Die Groot Hoop

40/77

Die Wet van Vyheid

Baie geestelike onderwysers leer dat as gevolg van Jesus se sterwe aan die kruis, God se Tien Gebooie afgeskaf is. Sommiges bied dit aan as ‘n swaar juk en in kontras met die “slawerny” (die gevangenskap) van die wet, bied hulle “vryheid” aan, wat onder die evangelie geniet kan word. DGrH 74.2

Maar die partriarge, profete en apostels het God se heilige wet nie só gesien nie. Dawid het gesê: “... en in die ruimte (“vryheid”) wandel, want ek soek u bevele”. Psalm 119:45. Die apostel Jakobus verwys na die Dekaloog as “... die volmaakte wet van die vryheid ...” Jakobus 1:25. DGrH 74.3

Johannes, die openbaarder, verkondig ‘n seën aan “die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” Openbaring 22:14. DGrH 75.1

Sou dit moontlik gewees het vir die wet om verander of ter syde gestel te word, sou dit nie nodig gewees het vir Christus om te sterf om die mens te red van die straf vir die sonde nie. “Dit het die Here behaag ter wille van Sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak” Jesaja 42:21. Hy het gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie”. “Voordat die hemele en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan .. Aangaande Homself het hy verklaar: “Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe”. Mattheus 5:17,18; Psalm 40:8 (1983 Vertaling). DGrH 75.2

Die wet van God is onveranderlik, ‘n openbaring van die karakter van die Outeur daarvan. God is liefde en Sy wet is liefde. “Liefde is die vervulling van die wet.” Die psalmis sê: “U wet is die waarheid; al U gebooie is geregtigheid”. Paulus verklaar: “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet”. Romeine 13:10; Psalm 119:142,172; Romeine 7:12. Hierdie wet moet so ewigdurend wees soos die Outeur daarvan. DGrH 75.3

Dit is die werk van bekering en heiligmaking om die mens met God te versoen deur hulle in akkoord met die beginsels van Sy wet te bring. In die begin was die mens in perfekte harmonie met die wet van God. Maar sonde het hom vervreem van Sy Skepper. Die mens se hart was in oorlog met God se wet. “Omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.” Romeine 8:7. Maar “so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het,” (Johannes 3:16), sodat die mens versoen kan word met God, herstel tot harmonie met sy Skepper. Hierdie verandering is die nuwe geboorte, waarsonder “hy nie die koninkryk van God kan sien nie.” DGrH 75.4