGrH 137.1

Bokant die troon word die kruis onthul. Soos in ‘n panoramiese beeld word die tonele van Adam se sondeval vertoon asook die opvolgende stappe in die Plan van Verlossing. Die Verlosser se eenvoudige geboorte; Sy lewe van eenvoud; Sy doop in die Jordaanrivier; Sy vas en versoeking in die woestyn; Sy bediening wat ontvou en aan die mens die hemelse seëninge bevestig; Sy dae wat oorlaai was met dade van genade; die nagte van aanbidding in die berge; die komplotte van afguns en jaloesie wat beantwoord is met Sy seëninge; die misterieuse lyding in die tuin van Getsemanie onder die gewig van die sonde van die wêreld; Sy verraaiing en uitlewering aan die gepeupel; die gebeure van daardie nag van verskrikking - die weerstandlose gevangene wat deur Sy dissipels verlate is; Sy aanklaging voor die tribunaal in die hoëpriester se paleis; in die geregshof van Pilatus; verskyning voor die lafhartige Herodus; die bespotting, die belediging, die veroordeling tot die dood, word alles sterk uitgebeeld. DGrH 138.1

En nou voor die skare word die finale gebeure uitgebeeld; die geduldige Slagoffer op pad na Golgota; die Prins van die hemel wat hang aan die kruis; die priesters en gepeupel wat Sy finale lyding bespot; die bonatuurlike duisternis van die oomblik toe die wêreld se Verlosser Sy lewe oorgegee en Sy asem uitgbelaas het. DGrH 139.1

Die verskriklike skouspel word vertoon net soos dit was. Satan en sy onderdane kan geensins wegdraai van die uitbeelding van hierdie gebeure nie. Elke rolspeler herroep die rol wat hy vervul het. Herodus, wie die onskuldige babatjies in Bethlehem laat doodmaak het; die laaghartige Herodias, op wie se siel die dood van Johannes die Doper rus; die veranderlike Pilatus; die bespottende soldate; die ontstoke gepeupel wie uitgeskreeu het; “Ons aanvaar die verantwoordelikheid vir sy bloed, ons en ons kinders!” - almal soek tevergeefs ‘n geleentheid om weg te kruip van die majesteit van Sy goddellike aangesig, terwyl die verlostes hul krone neerlê voor die Verlosser se voete en uitroep, “Hy het virmy gesterf!” DGrH 139.2

Daar is Nero, die monster van wreedheid en onsedelikheid, wat die verheerliking aanskou van hulle wie se foltering aan hom sataniese genot verskaf het. Nero se moeder wat haar eie werk aanskou, hoe die hartstogte wat deur haar in hom aangemoedig is en haar invloed en voorbeeld wat sy vir hom gestel het, vrugte gedra het van misdade wat die wêreld laat sidder het. DGrH 139.3

Daar is pousgesinde priesters en biskoppe wie verklaar het dat hulle Christus se ambassadeurs is wie die pynbank, ondergrondse tronkselle en folterpale gebruik het om mense te beheer en te forseer. Daar is die trotse pouse wie hulself verhef het bo God en vermoedelik ten doel gehad het om die tien gebooie van die Almagtige God te verander het. Hierdie pouse wie voorgee om Vader van die Kerk te wees, het verantwoording om te doen aan God. Te laat sal hulle besef dat die Alomteenwoordige Een jaloers is op sy wet. Hulle leer nou dat Christus Sy belange identifiseer met Sy lydende volk. DGrH 139.4

Die hele goddelose wêreld staan skuldig op die aanklag van hoogverraad teen die regering van die hemel. Hulle het niemand om hul saak te bepleit nie; hulle is sonder verskoning en die vonnis van die ewige dood word uitgespreek oor hulle. DGrH 140.1

Die goddelose besef nou wat hulle verbeur het deur rebellie. “Dit alles,” huil die verlore siel, “kon ek moontlik gehad het.” “0, buitengewone verblindheid! Ek het vrede, geluk en eer prysgegee vir miserabelheid, eerloosheid en vertwyfeling.” Almal sien en besef dat hul uitsluiting uit die hemel regverdig is. Deur hul lewens het hul verklaar: “Ons sal nie dat hierdie man [Jesus] oor ons regeer nie”. DGrH 140.2