Die Groot Hoop

29/77

Die Einde Van Lyding

Hulle “wat waardig geag word” van opstanding tot die lewe is ‘‘geseënd en heilig”; en “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie.” Lukas 20:35; Openbaring 20:6. Maar hulle wie nie vergifnis verseker het deur berou en geloof nie, moet ontvang “beloning vir die sonde” en “straf”, elkeen volgens sy werke, wat eindig in die “tweede dood.” DGrH 56.1

Aangesien dit onmoontlik vir God is om die sondaar in sy sondes te red, ontneem Hy hom van die bestaan wat sy oortredings verbeur het en waarvan hy homself onwaardig bewys het. “En nog ‘n klein rukkie en die goddelose sal daar nie meer wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie meer wees nie” en “... word asof hulle nooit bestaan het nie.” Psalm 37:10; Obadja 16. DGrH 57.1

Hulle verval in ewige vergetelheid. DGrH 57.2

So sal ‘n einde aan sonde gemaak word. “U het gaan sit op die troon, o regverdige regter! U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.” Psalm 9:5,6. DGrH 57.3

Johannes het in die Openbaring ‘n universele lofsang gehoor, sonder enige wanklanke. Geen verlore siele maak hulle skuldig aan godslastering terwyl hulle ineenkrimp in ewige foltering nie. Geen ellendeling in die hel se krete sal meng met die liedere van die regverdiges, wie gered is nie. DGrH 57.4

Saam met die leuen van natuurlike onsterflikheid is daar ook die leerstelling dat die dooies hul bewustheid behou. Soos met ewige marteling, is hierdie leuen ook nie skriftuurlik nie, ook teenstrydig met ons rede en ons menslikheid. DGrH 57.5

Volgens die populêre mening, is die verlostes in die hemel bewus van alles wat plaasvind hier op aarde. Maar hoe kan dit geluk voorsien aan die dooies om bewus te wees van die probleme van die lewendes, om te sien hoe hulle hartseer, teleurstellings en lyding moet ervaar? En hoe weersinwekkend die geloof dat sodra die asem die liggaam verlaat het, dat die siel van die onboetvaardige oorgelewer is aan die vlamme van die hel? DGrH 57.6

Wat sê die Skrif hiervan? Die mens besit geen bewussyn as hy dood is nie. “Sy gees gaan uit, hy keerterug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.” “Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie.” “Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.” “Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie. Die lewende, die lewende, die sal U loof, soos ek vandag” “Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?” Psalm 146:4; Prediker 9:5,6; Jesaja 38:18,19; Psalm 6:5. Op Pinksterdag het Petrus verklaar van Dawid “dat hy gesterf het en ook bergrawe is en sy graf is by ons tot vandag toe.” “Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie.” Handelinge 2:29,34. Die feit dat Dawid in die graf bly tot die dag van opstanding, bewys dat die regverdige nie by dood hemel toe gaan nie. DGrH 57.7